Bel n vriend van my wat n boer is en vra of ek nie net n draai kan kom stap en sommer bietjie kop skoonmaak nie en as ek dalk iets raak loop kan n vleisie vir die huis skiet. Hy se dis reg en pak my rugsak.
Saterdag oggend spring ek so 04.45 in die kar en 05.50 is ek op die plaas. Trek lekker warm aan dis darem net -2 op daai oomblik en stap so 1km weg en gaan sit teen die rant van die berg en wag dat n nuwe dag begin.
Wat n voorreg om n beedskone dag se begin te sien en te luister hoe die veld wakker word.
Net na 8 besluit ek dis nou genoeg en begin al langs die rant van die berg stap. Dis baie klipperig en man moet probeer saggies loop. Loop so 50m en stop en luister en kyk met verkyker of ek nie dalk iets gewaar nie. Toe ek amper oor die laaste rant se kruin is hoor ek net hoe spat die klippe aan die anderkant. Dammit hulle het my gehoor of geruik. Wind is nie konstant so teen die berg en klowe nie. So bekruip ek die hoogste deel van die rant en gewaar dat die kudus klaar af is en so 300m van die grensdraad af staan. n Prag bul met 2 koeie en n kalf. Nou sal ek moet tyd vat want almal staan en staar in my rigting my met daai skottel ore van hulle. Na so 20 min wat meer n uur voel begin hulle weer rustig raak en ek bekruip stadig af sonder om te raas. Bossies is min en klippe is baie so dit gaan bitter stadig. Elke nou en dan moet ek stop want dan luister hulle weer en staar in my rigting. Hulle is stadig maar seker besig om nader aan die grens te wei toe iets hulle laat skirk en hulle hardloop terug in my rigting. Bosse is ruig waar hulle toe gaan staan en ek kan nie nader nie. Nou ek hoor klaar n paar manne se as jy n kudu bekruip moet die darem onder n 100m wees maar omdat ek hoer as hulle is kon hulle my makliker gewaar en ek kon dalk n skoot kry. Kruip weer so paar meter af en sien as ek nog laer gaan sal ek nie n skoot kry nie. Gaan sit so tussen 2 klein vaal bossie wat so effense skadu kol maak en belsuit wat om te maak. Niks skietstokke(Het hulle vergeet waar ek die oggend gesit het
PS. Jammer vir die bloed op die laaste foto kan nie langer wag en moes sny dat bok kan uitbloei.






[IMG]https://uploads.tapatalk-



