BeesBreet se jakkelsteëlkamp

Closed Group for jackal hunters only. Geslote groep vir jakkals jagters alleenlik
Post Reply
User avatar
LN (Louis)
Full Member
Full Member
Posts: 206
Joined: Fri Aug 27, 2010 5:35 pm

BeesBreet se jakkelsteëlkamp

Post by LN (Louis) »

Na aanleiding van die jakkelsgetalle vir 2020 ... Dit lyk nie of Bees ooit 'n duik in die klompie jakkelse by hulle gaan maak nie. Ek wonder nou net wat voer die lot in KZN die goed >:+ >:+
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2952
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: BeesBreet se jakkelsteëlkamp

Post by Lategan1 »

Mooi Louis, soet seun! :laugh: 8)

Voordat ek op daardie draad die swartskaap raak!

Nietemin het dit gehelp om energie daar te kry!

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
LN (Louis)
Full Member
Full Member
Posts: 206
Joined: Fri Aug 27, 2010 5:35 pm

Re: BeesBreet se jakkelsteëlkamp

Post by LN (Louis) »

:laugh: :laugh: :laugh: :laugh: Wel ek het so 'n tydjie terug begin met die teelkampstorie >:D

My vraag is nou net hoe vinnig die goed kan aanteel? Laasjaar het hy 223 in 32 aande geskiet en die jaar 233 in 26 aande. Ek weet hy het genoem dat die bure nie skiet nie MAAR kan dit regtig so 'n groot verskil maak?

Die ander vraag is wat voer hy die goed dat hulle so vinnig teel?
Klein Chris
Hero Member
Hero Member
Posts: 613
Joined: Wed May 21, 2014 1:47 pm

Re: BeesBreet se jakkelsteëlkamp

Post by Klein Chris »

LN (Louis) wrote: Mon Jul 13, 2020 8:54 am Die ander vraag is wat voer hy die goed dat hulle so vinnig teel?
Viagra? ::)
Skiet bly maar lekker
User avatar
BeesBreet
Hero Member
Hero Member
Posts: 1649
Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am

Re: BeesBreet se jakkelsteëlkamp

Post by BeesBreet »

Wat wil julle manne weet, ek deel graag.

Ek dink net nie jul besef dat ek en Geno amper die enigste jagters is wat getalle laai op Jaracal en Geno is hierdie jaar bietjie gepoitjie met sy bedrywighede asgv C19. Hoekom die ander manne nie laai nie weet ek nie. Oom FM weet ek skiet baie meer as ek maar laai nie, Blok ook.

Daar is jagters reg oor die land wat nie getalle laai nie, wat baie meer as ek skiet.
Bv Johan Zandberg het 127 jakkalse geskiet in Mei alleen, en nie een in Natal nie.

Dan is daar nog baie meer pro-jagters soos Johan wat groot getalle skiet. Ek kan vinnig aan 10 dink wat meer skiet, wat dan van die ander wat ek nie eers van weet nie.

Wat voer ons die goed in KZN?

Ha ha, jou grap hier dra eintlik baie water, soos wat dra krag vir vee opgaan so ook die jakkals populasie. Ons ekstensiewe veld dra krag hier is omtrent 1 bees op 2 tot 3 hektaar, wat is hy in die Karoo? Baie minder.
Bonop is baie van my kliente melk boere, dws nog höer dra krag, bv 1000 koeie word geboer op slegs 300ha

Dit gese, vra ek my kliente baie minder per jakkals as bv n jagter in die kalahari.

Ja my getalle verbeter, ek wil dit graag toeskryf aan my vermoë wat verbeter maar ek het baie meer kliente as laas jaar en die tegnologie tot ons beskikking wat dinge makliker maak. Dit is nou my derde jaar wat ek met Thermal jag. Ek probeer ook op datum bly met klanke en tegnieke deur nuwe kursuse en ander geleenthede by te woon.

