Puik Cerakote diens

Post Reply
User avatar
pwdejager
Hero Member
Hero Member
Posts: 508
Joined: Tue Sep 03, 2019 2:26 pm

Puik Cerakote diens

Post by pwdejager »

Ek het die afgelope jaar baie nuwe vuurwapen verwante produkte gekoop en dienste benodig, en ek moet bieg, ek was nog nooit so tevrede soos ek met Robin Thompson se werk en diens is nie.

Agtergrond: Ek het 'n korporatiewe bestuurs agtergrond, en werk op 'n daagligse basis nog met top bestuur. So vir my is die belangrikste in 'n verhouding "expectation management".

Robin: Ek het Robin se besonderhede op 'n facebook post gekry en hom gekontak, onmiddelik het hy vir my voorbeelde gestuur van sy vorige werk, pryse gestuur, en aangetoon dat hy nie gelisensieerde dele van vuurwapens kan aanvaar nie (hy is nie 'n vuurwapen "dealer" nie).

Ondervinding: Ek het my geweer stock op 1 Junie na hom gestuur Postnet-Postnet, Robin het op 3 Junie die pakkie opgetel en onmiddelik my laat weet dat hy dit gekry het, hy het ook aangetoon wat in die pakkie was (ek het van die stock gedeeltes verwyder) met fotos. Hy het op dieslefde dag vir my fotos gestuur van die stock wat op die "camo patern" le, en seker gemaak ek is tevrede.

Ek moet byvoeg, Robin het ook 'n custom stencil laat maak vir 'n logo wat ek wou opsit.

Op 6 Junie, het Robin vir my fotos gestuur van die werk voordat hy dit laat bak, om seker te maak ek is tevrede.

Op 7 Junie stuur hy fotos van die pakkie wat reg is vir versending (onthou, ek het nog nie eers betaal vir die werk nie)

Op 8 Junie stuur hy die pakkie, en verskaf dadelik die tracking nommer, hy stuur eers sy bankbesonderhede na alles versend was.

Op 10 Junie kry ek die pakkie, en is baie tevrede met sy werk.

Ek beveel nie sommer iemand aan nie, maar ek kan Robin aanbeveel sonder om te skroom.
IMG_20200610_180640(b).jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Perry de Jager
Beretta Mod71 .22LR
CZ P07 (EDC)
CZ 455 .22LR
Tikka T3x CTR 6.5 CRD
Tikka T3x Varmint Hunter 300WSM
Bergara B14R 308Win
Ralph Badenhorst 6GT
Remington 870 12Boor
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2961
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Puik Cerakote diens

Post by Lategan1 »

Dankie vir positiewe terugvoer, Perry. Ek neem kennis.

Ons in die Kaap moet partykeer maar goed sif vir goeie diens!

Kolf lyk mooi.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
figjam
Full Member
Full Member
Posts: 242
Joined: Thu May 07, 2015 3:59 pm

Re: Puik Cerakote diens

Post by figjam »

Ek laaik dit!
Quicker
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 93
Joined: Tue Jul 16, 2019 11:23 pm

Re: Puik Cerakote diens

Post by Quicker »

Mensdom, maar dis mooi!!



Sent from my iPhone using Tapatalk
Post Reply