6.5 Grendel opinies
-
Blink Stefaans
- Sr. Member

- Posts: 382
- Joined: Sun Apr 01, 2018 2:40 pm
6.5 Grendel opinies
Dagse manne
Ek staan op die rand om vir my n Howa mini 6.5 Grendel aan te skaf.
Lyk vir my na n baie koste effektiewe kaliber waarmee ek lekker klein wild en papier kan skiet. Sodra my lat oud genoeg is kan hy sy eerste bok ook daarmee plat trek.
Op die oomblik sit ek met n baie swaar 223 Ackley asook n 8mm-06. Die Ackley se groefdraai is 1:10 en kan dus nie swaar punte gooi nie. Die 8mm-06 is n volkolf Brno en is glad nie geskik vir die jongspan om te skiet nie.
Wie van julle skiet die Grendel en sou julle se dis die moeite werd. Watse punte sal julle voorstel vir jag en papier skiet tot op so 500m. Daai 108gr Scenars lyk nogals stout.
As ek moet opskuif na n groter 6.5 dan hardloop mens nou weer in die duur kruite in wat mens elk geval nooit kan kry nie.
Die feit dat ek hom nuut kan koop met n picatiny vir R6000 maak dit n baie aantreklikke opsie.
Ek wil nie n 243 he nie om verskeie redes
Hoor graag.

Brno 223 Ackley Improved
Sako Forester L579 308
Brno 8mm-06
Glock19 G5
Sako Forester L579 308
Brno 8mm-06
Glock19 G5
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2160
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: 6.5 Grendel opinies
Behalwe vir doppe wat blykbaar skaars kan wees, kan ek nie aan n beter kindergeweer dink nie. Hy is lig genoeg om nie ernstig te skop nie en swaar genoeg om selfs groter bokke mee plat te skiet.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 6.5 Grendel opinies
Gehoop Koos Barnard sien die' plasing raak. Stuur hom 'n PM om sy opinie te kry.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2155
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: 6.5 Grendel opinies
Die Grendel is nie 'n 500m-kaliber nie. Dis een van die lekkerste en bekostigbaarste kalibers om te skiet maar beperk dit vir jag tot so 200m op kleiner wildsoorte soos springbok en blesbok. Dis 'n baie goeie kaliber vir bosveldjag as rooibok tot njalagrootte wild op die spyskaart is, of koedoekoeie. Natuurlik kan jy enige groot bok ook daarmee skiet as jy breinskote skiet, maar alle tipe skote in ag genome is medium-grootte wild waarvoor die Grendel eintlik bedoel is en dan glo ek moet jy afstande nie verder rek as 150m nie. Die 108gr Scenars skiet briljant uit my geweer maar een toets in nat boeke het my laat besluit om hulle nie op wild te probeer nie. Ek gebruik 'n 120gr Sierrakoeël teen 2300vps vir bosveldjag. As jy ver op papier wil skiet koop 'n vinniger kaliber. Die Howa se loop is maar 20" lank en jy kry eenvoudig nie genoeg spoed met hom nie. Sommige manne kry redelike goeie spoed maar dan moet jy naby aan maksimum druk werk en enige ding wat teen maksimum druk of spoed werk, se lewe verkort gouer. Vir 'n kind of enigiemand wat skrikkerig is vir terugskop is die Grendel 'n uitstekende keuse, veral in die klein Howa-geweer wat lekker lig is en maklik hanteer.
Mooi loop
Mooi loop
Last edited by Koos Barnard on Wed Feb 12, 2020 10:17 pm, edited 1 time in total.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 6.5 Grendel opinies
Dankie Koos. Waardevolle inligting !!!!!!
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Blink Stefaans
- Sr. Member

- Posts: 382
- Joined: Sun Apr 01, 2018 2:40 pm
Re: 6.5 Grendel opinies
Dankie Koos.
My plan is nie om wild op 500m te skiet nie. Ek sal dit nie eers met n 300wm probeer nie.
Gaan nog so bietjie herkou aan die een
My plan is nie om wild op 500m te skiet nie. Ek sal dit nie eers met n 300wm probeer nie.
Gaan nog so bietjie herkou aan die een
Brno 223 Ackley Improved
Sako Forester L579 308
Brno 8mm-06
Glock19 G5
Sako Forester L579 308
Brno 8mm-06
Glock19 G5
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 6.5 Grendel opinies
Jy kan nie dalk die gewig van die 223 afkry deur 'n ander kolf op te sit nie? Korter treklengte en ligter materiaal vir die jongspan?
Met 53/55gr Barnes X of soortgelyk is die jag van wild soos rooibok en blesbok moontlik.
Met 53/55gr Barnes X of soortgelyk is die jag van wild soos rooibok en blesbok moontlik.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
knipmes
- Hero Member

