FFP teleskoop vir nagskiet
-
Danie01
- Hero Member

- Posts: 1596
- Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am
FFP teleskoop vir nagskiet
Goeiedag manne,
Is daar n FFP teleskoop wat ek indien nodig in die nag, met spotlight, sal kan gebruik?
Die hoof doel van die teleskoop sal veldskiet, gonge, springbok voorsit, ens wees, maar wil dam as daar n onbeplande nagjag is die teleskoop kan gebruik.
Soos ek verstaan kan die kruishaar moontlik te fyn raak op kleiner vergrotings, veral in die nag.
Ek hoor graag van die wat n ffp vir nagskiet gebruik en watter teleskope kan julle aanbeveel?
Ek kyk na maksimum R20k vir n teleskoop, tussen R10k en R20k is my begroting.
Groete
Danie
Sent from my SM-G955F using Tapatalk

- Toyrsi
- Hero Member

- Posts: 1006
- Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm
Re: FFP teleskoop vir nagskiet
As jy rerig FFP wil gaan sal ek na iets kyk watse kruishaar verlig is.
Die gewone FFP scopes raak nogal moeilik.

YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
Jacques Esterhuyzen
-
Wattlegrove
- Full Member

- Posts: 192
- Joined: Fri Oct 21, 2011 2:39 pm
Re: FFP teleskoop vir nagskiet
+1 mens sukkel noggel in die nag met onverligte kruishaarToyrsi wrote: Fri Apr 24, 2020 7:20 am As jy rerig FFP wil gaan sal ek na iets kyk watse kruishaar verlig is.
Die gewone FFP scopes raak nogal moeilik.
- toelie
- Hero Member

- Posts: 928
- Joined: Mon Nov 26, 2012 9:10 pm
Re: FFP teleskoop vir nagskiet
Wil my verstout om te se dat enige ffp sonder verligte kruisdraad nie sal werk in die nag nie, ekt daai tyd gekyk toe ek nog ffp teleskope gehad het kan mens die kruisdraad eers begin sien en vinnig uit maak op omtrent 18 x zoom.
Dit is hoopeloos weer teveel vergroting om te skiet in die nag en beeld kwaliteit ly ook daar onder. Al hoe jy so sal reg kom is as jy die jak op n laang afstand sien in kom en jy kan in kort gras of oop land met dimmer en zoom speel totdat die kruisdraad POP vir jou.
Kyk maar na n dun sfp kruisdraad ook, fokapi in die nag. Iets soos die sightrons of soortgelyke floating dot kruisdraad kan mens ook nie raak sien in die nag nie.

.22LR Voere
.22LR CZ Varmint
.22-250 CZ Varmint
.22-250 Savage Vlp
.243 Kwagga Savage Vlp
.6 XC Tikka Varmint
.25-06 Ruger Nr1
.300WM Sako
.375 Ruger Howa
.50 cal voorlaaier Buckstalker
.38 Special Rossi
.9mm Glock 17
.9mm Glock 43X
.22LR CZ Varmint
.22-250 CZ Varmint
.22-250 Savage Vlp
.243 Kwagga Savage Vlp
.6 XC Tikka Varmint
.25-06 Ruger Nr1
.300WM Sako
.375 Ruger Howa
.50 cal voorlaaier Buckstalker
.38 Special Rossi
.9mm Glock 17
.9mm Glock 43X
-
savage(P Coetzer)
- Hero Member

- Posts: 973
- Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm
Re: FFP teleskoop vir nagskiet
Ekt nou 3 aande uitgegaan met n ffp bushnell ffp G2dmr reticle sonder verligting. Op so 12x vergroting het ek heel gemaklik geskiet. Dink iemand wat bril dra gaan dalk spook op 12x
- Philip_R
- Hero Member

- Posts: 613
- Joined: Tue Jul 23, 2013 12:22 pm
Re: FFP teleskoop vir nagskiet
Ek het 'n Leupold LRP met 'n TMR reticle wat lekker werk in die nag ook.
https://www.leupold.com/reticles/reticl ... cal-tmr-53