Dit alles gese wil ek net weer noem dat alles relatief is, en dat daar jagters is wie se getalle baie hoër is as myne.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Carlc
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 271
Joined: Tue Nov 15, 2016 7:40 am

Re: BeesBreet se jakkelsteëlkamp

Post by Carlc »

Bees, ek hoor wat jy sè maar vir ons stadsjapies wat per geleentheid n jakkals skiet lyk jou getalle vir ons verskriklik. Ek moet ook net bysè dat voor ek by Jaracal aangesluit het het ek nie regtig besef watse groot probleem jakkalse regtig is nie. Goeie werk. Doet so voort
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2952
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: BeesBreet se jakkelsteëlkamp

Post by Lategan1 »

Nee Bees, so lig kom jy nie verby nie.

Die eintlike vraag, het jy mis gekyk. Manne wil weet of daai Viagra wat jy so voer ook vir menslike gebruik kan werk?

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13642
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: BeesBreet se jakkelsteëlkamp

Post by Geno »

Manne, ek dink nie julle besef hoe baie jakkalse daar in sekere dele van die land is nie.
Soos Beesbreet noem is dit baie gekoppel aan die drakrag van die veegronde.
Een van die plase waar ek skiet is 178 jakkalse in 8 nagte geskiet op 600ha. Ek kan nou soontoe ry en 20 skiet. Oor 3 maande weer en na 3 maande weer en so aan...

Al wat die skietery help is om druk van die vee af te haal in sleuteltye soos bv. kalftyd op die beeste en kleintjietyd waar jy die klein jakkalsies honger magies stil skiet deur die ouers en dan die kleintjies te skiet. Ons gaan hulle nooit klaar skiet solank die boer wat skade ly die enigste in die distrik is wat beheer toepas nie.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
BeesBreet
Hero Member
Hero Member
Posts: 1649
Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am

Re: BeesBreet se jakkelsteëlkamp

Post by BeesBreet »

Ha ha nee ek sal nie weet nie, ek is nog te jonk om al aan blou pilletjies te dink.

Ander ding wat ek moet noem, ek het al die heel grootste geheim van jakjag ontdek. Kies jou aand reg. Wind rigting, wind sterkte, vog, dou punt temperatuur en vele meer speel n moerse rol in jou aand se sukses. Ander manne praat van lugdruk ook nog, ek is te dom daarvoor.

Ander manne my geleur n jakkals se neus is sy grootste wapen in sy arsenaal, jy moet dit teen hom gebruik. Die aand wat hy sukkel om te ruik gaan hy ook nie sommer rondloop nie...


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
jakkat
Newbie
Newbie
Posts: 37
Joined: Sat Sep 26, 2015 8:35 pm

Re: BeesBreet se jakkelsteëlkamp

Post by jakkat »

BeesBreet wrote: Mon Jul 13, 2020 11:50 am Ha ha nee ek sal nie weet nie, ek is nog te jonk om al aan blou pilletjies te dink.

Ander ding wat ek moet noem, ek het al die heel grootste geheim van jakjag ontdek. Kies jou aand reg. Wind rigting, wind sterkte, vog, dou punt temperatuur en vele meer speel n moerse rol in jou aand se sukses. Ander manne praat van lugdruk ook nog, ek is te dom daarvoor.

Ander manne my geleur n jakkals se neus is sy grootste wapen in sy arsenaal, jy moet dit teen hom gebruik. Die aand wat hy sukkel om te ruik gaan hy ook nie sommer rondloop nie...


Sent from my iPhone using Tapatalk
Ek wil nou nie die post hijack nie maar net sou gou n vraagie inslip hier vir bees, as jy se jy kies jou aande reg volgends die wind rigting, sterkte vog doupunt ec ec, voor jy uitgaan in n aand of beplan om uit te gaan wat is daardie perfekte getalle vir die temp doupunt ec ec? wil ook maar net meer leer, en toe ek dit nou lees wil ek net gou hoor wat jou mening is oor dit.
22-250 sako
243 sako
30-06 howa
7mm rem mag

Aim small miss small
your problem is my profession
User avatar
BeesBreet
Hero Member
Hero Member
Posts: 1649
Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am

Re: BeesBreet se jakkelsteëlkamp

Post by BeesBreet »

Man ek glo elke area gaan verskil, by ons as die suide wind waai kan jy maar los, as wind te sterk waai ook. In die somer soek ek n lae humideit, want as hy swaar dou eweskielik kan jy maar gaan slaap. As die grond reeds nat is is dit nie so groot probleem nie. By ons is noord/wes wind koning maar sal enige aand jag mits hy nie direk uit suide of suid ooste kom nie.

