"Ou geweer" vir bosgeweer

Post Reply
RevA
Full Member
Full Member
Posts: 149
Joined: Sun Feb 04, 2018 9:10 pm

"Ou geweer" vir bosgeweer

Post by RevA »

Ek is tydens die lockdown nogal nostalgies en het te veel tyd in die boeke spandeer.

Ek het 'n 6.5x55 wat 'n redelike all rounder vir my omgewing is. Ek wag vir die 6.5 Creed se lisensie (vir my vrou en sportskiet).

nou wil ek kyk na iets vir die bos, maar ek wil nie 'n nuwe geweer hê nie. Jare terug het ek in die bosveld met iemand se Israeli Mauser vlakvarke geskiet en dit was vir my 'n lekker gewees, voor die lockdown het ek met 'n pel se 303 ook 'n vlakvark geskiet.

Nou wonder ek as mens moet kyk na so ouer geweer, iets wat 'n 4 of 6 vergroting scope opkry en lyk soos dit lyk, wat sou julle voorstelle wees?
Groete Andreas
  • 6.5x55 Howa M1500
    Rossi 357 mag
    Bsa Sportsman ten .22
    22lr Burgo revolver
    6.5 Creedmoor Howa
    12 Boor Mossberg 500
User avatar
naas222
Hero Member
Hero Member
Posts: 790
Joined: Thu Oct 19, 2017 7:59 am

Re: "Ou geweer" vir bosgeweer

Post by naas222 »

Ek sou sê n 30 06...
222 Sako
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie
RevA
Full Member
Full Member
Posts: 149
Joined: Sun Feb 04, 2018 9:10 pm

Re: "Ou geweer" vir bosgeweer

Post by RevA »

naas222 wrote: Wed May 27, 2020 7:38 pm Ek sou sê n 30 06...
Dit is 'n lekker kaliber, maar om een te kry wat nog in goed genoeg toestand is dat dit sal werk is 'n ander kwessie. Ek het half agter gekom die 30-06 manne gebruik die gewere op...
Groete Andreas
  • 6.5x55 Howa M1500
    Rossi 357 mag
    Bsa Sportsman ten .22
    22lr Burgo revolver
    6.5 Creedmoor Howa
    12 Boor Mossberg 500
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: "Ou geweer" vir bosgeweer

Post by DWB »

Jy kort ñ 7x57
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2956
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: "Ou geweer" vir bosgeweer

Post by Lategan1 »

Saam met ‘n 6.5x55, bosveldjag - dan kies ek 9.3x62mm.

Creed soos jy noem is vir sports.

Klassiek.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
naas222
Hero Member
Hero Member
Posts: 790
Joined: Thu Oct 19, 2017 7:59 am

Re: "Ou geweer" vir bosgeweer

Post by naas222 »

ons gebruik hulle op omdat ons elke 30 ste bok kwes😂
222 Sako
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3529
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: "Ou geweer" vir bosgeweer

Post by Armand Steenkamp »

RevA wrote: Wed May 27, 2020 7:36 pm Ek is tydens die lockdown nogal nostalgies en het te veel tyd in die boeke spandeer.

Ek het 'n 6.5x55 wat 'n redelike all rounder vir my omgewing is. Ek wag vir die 6.5 Creed se lisensie (vir my vrou en sportskiet).

nou wil ek kyk na iets vir die bos, maar ek wil nie 'n nuwe geweer hê nie. Jare terug het ek in die bosveld met iemand se Israeli Mauser vlakvarke geskiet en dit was vir my 'n lekker gewees, voor die lockdown het ek met 'n pel se 303 ook 'n vlakvark geskiet.

Nou wonder ek as mens moet kyk na so ouer geweer, iets wat 'n 4 of 6 vergroting scope opkry en lyk soos dit lyk, wat sou julle voorstelle wees?
Andreas, ek het presies so n 303. Ek het sy loop lekker kort gemaak en hy pas my goed. Skiet 174gr koeels. Werk pervek wat wat ek wil doen met hom
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 1113
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Re: "Ou geweer" vir bosgeweer

Post by J le Roux »

7x57 Mauser
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
User avatar
thys308
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 75
Joined: Fri Aug 17, 2012 8:13 pm

Re: "Ou geweer" vir bosgeweer

Post by thys308 »

RevA ek het vir jou ñ 303 Lee Ingfield wat nog vol hout is en nog min geskiet het. Hy staan al meer as 20j in die kluis en ek het seker 50 skote geskiet in die tyd.
As jy belang stel pm my. Dit behoort die regte bos geweer tewees vir verandeting.

