Lang storie kort het my ma haar pa (My oupa natuurlik) se .22 geerf toe ek nog jonk was, dit is ‘n single load Remington The Targetmaster Model 510. My ma het so tyd terug vir my ingelig dat ek die .22 kan vat indien ek belangstel, nadat ek aanvanklik gehuiwer het was daar besluit dat ek wel ‘n plek in my kluis het vir die erfstuk, dit gaan natuurlik nie oor hoe die roer skiet maar meer oor die sentimentele waarde. Mos nie deesdae aldag wat jy oop visier skiet met ‘n single load......

(Verskoon die lang gras, locdown...)
Ongelukkig was daar nie baie mooi na die roer gekyk en ek het dit op myself gevat om dit reg te stel en dit is waar ek julle hulp benodig asb.
Die loop binne lyk nog heel goed maar buite lyk hy bietjie geroes, dit is volgens my oppervlakkige roes so nie te erg en kan reg gestel word met die nodige behandeling (Beplan om maar die loop die laat “blue” en nie ceracote, rede hiervoor is eerstens die koste en tweedens het ek gehoor die “blueing” lyk beter by die “ou” gewere, hier het ek geen kennis. Daar was ook vir my gesê indien ek die loop gaan laat blue moet ek niks aan die loop doen want dit word elk geval gesandblast/beadblast voordat die werk gedoen word??)
My eintlike rede om hier te kom raad vra is oor die kolf, sien fotos aangeheg, ek het hom vandag geskuur maar soek raad oor wat dink julle is die beste, om die kolf te olie of varnish??? Ek persoonlik hou van ‘n natuurlike hout voorkoms wat die olie moontlik sal gee maar hou ook van die “beskerming” wat die varnish gaan bied, weet nie of dit reg sal lyk op die kolf?? Die geweer sal maar min gebruik word, ek skat 3-5 keer per jaar.
Hierdie is my eerste keer dat ek ooit persoonlik aan ‘n geweer werk en moet sê terwyl ek vandag geskuur het was my oupa heeltyd in my gedagtes, hy is oorlede toe ek nog jonk was maar ek het darem goeie herinneringe om aan vas te klou.
Enige raad oor die moets en moenies sal waardeer word. Ek vat hierdie ding aan met geen ondervinding





Sent from my iPhone using Tapatalk