Sien dit so, jakkals se beste tool is sy neus, hy gebruik hom om alles te doen. Sodra sy neus nie werk nie gaan hy ook nie.


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: BeesBreet se jakkelsteëlkamp

Post by jankraay »

Baie goeie inligting wat hier gedeel word...

Dankie manne


Sent from my iPhone using Tapatalk
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2128
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: BeesBreet se jakkelsteëlkamp

Post by Malan123 »

Ek kan net beaam wat bees hier se. Ek skiet nie naastenby so baie soos hy nie, maar ons is in dieselfde area. Ek gaan slegs uit as die windjie mooi waai.

Een faktor wat my kop baie krap is lug druk. Mens kry party aande wat bitter mooi is, maar sodra 'n ou in die veld kom sien jy dat al die bokke le plat. Al die beeste le ook. Dan weet ek al dit gaan 'n stil aand wees. My kop is te plat om te weet wat die gedrag veroorsaak, maar ek dink dit kan moontlik lug druk wees?
User avatar
BeesBreet
Hero Member
Hero Member
Posts: 1649
Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am

Re: BeesBreet se jakkelsteëlkamp

Post by BeesBreet »

Malan, ja mens kom vinnig agter as die veld “dood” is, dws alles le stil van hasies en duikers tot vee... baie ouens praat en gebruik lugdruk. Ek vermoed dit speel n groot rol maar ek verstaan nie hoe die ouens dit intepreteer en gebruik nie. Dit loop tien teen en saam met my manier om weer te kyk.

3 jaar terug het ons baie maklik aande “geblank” maar dit is deesdae bitter selde. Hoekom, ek en Oric (my jagmaat) maak n aantekening van wat is weers omstandighede op goeie en slegte aande en gebruik dit dan tot ons voordeel vir die toekoms.

Waar kom julle koue/vogtige wind vandaan? Dit is hy wat jy wil vermy


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Methos
Hero Member
Hero Member
Posts: 580
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: BeesBreet se jakkelsteëlkamp

Post by Methos »

Hi

Ek kom bietjie laat hier aan maar sal maar my sê sê.

Op Google se App store is daar 'n applikasie - IHunt 750. Hy het 'n gedeelte wat hy vir jou sê wanneer om te gaan jag etc. As jy in die About It seksie gaan kyk dan vertel hy jou van Lunar Kalenders etc. Hy noem ook dat 'n dalende lugdruk die jag negatief beinvloed. Het hierdie van die app afgcopy:

