Posisie van scope en sy groepering
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Posisie van scope en sy groepering
Cobus se verplasing was onder 1 duim met die derde skoot. Vir jag is dit vêr binne perke om selfs 'n 400m skoot te waag. Ons moet ook onthou dat hierdie 'n jaggeweer is wat van toeka se tyd dateer. Die geweer skiet dan eintlik baie beter as wat verwag kan word.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2208
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Posisie van scope en sy groepering
Ek het al vantevore die vraag gevra, as ek reg onthou het iemand gesê dat die skiethitte baie meer is as hitte van die son. Dit maak blykbaar ook n verskil dat die hoër temperatuur van die ontbranding binne-in die loop ontstaan, terwyl die son slegs van buite af bak.
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: Posisie van scope en sy groepering
Ja Marius, dankie, Ek self het al amper van die oorspronklike vraag vergeet, lyk my nie dit het 'n effek nie.tripodmvr wrote: Wed Mar 11, 2020 11:57 am Die afkoeltydperk het hierdie een maal vir Cobus gewerk.
Sy oorspronklike vraag oor die nabyheid van die ring aan die stelknoppe van die teleskoop dui daarop dat die teleskoop nog reg funksioneer en nie benadeel word nie.
Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)

Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7568
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Posisie van scope en sy groepering
Toxxyc
n Knaldemper as n reel sal gewoonlik beter akkuraadheid gee as n geweer daarsonder. Hierdie geld veral met dunloop gewere.
Jaap jy verwys na n barrel tuner en dit werk verseker om n lading akkurater te maak. n Mens kry nou al knaldempers wat dit ingebou het. Ek twyfel of dit die probleem wat ons hier bespreek sal oplos, maar daar is verseker n kans dat dit kan verbeter. Oor die hitte aspek moet n mens dalk net so bietjie mooi dink aangesien dit uit twee aspekte bestaan.
Eerstens gaan dit oor die temperatuur van jou rondte. Wanneer die rondte in die kamer is word hitte oorgedra na jou poeier en hierdie kan verseker n uitwerking he op akkuraadheid. Temperatuur het n direkte uitwerking op jou poeier se ontbrandings eienskappe. Dit is hoekom baie mense hulle amminusie in koelhouers sit voordat hulle skiet. Verder sal hulle ook probeer om die rondte nie te lank in die kamer te los alvorens hulle die skoot aftrek nie.
Tweedens gaan dit oor die loop self wat hier spesifiek ter sprake is. Alle staal het stres in en om dit nog meer interessant te maak word hy nog verder gestres in die loopmaak proses. Hoe dunner die loop hoe meer vatbaar is hy om stres release te gee as hy warm word. As n mens dit moet probeer visualiseer kom dit daarop neer dat die staal altyd in n stryd is om sy vorm te behou veral as hy bloot gestel word aan hitte. So in my opinie is dit presies wat hier gebeur en met so baie ander gewere. Die oomblik as daar n sekere temperatuur geslaan word is dit asof daar iets kliek in die staal en dit is dan waar n mens n flyer kry.
Oor jou vraag of die son alleen genoegsame temperatuur aan die loop kan oordra om akkuraadheid te beinvloed kan mens op beide die twee aspekte tegnies ja se.
Groetnis
Wouter

- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2473
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: Posisie van scope en sy groepering
Wout, ek't so ruk terug iewers gelees van ouens wat eksperimenteer met lope en dit laat "carbon wrap" dink jy so iets sou help ?
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7568
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Posisie van scope en sy groepering
Johan
In teorie ja, maar van wat ek lees oor carbon rapping is dit maar baie n geval van hit and run met die resultate.
Groetnis
Wout
In teorie ja, maar van wat ek lees oor carbon rapping is dit maar baie n geval van hit and run met die resultate.
Groetnis
Wout
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: Posisie van scope en sy groepering
So ek was gou Saterdag by SAJVW gewees en vinnig die HG01 Bosveld op Blouwildebees gaan skiet,
Dis nou 150m kniel..100m staan en 50m vryhand skiet.
My stokke is gewone veldstokke en nie die fancy dooie rus goeters nie....
Was mos nou baie nuuskierig oor wat die 308 nou maak met sy onveranderde scope posisie,,,,,behalwe dat ek my eye relief biki uitgedraai het vir beter fokus......loop afkoel sou nou ooknie moontlik wees nie.
My 2e skoot op 150m was getrek maar gelukkig in die werwels,so was darm 'n 10punter, res van skote het ook mooi geloop en op die 50m vryskiet, het ek die extra 15 sek wat ek aangebied is, van die hand gewys.
Ek het epgeeindig met 3 V kolle, 2x 30s, 3 x 20's en die getrekte 10, vir n totaal van 220.....dis my eerste goud op die BwB wat my altyd in die silver drop....
Tog nou weer lief vir my ou Brno308
Anyway, dankie vir almal se saamchat