Wie het al buffel gejag?

Enige interresante verhale wat jy beleef het kan hier geplaas word.
Any interesting stories you have heard of or have experienced.
User avatar
Stephan86
Hero Member
Hero Member
Posts: 551
Joined: Thu Feb 26, 2015 10:00 am

Re: Wie het al buffel gejag?

Post by Stephan86 »

Smitsterties baie geluk met die prag buffel.

Jou storie het my inspireer om gou myne ook hier te vertel.

Vriende van my hul het 'n plaas daar tussen Thaba en Rooiberg en ongelukkig gaan dit ma swaar op die plaas, so hul het besluit om van hul ou koeie te jag vir so ekstra inkomste. So het ek ook die kans gekry op 'n "budget" buffel jag, al is dit dalk meer 'n management hunt. Ma soos een van my vriende gesê het, 'n buffel bly 'n buffel al is hy op 'n toe plaas of in die oop Moz delta.

Ek het so bietjie met Wouter gesels voor die jag aangesien my Steyr nie 270gr Barnes wou voer nie (wat my eerste keuse was) en het ek besluit op 300gr Woodleigh.

Lang storie kort het my eerste naweek op die plaas (6 Desember 2019) het nie uitgewerk nie aangesien erge reën was my tyd kort en kon ek nie 'n skoot kry op die spesifieke koeie die keer wat ons hul gekry het nie. So 28 Feb het ek weer 'n kaans gekry om haar te gaan soek. My vriend (OupaZA op die forum was saam met my). Die Vrydag kon ons hul nie vind nie en Saterdag oggend na so bietjie rond ry het ons die trop gekry. Ons het hul bekruip, maar hul het ons gewaar en weg gehol. Ons was op voet agter na en kon hul weer kry ma die keer was hul ekstra versigtig en toe ons binne skiet afstand kom het hul die pad gevat. Ons moes weer op die bakkie klim en na 'n rukkie kry ons hul waar hul in 'n oopte staan. Ons het nader beweeg tot op die rand van die bos waar ons steeds kom skuil in die koelte van 'n boom. Daar het ek dooierus gevat en het ons die diere begin deurkyk vir die spesifieke koei, hul het so op 70m van ons af gestaan. Vir lank het het die buffels in 'n bondel saam gedrom soos hulle maak en kon e net nie 'n oop skoot op die koei kry nie. As ek reg onthou het ons omtrent vir 1.5 ure so gestaan en wag vir 'n skoot toe sy die eerste keer alleen aan die regter kant gaan staan. Die skoot het geklap, dit het goed gevoel en die trop is daar weg. Minder as 30m verder het hul gestop en weer begin saamdrom. Ons kon die koei glad nie sien nie en het na 10min besluit om nader te gaan en die diere te verjaag aangesien ons vermoed het sy lê daar. Met die dat hul weg hol lê sy toe daar morsdood, ons het nooit eers 'n bulk gehoor van haar nie. Die skoot was mooi op die blad en met die slag het ons gesien ek het die bokant van die hart saam met die twee longe raak geskiet.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22 LR Webley & Scott Xocet
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6968
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Wie het al buffel gejag?

Post by DWB »

Baie geluk Stephan! Welgedaan
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5020
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Wie het al buffel gejag?

Post by Frederik »

Netjies Stephan, lyk my die 375 en woodleigh is lekker kombinasie my skoot was presies soos jou hoog hart en longe ook net een skoot.
Het jy met die 300gr HD koele geskiet die wat swart/grys kleur is?
Jy het nie dalk foto van die koeel nie?
User avatar
Stephan86
Hero Member
Hero Member
Posts: 551
Joined: Thu Feb 26, 2015 10:00 am

Re: Wie het al buffel gejag?

Post by Stephan86 »

Frederik wrote: Fri Jun 05, 2020 6:38 pm Netjies Stephan, lyk my die 375 en woodleigh is lekker kombinasie my skoot was presies soos jou hoog hart en longe ook net een skoot.
Het jy met die 300gr HD koele geskiet die wat swart/grys kleur is?
Jy het nie dalk foto van die koeel nie?
Frederik dit was die einste HD koeëls ja, lyk amper of hul molly coated is.
Ek het die koeël herwin op die oorkantste blad onder die vel en hy lyk baie mooi. Ek het ongelukkig die koeël op die plaas vergeet, maar die plaas bestuurder hou hom vir my. Ongelukkig het ek nie 'n foto van hom nie.
.22 LR Webley & Scott Xocet
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2126
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Wie het al buffel gejag?

Post by Malan123 »

Netjies manne. Well done. Ek is nou so lus vir buffel jag na hierdie stories, ek koop sommer 'n 416!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Wie het al buffel gejag?

