Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Goeie nuus op 'n Vrydag oggend.
My Howa in 6.5 Creedmoor is goedgekeur.
Presies 3 maande vanaf die aansoek ingedien is by my DFO.
Nou vir die lang wag vir die kaartjie.
.22lr Sako
.222 Magnum Anschutz
6.5 Creedmoor Howa
.30-06 Springfield Steyr Mannlicher
8x68 Steyr Mannlicher
9.3x64 Brenneke
.45-70 Govt Marlin
12Ga Cogswell & Harrison
9x19 Glock
Kaartjie vir Howa 6.5 Creedmoor is 3 weke na goedkeuring gedruk, en 3 dae nadat hy gedruk is het ek hom in die hand.
Totale tydperk 8 Augustus to 28 November, nie te sleg nie.
Heinz Petersen wrote:Ek het my aansoek vir kaliber verandering die 5November ingegee. Die 25ste Nov goedgekeur en my geweersmid was inkennis gestel, hy mag aangaan.
13 Dae
Dit is lekker vinnig! Was dit net vir kaliber verandering, of nuwe loop ook?
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Aansoek ingedien 27 Junie, toestemming gekry 08 Nov (117 werksdae later), kaartjie gekry 06 Desember (23 werksdae later), wapen opgetel en is baie bly! Dis nou net oor die drie jaar wat ek vir hom wag! (die SAPS350 het twee en 'n half jaar geneem!!! - NAGMERRIE!!!). Nou wag ek nog net vir my haelgeweer....
Myne 3 gewere is ook uiteindelik goed gekeur. Ingehandig 7 Augustus, SMS gekry op 27 November. Nou wag ek vir my kaartjies. Saam hierdie drie het ek nog my 22 ook ingehandig, maar hulle het vir een of ander rede my 'n maand +, op die 17de September laat weet ek moet asb my vingerafdrukke weer kom gee sodat hulle my 22 lisensie aansoek kan instuur. Nou wag ek nog.
Aansoek vir die 338 RCM ingedien op die 19de Augustus, goedgekeur op die 11de November, kaartjie by provinsie op die 25ste November, ongelukkig met al die Saps personeel se verlof en kerstyd het ek die 13de Januarie eers die kaartjie gekry. Die 300 Blackout Mini 14 is ingedien 18de November, nou is dit die wag vir die hele semi-auto proses.......
musgrave270 wrote: Mon Jan 27, 2020 2:46 pm
Iemand al enige lisensie goedkeurings gekry die jaar?
Groete
Ruan
Ek weet van n helse klomp klante wat se aansoeke goedgekeur is, dit sluit die volgende in:
1. Self verdediging seksie 13
2. Semi Auto Haelgewere Seksie 16 jag
3. Semi Automatiese gewere .223/300blk Seksie 16 sport
4. Slotaksie vir Seksie 16 jag en sport
5. Hele paar Apel aansoeke ook deurgekom wat goedgekeur is