Groter jag kaliber?

Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Groter jag kaliber?

Post by Danie01 »

More manne

Ek weet daar is nou al baie redineer oor 30 nul kwes, 308, 300 ens ens. Ek wil hoor of daar iemand is wat my raad kan gee om regte kaliber vir my behoefte te koop.
Ek het  n .243 en op die oomblik skiet ek als met hom van springbok tot gemsbok en koedoe.

Ek soek n kaliber waarmee ek van gemsbok tot eland kan skiet? Die kaliber moet lekker plat kan skiet, maklik herlaai ens. Sal seker nou nie plat skiet noem nie, maar dam redelik tussen die groter kalibers. Ek sal seker amper nooit in die bosveld jag nie, maar meer in die kalahari veld naby Kimberley of in Noordkaap. Gemsbokke sal ek in karooveld meer skiet. Ek kyk na n kaliber .270 0f groter.

Hoop daar is manne wat my kan help om goeie keuse te maak.

Groete
Danie
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Groter jag kaliber?

Post by tripodmvr »

Ek verkies my 7x64 vir die algemene jag van die groter diere. Gebruik 150gr Barnes TSX en sien kans vir al die wild wat jy genoem het. Herlaai maklik, is akkuraat en het minder terugslag as 30 kalibers.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
pietjacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Mon Sep 27, 2010 1:23 pm

Re: Groter jag kaliber?

Post by pietjacobs »

Hi Danie,

Ja ek wil graag ook luister. Ek het tans .270 en wil weer iets kleiners kry vir my seun sodat wanneer hy oud genoeg is dan is al die lisensie stories klaar uitgesort en die ladings is uitgewerk. EK het weer na die .243 gekyk, maar dink hy is dalk te naby aan .270, so nou kyk ek weer na iets soos .223.

Wat ek wel vir jou kan se is ek skiet alles met my .270 so ver. Van Eland tot Springbok. Baie gelukkig met die roer.

Groete,
Piet
.22, 223Rem, .270Win, 9mm Short
ArnoldM

Re: Groter jag kaliber?

Post by ArnoldM »

Hi Danie,

Ek is van mening dat jy ten minste na die .300WM of selfs groter, die .338 moet kyk vir dit waarvoor jy die geweer wil aanwend, (gemsbok en eland oor lang afstande). .270 is 'n great geweer, maar ek persoonlik sou bietjie meer poeier verkies vir die bokke, afstande en omstandighede / areas (Kalahari en Karoo) waarvan jy melding maak.

Alternatiewelik kan jy ook na .375H&H kyk, jy kan deesdae 200 - 235gr koeels teen +-3000fps skiet, hy slaan HARD en het ook baie minder "recoil" met ligter koeels.

Groete en sterkte,
AM.
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: Groter jag kaliber?

Post by .::Alwyn-U::. »

Arnold is reg, ek skiet met 375H&H, 200gr punte, hy is heel mak! moenie oor sy skop worry nie want hy maak dood met een skoot!

Ek sou ook se jys op die regte pad met 'n 270, maar dit is amper jou entry level groot kaliber..

Kyk ook bietjie na 7mm rem mag.. Ook 'n bitter lekker geweer! my pa skiet nou nog met syne! hy sal nooit iets anders probeer nie..

Elke man het maar sy eie kaliber wat vir hom werk, dit is maar net my voorstelle..

Groete
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: Groter jag kaliber?

Post by Danie01 »

Manne

Ek luister mooi na jul voorstelle en sal nog so paar waardeer. Ek wil nie iets groter as 308 /30-06/300 he nie.
Is die 7 x 64mm groter as die .270 0f 7mm? As ons kyk na trajek en groepering tussen die 7mm's?

Tot watter grein punte kan jy watter kaliber laai? bv .270 seker tot 150gr? 7 x 64mm? 7mm? 308? 30-06? en 300?
Dit is min of meer die paar kalibers wat ek in gedagte gehad het, is daar dalk nog een of twee kalibers in daardie groep?

Dankie vir die opinies sover
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Groter jag kaliber?

Post by tripodmvr »

Danie01 wrote: Manne

7x64 is 7mm koe?l met 64mm dop. Gewigte seker van 110-175gr.

308 110-200gr

30-06 110-220gr
300WM 110-220gr

Met premium koels deesdae is 'n 150gr  genoeg om groot diere oor redelike lng afstande plat te trek. Akkuraatheid en kennis van koe?lbaan is vir my van meer belang.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Groter jag kaliber?

Post by BLOK »

Danie

Jy se nie of jy n geweer van die rak af wil koop of laat bou nie. My beskeie raad sal wees laat bou vir jou n 300H&H. Met hom kan jy alles platskiet van n sprigbok tot eland. Jy herlaai self so ammo gaan nie n probleem wees nie want doppe is baie beskikbaar en redelik bekostigbaar. Jy kan seker ook een van die ander 300's kry maar persoonlik sal ek eerder n H&H vat. Koels is daar n magdom om van te kies tussen 150 en 220gr en dit is n redelike plat skiet geweer.