As jy nie iets met "Force" regkry nie, Gebruik jy nie genoeg "Force" nie....
Musgrave 375 H&H,
Howa .308 Win
Krico 223 Rem
Musgrave 375 H&H,
Howa .308 Win
Krico 223 Rem
- HunterB
- Sr. Member

- Posts: 345
- Joined: Fri May 15, 2015 12:05 pm
Re: FFP teleskoop vir nagskiet
Ek het al n paar keer met die Diamondback Tactical in die aamd geskiet sonder probleme. Ek skiet gewoonlik 8x tot 12x in die aand en het mooi gewerk. Het self n PST gen2 wat nog beter is in die nag met die ILL kruis.
CZ p10c 9mm P
Catma O/U 12ga
Astra .22lr pistool
BRNO .22lr
Savage MSR Recon AR 223
Tikka 223 ackley
Ruger American gen 2 223
Howa custom 6mm BRA
Howa custom 6.5x55 swede
Musgrave K98 7x57 mauser
Howa varminter 308win
CZ 9.3x62
Catma O/U 12ga
Astra .22lr pistool
BRNO .22lr
Savage MSR Recon AR 223
Tikka 223 ackley
Ruger American gen 2 223
Howa custom 6mm BRA
Howa custom 6.5x55 swede
Musgrave K98 7x57 mauser
Howa varminter 308win
CZ 9.3x62
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13637
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: FFP teleskoop vir nagskiet
FFP scope met n verligte fyn kruis jag ongeloofkik lekker, as jy kan kyk vir een waar jy die opsie het im die kruis te verlig
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Danie01
- Hero Member

- Posts: 1596
- Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am
Re: FFP teleskoop vir nagskiet
Jis baie dankie manne, presies wat ek wil hoor.
Werk die teleskope goed in die nag waar die hele kruishaar verlig soos bv die vortex pst gen 2 (ebr7c as ek reg is), of moet mens eerder kyk na n red dot tipe?
Ek oorweeg die bogemoemde vortex, dalk met die kruishaar wat nie so krismisboom het nie en dan ook n meopta optica 6 3-18x56 ffp (as daar eendag voorraad is).
Ek glo die vortex pst is seker n bietjie beter as die meopta, sal ook nie kan sê, maar prysgewys behoort dit te wees.
Soos ek verstaan is die bushnell teleskope ook n wenner, maar ek is onseker oor die naverkope diens.
Wat stel julle voor? Ek wil graag ffp omdat ek dit meer vir die baan gaan gebruik of moet ek maar sfp om beste van altwe te kry?

Lamtjop
- Hero Member

- Posts: 831
- Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm
Re: FFP teleskoop vir nagskiet
Danie ek kom glad nie reg met verligte kruise van goedkoper scopes nie, vlg my is enigste scopes wat dit regdoen Zeiss en Schmidt&bender die ander taktiese verligte kruise is te helder in die nag selfs op laagste verstelling. Ek het al met lynx se groen verligte kruis en Leupold VX3 se rooie getoets, op volsterkte spotlight mag hul dalk werk maar as jou spotlight gedim is skyn die kruishaar terug in jou oog en kan jy niks sien nie, n klein verligte kolletjie of kruisie sal beter wees as hele kruis wat verlig. n Opsie is dalk n Schmidt&Bender Klassik 3-12x50 ASV(ballistic turret) met n L7 kruis, Humkoop se prys is so R22 000, dis n FFP scope met verligte kruis en jy kan op 12x als skiet, die nou as 12x vir jou gennoeg gaan wees. Groetnis
-
Krobb
- Full Member

- Posts: 179
- Joined: Sat Mar 01, 2014 4:57 pm
Re: FFP teleskoop vir nagskiet
Dag manne
Die gesprekke tussen ffp en sfp is vir my altyd interesant . Die Schmidt und bender se L7 kruisdraad het nie afmikmerkies nie. Wat is die voordeel van ffp dan by die scope?
Ek luister by die radio.

- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: FFP teleskoop vir nagskiet
Jy sal glad nie speit wees nie! ek het een kruishaar verlig baie mooi! ek gebruik no3 in aand nog net 1x in aand geskiet en moet se selfs op 5x vergroting is kruis BAIE duidelikDanie01 wrote: Fri Apr 24, 2020 8:01 pm Jis baie dankie manne, presies wat ek wil hoor.
Werk die teleskope goed in die nag waar die hele kruishaar verlig soos bv die vortex pst gen 2 (ebr7c as ek reg is), of moet mens eerder kyk na n red dot tipe?
Ek oorweeg die bogemoemde vortex, dalk met die kruishaar wat nie so krismisboom het nie en dan ook n meopta optica 6 3-18x56 ffp (as daar eendag voorraad is).
Ek glo die vortex pst is seker n bietjie beter as die meopta, sal ook nie kan sê, maar prysgewys behoort dit te wees.
Soos ek verstaan is die bushnell teleskope ook n wenner, maar ek is onseker oor die naverkope diens.
Wat stel julle voor? Ek wil graag ffp omdat ek dit meer vir die baan gaan gebruik of moet ek maar sfp om beste van altwe te kry?
Groete
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
die hele "Boom" word nioe verlig nie, sal probeer om gou foto te laai
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: FFP teleskoop vir nagskiet
25x vergroting lig op 3 gestel
5x vergroting lig op 6 gestel
Ek gebruik lig op 3 maar sien nie mooi op foto nie afstand van bord is 6m
die boom pla niks snags nie, en die boom is baie nice vir hold over korreksie vir die swak skut soos ek wat nog leer langafstand suksesvol skiet!

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: FFP teleskoop vir nagskiet
Stem heeltemal saam hier. Ek het dieselfde met die Lynx ervaar. My goedkoop Hawke het so rooi kolletjie wat verlig. Werk soos n droom.Lamtjop wrote:Danie ek kom glad nie reg met verligte kruise van goedkoper scopes nie, vlg my is enigste scopes wat dit regdoen Zeiss en Schmidt&bender die ander taktiese verligte kruise is te helder in die nag selfs op laagste verstelling. Ek het al met lynx se groen verligte kruis en Leupold VX3 se rooie getoets, op volsterkte spotlight mag hul dalk werk maar as jou spotlight gedim is skyn die kruishaar terug in jou oog en kan jy niks sien nie, n klein verligte kolletjie of kruisie sal beter wees as hele kruis wat verlig. n Opsie is dalk n Schmidt&Bender Klassik 3-12x50 ASV(ballistic turret) met n L7 kruis, Humkoop se prys is so R22 000, dis n FFP scope met verligte kruis en jy kan op 12x als skiet, die nou as 12x vir jou gennoeg gaan wees. Groetnis
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
Danie01
- Hero Member

- Posts: 1596
- Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am
Re: FFP teleskoop vir nagskiet
Baie dankie julle, ek het ook gedink n kolletjie wat verlig sal beter wees as die hele kruis, maar as die helekruishaar verlig, sonder om die beeld te verswak of terug te skyn in my oë kan dit ook goed werk.
Ek sal nog bietjie navorsing doen oor watter ffp teleskope beskikbaar is en met watter kruishaar hulle kom.
Daar is wel lekker opsies vir bv 3-12x vergrotings, wat lekker sal werk vir jag maar dalk n bietjie min is vir die baanskiet aktiwiteite.
Ek stem saam dat dit nutteloos is om n ffp teleskoop te hê sonder merkies, nog beter as dit in mrad is sodat n mens kan range, ens. Selfs die bdc of varmint hunters kruishare in n ffp sal lekker werk vir jag.
Die grootste probleem is maar die geld wat mens wil spandeer, want mens betaal maar vir die beter teleskope.
Groete
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Ek sal nog bietjie navorsing doen oor watter ffp teleskope beskikbaar is en met watter kruishaar hulle kom.
Daar is wel lekker opsies vir bv 3-12x vergrotings, wat lekker sal werk vir jag maar dalk n bietjie min is vir die baanskiet aktiwiteite.
Ek stem saam dat dit nutteloos is om n ffp teleskoop te hê sonder merkies, nog beter as dit in mrad is sodat n mens kan range, ens. Selfs die bdc of varmint hunters kruishare in n ffp sal lekker werk vir jag.
Die grootste probleem is maar die geld wat mens wil spandeer, want mens betaal maar vir die beter teleskope.
Groete
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
-
Lamtjop
- Hero Member

