6.5 Grendel opinies

RugerBoy
Full Member
Full Member
Posts: 152
Joined: Tue Nov 11, 2014 5:09 pm

Re: 6.5 Grendel opinies

Post by RugerBoy »

weet dit is nie wat jy gevra het nie. Maar ek sal kyk na n 7x57mm . Met n bietjie werk en oefen kan jy sy spoed lekker afbring met ligte punte.
oor n paar jaar kan jy opbeweeg na 150gr en later na 170gr. Ek kan nie dink aan n lekkerder en beter kaliber nie, jy sal ook nie oor n paar jaar die Grendel moet vervang met groter kaliber nie. Maar weet nie of jy een gaan kry vir R6000 nie
Carlc
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 271
Joined: Tue Nov 15, 2016 7:40 am

Re: 6.5 Grendel opinies

Post by Carlc »

Vir dit waarvoor jy die grendel wil gebruik glo ek sal hy 100% werk. Kleinwild sal beslus nie n probleem wees nie solank die skiet afstande binne perke gehou word. Vir papier skiet tot 500m sal hy ook goed werk. Ek het vir myself ook n grendel gekoop vir presies dieselfde redes.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2162
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: 6.5 Grendel opinies

Post by Ds J »

Geno wrote: Fri Feb 14, 2020 6:44 am Ek het my (kinders se) 6.5Grendel verkoop na ek een bok geskiet het. Ek is nie oortuig dat my kinders bokke effektief met hom sou kon dood nie en sal hul eerder my .260AI gee of die 7-08AI wat ek beplan om te bou.

Dit was 'n jong blouwildebees bul met 100gr Nosler Ballistic Tip Hunting teen 2680fps.

Eerste skoot skuins van agter op die oor knop op 210y
Tweede skoot voor die kop op 250y
Derde skoot tussen die oog en oor op 310y
Middag mense,

Verduur asb dat ek so n bietjie hierby vashaak? Ek probeer werklik verstaan waarom die koee"ls nie die arme bok kon doodskiet nie.

- Was die energie te min om deur die skedelbeen te penetreer? Dws te min spoed op die afstand?
- Het die koee"l gebars teen die skedelbeen?
- Is dit n swak lot koee"ls gewees, dws dat 'n ander lot van dieselfde koee"ls beter sou gewerk het?
- Sou n monolitiese koee"l dalk die werk gedoen het?

Dit maak nie vir my sin dat n 100gr-koee"l teen 2200-2300vps nie deur n jong bok se kopbeen kan skiet nie.
Vissie
Full Member
Full Member
Posts: 234
Joined: Sat Jan 19, 2013 9:02 pm

Re: 6.5 Grendel opinies

Post by Vissie »

Vir my is my 6.5 Grendel ‘n baie lekker baan geweertjie. Ons gebruik hom vir al die jaggeweer en benchrest kompetisies by ons klub.

Ons jag nie met die geweer nie. Sy doodmaak vermoë is beperk, veral op groter wild soos Wildebeeste. Vir nabye kleinwild is hy voldoende, maar daar is ander kalibers wat baie beter presteer sonder om te rof te wees vir die kinders om te skiet.

Ek voel dat ‘n kind gemaklik eers die jaggeweer moet kan dra en hanteer voor hy rerig kan begin jag. Die kleinspan hoef nie te vinnig groot bokke te begin skiet nie. Daar sal nog baie tyd wees daarvoor.
Blink Stefaans
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 382
Joined: Sun Apr 01, 2018 2:40 pm

Re: 6.5 Grendel opinies

Post by Blink Stefaans »

Ek het my eerste bok geskiet toe ek 5 was. Ek het die idee in my kop gehad dat die mannetjie soos sy pa en oupa dieselfde moes doen. Het wel agtergekom dat hy glad nie reg is vir dit nie. Hy word nou 5 en ons skiet gereeld met die windbuks. Veiligheids praatjie voor elke sessie. Ek voel dat n kind eers moet leer oopvesier skiet voor hy met n teleskoop skiet.
Hy was laasjaar vir die eerste keer saam my op n jag en het dit baie geniet. Sodra hy volkome gemaklik is met die windbuks sal ek hom skietbaan toe vat om met die 223 te skiet.
Brno 223 Ackley Improved
Sako Forester L579 308
Brno 8mm-06
Glock19 G5
Blink Stefaans
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 382
Joined: Sun Apr 01, 2018 2:40 pm

Re: 6.5 Grendel opinies

Post by Blink Stefaans »

Vissie
Watse afstand skiet julle en watse punte word gebruik?
Brno 223 Ackley Improved
Sako Forester L579 308
Brno 8mm-06
Glock19 G5
obasch
Hero Member
Hero Member
Posts: 726
Joined: Mon Feb 20, 2012 6:20 am

Re: 6.5 Grendel opinies

Post by obasch »

Die van julle wat Howa Mini's aangeskaf het; wat is beskikbaar by wyse van teleskoop montering & ringe? En waar?
Post Reply