HOW TO USE THE SOLUNAR TIMES
Solunar times essentially predict when wildlife is most likely to be active and feeding. There are a number of things that can adversely affect the predictions, such as weather conditions and how good your hunting/fishing spot is. Obviously if you're at a spot that doesn't have any animals or fish, then you won't have much success regardless of what the Solunar rating is for that day so make sure you scout out your spots in advance.
Certain days that coincide with a New Moon or Full Moon have a better chance of having a lot of animal activity, so that is why certain days are rated as a 5 out of 5 and other days are rated as a 1 or 2 out of 5. Try your best to go on days that have a higher rating on the Monthly view and you will find that you're more successful during those periods.
When you find a location that you would like to hunt at and there are signs that there is animal activity there, use the "Major Periods" to tell you when the animals are most likely to be active. This way, you don't waste your time by hunting when the animals aren't active. Typically animals are less cautious during the Major Periods and are more willing to show themselves in order to feed. If you can't hunt or fish during the Major Periods then the next best thing to do is to try during the "Minor Periods" which is another time period that animals are active.
Within these periods, animals will begin to be active at the start of the period, their activity will peak in the middle of the period and then they will slowly become less active until the end of the time period. For example, if the Major Period for today were from 9:00 in the morning until 12 noon, the animals will start feeding around 9 AM, peak at 10:30 AM and then finish feeding around 12 noon. The times are approximate, so make sure you are setup before the feeding times and then be patient; they call it "hunting" and not "catching" for a reason :)
One thing to remember is that the Solunar periods might go against your thinking of when animals should be active. People always think, "There's no way a deer is going to be active in the middle of a hot day since they're all hiding in the shade," but you need to remember that animal logic is not the same as human logic. Wildlife have their own feeding cycles so make sure you are ready when they start feeding and you'll see great results. Researchers at universities have shown that even when animals are separated from their natural environment and placed in a dark room (so they can't see the sun or moon), the animals are still active at times that match up directly with the Solunar Theory's major and minor periods.
WHAT IS SOLUNAR THEORY?
Credit for the Solunar Theory goes to John Alden Knight, the author of "Moon Up...Moon Down" (Solunar Sales 1972). In 1926, he considered some folk lore that he picked up while fishing in Florida and decided to evaluate 33 factors which might influence behavior of fish and wildlife that caused them to be periodically more active. Of those, three seemed to merit further examination: sunrise/sunset, phase of the moon and tides. From that effort, this avid fly fisherman created the Solunar Theory (Sol = sun, and Lunar = moon).
Tides had long been known as an important factor in fishing success and the connection with moon phase was well understood. Knight then supposed that the relationship of the sun and moon, rather than actual tidal stages might be the determining factor. As his research continued, he determined that in addition to the time of moon up / moon down there were intermediate periods of fishing activity that occurred midway between the two major periods. So he coined the phrases 'major periods' to describe the periods with the most animal activity and 'minor periods' to describe the second best periods.
To substantiate this theory, Knight attempted a systematic inquiry by considering the timing of 200 'record' fish catches, more than 90 percent were made during a new moon (when no moon is visible). This is the time when Solunar periods appear strongest, and they were made during the actual times of the Solunar periods.
Because of the interaction between the many lunar and solar cycles, no two days, months or years are identical. June has a greater combined Solunar influence than any other month. During a full moon, the sun and moon are nearly opposite each other and given the length of the day, one or the other is nearly always above the horizon. During a new moon, both bodies are in near-perfect rhythm traveling the skies together with their forces combined.
You should also consider local weather patterns. Barometric changes, especially a downward trend, can often ruin fishing or hunting. Fish and wildlife have an innate ability to predict weather and react accordingly. Cold fronts tend to drive fish deeper and make them inactive. Conversely, if the barometer is steady or rising, and the air temperature is approximately 15 degrees Fahrenheit higher than the water temperature a more active response to a Solunar prediction can be anticipated.
Another thing to remember in dealing with Solunar Periods is that Solunar influence will vary in intensity according to the position of the moon. The times of new moon (the dark of the moon), and full moon are the times of maximum intensity. This maximum will last about three days, and wildlife respond with maximum activity. Thereafter the degree of intensity tapers off until it is at its minimum during the third quarter phase of the moon.
Research has shown that a natural day for fish and many other animal species is based on a diurnal (twice daily) 'biological clock' that appears to coincide with lunar time. In other words, it is based on the time that it takes the moon to complete one rotation of the earth (an average of 24 hours and 53 minutes).
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2952
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: BeesBreet se jakkelsteëlkamp

Post by Lategan1 »

Hi Methos, dankie. Klink of jy Franse klasse neem met hierdie werkstuk!

Dimitri, For your attention.

Sal lees.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
BeesBreet
Hero Member
Hero Member
Posts: 1649
Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am

Re: BeesBreet se jakkelsteëlkamp

Post by BeesBreet »

Om die getalle te verstaan moet ons besef dat elke plaas en gebied sy eie omstandighede het; naamlik kos en spasie vir jakkalse, watter tipe beheer is daar op populasie?