Sent from my SM-A505F using Tapatalk

knipmes
Hero Member
Hero Member
Posts: 704
Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm

Re: "Ou geweer" vir bosgeweer

Post by knipmes »

Stem saam dat die 9,3 X 62 n wenner is.
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: "Ou geweer" vir bosgeweer

Post by FHM »

Hier is n stukkie interressante lees vir jou om te help met jou besluit. ;)
https://www.netwerk24.com/landbou/Wild/ ... r-20170915
Persoonlik sou ek vir 7x57 of 30-06 gegaan het, of selfs n goei kondissie 303.
My redes - omdat ek al redelik baie met al 3 kalibers in die bos gejag het.
Bos jag is seker maks tot so 120 meter....as jy wegbly van die voorbrande af wat tot doer op die horison loop. ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: "Ou geweer" vir bosgeweer

Post by Apie »

Ek dink mens kan ‘n 8x57 ook ingooi!

Mens kry partykeer mooi M98 Mausers vir goeie pryse.

Sent from my iPhone using Tapatalk
RevA
Full Member
Full Member
Posts: 149
Joined: Sun Feb 04, 2018 9:10 pm

Re: "Ou geweer" vir bosgeweer

Post by RevA »

FHM wrote: Thu May 28, 2020 7:23 am Hier is n stukkie interressante lees vir jou om te help met jou besluit. ;)
https://www.netwerk24.com/landbou/Wild/ ... r-20170915
Persoonlik sou ek vir 7x57 of 30-06 gegaan het, of selfs n goei kondissie 303.
My redes - omdat ek al redelik baie met al 3 kalibers in die bos gejag het.
Bos jag is seker maks tot so 120 meter....as jy wegbly van die voorbrande af wat tot doer op die horison loop. ;)
Dankie. Dit is 'n baie interessante artikel daardie!
Groete Andreas
  • 6.5x55 Howa M1500
    Rossi 357 mag
    Bsa Sportsman ten .22
    22lr Burgo revolver
    6.5 Creedmoor Howa
    12 Boor Mossberg 500
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2956
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re:

Post by Lategan1 »

Apie wrote: Thu May 28, 2020 7:35 am Ek dink mens kan ‘n 8x57 ook ingooi!

Mens kry partykeer mooi M98 Mausers vir goeie pryse.

Sent from my iPhone using Tapatalk
Stem.

My redenasie. Hy het ‘n klassieke Sweed 6.5x55. Dit is Europees en het ‘n historiese en of interessantheidswaarde, dalk ook vir uitgebreide versameling vorentoe. Ook is RSA se bekende ou wapens van oorsprong hier.

Die 7x57 maak morsdood met min ‘recoil’. Indien dit belangrik is vir hom, dan is dit die nommer. Ek voel net die kaliber is te naby aan die Sweed en gevoglik beperk mens dalk jouself.

Die .303 met 174gr, is daar werklik iets om te sê oor? Behalwe dat dit Brits is!! Die grootste oorweging hier is of dit ‘n jaggeweer gevoel en pas het. Deur te sport kos ook geld.

Die 30.06 kwalifiseer gevolglik nie in hierdie scenario nie. Andersins, enige dag.

Steeds is 9,3 my keuse, of ‘n pragtige 8x57. Beide se gewildheid is volgens my besig om te herleef. Ek ken nie die 8 nie, maar glo met goeie pas gaan hy sagter op die skouer wees.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13586
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: "Ou geweer" vir bosgeweer

Post by Capt. Yoda »

Ek het n cz 300wm wat nie werk het nie wat ek wil omskep in so kort bos geweer. Eks nog 50/50 of hy dalk n ander loop kry en n swaar kaliber word en of ek daai loop op 18” af sny met n kort stompie KD en dan iets soos n 180gr Aframe in hom skiet. Scope sal moontlik iets soos n ampoit wees en die roer sal net gebruik word vir regte close combat aksie. N 9.3 sal self n lekker speel ding wees, Ben hier op die forum het so 308 musgrave met n 18” loop wat diep lekker werk in baie digte bos.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
RevA
Full Member
Full Member
Posts: 149
Joined: Sun Feb 04, 2018 9:10 pm

Re: Re:

Post by RevA »

Ek hou van jou argument. Ek gaan vir seker iewers 'n 9.3 moet kry, bygesê as ek 'n mooi 8x57 of 7x57 raakloop gaan ek hul nie mis nie.
Lategan1 wrote: Thu May 28, 2020 7:56 am
Apie wrote: Thu May 28, 2020 7:35 am Ek dink mens kan ‘n 8x57 ook ingooi!