- Posts: 831
- Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm
Re: FFP teleskoop vir nagskiet
S&B Klassik kom met n mill dot kruis ook hul noem hom P3.
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2958
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: FFP teleskoop vir nagskiet
Hierdie was goeie info om te volg met vir my, ‘n sinvolle slotsom.
Danie, verder tot jou soektog en ter inligting, jy het hieronder verwys na Meopta 3-18x56 FFP. Ek skiet met Zeis, Nikon, Leupold en Meopta 3-12x56FFP en Lynx(ou ene). In ‘n onlangse draad hier was daar soortgelyke vraag, ek het ‘n Amerikaanse forum se waarneming aangehaal(2 jaar oue inligting) In kort, sluit aan by nagskiet.
Vraag was: Beste teleskoop of beste waarde vir geld met laat lig amper donker skiet, met of sonder verligte kruis. Die Leica’s en ander van Europa het algemeen opties die beste gevaar. Insette was gelewer deur manne wat veral ook Zwarovski besit. Elkeen se tegniese tekortkominge was uitgelig, veral kruishare en verstellings. Leupold was bv. amper in geen kriteria die beste nie, maar algeheel wel. (Was sterk in turrets en kruishare)
Wat my opgeval het, was die sterk kommentaar oor die helderheid en kwaliteit van Meopta se optiese glas en as kortlys kandidaat. Ek kan getuig daarvan. Oor die model 3-18x56 kan ek nie kommentaar lewer nie, maar of hulle teleskoop oor so wye vergroting tot by 18 wel goeie kontras/helderheid/resolusie/vol beeld het, is iets wat jy sal moet bepaal. Ook moet jy veral oplet na hulle ‘turrets’, of dit soortgelyk is aan die ander top make, myne is beslis outyds!
Ek noem hierdie omdat nie weer na Meopta verwys is nie, jy spesifiek jou begroting genoem het, dan is Meopta ‘n kandidaat. Bevestig net al die tegniese aspekte wat jy verlang. Oor nadiens en beskikbaarheid, het ek geen mening nie.
Vir my is die 4-16 x 50/56 vergroting die goeie opsie, ek verwys nie na spesifieke maak nie. As jy 3-18 wil gaan, moet dit die beste glas wees!
Beste.

Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2958
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: FFP teleskoop vir nagskiet
Dalk iets vir jou?Danie01 wrote: Sun Apr 26, 2020 6:59 am Baie dankie julle, ek het ook gedink n kolletjie wat verlig sal beter wees as die hele kruis, maar as die helekruishaar verlig, sonder om die beeld te verswak of terug te skyn in my oë kan dit ook goed werk.
Ek sal nog bietjie navorsing doen oor watter ffp teleskope beskikbaar is en met watter kruishaar hulle kom.
Daar is wel lekker opsies vir bv 3-12x vergrotings, wat lekker sal werk vir jag maar dalk n bietjie min is vir die baanskiet aktiwiteite.
Ek stem saam dat dit nutteloos is om n ffp teleskoop te hê sonder merkies, nog beter as dit in mrad is sodat n mens kan range, ens. Selfs die bdc of varmint hunters kruishare in n ffp sal lekker werk vir jag.
Die grootste probleem is maar die geld wat mens wil spandeer, want mens betaal maar vir die beter teleskope.
Groete
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
viewtopic.php?f=19&t=77281
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
-
Danie01
- Hero Member

