Ek's opsoek na 'n bakkie wat lig is op brandstof en betroubaar is.
Want:
Ek ry so 130km teerpad per dag en met die pragtige instandgehoude paaie
Ek oorweeg dit nou om 'n enkelkajuit of "kajuit en 'n half" (supercab, kingcab) te koop vir werk toe en terug ry elke dag.
Aanvanklik het ek gedink die Hilux 2.5 turbo diesel, maar nou het VW 'n enkelkajuit Amarok op die mark met hul 2L TDI enjin wat 90kw lewer, hulle reken ook jy sal so 6.7L/100km diesel gebruik, wat nogal indrukwekkend is.
Ek gaan nie die bakkie gebruik om mee harde werk te verrig nie, (daarvoor het ek 'n kanniedood Hilux 2.7!) hier en daar gaan ek iets laai, maar 95% van die tyd gaan die bakkie sonder vrag teen 120km p/h rustig op 'n gaar teerpad ry.
Brandstof verbruik is vir my baie belangrik.
Kan iemand vir my 'n baie akurate idee gee hoeveel km die Hilux per liter lewer?
Wat is julle gevoel oor die 2 bakkies?
Eintlik wens ek Toyota wil 'n "Supercab" maak met deure wat agte toe oopmaak soos Ford of daai nuwe Nissan Navara's...
Julle hulp, raad en opinies sal hoog op prys gestel word.


