Diesel wat vries 'Gel'
-
Diesel Dog
- Hero Member

- Posts: 2331
- Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm
Diesel wat vries 'Gel'
Wat doen julle manne wat in die kouer plekke om te verhoed dat dit gebeur .Dit is nou vir voertuie wat buite moet staan,laasjaar n kudu se geld op Victoria-Wes betaal om brandstof stelsel skoon te maak.
DD
DD
- Philip J
- Hero Member

- Posts: 925
- Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm
Re: Diesel wat vries 'Gel'
Ry maar by voorbaat n spaar diesel filter en die nodige gereedskap saam. Die kere wat ek daarmee te doen gehad het, was dit gewoonlik die filter wat oppak. Verder, behoort die meeste vulstasies in die omgewing, 'n bymiddel in hulle diesel te hê wat dit verhoed. Toe ek in Bethlehem gewerk het, het ons spesifiek "winterdiesel" bestel in die koue maande. Maak dalk maar die tenk daarmee vol voordat die voertuig oornag staan.
Groetnis
Philip
Philip
-
wlm
- Hero Member

- Posts: 2454
- Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Re: Diesel wat vries 'Gel'
Gooi paraffien by. 20 liter op 200 diesel.
-
Diesel Dog
- Hero Member

- Posts: 2331
- Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm
Re: Diesel wat vries 'Gel'
Ek lees winter diesel behoort voldoende beskerming te bid tot -12 grade
WLM Dit is n bekende handelsmerk 2.4 bakkie ek sal maar eerder krag-paraffien gebruik, hy sukkel alreeds om by te hou by die ander in die konvooi.
DD
WLM Dit is n bekende handelsmerk 2.4 bakkie ek sal maar eerder krag-paraffien gebruik, hy sukkel alreeds om by te hou by die ander in die konvooi.
DD
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7559
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Diesel wat vries 'Gel'
Chip en n freeflow! Dan is jou diesel so warm soos n tierdrol!
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2160
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Diesel wat vries 'Gel'
Ek het n ou Duitser geken wat in die TWO in Rusland geveg het. Hy het vertel dat hulle vuur gemaak het onder die tenks om te keer dat die diesel vries. Dalk moet ons dit hier probeer 
- BeesBreet
- Hero Member

- Posts: 1649
- Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am
Re: Diesel wat vries 'Gel'
Ek ken manne op die hoeveld wat onder groen en rooi trekkers met mieliestronke vuur al moes maak vir dieselfde rede.Ds J wrote:Ek het n ou Duitser geken wat in die TWO in Rusland geveg het. Hy het vertel dat hulle vuur gemaak het onder die tenks om te keer dat die diesel vries. Dalk moet ons dit hier probeer
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
wlm
- Hero Member

- Posts: 2454
- Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Re: Diesel wat vries 'Gel'
Kyk bietjie die videos van diesel-enjins wat in die koue dele van die wereld in die sneeu ge-"start" word. Verskil hulle diesel van ons s'n?
Het al gehoor dat diesel wat met water gekontamineer is makliker 'n gel vorm.
Ek maak regtig nie grappe oor die paraffien nie. Ek het lank in Sutherland gebly. Daar het die 2.2 Isuzu en 2.4 Toyota permanent 'n streepsak voor sy verkoeler gedra en paraffien-diesel gedrink.
Seker nie so 'n goeie idee met vandag se meer gevorderde brandstofinspuitingstelsels nie.

Vleisie
- Sr. Member

- Posts: 439
- Joined: Sat Oct 11, 2014 2:07 am
Re: Diesel wat vries 'Gel'
Ek het vir so paar jaar in Amerika gewerk waar ons gebruik gemaak het van Howes Diesel Treatment om te voorkom dat selfs die winter(no1) diesel gel. VP Racing se M Diesel all in one of so iets in daardie lyn is veronderstel om goed te werk en is ook hier beskikbaar. Het darm nog nie nodig gehad om dit te gebruik nie, ons kooperasie bestel winter diesel.
Savage Model 12 .22-250 Rem
Benelli Supernova 12 Br
Savage Custom 6.5Creedmoor
Savage Model 11 .243 Win
Glock 19 Gen 4 9x19mm
Mossberg 402 palomino .22 lever action
Canik TP9 Sub Elite 9x19mm
Howa 1500 338 Win Mag
Benelli Supernova 12 Br
Savage Custom 6.5Creedmoor
Savage Model 11 .243 Win
Glock 19 Gen 4 9x19mm
Mossberg 402 palomino .22 lever action
Canik TP9 Sub Elite 9x19mm
Howa 1500 338 Win Mag
- tau
- Hero Member

