Kudu jag.

User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Kudu jag.

Post by Plaashaas »

Carl wrote: Tue Jun 23, 2020 2:44 pm Ek meet hom teen my koedoe my mate is 52 en 52.5". Wat wen ons?
Toyrsi sal maar moet biltong stuur ;D
User avatar
BSniperEM
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 92
Joined: Sun Jul 09, 2017 12:31 pm

Re: Kudu jag.

Post by BSniperEM »

Baie geluk! Wat n voorreg om so alleen te kan stap en jag op so mooi plek en dan nog so mooi Koedoe te skiet!
Bacon fact #14 - Bacon is healthier than Crystal Meth!
User avatar
Grenslyn
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 366
Joined: Wed Apr 08, 2015 9:25 am

Re: Kudu jag.

Post by Grenslyn »

Mooi storie!
Hein
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Kudu jag.

Post by Chevvy SS »

Baie geluk!
User avatar
Toyrsi
Hero Member
Hero Member
Posts: 1000
Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm

Re: Kudu jag.

Post by Toyrsi »

Het die kop gekry en kon die horings meet.
51.18 en 53.15"


Sent from my SM-G960F using Tapatalk

YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2595
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: Kudu jag.

Post by JohanvB »

Mooi Bul!!

Karkas gewig?
User avatar
Toyrsi
Hero Member
Hero Member
Posts: 1000
Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm

Re: Kudu jag.

Post by Toyrsi »

170kg

Sent from my SM-G960F using Tapatalk

YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
Kaalvoetthysie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 253
Joined: Sat Nov 04, 2017 12:13 pm

Re: Kudu jag.

Post by Kaalvoetthysie »

Baie geluk, klink na n baie lekker jag


Sent from my iPhone using Tapatalk
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2595
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: Kudu jag.

Post by JohanvB »

Toyrsi wrote: Thu Jul 02, 2020 4:58 pm 170kg

Sent from my SM-G960F using Tapatalk
Wow!!
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2595
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: Kudu jag.

Post by JohanvB »

Toyrsi wrote: Mon Jun 22, 2020 11:29 am Na n slegte week by die werk en met die virus besluit ek Vrydag middag ek wil net in die veld kom.
Bel n vriend van my wat n boer is en vra of ek nie net n draai kan kom stap en sommer bietjie kop skoonmaak nie en as ek dalk iets raak loop kan n vleisie vir die huis skiet. Hy se dis reg en pak my rugsak.
Saterdag oggend spring ek so 04.45 in die kar en 05.50 is ek op die plaas. Trek lekker warm aan dis darem net -2 op daai oomblik en stap so 1km weg en gaan sit teen die rant van die berg en wag dat n nuwe dag begin.
Wat n voorreg om n beedskone dag se begin te sien en te luister hoe die veld wakker word.
Net na 8 besluit ek dis nou genoeg en begin al langs die rant van die berg stap. Dis baie klipperig en man moet probeer saggies loop. Loop so 50m en stop en luister en kyk met verkyker of ek nie dalk iets gewaar nie. Toe ek amper oor die laaste rant se kruin is hoor ek net hoe spat die klippe aan die anderkant. Dammit hulle het my gehoor of geruik. Wind is nie konstant so teen die berg en klowe nie. So bekruip ek die hoogste deel van die rant en gewaar dat die kudus klaar af is en so 300m van die grensdraad af staan. n Prag bul met 2 koeie en n kalf. Nou sal ek moet tyd vat want almal staan en staar in my rigting my met daai skottel ore van hulle. Na so 20 min wat meer n uur voel begin hulle weer rustig raak en ek bekruip stadig af sonder om te raas. Bossies is min en klippe is baie so dit gaan bitter stadig. Elke nou en dan moet ek stop want dan luister hulle weer en staar in my rigting. Hulle is stadig maar seker besig om nader aan die grens te wei toe iets hulle laat skirk en hulle hardloop terug in my rigting. Bosse is ruig waar hulle toe gaan staan en ek kan nie nader nie. Nou ek hoor klaar n paar manne se as jy n kudu bekruip moet die darem onder n 100m wees maar omdat ek hoer as hulle is kon hulle my makliker gewaar en ek kon dalk n skoot kry. Kruip weer so paar meter af en sien as ek nog laer gaan sal ek nie n skoot kry nie. Gaan sit so tussen 2 klein vaal bossie wat so effense skadu kol maak en belsuit wat om te maak. Niks skietstokke(Het hulle vergeet waar ek die oggend gesit het :o ) of bome om oor te skiet nie. Le is nie n opsie nie want dan kan ek hulle nie sien nie, besluit om te kyk hoe stabiel ek is met sit en elmboe op kniee. Kyk deur die teleskoop en is vrede met wat ek sien. Maak die slot toe en wag dat die bul se kop draai sodat ek hom onder die oor kan piets. Skoot loop mooi en ek hoor daai dof klank waarvoor man altyd wag. Scope is af van hom af en soek vinnig en sien hy le darem. Wat n gevoel, staan op en sien die 1 koei en kalf hardloop reguit op my af. Hulle het nie idee gehad van waar die skoot gekom het nie en kom staan so 20m vanaf my en kyk waar die bul geval het. Het hulle so ruk gestaan en kyk en toe ek begin loop spaander hulle daar weg. Loop af na waar die bul le, wat n mooi bok. Mooi skoot so ent onder die oor, nek af. Se eers dankie vir die vader wat my so n geleentheid gegee het. Nou kan ek darem n foto of twee neem terwyl ek vir die boer wag om my te kom help, nogal moeilik as man alleen is. Na n uur en n half se wag daag hy op met 2 manne om te help. Nou kan ons n beter foto neem. Het nog nie horings gemeet nie maar karkas gewig is 170kg. Watse wonderlike vadersdag geskenk is dit dan nou nie.

PS. Jammer vir die bloed op die laaste foto kan nie langer wag en moes sny dat bok kan uitbloei.
ImageImageImageImageImageImageImage[IMG]https://uploads.tapatalk-
Sê die man wat my koedoe afgeslag het, mnr, die bok het darem 'n drom van' n nek, nou wil ek vir jou sê, jou mooi bok het self 'n DROM vir' n nek!!!
User avatar
Louisdewet
Full Member
Full Member
Posts: 183
Joined: Wed Apr 29, 2020 7:19 pm

Re: Kudu jag.

Post by Louisdewet »

Baie netjiese bul vir die Noordkaap


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Kudu jag.

Post by Plaashaas »

Carl wrote: Tue Jun 23, 2020 2:44 pm Ek meet hom teen my koedoe my mate is 52 en 52.5". Wat wen ons?
Jy WEN. Geluk
Post Reply