Beste tyd van die dag vir Kudu voorsit
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Beste tyd van die dag vir Kudu voorsit
Siek man, siek!! 
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Beste tyd van die dag vir Kudu voorsit
O-ja ek wou nog die stukkie deel.
Die ou man bel my gisteroggend - een van die familie het wel n kudu gekry Saterdagaand by een van die voorsit poste (nie my plek nie - dalk moet ek beweeg) Dis natuurlik die goeie nuus....
Die slegte nuus is, toe die man die kudu skiet en met die geweer uit die toring klim - laat val hy die geweer en die skoop slaan blykbaar die onderste trap van die yster leer - dis so by die 10 voet wat die geweer geval het en die skoop die yster getref het. Blykbaar het die geweer n duik in die hout voor rond by die handgreep. Die skoop het n duik voor in en die glas voor is gekraak. Dis die ouman se geweer...'n Musgrave 30-06 met 'n Zeiss Conquest V4 van so 15 K verstaan ek. Die skoop het hy 2 jaar terug by sy vrou as Kersgeskenk gekry. Net anderdag sit ons by die kombuistafel en vat koffie en biskuit, gaan haal die ou man die gweer en spog met hom. Dis n baie mooi yster en glas wat hy daar het.
Jislaaik manne ek huil soos n klein affertjie as dit ek was of myne was, jou geweer vrou en kar leen mens nie uit nie (in daai volgorde).
Hoe maak mens nou as familie kom kuier en iets wil gaan skiet met jou sanna.....?

Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
-
OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 959
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: Beste tyd van die dag vir Kudu voorsit
As daardie familielid enigsins integriteit het, sal hy pa staan vir die skade. Daardie "verniet" koedoe het egter skielik duur geword.
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Beste tyd van die dag vir Kudu voorsit
Dis 'n hengse verleentheid vir die man wat die geweer laat val het . . . ek stem saam . . . vat jou pak en laat ordentlik regmaak en vervang op jou eie koste as so-iets gebeur. Dis baie eina, maar tog noodsaaklik - ongeluk of nie.
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Beste tyd van die dag vir Kudu voorsit
Daardie lessie van geweer uitleen, lankal geleer!!

-
Oppiplaas
- Newbie

- Posts: 6
- Joined: Sun May 24, 2020 7:44 pm
Re: Beste tyd van die dag vir Kudu voorsit
Naand Manne.
Ek het laasjaar in Douglas by n watergat gesit vir n vark.
Wat ek daar gesien het is dat kudu's eers die jong diere stuur, daarna die koeie en as als stil is sal die blounek ewe skielik sy verskeining maak. Die spesifieke bokke het rondom 11h00 kom drink. My vermoede is om maar vroeg te gaan sit en niks vir die res van die dag te reel nie.

Mauser .308
Howa 6.5 creed
CZ .223Rem
CBC 12GA pomp aksie
CZ 75 9mm
Anzhutz. 22lr
Wahlter .22lr
Savage .22lr
Martini Henry 577x450
Howa .204 Ruger
Krico .243
Star .22 pistol.
.357 Astra.
Howa 6.5 creed
CZ .223Rem
CBC 12GA pomp aksie
CZ 75 9mm
Anzhutz. 22lr
Wahlter .22lr
Savage .22lr
Martini Henry 577x450
Howa .204 Ruger
Krico .243
Star .22 pistol.
.357 Astra.
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Beste tyd van die dag vir Kudu voorsit
Ek het nou 3 dae lank springbok gejag, was sekerlik die k..kste jag in my lewe.
Die kudu voorsit sal weer moontlik van komende naweek af voortgaan.
Dit raak nou p-koud laatmiddag en as die son sak - en ek kan nie eens n 'ietsie' vir die koue saamvat met die 'no alcohol' stront wat aan die gang is nie.
Die kudu voorsit sal weer moontlik van komende naweek af voortgaan.
Dit raak nou p-koud laatmiddag en as die son sak - en ek kan nie eens n 'ietsie' vir die koue saamvat met die 'no alcohol' stront wat aan die gang is nie.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Beste tyd van die dag vir Kudu voorsit
Cois, nou hoekom was jou springbokjag so sleg? Kan mos nie wees nie?
Enige jag is lekker of jy maak dit lekker as dit nie is nie!!
Jagmaats kan partymaal 'n pyn in die fondament wees!
Enige jag is lekker of jy maak dit lekker as dit nie is nie!!
Jagmaats kan partymaal 'n pyn in die fondament wees!
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Beste tyd van die dag vir Kudu voorsit
Oom Pieter, laasjaar het hulle n boesman gids saam met my gestuur vir die jag, die knaap hou van gesels en ek wil stilte he in die veld as ek jag, en om die natuur om my te hoor, so ek het hom gou uitgesort. Laasweek besluit die lodge bestuurder hy is lus om my te gids...hy en sy radio en selfoon - al 3 van hulle...Ek was 3 dae in die veld saam hulle drie en ek was elke minuut gegrief oor die f.k.n radio en selfoon. Ek moes 7 springbokke jag in die 3 dae. Vir my is gese die oggend van dag een, ons sal sommer vinnig in die oggend al 7 bokke laat bakkie ry.
Teen middagete op dag een sonder n bok, het ek hom mooi gevra of hy nie maar by die lodge wil bly en sy werke en dinge doen nie en dan eerder die boesman vir my wil gee as gids nie, nee hy wil nie by die lodge wees nie want as hy daar kom gaan sy vrou hom werk gee - een van daai manne...Ek het darem later die dag 2 bokke gekry op so 150 en 180 meter met 2 mooi kopskote.
Op dag 2 met die bekruip van n mooi alleenloper ram by n pan, gaan die radio weer af - hy het vergeet om hom sagter te stel - vlieg hier 2 waterbokke 20 meter van ons af uit n bos en hardloop takke stukkend en daar trek die springbok ook. 'Skuus' seg hy, en stap aan pan toe. Ek se vir hom 'jy weet natuurlik jou radio het my nou daai bok laat mis'. 'Ja sorry' kry ek dit. Hele dag bakkie gery / gestap / bekruip / panne voorgesit maar niks springbokke gekry nie. Die hoofsaak was die wind wat erg gewaai het die hele dag, die ander saak was dat ek die hele dag na selfoon gepiep-pop-tick-click brrrr moes luister met die radio tussenin.
Dag 3 was ek baie naby om terug te draai huis toe toe ek sien hy gaan wragtig weer my gids wees. Met die wind wat vroegoggend begin waai het en die perd en sy radio en foon om my gesellig te hou was ek nogsteeds bokloos teen middagete en het ek maar vinnig my rekening betaal, die 2 bokke van dag een gelaai en terug gedraai huis toe. Ek gaan NIE weer daar jag nie, of...ek sal sy vrou bel en hoor hoe lyk haar man se planne, wanneer in die jagseisoen is hy onbeskikbaar, en dan boek ek daai naweek vir n jag en vat die boesman saam as gids. Ek het geen lekker en mooi herinneringe van daai 3 dae nie, behalwe die 2 skote en 2 bokke - die res was net stres. Geen mens jag nie so nie.
Sal die naweek maar weer op my eie en met stilte en natuur geluide om my daai verdomde kudu op die Oubaas se plaas gaan soek.

Verstaan heeltemal, Cois. Kon jy nie per ongluk 'n groot klip op sy oet laat val het nie?
Hoop jy kry jou koedoe!
Hoop jy kry jou koedoe!