Karkas gewig van rooibok ram

knipmes
Hero Member
Hero Member
Posts: 704
Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm

Karkas gewig van rooibok ram

Post by knipmes »

Ek sien in die nuutste SA Jagter tydskrif dat hulle beweer dat die gemiddelde karkas gewig van n rooibok ram 65 kg is. Ek is nou nie alwetend nie en miskien is daar sulke bokke wat GEMIDDELD 65 kg uitslag. Ek het egter oor jare wyd in die Limpopo Provinsie gejag. Plase in die omgewing van: Mesina, Swartwater, Tolwe, Steenbok pan, Vivo, Thabazimbi, Dwaalboom, Rooibokkraal, Cumberland, Warmbad, Rooiberg, Beestekraal, Rustenburg, Zeerust. Nog nooit n rooibok ram gekry wat 65 kg uitgeslag het nie. So n bok moet groter as n groot Blesbok wees ? Wonder maar net.
Klein Chris
Hero Member
Hero Member
Posts: 613
Joined: Wed May 21, 2014 1:47 pm

Re: Karkas gewig van rooibok ram

Post by Klein Chris »

Nee gaats, wil nie in so ram vas loop nie. 30-06 gaan dalk net te lig wees.
Swaarste rooibok ram wat ek geskiet het, het 36kg uitgeslag
Skiet bly maar lekker
User avatar
wynis
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 422
Joined: Mon Oct 01, 2018 7:31 am

Re: Karkas gewig van rooibok ram

Post by wynis »

knipmes wrote:Ek sien in die nuutste SA Jagter tydskrif dat hulle beweer dat die gemiddelde karkas gewig van n rooibok ram 65 kg is. Ek is nou nie alwetend nie en miskien is daar sulke bokke wat GEMIDDELD 65 kg uitslag. Ek het egter oor jare wyd in die Limpopo Provinsie gejag. Plase in die omgewing van: Mesina, Swartwater, Tolwe, Steenbok pan, Vivo, Thabazimbi, Dwaalboom, Rooibokkraal, Cumberland, Warmbad, Rooiberg, Beestekraal, Rustenburg, Zeerust. Nog nooit n rooibok ram gekry wat 65 kg uitgeslag het nie. So n bok moet groter as n groot Blesbok wees ? Wonder maar net.
Swaarste Rooibok ram wat ek nog aan die haak gesien het was 47kg, geskiet in die Beestekraal omgewing.
Ek wonder of daar fynskrif is soos “met die vel aan”.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Carlc
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 271
Joined: Tue Nov 15, 2016 7:40 am

Re: Karkas gewig van rooibok ram

Post by Carlc »

Ek self het al n paar rooibokke in my tyd geskiet wat se gewig in die 40 to 45 kg klas was maar nog nooit selfs een gesien wat 65kg uitslag nie. Dink dit was dalk n tikfout gewees.
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 1113
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Re: Karkas gewig van rooibok ram

Post by J le Roux »

40kg Is al groot, Bandelierkop is bekend vir hulle. 65Kg klink na 'n fout of 'n spekskietstorie
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
User avatar
Stephan86
Hero Member
Hero Member
Posts: 551
Joined: Thu Feb 26, 2015 10:00 am

Re: Karkas gewig van rooibok ram

Post by Stephan86 »

As ek moet raai is gemiddeld dalk eerder 35kg, so kon 'n tikfout wees.
.22 LR Webley & Scott Xocet
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Karkas gewig van rooibok ram

Post by Supacow »

Is die 65kg nie dalk die av lewendige gewig? Dus 37.7kg karkas.
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
Thunderhead
Hero Member
Hero Member
Posts: 512
Joined: Mon Jun 16, 2014 8:54 am

Re: Karkas gewig van rooibok ram

Post by Thunderhead »

In die bosveld is die gemiddeld karkas gewig 36kg vir n mooi volwasse ram. As die jaar baie goed is het ek to 45kg geskiet. Banderlierkop area is die 42kg met my swaarste 58kg.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Karkas gewig van rooibok ram

Post by tripodmvr »

My swaarste was 42kg. Alldays se wereld. Ek dink die 65kg moes eerder na lewende gewig verwys het. Daardie 58kg klink soos 'n klein kudu wat homself kamoefleer het.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2155
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Karkas gewig van rooibok ram

Post by Koos Barnard »

Ek is nou nie meer betrokke by die tydskrif nie, so ek weet nie eens watter artikel dit is nie, maar ja 'n 65kg-rooibokram se karkas het ek nog nooit gesien nie. Soos die manne sê hulle slag so 35 tot 45kg uit.
Mooi loop
User avatar
wynis
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 422
Joined: Mon Oct 01, 2018 7:31 am

Re: Karkas gewig van rooibok ram

Post by wynis »

Thunderhead wrote:In die bosveld is die gemiddeld karkas gewig 36kg vir n mooi volwasse ram. As die jaar baie goed is het ek to 45kg geskiet. Banderlierkop area is die 42kg met my swaarste 58kg.
Ek sal graag so ‘n diknek meneer van 58kg wil skiet. Jy kry hulle maar min in die visier. Dit maak ook op vir die 30kg bokke wat voor ‘n jagter inloop.
Thunderhead
Hero Member
Hero Member
Posts: 512
Joined: Mon Jun 16, 2014 8:54 am