Die alternatief is as jy n rak geweer gaan koop sal ek eerder na een van die ander 300's loer of as jy nie bang is vir die skouer drukkery nie selfs na n 338, hy is effens duurder om te herlaai maar ook n wonderlike kaliber.

Blok
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
WillemS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 385
Joined: Wed Sep 15, 2010 4:30 pm

Re: Groter jag kaliber?

Post by WillemS »

Danie

Ek is ook besig om bietjie na die 7mm te kyk, daar is 'n geweldige verskeidenheid koeels, van 100gr tot 195gr(daar kan nog wees, maar dis genoeg vir my). Ek het met 'n paar manne gesels en ons vriend op die Forum, Wouter, het my oorreed om 'n 7x57AI te bou! 120gr teen 3250ft/s vir vlakte wild of ek kan gaan na 175gr teen 2550ft/s vir bos jag! Daar is heelwat koeels wat tussen daai 2 gebruik kan word maar die lys is te lank!

Die 7mm is uiters akkuraat en ek dink Oom Chris van Niekerk het sy 7mm Tombi ontwikkel van die 7x57 af, ek kan verkeerd wees!

Kyk bietjie na die 7mm's, regtig 'n paar aangename gegewens rondom hulle!

Willem
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Groter jag kaliber?

Post by tripodmvr »

WillemS wrote: Danie

Die 7x64 is klaar in daardie koers wat jy vir die 7x57AI noem. Hy is lig op kruit as dit met die 7mm Rem Mag vergelyk word. Dies en doppe is ook geredelik beskikbaar en PMP maak  ammunisie vir hom.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
WillemS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 385
Joined: Wed Sep 15, 2010 4:30 pm

Re: Groter jag kaliber?

Post by WillemS »

Tripod

Jy's 100% reg en ek dink Danie is nie heeltemal lus vir 'n .30 kaliber nie. My gegewens is maar net om  jou te staaf! Hy kan maar gerus na daai 7x64 kyk, dink Stef Sullivan sal trots wees op hom!

Willem
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: Groter jag kaliber?

Post by Danie01 »

Tripod en willem

Daai 7 x 64 klink na my rigting. As jy dit vergelyk met .270 en 7mm, sal dit seker so tussenin wees? My pa het n .270 en ek mal oor hom, maar as die 7x64 betjie meer kan doen, sal ek eerder na hom kyk.

Is die 7 x 64 kaliber n kaliber wat ek maklik in die hande sal kry?
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Groter jag kaliber?

Post by tripodmvr »

Danie01 wrote: Tripod en willem
Daai 7 x 64 klink na my rigting. As jy dit vergelyk met .270 en 7mm, sal dit seker so tussenin wees? My pa het n .270 en ek mal oor hom, maar as die 7x64 betjie meer kan doen, sal ek eerder na hom kyk.
Is die 7 x 64 kaliber n kaliber wat ek maklik in die hande sal kry?
Die meeste Europese vervaardigers het gewere in die kaliber (CZ, Sauer ens). Selfs die Amerikaners begin hom nou in beperkte make voorsien. Hy is die 7x57 op steroiede.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: Groter jag kaliber?

Post by Danie01 »

Pietjacobs

As jy kyk na die kleiner kalibers, sal ek nogsteeds die .243 voorstel. Hy skop nie regtig nie, veral nie met n silencer op nie en jy kan met hom van 55gr tot 110gr punte laai.
Maar aan die ander kant het jy n geweer wat naby 2110gr punte kan skiet en as jy slegs klein wild of jakkalse gaan skiet sal n 222-50 of 223 mooi werk, dink dit heelwat goedkoper om te herlaai ook.

Ek weet die mense se die 7mm is na aand die 243, maar in my geval sien ek dit so: Ek kan my van 55gr tot 110gr laai en dan my 7mm of groter van 110 tot 200 of net onder die 200mm laai. Vir my is dit oorgenoeg, want ek het nie n begeerte om olifante leeus renosters of kameelperde te skiet nie, dalk eendag as ek teveel geld het n buffel.

Groete
Danie
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: Groter jag kaliber?

Post by Danie01 »

Pietjacobs

Jammer daardie 2110gr moet eintlik 110gr wees :o
User avatar
pietjacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Mon Sep 27, 2010 1:23 pm

Re: Groter jag kaliber?

Post by pietjacobs »

Ek stem Danie01, dankie man. Ja kyk alles wat my budget toelaat kan ek met my .270 skiet.
.22, 223Rem, .270Win, 9mm Short
User avatar
erx
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 419
Joined: Thu Jan 13, 2011 9:36 pm

Re: Groter jag kaliber?

