Somchem nuus

Post Reply
User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 2234
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm

Somchem nuus

Post by andre007 »

Manne, ek het n man gehelp met n SAJ takoorplasing, die man seg toe hy verhuis van GP na Somerset Wes, vra die man wat op aarde hy daar gaan maak. Hy sê toe dat hy in Manie by Somchem se plek aangestel is. Manie het Desember afgetree. Hy sê dat ons weer S365 gaan kry, nog hierdie jaar, hy praat van so Julie/Augustus.

Weet nou nie of dinge beter gaan loop nie, ek glo met al die nuwe toerusting en n nuwe besem behoort dit darem. Ek weet daars manne wat nooit weer Somchem produkte gaan gebruik nie, maar ek in kluis kan ook nie die ingevoerde kruit se prys betaal nie. SAJ skietbywoning het in on geweste kwaai afgeneem en almal praat uit 1 mond... kruitpryse.
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2489
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Somchem nuus

Post by Flip Nel »

Goeie Nuus

Dankie vir die deel
User avatar
Dolf014
Hero Member
Hero Member
Posts: 533
Joined: Wed Dec 04, 2013 3:50 pm

Re: Somchem nuus

Post by Dolf014 »

Ek was laas jaar verbaas dat Somchem n stalletjie by Huntex gehad het.
Ek het die man wat die stalletjie beman het nogal jammer gekry.
Hy moes seker redelike skerp gesprekke hanteer.
Skiet met 308 Voere (erf stuk) ons loop al 40 jaar saam.
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Somchem nuus

Post by Apie »

Dis goeie nuus!

Ek skiet al hoe laer nodes om my 365 langer te laat hou!


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Grenslyn
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 366
Joined: Wed Apr 08, 2015 9:25 am

Re: Somchem nuus

Post by Grenslyn »

Hou die man se nommer!
Hein
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3530
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Somchem nuus

Post by Armand Steenkamp »

Dit is vir my goeie nuus. Ek skiet te veel onnodig op niks om heeltemal na ingevoerde kruit oor te gaan. Ek skiet net ingevoerde kruit op my hornet want dot is al waar dit die moeite werd is.

Groetnis
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Somchem nuus

Post by tripodmvr »

Apie wrote: Mon Jan 20, 2020 9:40 am Dis goeie nuus!

Ek skiet al hoe laer nodes om my 365 langer te laat hou!


Sent from my iPhone using Tapatalk
As jy so aangaan sal dit later beter wees om kettie te skiet.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Maroelas
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 286
Joined: Fri Apr 18, 2014 3:41 pm

Re: Somchem nuus

Post by Maroelas »

Dis goeie nuus!
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Somchem nuus

Post by Cobus(Cobb) »

Julle kan maar regtig Lovex probeer....dis R550/blik en jy het geen lot nommer issues nie

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
RUPERT
Hero Member
Hero Member
Posts: 1192
Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm

Re: Somchem nuus

Post by RUPERT »

Dolf014 wrote: Mon Jan 20, 2020 9:39 am Ek was laas jaar verbaas dat Somchem n stalletjie by Huntex gehad het.
Ek het die man wat die stalletjie beman het nogal jammer gekry.
Hy moes seker redelike skerp gesprekke hanteer.

Ek was een van daai manne watso met hom gepraat het. Nou nog moerig
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3530
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Somchem nuus

Post by Armand Steenkamp »

Rupert, wat was die storie gewees? Nuuskurig wat die man tese gehad het
User avatar
RUPERT
Hero Member
Hero Member
Posts: 1192
Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm

Re: Somchem nuus

Post by RUPERT »

Het hom net n bietjie laat verstaan hoe hulle die verbruiker nou in die steek laat met die dat daar min of geen produksie is nie. Met hulle swak
diens en traagheid om weer die produksie weer op standaard te kry gaan daarna toe ly dat almal nou genootsaak is om eerder die duurder internasionale kruite moet gaan gebruik.

Maar ek het aan hom genoem dat hulle hoof nie daar oor te worry nie want eendag as hulle uiteindelik wakker skrik en begin produseer sal elke
herlaaier klaar ander internasionale kruite gebruik en nie hulle gemors weer wil gebruik nie wat hopenlik sal ly na nog werkloosheid.

maar met die se hy vir my dat ek hoof nie te bekkomert te wees nie want hulle behoort teen Augustus 2020 weer te kan produseer. My antwoord op dit
was toe nou nie wat hy verwag het nie en het vir my gese ek gebruik kras woorde.

Toe stap ek maar eerder verder.
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Somchem nuus

Post by Hein M. »

Interessant dat SOMCHEM reeds sedert Desember 2019 sy volle reeks kruite in tydskrifte adverteer asof dit reeds op die winkelrakke beskikbaar is...

