Best allround punt vir .375Ruger

Post Reply
User avatar
JJV
Hero Member
Hero Member
Posts: 770
Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am

Best allround punt vir .375Ruger

Post by JJV »

Hallo
Ek “idle” tans .300gr Game King punte in my Howa .375Ruger, hulle werk goed, kan skiet tot op 300meter met hold over strepies, skop nogals redelik!, ek weet die manne het .200gr GS customs vinnig geskiet, maar die punte het gaan bc nie, wat gaan beter werk? 200,235,250 of maar die .300 gr punte? Ek oorweeg om Kriek punte te gebruik. Ek wil graag meer gereeld met my geweer jag, so ‘n punt wat redelik vinnig trek, redelike bc het, nie te hard skop nie, en alles van rooibok tot eland kan dood? 100 tot so 400m?? Of vra ek nou te veel?? Gee jul raad asb of vertel van jul ondervinding met die kaliber. JJV


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Best allround punt vir .375Ruger

Post by tripodmvr »

Ek skiet al geruime tyd Barnes 235TSX en dit werk. Ek het al 200gr Impala gebruik en slegs 2 diere geskiet - rooibok en BWB. Die rooibok se voorbeen afgeskiet omdat hy woer vêr was. Gelukkig het hy nader gehardloop en 'n skoot op die blad het hom net daar laat val. Die BWB was 1 skoot doodskoot.
Ek mag dalk nog 200 en 265 GSC koele hê. Onthou dat 200gr mono dieselfde lengte gaan hê as 'n 250gr gewone koeël. Die BC mag dalk nie so sleg wees nie.

Ek het verskeie bokke met die 235gr Goodnel holpunte geskiet en hulle het goed gedood.

Let ook daarop dat uit 'n 24 duim loop jy 235gr en ligter koeëls eers teen 'n node naby 2850vps kan skiet. Nou help die spoed vir die laer BC. Terugslag is darem effens meer gematig as die 300gr bulle.

Kriek 200 of 235 sal goed doen in die jagveld.

Laastens, die storie van 'n kameeljag in Oz gelees waar die skut hom misgis het met die afstand. Na hy die bul kameel met een skoot en 'n 235gr TSX grond toe gebring het, is die afstand as 380m gemeet.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Best allround punt vir .375Ruger

Post by Frikkie Coetzee »

EK het nog altyd die 250 gr Spartans met groot sukses geskiet.

EK wil graag vir Johan Kriek nader vir an sy punte om te toets
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Best allround punt vir .375Ruger

Post by tripodmvr »

Kriek 200, 235, 250 en 270gr beskikbaar.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3653
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Best allround punt vir .375Ruger

Post by JPS »

235gn barnes is vir my goeie all round punt wat ek uit my 375HH skiet.

Omrede ek omtrent uitsluitlik in bosveld jag met hom gebruik ek meestal 260gn Nosler accubonds.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7571
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Best allround punt vir .375Ruger

Post by Wouter Roets »

JJV

Laat jou looplengte jou ly in watter gewig koeel die beste gaan werk in terme van nodespoed. Met mono's pla spoed nie so erg in terme van vleisskade soos konvensionele koeels nie so hier tel bogenoemde vir my meer. In beide my 375 Ruger(20 duim) en 375 Ackley(23 duim) werk Barnes 270 TSX toevallig baie goed met begoemde kreteria. Ek hoor net lof van Johan Kriek se produk en daar het jy n hele paar opsies.

Groetnis
Wouter
drtim
Newbie
Newbie
Posts: 19
Joined: Tue Oct 24, 2017 7:32 am

Re: Best allround punt vir .375Ruger

Post by drtim »

In my experience the 260 gr Nosler Accubonds are outstanding at all practical hunting ranges and incredibly accurate.
Ruger Hawkeye African - does 2750 fps. 1/2 " groups
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Best allround punt vir .375Ruger

Post by Eugene »

JJV, as jy net tot 400m gaan skiet, sal ek nie wakker lê oor die BC van die koeels nie. Ek gebruik tans die 225gr Spartans in my 375Ruger met 'n 20" loop, juis omdat ek bietjie meer veelsydigheid soek as net bloot 'n kort afstand bosgeweer. Ek glo egter nie dat ek maklik verder as 300m gaan skiet met die geweer nie.
Aim small, miss small
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: Best allround punt vir .375Ruger

Post by jankraay »

BC tot op 400m betekening niks nie


Sent from my iPhone using Tapatalk
Post Reply