- Posts: 1596
- Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am
Re: FFP teleskoop vir nagskiet
Dankie Lategan
Ek dink jy mis bietjie my vraag, die hoof doel van die teleskoop is baanskiet, gonge, veldskiet, jag ens, daarom verkies ek ffp teleskoop omdat dit deesdae is wat die manne gebruik vir hierdie tipe goed, maar ek wou seker maak ek vat een wat dam in die nag ook sal werk as ek onverwags die geleentheid kry om in die nag te skiet.
Ek sal wel n 4-16x 50/56 kies as daar in ffp beskikbaar is, maar daar is min van hulle bunne my prysklas.
Soos ek verstaan is die ffp se kruishare maar dun op die lae vergrotings, wat ek gebruik vir die nag, gewoonlik tussen 8 en 12x en dan moet jy n verligte kruishaar hê. Ek verkies een met n kolletjie of klein kruise, reeds omdat n verligte kruishaar dalk te helder gaan wees en terugskyn in my oë, maar volgens die kommentaar hierbo werk die dun of dyn kruishare wat die hele kruis verlig ook goed.

Nee Danie, ek mis dit nie, hier is jou eie vraag in jou woorde in jou opvolg gesprek!
‘Wat stel julle voor? Ek wil graag ffp omdat ek dit meer vir die baan gaan gebruik of moet ek maar sfp om beste van altwe te kry?’
Oor die effe twyfel wat jy dalk mag hê, het ek die link met ‘n baie goeie koop en fantastiese scope met ‘n kolletjie verlig, nie die hele kruishaar nie, aangestuur.
Teen R8000.00, money talks.
Vir jou om te besluit.
Beste.
‘Wat stel julle voor? Ek wil graag ffp omdat ek dit meer vir die baan gaan gebruik of moet ek maar sfp om beste van altwe te kry?’
Oor die effe twyfel wat jy dalk mag hê, het ek die link met ‘n baie goeie koop en fantastiese scope met ‘n kolletjie verlig, nie die hele kruishaar nie, aangestuur.
Teen R8000.00, money talks.
Vir jou om te besluit.
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
-
Danie01
- Hero Member

- Posts: 1596
- Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am
Re: FFP teleskoop vir nagskiet
Dankie Lategan
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
-
Danie01
- Hero Member

- Posts: 1596
- Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am
Re: FFP teleskoop vir nagskiet
Wat is die goedkoopste ffp teleskoop, bo R10k wat sy werk goed sal doen?
Ek weet van die volgende wat moontlik goed sal werk (ek skat almal van hierdie is onder R16k)
- meopta optica 6 3-18x56
- Rudolph 6-24x50
- vortex diamondback 6-24x50
- vortex pst 5-25x50 (eerste generasie)
- dan die nuwe elememt titan 5-25x56
Wat sal die beste koop uit daai wees? Weet iemand van n vortex pst gen 2 ffp wat nog teen die ou voorraad se prys is?
As jy ffp wil gaan moet mens eerder na die R20k plus teleskope kyk of sal bogenoemde werk? Sien die nuwe pst gen 2's is nou R21k plus.
Die nuwe element titan lyk aanloklik met sy 34mm tube, zero stope en illumination wat die vortex diamomd tactical nie het nie. Elders ook op die forum bespreek.
Hoe gelukkig is die manne met hul Rudolphs?
Kom ons vergeet eers nou van die nagskiet, ek sien ek moet maar eerder n doelgerigte opset hê vir elke gebruik.

