Lockdown Jag kopkrapper
- sako 30-06
- Hero Member

- Posts: 1987
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Lockdown Jag kopkrapper
My vriend het my gister n baie interessante vraag gevra.
Hy installeer fibre en is huidiglik besig in Polokwane, hy bly in Benoni. So dit beteken hy het permitte (vir n groot span werkers) om nasionaal te reis.
Nou is die vraag, mag hy n jag inwerk terwyl hy in polokwane is?
Wat kan die polisie doen as hulle hom aftrek en hy het n permit om te reis, maar hy het n geweer en n bok karkas in sy voertuig?

- jankraay
- Hero Member

- Posts: 1898
- Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm
Re: Lockdown Jag kopkrapper
As ek hy is doen ek my werk en gaan eers huistoe todat daar uitklaring is oor die saak. Dit is n grys area waarop niemand n antwoord nog het nie.sako 30-06 wrote:My vriend het my gister n baie interessante vraag gevra.
Hy installeer fibre en is huidiglik besig in Polokwane, hy bly in Benoni. So dit beteken hy het permitte (vir n groot span werkers) om nasionaal te reis.
Nou is die vraag, mag hy n jag inwerk terwyl hy in polokwane is?
Wat kan die polisie doen as hulle hom aftrek en hy het n permit om te reis, maar hy het n geweer en n bok karkas in sy voertuig?
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 959
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: Lockdown Jag kopkrapper
Daar sal altyd maniere wees om kanse te vat. Dit klink soos 'n ou wat sy huweliksertifikaat het, maar ook 'n ander meisie wil bykom. Dalk kom hy weg daarmee, maar as sy vrou dit uitvind. . .!!!
Die probleem is dat hierdie 'n reis na 'n ander provinsie is. Die kans is baie groot dat hy in 'n padblokkade of selfs meer as een gaan vasry. Nou soek hulle vir sigarette en drank, maar kry 'n bok en 'n geweer. Hoe verduidelik hy dit? Onthou hy moet elke polisieman wat hy op pad teëkom oortuig met die storie wat hy gereed het.
Sommige ouens sal die kans vat, net soos sommiges sal "poach". Ek glo nie dit is die potensiële moeilikheid werd nie. Tronkselle is koud die tyd van die jaar en nog oorbevolk ook.

- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1491
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Lockdown Jag kopkrapper
Soos ek verstaan is geen "vakansie aktiwiteite" toegelaat nie hulle vat alle plesiertjies in die lewe weg. So ek twyfel of dit toegelaat word maar baie manne doen reeds dagjagte binne hulle provinsies.
Ek ry vandag Pretoria toe met gewere en 'n bees wat ek geslag het so ek sal laat weet hoe dit gaan. Ek het wel 'n permit vir die ryery.
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
Ek ry vandag Pretoria toe met gewere en 'n bees wat ek geslag het so ek sal laat weet hoe dit gaan. Ek het wel 'n permit vir die ryery.
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
- sako 30-06
- Hero Member

- Posts: 1987
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Re: Lockdown Jag kopkrapper
Eduard, hou my asb op hoogte.Eduard Venter wrote: Thu May 07, 2020 9:08 am Soos ek verstaan is geen "vakansie aktiwiteite" toegelaat nie hulle vat alle plesiertjies in die lewe weg. So ek twyfel of dit toegelaat word maar baie manne doen reeds dagjagte binne hulle provinsies.
Ek ry vandag Pretoria toe met gewere en 'n bees wat ek geslag het so ek sal laat weet hoe dit gaan. Ek het wel 'n permit vir die ryery.
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
Sterkte.
- Frikkie Coetzee
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Re: Lockdown Jag kopkrapper
Geen jag as dit nie jou werk is nie. Maw net cull en jakkalse mag gejag word.
- william007
- Hero Member

- Posts: 775
- Joined: Mon Feb 24, 2014 2:02 pm
Re: Lockdown Jag kopkrapper
Goeie dag manne.
Ja hulle maar streng op die vervoer van karkaste en gewere.
Hier was nou al n ou wat kom jag het cull het. Hy van die kaap en ons in die noordkaap. Hy het geen probleem gehad nie, papier werk was reg.
Hy is deur 7 roadblocks.
Dan moet ek ook se ek weet van manne wat met werks permit gery het van suid kaap na noord kaap met geweer en n jag in gewerk het maar geen vleis vervoer het nie en hulle ook geen moeilikheid gehad nie, is ook deur roadblock en het net gekyk vir lisensie en masker.
So ja ek dink as jou papier werk nie reg is nie vat jy maar kaans.
Maar as jy kan saam iemand gaan wat cull permit het en se jy jag saam hom dan werk dit 100%.

- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13583
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Lockdown Jag kopkrapper
Hoe lief is jou pel vir manlove? Wil jy regtig nou deur n poliesman gestop word met n lang geweer agter in jou kar met die voor uitsig van n lekker naweek saam Mr Longlove in n 6x6 sel
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Zuku
- Sr. Member

- Posts: 302
- Joined: Mon May 29, 2017 7:28 pm
Re: Lockdown Jag kopkrapper
Ek wens net iemand wil n duidelike beslissing maak en dit bekend maak.
Saterdag 2 Mei ontvang ek n omtrent 18 fotos van bokke wat val voor 11:00 naby Gariep. Ek vra wat gaan aan. Antwoord "Vlak 4 Jy mag jag maar nie oorslaap nie, geen trofeë jag". Lokale SAPS het dit bevestig. So wie is nou reg en wie is verkeerd. Is skiet vir die pot nie dan deel van voedsel voorsiening nie?
- JPS
- Hero Member

- Posts: 3652
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: Lockdown Jag kopkrapper
Die is ongelukkig een van daai situasies soos Eugene dit al paar keer kom verduidelik het.
Streng gesproke soos jy die regulasie interpreteer kan jy dagjag in jou eie provinsie solank jy 20:00 nie meer op diepad is nie en tuis is.
MAAR interpreteer die man wat jou aftrek en nie rede wil verstaan nie dit ook so? So nou sit jy met gat in 6x6 saam klomp ander karakters met jou gewere en voertuig en vleis gekonfiskeer. Terwyl jy hoop ’n maat soos Frikkie f Eugene kan rede in iemand inpraat om jou uit telaat?
Dit is die kans wat jy self maar oor besluit

Last edited by JPS on Mon May 11, 2020 9:25 am, edited 1 time in total.
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1491
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Lockdown Jag kopkrapper
Toe ek Northam binnekom was die weermag daar gewees. Een het in die koelte gesit, 'n ander was op sy foon en die derde een het langs die pad gepis. Niemand van hulle was lus om karre af te trek nie. Toe ek uit Northam uitry was daar 'n polisie tent met baie beamptes wat in die koelte sit maar niemand wat karre aftrek nie.sako 30-06 wrote:Eduard, hou my asb op hoogte.
Sterkte.
By de wildt was daar 'n groot padblokkade waar hulle die 3 karre voor my afgetrek het maar hulle het my laat deurry omdat almal besig was.
Op die N4 was daar spietkops wat 'n kar afgetrek het maar weereens nie vir my nie.
Groetnis
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1491
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Lockdown Jag kopkrapper
'n Vriend van my is afgetrek die week met 5 rooibok karkasse agter op sy bakkie. Polisie het die vleis gesien geen probleem nie hulle het net gesoek of daar drank is. Hy is wel 'n plaaseienaar met 'n permit om te ry.
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
-
JohanvB
- Hero Member

- Posts: 2595
- Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
Re: Lockdown Jag kopkrapper
Ek dink enige ou wat nou 'n kans vat en uitgevang word, gaan dit vir ons gehoorsame jagters opdonner..
As jy NIE' n essensiële diens verrig nie, en jou jag geweer is in jou motor, en jy word deursoek, ja.. Genoeg gesê..

- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2956
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
-
Rasmus
- Hero Member

- Posts: 1003
- Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm
Re: Lockdown Jag kopkrapper
Soos ek die reel lees mag jy mag, maar as jy verder in die reels aflees staan daar uitdruklik dat jy nie mag reis vir leisure nie, ook nie binne jou provinsie nie. Jy mag net rondry vir essentials, maw spar toe of checkers, pick n pay ens.
Die staatsgastehuis is n slegte plek en koud soos iemand vroeër genoem het.
Die boere volk se hardkoppigheid red hulle soms, maar meeste van die tyd drop,dit jou in die bollie! Wag nog n week kyk of die reels verander word en gaan jag met vrede.
Ek het nie die behoefte om met kaptein Kekana en kie te onderhandel nie.
Die staatsgastehuis is n slegte plek en koud soos iemand vroeër genoem het.
Die boere volk se hardkoppigheid red hulle soms, maar meeste van die tyd drop,dit jou in die bollie! Wag nog n week kyk of die reels verander word en gaan jag met vrede.
Ek het nie die behoefte om met kaptein Kekana en kie te onderhandel nie.
-
OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 959
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: Lockdown Jag kopkrapper
Dit lyk my daar word tog gejag tydens die inperkingstydperk: https://www.news24.com/SouthAfrica/News ... m-20200510
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1491
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Lockdown Jag kopkrapper
Ek sal nou nie onwettige poach met honde as jag klassifiseer nie. Sal interessant wees om te sien wat met die man gebeur.
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
-
Vissie
- Full Member