- Posts: 704
- Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm
Re: 6.5 Grendel opinies
In die Kolskoot tydskrif van die SA Jagters van 2019 is daar n hele artikel oor die Grendel
-
Blink Stefaans
- Sr. Member

- Posts: 382
- Joined: Sun Apr 01, 2018 2:40 pm
Re: 6.5 Grendel opinies
Die 223 het n pasmaak kolf van Smoking Guns. Met n verstelbare wangstuk. Die gewig kom van die 27.5" bull barrel. Net die loop weeg 7 pond. Glo nie die man sal sukkel om met hom te skiet nie. Dit is net om n plaas eienaar te ooreed om met hom te kan jag. n Mononlitiese punt sal baie lekker werk in die roertjie dis virseker. Skiet tans die 65gr gamekings teen so 3250 voetsek.tripodmvr wrote: Thu Feb 13, 2020 3:26 am Jy kan nie dalk die gewig van die 223 afkry deur 'n ander kolf op te sit nie? Korter treklengte en ligter materiaal vir die jongspan?
Met 53/55gr Barnes X of soortgelyk is die jag van wild soos rooibok en blesbok moontlik.
Brno 223 Ackley Improved
Sako Forester L579 308
Brno 8mm-06
Glock19 G5
Sako Forester L579 308
Brno 8mm-06
Glock19 G5
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3529
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: 6.5 Grendel opinies
Blink Stefaans, ek het vir my... Of ek bedoel my meisie n Grendal gekoop. Ek het al heelwat navorsing gedoen oor hoe n man hom kan laai en met wat. Het ook reedelik op QL rond gespeel. Jy kan 95gr Vmaxse se alies lekker warm maar en hulle naby 2800fps skiet sonder om jou doppe te veel te verniel. Johann Kriek maak ook n lekker 80gr monolietiese jagkoeel as n man op die verder afstande wil skiet. As jy groter wild op kortafstande wil skiet kan jy selfs so swaar as 140gr pitte gaan teen 2100fps. Die roertjie het n 1in8 twist so hy behoort die swaar koeele te stabiliseer. Dit is alles nog net teorie... Prakties werk dinge partykeer anders.
Groetnis
Groetnis
- andre007
- Hero Member

- Posts: 2234
- Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm
Re: 6.5 Grendel opinies
Armand. Basjan123 het ek gehelp om sy grendel aan die gang te kry met 120g Sierra pitte. Die meeste mense wat ek ken met die kaliber skiet 123gr SST. Wat Marius hier genoem het is n waardige punt, as die roer die kind nie 'pas' nie is dit maar n storie. Silent Hunter het vir my jongste n kort kolf gemaak vir sy .223. Met n 'LOP en cheeckriser kit' stel hy nou soos hy in die geweer ingroei. Maar ek kan aflei dat daai roer vir eie gewin gekoop is 
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
-
Blink Stefaans
- Sr. Member

- Posts: 382
- Joined: Sun Apr 01, 2018 2:40 pm
Re: 6.5 Grendel opinies
Oorspronklik was die idee om die 223 vir my lat te koop. Kry toe die Brno by n vriend wat sweer dat hy coke proppies op 150m raak skiet....seker n coke prop op n advertensie bord want toe ek hom kry kon ek nie 5 duim op 100m kry nie. Loop was kas toe. Besluit toe om n ander loop op te sit en hom te Ackley.....en dit is toe die roer pappa sin word.
Ek het nog die oorspronklikke hout kolf vir hom. Weet nie of dit goeie verkoopsvernuf van die smid se kant was nie, maar hyt my gese die loop is te duk vir die hout kolf.
Sal hom uit die kas gaan haal en kyk of ek hom kan maak pas. Dan het ek glad nie n probleem om n stuk af te sny en dalk n verstelbare "but plate en riser" op te sit nie.
Wil net nie die man na n plaas toe vat en dan se die oom hy kan nie met die 223 skiet nie. Dit is die rede hoekom ek n ligter kaliber wil kry. Sodat hy kan jag...en as pappa bietjie papier wil skiet dan gaan hy sekerlik nie omgee nie

- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13589
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: 6.5 Grendel opinies
Koop die Grendel dit is lekker roer vir kinders maar moet hom nie iets probeer maak wat hy nie is nie, skiet n "sagte" koel soos die gameking wat Oom Koos van praat en hou die skote op die regte afstaand en op die regte plek. Eks seker jy sal n plastiek kolf kan maak pas vir jou seun
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2160
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: 6.5 Grendel opinies
Blink Stefaans, jou 223 is jou jakkalsgeweer. Hou hom so en koop n toepasliker roer in n sinvoller kaliber vir jou seuneman. Dan het julle later twee kalibers, en kan oor-en-weer die gewere gebruik.
-
Blink Stefaans
- Sr. Member

- Posts: 382
- Joined: Sun Apr 01, 2018 2:40 pm
Re: 6.5 Grendel opinies
Yes Ds. Jaap. Ek gaan nie van die 223 n 308 kan maak nie.
Ek doen nog my huiswerk...maar die roertjie lyk soos n wenner
Ek doen nog my huiswerk...maar die roertjie lyk soos n wenner
Brno 223 Ackley Improved
Sako Forester L579 308
Brno 8mm-06
Glock19 G5
Sako Forester L579 308
Brno 8mm-06
Glock19 G5
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7559
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: 6.5 Grendel opinies
Stefan
As jy met n klomp gewere gesit het en jy wil n doelgerigte geweer vir jou seun koop dan se ek gaan absoluut daarvoor, maar om te dink dat die 6,5 Grendel as n tipe all-rounder kan kwalifiseer dink ek jy sit die pot mis. Jy kan al die middelslag 6.5 kalibers aflaai na die Grendel se gegewens, maar jy kan nooit die Grendel kry om te doen wat daai kalibers kan doen nie. Die realiteit is dat kinders bitter vinnig groot word en dan met gemak hierdie middelslag kalibers kan hanteer teen hulle volle potensiaal om nie eers te praat van jou eie genot met die geweer nie.
Groetnis
Wouter

Basjan123
- Sr. Member

- Posts: 450
- Joined: Fri May 06, 2016 1:06 pm
Re: 6.5 Grendel opinies
Dit was na aanleiding van Koos se mooi storie oor die Grendel in die Des uitgawe en Andre007 wat my gehelp het om die gejeuk op te klaar dat ek die geweer gekoop het. Ek is nog nie eendag spyt nie. Dit is 'n lekker loop en jag geweer vir jou kleiner tipes wild alhoewel Koos, Koedoe koeie en 'n Waterbok vers plat getrek het. Ek het ook die geleentheid gehad om 'n Koedoe Koei te skiet maar my moed het my begewe......... tot vandag toe spyt daaroor !! Sy skop is min alhoewel ek nog steeds 'n KD laat opsit het. (Ja ek is skop sku!!) Ideale kinder roer , As ek egter nou weer moes kies sal ek na iets kyk wat mens eerder kan aflaai as dit moet om die Grendel se specs na te maak.
-
Hansieslim
- Hero Member

- Posts: 1373
- Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am
Re: 6.5 Grendel opinies
Ek hou van Wouter en Basjan se antwoorde. Kyk, ek is n 6.5 aanhanger en die Gendels is nou hier ook teen n billike prys, maar ek't gelukkig reeds 'n 6.5x55 wat ek kan stadiger laai (as ek wil) en hy skop ook nie die plaak van my tande af nie.
Iets wat ek net gister by n Bosvelder gehoor het, pla my effens. Dit gaan oor die 7.62x39 rondte. Hy sê sekere plaaseienaars wil nie die kaliber toelaat vir Bosveldjag nie. Kan dit enigsins waar wees en sin maak? Skiet hy nie ook maar 'n 155 of 168gr koeël een so 2200-2300fps nie? As dit waar is wat die ou kwytgeraak het, sal die plaaseienaars dan nie ook soortgelyke dinge sê oor 'n Grendel nie? Ek kyk nie af op enigeen van die twee genoemde kalibers nie en sal nie aarsel om enigeen van hulle reg aan te wend in die Bosveld nie. Ek vra maar net of dit waar kan wees. Don't shoot the messenger please.

CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
- Geno
- Administrator

- Posts: 13648
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: 6.5 Grendel opinies
Ek het my (kinders se) 6.5Grendel verkoop na ek een bok geskiet het. Ek is nie oortuig dat my kinders bokke effektief met hom sou kon dood nie en sal hul eerder my .260AI gee of die 7-08AI wat ek beplan om te bou.
Dit was 'n jong blouwildebees bul met 100gr Nosler Ballistic Tip Hunting teen 2680fps.
Eerste skoot skuins van agter op die oor knop op 210y
Tweede skoot voor die kop op 250y
Derde skoot tussen die oog en oor op 310y
Die vierde en laaste skoot is met 'n .243Ackley met 87gr VMax geskiet in die oor toe is hy eers dood.
Ek het al bitter baie BWB geskiet met 6mm's met 55gr Ballistic Tips en nog nooit sulke swak prestasie ervaar op helmet houe nie.
Hier sit die houe wat nie die bok kon dood kry nie:

Goed, beter, 6millimeter!
-
Blink Stefaans
- Sr. Member

- Posts: 382
- Joined: Sun Apr 01, 2018 2:40 pm
Re: 6.5 Grendel opinies
Jitte Geno.
lyk my my 223 ackley met 50gr vmax doen beter as die grendel op bokke se koppe. laat n man dink
lyk my my 223 ackley met 50gr vmax doen beter as die grendel op bokke se koppe. laat n man dink
Brno 223 Ackley Improved
Sako Forester L579 308
Brno 8mm-06
Glock19 G5
Sako Forester L579 308
Brno 8mm-06
Glock19 G5
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2160
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: 6.5 Grendel opinies
Wat het veroorsaak dat die koeëls nie gewerk het nie? Het hulle op kontak gebars?
- Victor_
- Full Member

- Posts: 220
- Joined: Fri Jan 08, 2016 2:34 pm
Re: 6.5 Grendel opinies
Speed killsDs J wrote:Wat het veroorsaak dat die koeëls nie gewerk het nie? Het hulle op kontak gebars?
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Schalk van Wyk
- Sr. Member

- Posts: 341
- Joined: Fri Mar 07, 2014 2:09 pm
Re: 6.5 Grendel opinies
Ek het nou hierdie klomp antwoorde op Stefaans se post baie geniet. Is so dankbaar dat niemand begin kalibers vergelyk het nie. Ek het ook n grendel is is mal oor die geweertjie. Sy us een van 6.5 tupe kalibers in my kluis maar bring iets heel uniek na die tafel. Ek glo nog vas dat ek beter penetrasie met ‘n 123gr SST kry as met n 55gr BT uit my 223. Maar sal nie n BBE in die kop probeer skiet na ek Geno se fotos gesien het nie. Maar n springbokkie of n blesbokkie enige tyd.
Ook die kaliber vir my kinders gekoop. My dogter is nou 4 so ek gaan nog n ruk self met hom speel. Ag hom baie soos n .22LR. Boks bokant sy gewigsklas maar jy moet sy beperkinge ken.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Ook die kaliber vir my kinders gekoop. My dogter is nou 4 so ek gaan nog n ruk self met hom speel. Ag hom baie soos n .22LR. Boks bokant sy gewigsklas maar jy moet sy beperkinge ken.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Geld maak mens nie gelukkig nie, maar geld kan gewere koop en gewere maak mens gelukkig!
-
pietdiebot
- Jr. Member

- Posts: 86
- Joined: Wed Dec 02, 2015 10:15 pm
Re: 6.5 Grendel opinies
Ek en my kinders is mal oor die Grendel. Hy is Des vir die eerste keer veld toe geneem en het glad nie teleurgestel nie. 2 Vlakvarke, 'n mooi Rooibok ram en 'n Waterbok koei. Die 123 sst's het my regtig impress.

Sent from my SM-G950F using Tapatalk

Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Groete
Pieter
Pieter
- snakker
- Hero Member

- Posts: 1397
- Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am
Re: 6.5 Grendel opinies
Ek het ook ene, lekker ligte recoil geweertjie. As jy paar rand wil spaar op doppe kan jy die goedkoper 7.62x39 lapua doppe afnek na 6.5mm. Ek het selfs S&B 7.62x39 doppe gebruik al, skiet selfde POI as my grendel lapua brass
Sent from my Redmi 7 using Tapatalk
Sent from my Redmi 7 using Tapatalk