Mens kry partykeer mooi M98 Mausers vir goeie pryse.

Sent from my iPhone using Tapatalk
Stem.

My redenasie. Hy het ‘n klassieke Sweed 6.5x55. Dit is Europees en het ‘n historiese en of interessantheidswaarde, dalk ook vir uitgebreide versameling vorentoe. Ook is RSA se bekende ou wapens van oorsprong hier.

Die 7x57 maak morsdood met min ‘recoil’. Indien dit belangrik is vir hom, dan is dit die nommer. Ek voel net die kaliber is te naby aan die Sweed en gevoglik beperk mens dalk jouself.

Die .303 met 174gr, is daar werklik iets om te sê oor? Behalwe dat dit Brits is!! Die grootste oorweging hier is of dit ‘n jaggeweer gevoel en pas het. Deur te sport kos ook geld.

Die 30.06 kwalifiseer gevolglik nie in hierdie scenario nie. Andersins, enige dag.

Steeds is 9,3 my keuse, of ‘n pragtige 8x57. Beide se gewildheid is volgens my besig om te herleef. Ek ken nie die 8 nie, maar glo met goeie pas gaan hy sagter op die skouer wees.

Beste.
Groete Andreas
  • 6.5x55 Howa M1500
    Rossi 357 mag
    Bsa Sportsman ten .22
    22lr Burgo revolver
    6.5 Creedmoor Howa
    12 Boor Mossberg 500
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3529
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Re:

Post by Armand Steenkamp »

Lategan1 wrote: Thu May 28, 2020 7:56 am
Apie wrote: Thu May 28, 2020 7:35 am Ek dink mens kan ‘n 8x57 ook ingooi!

Mens kry partykeer mooi M98 Mausers vir goeie pryse.

Sent from my iPhone using Tapatalk
Stem.

My redenasie. Hy het ‘n klassieke Sweed 6.5x55. Dit is Europees en het ‘n historiese en of interessantheidswaarde, dalk ook vir uitgebreide versameling vorentoe. Ook is RSA se bekende ou wapens van oorsprong hier.

Die 7x57 maak morsdood met min ‘recoil’. Indien dit belangrik is vir hom, dan is dit die nommer. Ek voel net die kaliber is te naby aan die Sweed en gevoglik beperk mens dalk jouself.

Die .303 met 174gr, is daar werklik iets om te sê oor? Behalwe dat dit Brits is!! Die grootste oorweging hier is of dit ‘n jaggeweer gevoel en pas het. Deur te sport kos ook geld.

Die 30.06 kwalifiseer gevolglik nie in hierdie scenario nie. Andersins, enige dag.

Steeds is 9,3 my keuse, of ‘n pragtige 8x57. Beide se gewildheid is volgens my besig om te herleef. Ek ken nie die 8 nie, maar glo met goeie pas gaan hy sagter op die skouer wees.

Beste.
Om n 303 te sport het my R500 gekos vir kroon sny en draad op die loop............. Al daai werkies kan jy self doen

Ek sou wel saamstem met die 8x57 mm jy kry nog hier en daar van die Yugo 48 mausers vir goedkoop wat in goeie kondusie is.
Daar is eintlik baie opsies en baie roere wat sal werk. As jy vir n oopvisier of vir n roer met n red dot op wil gaan kan jy selfs kyk na n Mosin Nagant. Ek hou van die oorlogs gewere2at geskiedenis het. Al probleem is jy gaan dalk sukkel met doppe en dies
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: "Ou geweer" vir bosgeweer

Post by Apie »

Ek wou ook sê 9.3 maar ek het 1 en dan is ek bevooroordeeld!

As jy die 8x57 roete gaan dink ek ‘n 220/244gr Claw RN gaan lekker loop!

Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: "Ou geweer" vir bosgeweer

Post by Arnold »

Jy noem oud en nie n noodwendig goedkoop nie.

Soek vir jou n FN of Husqvarna in 9.3x62. Hulle is gewoonlik nie mal duur nie en is regte goeie gewere wat perfek inpas by wat jy wil doen.

Die 7x57 is vir my te na aan die 6.5x55 en ek sou ook eerder na die 8mm kyk.

'n Kort loop 30-06 of 308 sou ook mooi inpas alhoewel hulle nie so interessant is nie.

