OBT en KD
- James Wright
- Sr. Member

- Posts: 319
- Joined: Thu Mar 24, 2011 3:17 pm
Re: OBT en KD
baie intressante vraag,ek sal ook graag klaring hieroor wil he...
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: OBT en KD
Ek het hierdie vraag al 'n tyd gelede aan die outeur, Chris Long, gestel en sy antwoord was dat 'n knaldemper nie die loop lengte wat jy gebruik beinvloed nie. Uit ander lees op hierdie forum het lede ook bevestig dat hulle dieselfde of kleiner groepe skiet met die knaldemper op.
Ek self dink die skokgolf weerkaats steeds teen die kroon en nie voor by die knaldemper se "kroon" nie. Om eerlik te wees skiet ek altyd met my KD op, so ek weet nie. Elkgeval gaan jy baie naby kom deur van die OBT metode gebruik te maak en dan kan jy so bietjie speel om te sien wat die verskille is en of daar iets beters is.

- erx
- Sr. Member

- Posts: 419
- Joined: Thu Jan 13, 2011 9:36 pm
Re: OBT en KD
Baie interresant, praat manne.
My logika se vir my dat die skok golwe indie loop mooi sal loop, maar in die kd sal dit 'n warrelwind effek he?
Hoe nou?
Groete
erx

- Jagtersdok
- Global Moderator

- Posts: 2034
- Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm
Re: OBT en KD
Arnold is heeltemal reg.
Die skokglof weerkaats teen die tromp van die loop en jou wringkragte wat op die loop uitgeoefen word is net tot by die tromp, die koeel loop vry in die KD

NEELS NIEMAND, CENTURION
Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]

-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7575
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: OBT en KD
Hallo Manne
Ek het so bietjie gaan dink oor hierdie verskeinsel. Die puls(skokgolf) bly in die media(loop) waardeur hy eerste gaan. Hy word wel oorgedra na die knaldemper toe waar hy dan weer op die knaldemper se lengte deur hom puls. Dit is eintlik bietjie ingewikkeld want elke keer as hy vaspuls teen die kroon dan dra daai puls weer oor na die knaldemper en as die knaldemper se puls weer terug kom by die kroon gaan hy weer n puls terug gee aan die loop. Die oordrag van die een meduim na die ander is gelukkig swak so die invloed is nie groot nie. Ek weet dit klink verskriklik maar al waarop ons moet konsentreer is basies die eerste puls van die loop. Hierdie verskynsel verklaar dalk hoekom sommiges hulle lading aanpas indien hulle met die knaldemper wil skiet nadat hulle die ladingontwikkeling sonder een gedoen het.
Ludwig goeie vraag oor die vermeerdering van spoed met n knaldemper. Indien die knaldemper spoed bysit sal jy dan jou nodespoed slaan maar jou barreltime sal dan aan die stadige kant wees. Weereens tegnies maar dit is hoekom n mens bietjie finetune op die ou manier wanneer n mens naby aan die nodespoed is. Onthou n lang jump wat basies uit daai 10% van kaliber TPL is sal ook veroorsaak dat die werklike nodespoed nie ooreen sal stem met die een wat jy dink jy moet kry nie. Maw indien die nodespoed wat jy uitgewerk het 2734ft/sek is sal jou werklike node op 2710ft/sek argumentsonthalwe geslaan word.
Vie interessandheid gaan speel met die temperatuur op QL en kyk hoe affekteer dit jou nodespoed. Dit is dan die rede hoekom die feinskieters hulle ladings sommer op die baan aanpas om daai idiaal te slaan. Dink ook so daaraan ons weet nou wat daai spoed is vir n gegewe temeratuur, daai manne het dit geskat! Dit kom net van jare se ondervinding! Kyk ook maar hoe affekteer poeier wariasie van lot tot lot ook jou node!
Hoe meer ek weet hoe moeiliker raak dit!
Bly nog steeds lekker!
Groetnis
Wout

RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.