As my voorrad op is sal ek maar oorskakel en nie weer terugkyk nie…

Groetnis!
narp
Newbie
Newbie
Posts: 18
Joined: Wed Apr 23, 2014 11:27 am

Re: Somchem nuus

Post by narp »

Die grooter verassing gaan wees hoe vinnig the ingevoerde kruit se pryse val sodra Somchem eers weer vrylik beskikbaar is.... Maar so gelukkig sal ons seker nie wees nie, Somchem gaan waarskynlik verkoop teen ingevoerde pryse 😊
dehacked
Hero Member
Hero Member
Posts: 790
Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am

Re: Somchem nuus

Post by dehacked »

Ek het gelukkig baie kruit vir my 223 maar moes nou vir die 270 IMR kry. Teen die prys van IMR gaan die geweer nou redelik min vir enige iets anders as jag gebruik word. As IMR werklik die ekstra fps gee soos die boeke sê, is ek klaar met somchem.
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2473
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Somchem nuus

Post by jdpretorius »

dehacked wrote: Tue Jan 21, 2020 8:19 pm Ek het gelukkig baie kruit vir my 223 maar moes nou vir die 270 IMR kry. Teen die prys van IMR gaan die geweer nou redelik min vir enige iets anders as jag gebruik word. As IMR werklik die ekstra fps gee soos die boeke sê, is ek klaar met somchem.
Dehacked wat se IMR het jy gekoop ? Die rede hoekom ek vra is dat die 4350 se dop vul maar laag is.
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
dehacked
Hero Member
Hero Member
Posts: 790
Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am

Re: Somchem nuus

Post by dehacked »

7977. Veronderstel om so 3000fps met 140gr te gee teen 59500psi. Ek sal probeer om die naweek te skiet en terugvoer op 'n nuwe draad te gee.

https://imrpowder.com/imr-enduron-7977/
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2473
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Somchem nuus

Post by jdpretorius »

dehacked wrote: Wed Jan 22, 2020 6:34 am 7977. Veronderstel om so 3000fps met 140gr te gee teen 59500psi. Ek sal probeer om die naweek te skiet en terugvoer op 'n nuwe draad te gee.

https://imrpowder.com/imr-enduron-7977/
Sal verseker uit kyk vir daai draad......wil self nog H4831 toets, maar jaag nie spoed nie
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Somchem nuus

Post by Plaashaas »

nardusp wrote: Tue Jan 21, 2020 6:42 pm Die grooter verassing gaan wees hoe vinnig the ingevoerde kruit se pryse val sodra Somchem eers weer vrylik beskikbaar is.... Maar so gelukkig sal ons seker nie wees nie, Somchem gaan VERSEKER NIKS verkoop teen ingevoerde pryse 😊
Ek het hom vir jou reg gemaak ;)
Andre308
Hero Member
Hero Member
Posts: 904
Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am

Re: Somchem nuus

Post by Andre308 »

Ek sien daar is nogsteeds mense wat hulle asem ophou vir Somchem om weer kruit te maak.

Ja, die ingevoerde kruit is duurder as Somchem se kruit, maar het julle al die som gemaak?

As ek nou n kortaksie 308-boltface kaliber as voorbeeld gebruik:

Koele kos so R7 per koel.
Dop kos R13 per dop...dus R1 per skoot
Somchem kruit kos R350 per blik...dus R2 per skoot
Primer kos R1 per skoot
Totaal kos dit jou R11 per skoot.

Ingevoerde kruit kos tot R800 per blik...dus R4.80 per skoot.
Totaal met ingevoerde kruit is dan R13.8 per skoot. Dit is maar 25% per skoot meer.

Nou, met Somchem kruit het ons soos mal goed na die winkels toe gejaag en 4 blikke kruit op n slag gekoop en so probeer stock opbou. Kom by die huis en doen eers weer so ligte lading aanpassing. Daardie ladinge aanpassing was elke keer as jy oorgaan na nuwe lot kruit toe. As dit 15 skote per lading aanpassing is, dan moet jy daardie koste by reken. Dus 15 skote tee R11 per skoot is R165. Dit laat lyk die ingevoerde kruit nog beter.

Ek skiet IMR se 4350 en is al oor 4 lotte kruit, en nognie eers gekyk na n lading aanpassing nie. Daar is miskien n verskil im die spoed, maar dit is so klein ek sien nie eers dit raak op my dope nie.

Dan is daar nog n ander kant ook. Die S365 carbon aanpaksel op die kroon het ek so 2 dae geneem om af te kry na n skiet sessie. En net Boretec het dit relatief maklik afgehaal. Nou met IMR kruit is dit n 10min maks storie met die selfde Boretec produk.

Vir my is daar steeds n plek vir Somchem kruit, maar dit is slegs in die kalibers wat ek min skiet en nie gebruik vir komp skiet nie.

Goete
Andre
Post Reply