- Posts: 3964
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Diesel wat vries 'Gel'
Twee voorsorg maatreëls wat jy kan tref.
1. nuwe diesel filter, veral as jou sisteem 'n watertrap filter ook het. As die filter al gewerk het sal jou filter water tot 'n mate bevat. "maar ek het nie vuil diesel al ooit ingegooi nie" hoor ek jou sê.... jou Commonrail diesel engine serkileer diesel teen 'n helse tempo. Die return lyk soos 'n hosepyp wat spuit terug in jou tenk in. Die diesel word gepomp met 'n meganiese pomp vanuit jou tenk na die rail waar dit teen helse druk deur die diesel sisteem gejaag word wat deel is van 'n engine wat teen 90-100 C werk. Die diesel raak warm nou gaan parkeer jy in die koue iewer en die warm diesel in 'n tenk veroorsaak kondensasie om bo in die tenk te vorm en so val daai druppels water in jou diesel. So om dit nog beter te help voorkom hou diesel tenk so vol moontlik in koue areas.
2. moenie met jou Kaapstad diesel Sutherland toe ry en daar gaan verwag dit gaan werk môre oggend nie. Verskillende areas behandel hulle diesel met meer of minder parafien of additive % om vries te voorkom.

Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- Geno
- Administrator

- Posts: 13648
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Diesel wat vries 'Gel'
Ek het verledeweek met 'n ou gepraat wat 'n dieselverspreider is. Hy reken die vriespunt van 'n sekere huidige batch diesel is aansienlik hoër as wat dit moet wees, daarom dat dit so maklik "gel".
Goed, beter, 6millimeter!
- andre007
- Hero Member

- Posts: 2234
- Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm
Re: Diesel wat vries 'Gel'
DD google bq Dieselfix, briljante produk, hy werk mooi, my koeliecroezer het 2 jaar laas n dieselvriesprobleem gehad
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
-
Diesel Dog
- Hero Member

- Posts: 2331
- Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm
Re: Diesel wat vries 'Gel'
Ons het die slag die voertuie oornag in die skeerhok getrek en geen probleme gehad nie .
DD
DD
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1875
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Diesel wat vries 'Gel'
Daai Duitser het sy ou sokkies gerook.Ds J wrote: Tue Jun 16, 2020 9:26 pm Ek het n ou Duitser geken wat in die TWO in Rusland geveg het. Hy het vertel dat hulle vuur gemaak het onder die tenks om te keer dat die diesel vries. Dalk moet ons dit hier probeer![]()
Die Duitse 2WO tenks het almal petrolenjins gehad. Toe Dr. Ferdi Porsche voorgestel het dat hy 'n Dieselenjin wil insit, het "der Korporal" (Adolf H) hom beveel om petrolenjins te gebruik omdat Diesel nooit sou werk op die koue oosfront nie. Hy was glo heel ontsteld toe hy die eerste gebuite (Russiese) T34 inspekteer en vind dat hy heel gaaf geloop het met sy Dielenjin. Die vuurtjie onder die enjin het ook die enjinolie en verkoelerwater help ontdooi.
Die Europeërs gebruik "winterdiesel" wat basies gewone Diesel met 'n persentasie Parrafien by. Dit kan wissel van 10 tot 20%. Parrafien (gewone lampolie) het 'n bietjie hoër hittewaarde (meer energie per liter) as Diesel, dus is kragverlies nie 'n kwessie nie. Wat wel 'n probleem kan gee in warmer toestande is smering. Parrafien bied basies geen smering aan die pomp en inspuiters nie. Wanneer die mengsel koud is, is die 80% Diesel se smering genoeg, maar sodra die mengsel weer terugkeer na normale temperature, verlaag die viskositeit en raak die smering te min. Wees dus versigtig met sulke mengsels.
Gewone petrol kan ook by diesel gemeng word vir strawwe wintertoestande om vries of gel te voorkom. Petrol veroorsaak egter 'n kragverlies. Dieselfde geld vir smering as by parrafien.
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2160
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Diesel wat vries 'Gel'
Alwyn, as daar n fout is, is dit aan my kant, bv dat ek iets verkeerd onthou het of verkeerd verstaan het. Google gerus Prof Dr Hans Helmut Eßer, Wilhelmsuniversität Münster. As jy in my direkte teenwoordigheid was sou ek n verskoning geëis het.Alwin wrote: Fri Jul 24, 2020 9:25 pmDaai Duitser het sy ou sokkies gerook.Ds J wrote: Tue Jun 16, 2020 9:26 pm Ek het n ou Duitser geken wat in die TWO in Rusland geveg het. Hy het vertel dat hulle vuur gemaak het onder die tenks om te keer dat die diesel vries. Dalk moet ons dit hier probeer![]()
![]()
Die Duitse 2WO tenks het almal petrolenjins gehad. Toe Dr. Ferdi Porsche voorgestel het dat hy 'n Dieselenjin wil insit, het "der Korporal" (Adolf H) hom beveel om petrolenjins te gebruik omdat Diesel nooit sou werk op die koue oosfront nie. Hy was glo heel ontsteld toe hy die eerste gebuite (Russiese) T34 inspekteer en vind dat hy heel gaaf geloop het met sy Dielenjin. Die vuurtjie onder die enjin het ook die enjinolie en verkoelerwater help ontdooi.
Die Europeërs gebruik "winterdiesel" wat basies gewone Diesel met 'n persentasie Parrafien by. Dit kan wissel van 10 tot 20%. Parrafien (gewone lampolie) het 'n bietjie hoër hittewaarde (meer energie per liter) as Diesel, dus is kragverlies nie 'n kwessie nie. Wat wel 'n probleem kan gee in warmer toestande is smering. Parrafien bied basies geen smering aan die pomp en inspuiters nie. Wanneer die mengsel koud is, is die 80% Diesel se smering genoeg, maar sodra die mengsel weer terugkeer na normale temperature, verlaag die viskositeit en raak die smering te min. Wees dus versigtig met sulke mengsels.
Gewone petrol kan ook by diesel gemeng word vir strawwe wintertoestande om vries of gel te voorkom. Petrol veroorsaak egter 'n kragverlies. Dieselfde geld vir smering as by parrafien.
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3312
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Diesel wat vries 'Gel'
Ons het elke winter die probleem gehad totdat ons spesiale 50ppm winter diesel begin kry het. Voor dit het ek op 'n 14000 liter tenk 200 liter parafien gegooi en alles het geloop. As ek die slag vergeet het om dit te doen het trekkers en bakkies net gery tot so 400m van store af en daar gestaan tot na middag voordat hulle weer kom start. Elke keer filters ook moes vervang. Parafien werk, jy kan maar die sommetjie maak en net bygooi in jou tenk.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
- LoopSoosStroop
- Hero Member