Post by erx »

Kyk na 7mm Rem Mag

my 2c

Groete
erx
Zillen
Newbie
Newbie
Posts: 47
Joined: Fri Mar 04, 2011 1:46 pm

Re: Groter jag kaliber?

Post by Zillen »

Ek stem saam met Piet-Skiet, met .243 Win en .300 Win Mag sal jy omtrent alles kan jag behalwe die gevaarlike goed.

Groete
.243 Win Sako L579
.300 Win Mag Winchester Mod70 Super Grade
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: Groter jag kaliber?

Post by .::Alwyn-U::. »

300 of 7mm .. daai 2 sal baas wees in jou geval!
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: Groter jag kaliber?

Post by Danie01 »

Manne

Die 300 of 7mm, hoe baie platter trajek het dit as die 308/30-06 of 270/7x64?

As jy die skop van n 7mm vergelyk met 270 of 303? Ons het n 303 en dit skop dam nie regtig nie, amper dieselfde as 270.
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: Groter jag kaliber?

Post by .::Alwyn-U::. »

270 is vir my goed genoeg tot op koedoe daarna verkies EK bietjie meer...

300 is lekker plat trajec maar om dit te kry en boonop nog groot punt ook te skiet kan jy maar skop verwag!  Sal jy 'n knal demper oorweeg?
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: Groter jag kaliber?

Post by Danie01 »

Alwyn

Die 7 x 64, hoe vergelyk dit met die 7mm? Ek hou van n silencer, maar n silencer sal seker kwaai swaar op daardie 300 wees?
As julle nou praat van langer afstande, dan is dit nou hoe ver? Ek twyfel of ek regtig sulke groot wild op afstande verder as 250m sal skiet, dalk koede of gemsbok maar nie die groter wild nie.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Groter jag kaliber?

Post by tripodmvr »

Danie01 wrote: Alwyn

Die 7 x 64, hoe vergelyk dit met die 7mm? Ek hou van n silencer, maar n silencer sal seker kwaai swaar op daardie 300 wees?
As julle nou praat van langer afstande, dan is dit nou hoe ver? Ek twyfel of ek regtig sulke groot wild op afstande verder as 250m sal skiet, dalk koede of gemsbok maar nie die groter wild nie.
7x64 skiet 100-200vps stadiger as 7 Rem Mag(Somchem 152gr PMP 2887 teenoor2996) , maar is nie so honger op die kruit nie. Terugslag is dus baie minder en looplewe sal ook beter wees.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
ArnoldM

Re: Groter jag kaliber?

Post by ArnoldM »

Danie01 wrote: Manne

Die 300 of 7mm, hoe baie platter trajek het dit as die 308/30-06 of 270/7x64?

As jy die skop van n 7mm vergelyk met 270 of 303? Ons het n 303 en dit skop dam nie regtig nie, amper dieselfde as 270.

Hi Danie,

Ek dink nie dis moontlik om die terugskop van die verskeie kalibers op so eenvoudige manier teen mekaar op te weeg en tot 'n akkurate of sinvolle slotsom te kom nie. Daar is baie faktore wat 'n rol kan speel, bv. gewig van die kolf, kolfontwerp, looplengte, kwikbuise, knaldempers, "muzzle breaks", koeel gewig, lading ens. ens. ens.

In my ondervinding is daar onder normale omstandighede nie 'n beduidende verskil tussen .270, .303, .308 en .30-06 se terugskop nie, die .270 en .30-06 dalk so kortkop voor in ons spesifieke gewere.

Dieselfde geld vir die trajek, daar is te veel faktore wat 'n beduidende rol kan speel wat die verskaffing van 'n betroubare antwoord onmoontlik maak bv. groefdraai, groepering met verskillende koeel gewigte (dis nie noodwendig dat 'n spesifieke geweer groepeer waar hy die platste skiet nie) ens. ens. ens. Met die kalibers wat jy hierbo noem, "BEHOORT" die .300 die platste trajek te he, gevolg deur die 7mmRM, 7x64, .270, .30-06 en dan die .308, as jy bv. 'n 150gr deur almal skiet, maar soos ek reeds gese het, dit is gladnie 'n uitgemaakte saak nie, hier is te veel veranderlikes waaroor 'n mens eers spesifiek sal moet raak....

Vriendelike groete,
AM.
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: Groter jag kaliber?

Post by .::Alwyn-U::. »

ja looplewe is langer, en jy sal maklik met 7x65 250m kan skiet, en eintlik kan dood skiet ;D   deesdae se punte is baie goed gemaak! enige kwaliteit 160gr punt doen die job op 200m..

KD sal hom swaar maak, hang maar af hoe jy jag. as jy bakkie jag dan sal 'n KD lekker werk maar sodra jy begin stap in die veld en bos dan pla 'n KD my gewoonlik.

Groete
Post Reply