As ek by boer x jag maar a tot z om hom doen niks, dan gaan my werk net in sleutel tye hom kan help, terugvoer vanaf boer x is natuurlik belangrik. As hy nie meer skade ly nie of minder dan werk dit. Maar as x vir my se die hase en die voeëls maak n comeback dan is dit vir my eerste prys, want dan kom die balans weer reg. Eweskielik wil boer u v w y en z ook gebruik maak van my dienste... daarna is dit instant houdings werk met minder getalle wat geskiet word vorentoe.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Dimitri
Hero Member
Hero Member
Posts: 1015
Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm

Re: BeesBreet se jakkelsteëlkamp

Post by Dimitri »

Hi Bees,

Is daar n spesies, behalwe vir jou en Geno, wat boere graag op hulle grond sal wil he omdat hulle jakkals getalle laer hou?

Hoe oud is die kleintjies wanneer jy hulle kan begin inroep?

Is jakkals getalle oor die algemeen nou stabiel in ons land of is hulle getalle besig om toeteneem of afteneem? En hoekom?

Baie dankie vir die ingligting/kennis wat jy met ons deel.
User avatar
BeesBreet
Hero Member
Hero Member
Posts: 1649
Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am

BeesBreet se jakkelsteëlkamp

Post by BeesBreet »

Dimitri wrote:Hi Bees,

Is daar n spesies, behalwe vir jou en Geno, wat boere graag op hulle grond sal wil he omdat hulle jakkals getalle laer hou?

Hoe oud is die kleintjies wanneer jy hulle kan begin inroep?

Is jakkals getalle oor die algemeen nou stabiel in ons land of is hulle getalle besig om toeteneem of afteneem? En hoekom?

Baie dankie vir die ingligting/kennis wat jy met ons deel.
Dimitri

Spesies wat jakkals getalle gaan beheer soek geen boer op sy plaas nie... spesies wat help om skade te verminder is daar wel.

My day job is boer, ek het donkies probeer en dit het nie vir my gewerk nie, daar is baie teorie rondom donkies maar ek glo dit gaan baie oor die donkie se persoonlikheid en dat die donkie alleen moet wees (dink hy is n skaap of bees).
Ek sal nie weer die donkie roete gaan nie, het al teveel jakkalse in geroep terwyl donkie staan en vreet en hom niks steur nie.

Anatoliese herder kan ek wel aanbeveel, hy beheer nie jakkals getalle nie maar beperk wel skade. Daar loop een by my skape met groot sukses. Al gesien hoe hy tussen trop skaap en n rand gaan le, die skape kan nie verby nie en elke nou en dan patroleer hy en blaf. Daai aand het ek agter die rand gaan roep en twee jakkalse bitter vinnig gedood.

As boer is my advies dat n ou alles moet doen wat hy kan om jakkalse te beheer, maar kan hom vir n feit vertel dat die roep en skiet metode die beste werk.

Die wan balans in natuur wat jakkalse se getalle so opjaag is nie die boer se skuld nie maar wel die mensdom sn... ja dit sluit die greenie in.

Ek glo die jakkals “probleem” is soos enige ander probleem “manageable”.

Kleintjies gaan jy eers in roep wanneer hul self rondloop en kos soek, ander manne moet my help hier, ek skat so by twee maande ouderdom. Kleiner jakkalse kan wel al skreeu baie vroeer en gee die nes weg in kleintjie tyd, dan ry/loop ons na die nes toe. (maak altyd eerste die ouers dood)

Ek hoop dit maak sn, en ander ouens moet maar in spring hier as my opinie dalk nie inpas met wat julle al gesien het nie...


Sent from my iPhone using Tapatalk
Last edited by BeesBreet on Wed Oct 21, 2020 5:46 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2952
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: BeesBreet se jakkelsteëlkamp

Post by Lategan1 »

Dankie Bees. Mag jy van krag tot krag gaan.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
Post Reply