figjam
- Full Member

- Posts: 242
- Joined: Thu May 07, 2015 3:59 pm
Re: FFP teleskoop vir nagskiet
Hang maar af van hoe ver jy regtig wil skiet. Want jy gaan elevasie nodig he as jy bv 1000m+ wil skiet. En natuurlik wat jy wil skiet. As dit net staal is en daar is manne wat saam skiet met beter glas wat jou kan help sien waar jy mis, sal die teleskope seker voldoende wees.
Ek twyfel of hier iemand al die Element probeer het.
Die eerste generasie Pst laat veel te wense, 2de generasie is BAIE beter. LW dat die 5-25x50 is 2de Gen soos jy dit gelys het. Eerste Gen was 6-24x50.
Meopta is bekend vir goeie glas en die persoon wat help ontwerp het aan die Optika se kruishaar, word taamlik na opgesien - maar hoeveel terugvoer jy gaan kry oor hul hier weet ek nie. Ekt self nog nie een gesien nie. Is nie iets wat oral aangehou word nie.
'n Diamondback is maar 'n budget scope, en het goeie features in sy prysklas, maar ek sou dit nie as 'n spesialis langafstand teleskoop beskou nie, maar hy kan dalk vir jou werk as jy regtig nie nou baie geld kan spandeer nie.
Rudolph. Naam wat nie baie waarde dra hier nie en dis hoofsaaklik oor die naverkope diens. Search maar bietjie op die forum oor dit, dit is onlangs ook bespreek.
Uit jou lys sou ek 'n kans vat op 'n Meopta (as jy een kan kry) of 'n Pst gen 2. 'n Pst gen 2 verkoop ook maklik as jy moeg raak vir hom.
'n Goeie beginpunt ook is 'n tweedehandse Sightron soos hier tans op die forum is en redelik gereeld opkom. Baie ouens begin met hulle en is vir lank tevrede tot hulle wil opgaan na die volgende klas van R25k+. 'n Tweedehandse Bushnell Eliite Tactical werk ook lekker, as jy 'n Dmr 2/pro kan kry, nog beter.
Leupold Vx3i LRP is ook 'n gunsteling en is nie onbekostigbaar nie en val binne jou prysklas.
Belangrikste is om te kyk of jy van die betrokke teleskoop se kruishaar hou en of dit vir jou gaan werk. Kyk dan of die teleskoop genoeg elevasie het vir jou behoefte. Op 'n staalgong kan jy wegkom met 'n bietjie swakker glas, solank jy kan dial met jou teleskoop en die kruishaar kan gebruik.

Dankie Figjam,
Ja ek sal seker meer gonge skiet en op hierdie stadium nie verder as 1000m nie.
Ek sal die teleskoop meestal vir jag gebruik en gonge 300 tot 500m en so af en toe die bene wil rek 1000m toe saam my vriende wat bisley skiet.
Ek jag op hierdie stadium tussen 100 en 300m en sal ook later wil verder as ek vertroue het.
As ek die pst gen 2 teen ou prys kan kry, sal julle sê dis die beste opsie vir onder R20k?
Ek dink tussen die klomp wat genoem was is die vortex seker die mees tried and tested.
Groete
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Ja ek sal seker meer gonge skiet en op hierdie stadium nie verder as 1000m nie.
Ek sal die teleskoop meestal vir jag gebruik en gonge 300 tot 500m en so af en toe die bene wil rek 1000m toe saam my vriende wat bisley skiet.
Ek jag op hierdie stadium tussen 100 en 300m en sal ook later wil verder as ek vertroue het.
As ek die pst gen 2 teen ou prys kan kry, sal julle sê dis die beste opsie vir onder R20k?
Ek dink tussen die klomp wat genoem was is die vortex seker die mees tried and tested.
Groete
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
-
figjam
- Full Member

- Posts: 242
- Joined: Thu May 07, 2015 3:59 pm
Re: FFP teleskoop vir nagskiet
Tussen die wat jy genoem het, nuut, dink ek is die Vortex waarskynlik die beste opsie. Die beste waarborg ook natuurlik. En as jy ontevrede is, sal jy 'n koper kry.
Dis maar my opinie, hier is baie manne wat elke dag met die goed werk.