Bespreek Gongs

Post Reply
User avatar
Tiny Hunter
Full Member
Full Member
Posts: 220
Joined: Sat Nov 15, 2014 5:12 pm

Bespreek Gongs

Post by Tiny Hunter »

Ek weet nie of ek op die regte plek post en of daar nou klaar n draad is nie maar ek wil hoor watse grootte sal voorgestel word vir skiet tot op 700m en word n ronde of vierkantige gong voorgestel? Het enige iemand ondervinding met n Springbok kop gong?

Groete
Hanro Geldenhuys
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13650
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Bespreek Gongs

Post by Capt. Yoda »

So 1 tot 1.2moa. Ja de springbok kop werk diep lekker veral as jy n kind het wat saam skiet, hulle wil hom net skiet die heeltyd.
Ek skiet die kop tot so op 600m maar vir gewone skiet/jag werk hy baie lekker op 300m.

Kry 4kantige gonge om te begin met 2 gate bo, as jy lekker begin skiet hang die gong dan net aan een gat laat hy soos n diamant hang met die punte na bo en onder (en obviously 2 punte na die kante toe) as jy verstaan. Dit raak lekker moeilik dan op verder afstand

Een van die nuwe kleurwariante, dink hulle roep hom insidepink springbok

Image
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Gian_dP
Hero Member
Hero Member
Posts: 1618
Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm

Re: Bespreek Gongs

Post by Gian_dP »

Hierdie tabel help om jou grootte/afstand/MOA te kies. Springbok-halflyf werk ook lekker vir oefen.
ghongs_moa.JPG
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
User avatar
Tiny Hunter
Full Member
Full Member
Posts: 220
Joined: Sat Nov 15, 2014 5:12 pm

Re: Bespreek Gongs

Post by Tiny Hunter »

Baie dankie vir al die inligting. Dit help baie. Ek dink as ek n Springbok kop en 250mm gong koop behoort ek redelik ver te kom.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Bespreek Gongs

Post by Eugene »

Hanro, my beste raad uit ondervinding van lekker sukkel, is om eerder 'n groter gong of plaat te hang op elke afstand en dan 'n 1/4 moa kol daarop te verf. Jy kan dus steeds "klein mik" maar kan ten minste sien waar jy mis. Dit is vrek lekker om 'n 4" gong of springbok kop op 700m raak te skiet, maar erg frustrerend om dit heeltyd te mis en nie te weet waar jy mis nie. Ek voel dat mens meer leer uit jou mis skote as jou raak skote en as jy nie weet waar jy dit mis nie, gaan jy niks leer nie... Die ideaal is seker 'n lekker groot gong op elke afstand om te oefen en dan 'n kleiner gong langs dit as jy weet jy is reg.
Aim small, miss small
User avatar
Blitzzz
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Thu Feb 02, 2017 2:46 pm

Re: Bespreek Gongs

Post by Blitzzz »

My springbok kop vat ook altyd die meeste houe.


Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Tikka 6.5 Creedmoor
Brno 7 x 57 Mauser
Howa 243 AI
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2353
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Bespreek Gongs

Post by henried »

Hierdie is ons go-to gong tot 300m.

Image

Ons oefen nou om verder as 300m te skiet, daarvoor gebruik on die 50x50 gong, wil darm sien waar ons mis...

Image
Henrie Degenaar
Life Christian Adventure http://www.lifeca.org
Train to hunt South Africa

"Deo Valente "
Post Reply