Weatherby 375 H&H

Post Reply
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Weatherby 375 H&H

Post by Carl »

Goeiemore,

'n Vriend van my het die geweer wat vir hom probleme gee met akkuraatheid. Dis 'n FN Herstal wat in oorsprongklik kondisie is. Die kaliber op die loop aangebring is interessant Weatherby 375 H&H of 375M. Die geweer skiet redelik bont.Aaname is alles wat moet vas is so gemaak deur die geweersmid.

Die fotos van die doppe is die van 'n gewone 375 H&H PMP. Let op die rif wat vorm by die nek en skouer. Is hierdie 'n 375 Weatherby eerder as regte H&H?
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Weatherby 375 H&H

Post by tripodmvr »

Wouter het 'n 375HH wat AI is. Miskien kan hy help?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Weatherby 375 H&H

Post by Wouter Roets »

Carl

Hierdie lyk soos n 375 Weatherby. Nie altwee daai doppe het eenders uitgekom nie, maar die een wys wel tekens van die double radius shoulder van die Weatherby. Dit is defnetief nie die 375 H&H Ackley nie.

Groetnis
Wouter
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Weatherby 375 H&H

Post by Carl »

Wouter Roets wrote: Wed Jun 24, 2020 9:53 am Carl
Hierdie lyk soos n 375 Weatherby. Nie altwee daai doppe het eenders uitgekom nie, maar die een wys wel tekens van die double radius shoulder van die Weatherby. Dit is defnetief nie die 375 H&H Ackley nie.
Groetnis
Wouter
Dankie, ja net die een dop is in die geweer gevuur, die ander is in 'n H&H gevuur.

Van wat ek kan opspoor het Roy Weatherby std 375H&H gewere verander na Weatherby voor hy sy eie gewere begin bou het. Die is dan moontlik 'n FN 375 wat vernader is - dit wil voorkom of die Weatherby later deur 'n ander persoon aangebring is.

Ek lees dat Weatherby patrone selfs in die VSA duur is!! $100 vs 30 vir H&H. Dus is die pad voorentoe:
  • om eerder weer die kamer te verander an H&H
    om dit te AI?
    om te laai vir Weatherby as mens matryse kry.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Weatherby 375 H&H

Post by Wouter Roets »

Carl

Die meeste 375Weatherby gewere doen heel goed met standaard 375H&H amminusie net soos die Ackley. Beide is improved weergawes van die 375H&H met die voordeel dat jy nog die voog kaliber in hulle kan gebruik. So die opsie wat ek voorstel is om 375 Weatherby matryse te kry en te laai vir die geweer. As jy se die geweer skiet sleg, waarvan praat ons?

Baie 375's is al herkamer na die 375 Weatherby so dit is glad nie n rare verskeinsel nie. Wat net gewoonlik ingedagte gehou moet word is dat die meeste van hierdie kamers nie die tradisionele Weatherby vryboor het nie so dit is dan nie altyd veilig moontlik om fabrieksamminusie in hulle te skiet vanwee die hoer drukvlakke wat dan gegenereer word nie. Jy is natuurlik meer as welkom om my te kontak vir herlaai raad.

Groetnis
Wout
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Weatherby 375 H&H

Post by Carl »

Baie dankie. Gelukkig is dit nie my werk om haar te maak skiet nie. Ek sal dit so oordra aan die eienaar.

Wouter ek hoor die geweer het bont geskiet (ek sal teikens aanvra). Al die skroewe is vas. Daar kan 'n druk punt wees op die hout.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1518
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: Weatherby 375 H&H

Post by swc-tr »

Carl, daai geweer se kamer lyk nie goed gesny te wees vir die .375 Weatherby patroon nie.
In die foto hieronder, die 4de patroon van regs, is hoe die .375 Weatherby lyk. Hoop dit help.
weatherby cartridges.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Weatherby 375 H&H

Post by Wouter Roets »

Schalk

Ek moet saamstem, daai dop lyk maar bietjie suspect. Dalk is dit maar die foto, want die vader alleen weet ek weet nie hoe n geweersmid dit kan reg kry nie.

Groetnis
Wouter
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Weatherby 375 H&H

Post by Carl »

Ja as ek na ander fotos van die WM doppe kyk moet dit mos netjies uit stoot soos 'n AI dop. Ek dink die manne moet maar 'n goeie geweersmid benader en dan kamer laat regsny indien moontlik.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Weatherby 375 H&H

Post by tripodmvr »

Wouter, wat jy en Schalk nou sê is dat dit lyk of die kamer met 'n 13mm boor gesny is ++>:
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2157
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Weatherby 375 H&H

Post by Ds J »

n Half gesnyde kamer? Dat die smid dalk nie klaargemaak het nie?
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Weatherby 375 H&H

Post by Carl »

More, Gelukki is die eienaar 'n oog spesialis met 'n liefde vir motors. Hy het 'n "Scope" wat ons gaan gebruik om te kyk na die kamer en dan sal ek fotos op sit as dit ons iets wys gaan maak.
Ek het die internet deurgelees FN Herstal het nie die kaliber gemaak nie, slegs die H&H. Dit is dus "aftermarket pimp" werk.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Post Reply