- Posts: 1843
- Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am
Re: Diesel wat vries 'Gel'
So van diesel gepraat....wat gebeur met diesel as dit 8 maande staan in 'n voertuig wat nie loop nie? Meganiese dieselpomp.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
Blok Engineering
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1875
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Diesel wat vries 'Gel'
Ds. J. Ek vra om verskoning as jy persoonlik geaffronteerd voel oor my kommentaar. Dit was as 'n grap bedoel. Sien dieDs J wrote: Fri Jul 24, 2020 9:35 pmAlwyn, as daar n fout is, is dit aan my kant, bv dat ek iets verkeerd onthou het of verkeerd verstaan het. Google gerus Prof Dr Hans Helmut Eßer, Wilhelmsuniversität Münster. As jy in my direkte teenwoordigheid was sou ek n verskoning geëis het.Alwin wrote: Fri Jul 24, 2020 9:25 pmDaai Duitser het sy ou sokkies gerook.Ds J wrote: Tue Jun 16, 2020 9:26 pm Ek het n ou Duitser geken wat in die TWO in Rusland geveg het. Hy het vertel dat hulle vuur gemaak het onder die tenks om te keer dat die diesel vries. Dalk moet ons dit hier probeer![]()
![]()
Die Duitse 2WO tenks het almal petrolenjins gehad. Toe Dr. Ferdi Porsche voorgestel het dat hy 'n Dieselenjin wil insit, het "der Korporal" (Adolf H) hom beveel om petrolenjins te gebruik omdat Diesel nooit sou werk op die koue oosfront nie. Hy was glo heel ontsteld toe hy die eerste gebuite (Russiese) T34 inspekteer en vind dat hy heel gaaf geloop het met sy Dielenjin. Die vuurtjie onder die enjin het ook die enjinolie en verkoelerwater help ontdooi.
Die Europeërs gebruik "winterdiesel" wat basies gewone Diesel met 'n persentasie Parrafien by. Dit kan wissel van 10 tot 20%. Parrafien (gewone lampolie) het 'n bietjie hoër hittewaarde (meer energie per liter) as Diesel, dus is kragverlies nie 'n kwessie nie. Wat wel 'n probleem kan gee in warmer toestande is smering. Parrafien bied basies geen smering aan die pomp en inspuiters nie. Wanneer die mengsel koud is, is die 80% Diesel se smering genoeg, maar sodra die mengsel weer terugkeer na normale temperature, verlaag die viskositeit en raak die smering te min. Wees dus versigtig met sulke mengsels.
Gewone petrol kan ook by diesel gemeng word vir strawwe wintertoestande om vries of gel te voorkom. Petrol veroorsaak egter 'n kragverlies. Dieselfde geld vir smering as by parrafien.
Die Duitse 2WO gevegstenks (Eng: Main Battle Tank) (Panther, Tiger, Königstiger ens.) het V12 23liter Maybach HL230 Petrolenjins in gehad wat omtrent 700 perdekrag gelewer het. Google gerus self.
https://en.wikipedia.org/wiki/Maybach_HL230
Die firma Maybach het wel ook dieselenjins gebou, maar nie vir gebruik in 2WO tenks nie. Hulle naam het intussen verander na MTU en hulle het bv. die meer moderne Leopard 2 se se dieselenjin verskaf.
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2160
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Diesel wat vries 'Gel'
Goeiedag Alwin, ek moes nie so vinnig reageer het nie, en vra ook verskoning vir my houding.
Prof Eßer was n huisvriend van my ouers wat my ook onder sy vlerk geneem het. Hy het geen erg aan enige aangeplakte of aangedikte stories gehad nie, en het my persoonlik van enkele ervarings aan die Oosfront vertel. Onder andere dat hulle in die winter snags vuur gemaak het onder die tenks om te keer dat hulle vries. Om een of ander rede was ek onder die indruk dat daar diesel ter sprake was.
Dankie vir die geduld met my.

- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2956
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Diesel wat vries 'Gel'
Goeie middag. Ek het Alwin se rook sokkies in ligte gees gelees. Nietemin en ongeag vra hy verskoning.
Sal graag ‘n kampvuur met jou deel Alwin.
Beste.
Sal graag ‘n kampvuur met jou deel Alwin.
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1875
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Diesel wat vries 'Gel'
Geen probleem Ds. J.Ds J wrote: Sun Jul 26, 2020 4:35 pm Goeiedag Alwin, ek moes nie so vinnig reageer het nie, en vra ook verskoning vir my houding.
Prof Eßer was n huisvriend van my ouers wat my ook onder sy vlerk geneem het. Hy het geen erg aan enige aangeplakte of aangedikte stories gehad nie, en het my persoonlik van enkele ervarings aan die Oosfront vertel. Onder andere dat hulle in die winter snags vuur gemaak het onder die tenks om te keer dat hulle vries. Om een of ander rede was ek onder die indruk dat daar diesel ter sprake was.
Dankie vir die geduld met my.
Ek verstaan ook dat daar baie druk van verskeie kante op almal van ons is. Behalwe al die negatiwiteite in die nuus is daar ook die daaglike goed om ons wat ons ontstel. Bv: Gisteraand is 'n bejaarde Oom in ons omgewing, wat ek baie jare ken en 'n vriend van my Pa was aangeval, aangerand en beroof, o.a. van al sy vuurwapens. Dit maak mens warm onder die kraag.
Ek was bevoorreg om verskeie Ooms te ontmoet wat as 16-jarige seuns verplig was om militêre diens te verrig in die 2de WO. Ek het hulle stories baie geniet, al was ek soms nie so seker of al die feite presies korrek weergegee is nie. Die persepsies van 'n 16 of wat -jarige wat die ervaring gemaak het is nie dieselfde as die van die 80-jarige wat die storie oorvertel nie. Dit het myns insiens geen invloed op die integriteit van of my respek vir die persoon nie. Ek vergeet soms self of ek vanaand die agterdeur gesluit het, en daar was geen post traumatiese stres verbonde aan die agterdeur nie. Baie min Duitse soldate het van die Oosfront teruggekeer. Nie een van hulle het 'n keuse gehad of hulle wou gaan of nie. Dit was nie maklik nie. Elkeen van hulle het my respek.
Ons gaan tans weer moeilike tye binne, weer sonder dat ons enige keuse het in die saak. Kyk maar rond en kyk wat gebeur. Die druk om die knie te buig voor die Teëstaander van die Waarheid is groot. Laat ons die toekoms aanpak met geloof in ons Verlosser, geduld met ons medemens en so 'n bietjie humor om die las ligter te maak.
Seënwense.
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1875
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Diesel wat vries 'Gel'
Dankie Lategan1. Miskien is ek eendag so bevoorreg om dit reg te kry. Maar pasop! Nie almal waardeer my skewe humorsin nie.Lategan1 wrote: Sun Jul 26, 2020 5:30 pm Goeie middag. Ek het Alwin se rook sokkies in ligte gees gelees. Nietemin en ongeag vra hy verskoning.
Sal graag ‘n kampvuur met jou deel Alwin.
Beste.
Groetnis!