Ek sou wegbly van n 303 agv verskeie redes tensy jy n goedkoop ou geweer soek.

Iets spesiaal sou n Ruger no.1 in 45-70 Gov wees

Dan is daar nog n legio ander kaliber opsies maar dit klink of kaliber dalk nie so belangrik soos die geweer self is nie?

Oud en goedkoop beteken vir my een van die militêre gewere. Ou jaggeweer is nie noodwendig goedkoop nie. Dalk kan jy bietjie uitbrei op jou verwagting as jy sê oud?

Sent from my SM-G955F using Tapatalk

RevA
Full Member
Full Member
Posts: 149
Joined: Sun Feb 04, 2018 9:10 pm

Re:

Post by RevA »

Arnold wrote: Thu May 28, 2020 9:27 am Jy noem oud en nie n noodwendig goedkoop nie.

Soek vir jou n FN of Husqvarna in 9.3x62. Hulle is gewoonlik nie mal duur nie en is regte goeie gewere wat perfek inpas by wat jy wil doen.

Die 7x57 is vir my te na aan die 6.5x55 en ek sou ook eerder na die 8mm kyk.

'n Kort loop 30-06 of 308 sou ook mooi inpas alhoewel hulle nie so interessant is nie.

Ek sou wegbly van n 303 agv verskeie redes tensy jy n goedkoop ou geweer soek.

Iets spesiaal sou n Ruger no.1 in 45-70 Gov wees Image

Dan is daar nog n legio ander kaliber opsies maar dit klink of kaliber dalk nie so belangrik soos die geweer self is nie?

Oud en goedkoop beteken vir my een van die militêre gewere. Ou jaggeweer is nie noodwendig goedkoop nie. Dalk kan jy bietjie uitbrei op jou verwagting as jy sê oud?

Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Goedkoop is nie noodwendig die grootste oorweging nie, laer koste is altyd welkom, maar nie die belangrikste nie. Dit gaan vir my meer oor die geweer self.

Dit gaan meer oor 'n roer met geskiedenis, karakter en iets wat dit interessant maak as enige iets anders(omtrent helfde van die rede dat ek meestal met 'n 6.5x55 skiet, terwyl verskeie ander kalibers dieselfde sal doen, dalk soms ook beter).
Groete Andreas
  • 6.5x55 Howa M1500
    Rossi 357 mag
    Bsa Sportsman ten .22
    22lr Burgo revolver
    6.5 Creedmoor Howa
    12 Boor Mossberg 500
Charles7x57
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 78
Joined: Thu Sep 13, 2018 7:07 pm

Re: "Ou geweer" vir bosgeweer

Post by Charles7x57 »

My pa het n ou Martini Henry waarmee hy nog op sy dae geskiet het.
Dis nou n regte ou geweer met baie geskiedenis en perfek vir die bos.
Ek weet nie hoe beskikbaar herlaai komponente is nie maar dis n belewenis om n skoot met die geweer af te trek.
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: "Ou geweer" vir bosgeweer

Post by Hein M. »

Iets waarvan die herlaai komponente BESKIKBAAR is en wat die lopende koste nie die bank gaan breek nie. Die goed wat koppies (duur Amerikaanse) poeier vat - en vuisgrote punte lanseer is nogal swaar op die sak - en heel dikwels onnodig - tensy jy daardie groot / gevaarlike wildsoorte in die bos gaan jag...

Net my 2c
Carlc
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 271
Joined: Tue Nov 15, 2016 7:40 am

Re: "Ou geweer" vir bosgeweer

Post by Carlc »

Ek het vir bykans 25 jaar met so Israeli mauser in 308 soos waarvan jy praat in die bos gejag. Lekker kort en lig en komponente is volop en nie mal geprys nie. Hy sukkel ook nie met verskillende ladings en punte nie. Seker as jy n klip voor kon ondrik sou hy op 100m daarme gegroepeer het. Sou hom seker nou nog gebruik het as my dogter nie ook begin jag het en hom toe van my onteien het nie. Gebruik nou n 338 en geniet hom ook baie.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: "Ou geweer" vir bosgeweer

Post by DWB »

Ek sal dan maar ook my stem verander na 9.3x62 ;)
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2956
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: "Ou geweer" vir bosgeweer

Post by Lategan1 »

Deon, gooi jou Rigby in!

Ek hou baie van jou verspreiding van kalibers, jy mag maar oor hierdie bosveld onderwerp gesels.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
Post Reply