- Posts: 234
- Joined: Sat Jan 19, 2013 9:02 pm
Re: Lockdown Jag kopkrapper
Meeste van die jagters wat ek ken EET tog die vleis. Dis sekerlik noodsaaklik.Rasmus wrote: Thu May 07, 2020 9:42 pm Soos ek die reel lees mag jy mag, maar as jy verder in die reels aflees staan daar uitdruklik dat jy nie mag reis vir leisure nie, ook nie binne jou provinsie nie. Jy mag net rondry vir essentials, maw spar toe of checkers, pick n pay ens.
My mening is dat ons almal saam al die onredelikke, dubbelsinnige en onregverdige wetstoepassings moet verwerp. Die owerhede oorskry die grense van hulle magte en hulle vertrap totaal en al ons basiese menseregte. Bowenal word dit onregeverdig teen verskillende groepe mense toegepas ook. Gaan ons almal so maklik omdop en maar verder in die drukgang ingedruk word. Hierdie inperking gaan nou teen die middelklas burger gebruik word as ‘n politieke wapen. Ons moet beginselvas bly!
In die woorde van Benjamin Franklin: “Those that will give up essential freedom to purchase a little temporary safety deserve neither liberty nor safety.”
-
OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 959
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: Lockdown Jag kopkrapper
[/quote]

Praat is maklik! Optrede is soveel moeiliker solank jy nog iets het om te verloor. Jou vryheid, jou werk, jou gewere, jou wapenlisensies, ens.

Jy is heeltemal reg. En dit is die basis vir hulle hele strategie. Hoe vêr gaan ons dit laat gaan voor ons vasskop?
Nou meer as ooit tevore sal ons moet begin saamstaan. Ek kan nie sien dat ons ons vryheid sal terugkry soos ons dit gehad het voor die lockdown nie. Die sosialiste het te veel geleer tydens die lockdown.
- andre007
- Hero Member

- Posts: 2234
- Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm
Re: Lockdown Jag kopkrapper
Hier in ons distrik jag hulle ook flatout, maar..... daar is al n paar manne gevang ook. Dis maklik vir iemand wat n vol salaris plus perks kry om te sê ons skuif maklik weer vlak 5 toe.OosKaapJagter wrote: Sun May 10, 2020 10:42 am Dit lyk my daar word tog gejag tydens die inperkingstydperk: https://www.news24.com/SouthAfrica/News ... m-20200510
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
- andre007
- Hero Member

- Posts: 2234
- Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm
Re: Lockdown Jag kopkrapper
Vars nuus vanaf SAJWV (nie wat ons wil hoor nie)
"Dear colleague
You can read the latest lockdown regulations as it was just published here:
https://s.docworkspace.com/d/ALrARneGiPozoLmRt6CdFA
. Hunting for sport and recreational purposes is excluded. We will not be able to hunt under Level 4 of the regulations and will have to wait to see if it is included in Level 3, hopefully by the end of May.
I will send out a full newsletter later, but we want to get this message out to you in the meantime."
Kind regards
Fred Camphor
SA Hunters: CEO
"Dear colleague
You can read the latest lockdown regulations as it was just published here:
https://s.docworkspace.com/d/ALrARneGiPozoLmRt6CdFA
. Hunting for sport and recreational purposes is excluded. We will not be able to hunt under Level 4 of the regulations and will have to wait to see if it is included in Level 3, hopefully by the end of May.
I will send out a full newsletter later, but we want to get this message out to you in the meantime."
Kind regards
Fred Camphor
SA Hunters: CEO
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
- sako 30-06
- Hero Member

- Posts: 1987
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Re: Lockdown Jag kopkrapper
So is daar nou meer duidelikheid of ons sal kan jag gedurende fase 3?
Weet iemand dalk of SA Jagters nog besig is met gesprekke om jag toe te laat?

Leon Crous
- Sr. Member

- Posts: 429
- Joined: Wed Jun 18, 2014 12:08 am
Re: Lockdown Jag kopkrapper
Ai, ek weet nie wat my meer bef... maak nie:
Mense wat aanmekaar terugvoer gee, maar niks sê nie.... of
Mense (soos CR en baie vd verteenwoordigers vd sektore) wat net 'n duik vang en dan eers weer oor weke iets kom teerug rapporteer.
Sien op vleisboek die admin manne stop sommer deesdae summier enige post rakende of jy al mag jag. Ek verstaan eintlik hul optrede, maar dis maar wat gebeur as mens min/geen vorderings terugvoer kry nie. Plaas eerder standaard 2 maal per week up-date, dan weet alaml.
Iets soos: Onderhandelinge en sessies het steeds bòggerol opgelewer nie. Ongelukkig niks tussen die ore wat as buffer kan dien nie, so by een oor in en by ander een uit. Huidiglik kan jy maak wat jy wil op jou eie risiko (en sonder sigarette).
Cheers.

Ek wonder of daar in boer is wat dalk net een of twee bokke wil laat cull. Hê Hê Hê..............