Post by Wouter Roets »

Stepfan

Weereens geluk maat. Daai storie waarvan jy praat waar n mens so staan en wag vir n skoot in n trop kan n mens tot drank en slegte vrouens dryf. Menigte PH'e wou al hul hare uit hulle koppe trek met die identifisering van die regte dier vir n klient wat bowenal nog sukkel met die verduideliking van die regte dier en erger die skiet van sy groot kaliber. Skiet uit n groot trop het verseker sy uitdagings en as ek kan kies dan vat ek veel eerder die spore van n paar dagaboys as die van n trop.

Groetnis
Wout
User avatar
Stephan86
Hero Member
Hero Member
Posts: 551
Joined: Thu Feb 26, 2015 10:00 am

Re: Wie het al buffel gejag?

Post by Stephan86 »

Wouter.

Jy het dit regtig mooi opgesom, daai drank en vrouens ding is akkuraat. Wat dit so moeilik maak is jy is heeltyd gefokus en jy moet heeltyd reg wees om te skiet vir wanneer daai dier uitstap.
.22 LR Webley & Scott Xocet
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Wie het al buffel gejag?

Post by Wouter Roets »

Stephan

Verseker dit maak n mens se tietspiere behoorlik pap. Baie soos om agter n gekweste dier aan te gaan wat jou kan trap, skop of byt. Selfs leeujag het daai effek op jou om nie eers te praat van tussen olifante in n trop nie. n Halfuur hiervan en dit voel of jy tien jaar ouer geword het in daai tyd. Maar o wetter dit laat jou voel of elke greintjie van jou menswees lewe!

Groetnis
Wout
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4790
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Wie het al buffel gejag?

Post by Carl »

Geluk Martin en Stephan met julle buffels. 'n Voorreg en ene wat ek nog moet doen.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3940
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Wie het al buffel gejag?

Post by tau »

Stephan86 wrote: Fri Jun 05, 2020 6:08 pm Smitsterties baie geluk met die prag buffel.

Jou storie het my inspireer om gou myne ook hier te vertel.

Vriende van my hul het 'n plaas daar tussen Thaba en Rooiberg en ongelukkig gaan dit ma swaar op die plaas, so hul het besluit om van hul ou koeie te jag vir so ekstra inkomste. So het ek ook die kans gekry op 'n "budget" buffel jag, al is dit dalk meer 'n management hunt. Ma soos een van my vriende gesê het, 'n buffel bly 'n buffel al is hy op 'n toe plaas of in die oop Moz delta.

Ek het so bietjie met Wouter gesels voor die jag aangesien my Steyr nie 270gr Barnes wou voer nie (wat my eerste keuse was) en het ek besluit op 300gr Woodleigh.

Lang storie kort het my eerste naweek op die plaas (6 Desember 2019) het nie uitgewerk nie aangesien erge reën was my tyd kort en kon ek nie 'n skoot kry op die spesifieke koeie die keer wat ons hul gekry het nie. So 28 Feb het ek weer 'n kaans gekry om haar te gaan soek. My vriend (OupaZA op die forum was saam met my). Die Vrydag kon ons hul nie vind nie en Saterdag oggend na so bietjie rond ry het ons die trop gekry. Ons het hul bekruip, maar hul het ons gewaar en weg gehol. Ons was op voet agter na en kon hul weer kry ma die keer was hul ekstra versigtig en toe ons binne skiet afstand kom het hul die pad gevat. Ons moes weer op die bakkie klim en na 'n rukkie kry ons hul waar hul in 'n oopte staan. Ons het nader beweeg tot op die rand van die bos waar ons steeds kom skuil in die koelte van 'n boom. Daar het ek dooierus gevat en het ons die diere begin deurkyk vir die spesifieke koei, hul het so op 70m van ons af gestaan. Vir lank het het die buffels in 'n bondel saam gedrom soos hulle maak en kon e net nie 'n oop skoot op die koei kry nie. As ek reg onthou het ons omtrent vir 1.5 ure so gestaan en wag vir 'n skoot toe sy die eerste keer alleen aan die regter kant gaan staan. Die skoot het geklap, dit het goed gevoel en die trop is daar weg. Minder as 30m verder het hul gestop en weer begin saamdrom. Ons kon die koei glad nie sien nie en het na 10min besluit om nader te gaan en die diere te verjaag aangesien ons vermoed het sy lê daar. Met die dat hul weg hol lê sy toe daar morsdood, ons het nooit eers 'n bulk gehoor van haar nie. Die skoot was mooi op die blad en met die slag het ons gesien ek het die bokant van die hart saam met die twee longe raak geskiet.
Baie geluk!!!!
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Post Reply