Re: Karkas gewig van rooibok ram

Post by Thunderhead »

wynis wrote: Mon Jul 13, 2020 1:43 pm
Thunderhead wrote:In die bosveld is die gemiddeld karkas gewig 36kg vir n mooi volwasse ram. As die jaar baie goed is het ek to 45kg geskiet. Banderlierkop area is die 42kg met my swaarste 58kg.
Ek sal graag so ‘n diknek meneer van 58kg wil skiet. Jy kry hulle maar min in die visier. Dit maak ook op vir die 30kg bokke wat voor ‘n jagter inloop.
Die ramme wat ek oor 50kg al gesien het se horings is kort en stomp afgewerk. As ek reg kan onthou het hy maar 18duim horings gehad.
User avatar
wynis
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 422
Joined: Mon Oct 01, 2018 7:31 am

Re: Karkas gewig van rooibok ram

Post by wynis »

Thunderhead wrote:
wynis wrote: Mon Jul 13, 2020 1:43 pm
Thunderhead wrote:In die bosveld is die gemiddeld karkas gewig 36kg vir n mooi volwasse ram. As die jaar baie goed is het ek to 45kg geskiet. Banderlierkop area is die 42kg met my swaarste 58kg.
Ek sal graag so ‘n diknek meneer van 58kg wil skiet. Jy kry hulle maar min in die visier. Dit maak ook op vir die 30kg bokke wat voor ‘n jagter inloop.
Die ramme wat ek oor 50kg al gesien het se horings is kort en stomp afgewerk. As ek reg kan onthou het hy maar 18duim horings gehad.
Ek het tot dusver dieselfde ondervinding gehad. Horings stomp baklei, dik nekke, en nog steeds baas van die kudde.


Sent from my iPhone using Tapatalk
knipmes
Hero Member
Hero Member
Posts: 704
Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm

Re: Karkas gewig van rooibok ram

Post by knipmes »

Koos Barnard wrote: Mon Jul 13, 2020 1:12 pm Ek is nou nie meer betrokke by die tydskrif nie, so ek weet nie eens watter artikel dit is nie, maar ja 'n 65kg-rooibokram se karkas het ek nog nooit gesien nie. Soos die manne sê hulle slag so 35 tot 45kg uit.
Mooi loop
Kyk op bladsy 38. Onder aan die bladsy is daar "Kitsfeite uit SA Jagter"
User avatar
heywillie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Sun Apr 21, 2013 8:03 pm

Re: Karkas gewig van rooibok ram

Post by heywillie »

My persoonlikste swaarste ram was 50kg in Alldays en my neef het 'n 55kg een geskiet in Swartwater.
Dis al klaar bo die norm, so 65kg is of 'n tikfout of net die pens was getrek ?
30-06 Sako Finnbear
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Karkas gewig van rooibok ram

Post by NicoSmit »

vanoggend 'n rooibok ram karkas geweeg wat die naweek in Rooibokkraal geskiet is wat 41kg geweeg het met 24 duim horings die gemidelde gewig van die ander bokke was 34kg so ek dink dit was seker 'n tikfout
Mag jou skape begin jakkals jag.....Adam Tas
Draegan
Full Member
Full Member
Posts: 231
Joined: Thu May 10, 2018 7:19 am

Re: Karkas gewig van rooibok ram

Post by Draegan »

Ek het die naweek my persoonlike beste geskiet in die Leeupoort area, 22'' horings en 43kg aan die hak. 65kg klink vir my effe onrealisties.
Johan

CZ P07 Gen 2 - 9mm P
Johan308
Full Member
Full Member
Posts: 213
Joined: Mon Aug 18, 2014 2:34 pm

Re: Karkas gewig van rooibok ram

Post by Johan308 »

My persoonlike beste was 25" met 42kg karkas gewig, ek weet nie so mooi van 65kg nie. Daai rooibok het seker saam die vark geloopImage

Sent from my SM-N960F using Tapatalk

knipmes
Hero Member
Hero Member
Posts: 704
Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm

Re: Karkas gewig van rooibok ram

Post by knipmes »

grootste vark wat ek nog gesien het!
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Karkas gewig van rooibok ram

Post by DWB »

Sien julle darem dat die slagter ñ ent agter die vark staan?

Daar is dan nie eers bloed direk onder die vark se neus op die grond nie. Dis net ñ slim geneemde foto...
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2956
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Karkas gewig van rooibok ram

Post by Lategan1 »

Ja DWB.... en die dwarsbalk waaraan die varkie hang is net 5vt van die grond!
???

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
wynis
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 422
Joined: Mon Oct 01, 2018 7:31 am

Re: Karkas gewig van rooibok ram

Post by wynis »

Daai is die oudste seun van Bosvark pa wat by Vlakvark ma gaan swembad skoon maak het.


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1240
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Karkas gewig van rooibok ram

Post by spekieries »

Soos J le Roux. My swaarste rooibok en koedoe daar van Bandelierkop se wêreld langs die Sandrivier. Rooibok 45 kg 18 duim horings. Koedoe 191kg en horing langste 58 en 3/8 ander horing 58"
Johan van Wyk
Hero Member
Hero Member
Posts: 622
Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am

Re: Karkas gewig van rooibok ram

Post by Johan van Wyk »

Die 65kg moet lewende gewig wees. Dit sal in die volgende uitgawe reggestel word.

Dis die tipe van jakkals wat kop uitsteek as `n advertensie enkele ure voor druktyd skielik gekanselleer word...
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Karkas gewig van rooibok ram

Post by Wouter Roets »

spekieries wrote: Thu Jul 16, 2020 10:03 am Soos J le Roux. My swaarste rooibok en koedoe daar van Bandelierkop se wêreld langs die Sandrivier. Rooibok 45 kg 18 duim horings. Koedoe 191kg en horing langste 58 en 3/8 ander horing 58"
Spekeries

Bitter mooi koedoe daai. Jy nie dalk n foto of twee nie?

Groetnis
Wouter

PS Johan jy moet fokus maat! Jy het n paar groot kaalvoete om vol te staan. ;D
Post Reply