Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
My gat jeuk om vir my nog n speelding te kry... Ek wil so bietjie meer kompetiesie skiet en soek n geweer wat goed by my 7x64 Sako sal pas. Ek gaan juis my dedicated sportsman doen wanner ek nou by die huis is vir 2 weke.
Ek wil graag julle opinies hoor oor die volgende 2 gewere... kaliber is 6.5x55...
Tikka T3 Hunter
Cz 550 Lux
Albei is beskikbaar maar ek wil hoor wat julle dink... My hart se Tikka maar ek wil hoor wat julle se... Prys is nie n besluitende faktor nie as daar nog iets anderste is noem dit maar asb...
Vir n teleskoop moet ek nog besluit... Wat stel julle voor in die 5-20 klas?
PS...Edwin moenie my nou weer byt hier oor nie... jy weet ek en jy gaan nog baie hieroor praat...
Dankie
Simon
Last edited by Drenalinjunkie on Sat Jul 23, 2011 12:42 pm, edited 1 time in total.
Ek het ook 'n 7x64 en sit in die selfde bootjie as jy. Die Tikka sporter is regtig mooi, maar ek is opsoek na iets soos die 204 en hulle maak hom nie. My tweede keuse is die 223AI of 223 WSSM.
Die beste pryse sover by camdix gekry.
Ek dink in die lyn van kaliber waarna jy soek moet ek stem vir die 260 soos genoem.
groete
KK
Only those who dare to fail greatly can ever achieve greatly
Koop die Tikka 6.5x55 , ek het self die Tikka Master Deluxe in 7x64B en sal hom vir niks verruil nie. Dankie tog ek hoef nie jou vrou te vertel van die een nie.
Wanneer die Groen Mamba klaar is, kan ek nie wag om jou gat te skop nie. Die Swart Mamba wag al klaar vir jou!
My grootste probleem is nou om die gewere op te spoor... Meeste winkels wat ek ge-email het is tragies. Hulle antwoord nie eers nie en vir my om vanaf die DRC te bel kos my R30 per minuut...
As iemand van n 6.5x55 blued varminter of sporter weet laat weet my asb. Ek sal miskien nog ander kalibers oorweeg...
Drenalinjunkie wrote:
Ek soek n bull barrel... en die lux is nie. My wense het so bietjie verander na meer navorsing...
Ek sal die geweer meestal gebruik vir teiken skiet so ek sal n dikker loop verkies.
Simon,
Dis nie dieselfde as om met n 80# boog op 80 yards ballone te bars nie.
Nee ek terg net.
Jou kaliber keuse en dan die tipe geweer waarna jy kyk gaan n baie lekker kombinasie wees en as jy dink jy skiet net teiken voor jy weer sien jag jy net so lekke met die geweer. Die "swede" is een van daai jag kalibers...
Afhangend van die afstand wat jy wil skiet kan jy ook seker na 'n 243W kyk. Jy sal seker makliker in die kaliber 'n dikloop kry? Probeer kyk dat jy 'n lekker vinnige twist kry.