Arm man se buffel
-
BenJacobs
- Hero Member

- Posts: 887
- Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
Arm man se buffel
Dag sê almal.
Ek wil kyk of ek volgende jaar Julie my eerste BWB kan skiet. Ek het so paar vra.
1. Almal het my al bang gepraat oor hoe taai hierdie bokke is. Sal 'n 303 genoeg umph hê om hom om te dop?
2. Hoe is hulle vleis? Ek het nog nooit swart- of blouwildebees geëet nie.
3. Wat stel julle voor, 'n koei of 'n bul? Prys verskil is so R500.
Ek luister graag.
Groete Ben

- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Arm man se buffel
Jonger dier in goeie kondisie se vleis is altyd sagter. In die algemeen sal koei se vleis sagter wees as bul van dieselfde ouderdom.
-
Malan123
- Hero Member

- Posts: 2130
- Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Re: Arm man se buffel
Jy sal hom gemaklik met 303 kan stamp as jou skootplasing reg is. Bul of koei, albei se vleis is baie lekker. As jy net vir vleis skiet sou ek 'n mooi koei uitgesoek het.
-
BenJacobs
- Hero Member

- Posts: 887
- Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
Re: Arm man se buffel
Dankie, ja ek sal vir vleis skiet, maar 'n scull mount met lekker duk horings sal dam mooi wees
.
4. Wat is 'n aanvaarbare prys vir hulle? Ek is glad nie bekend met die pys van wild nie.
4. Wat is 'n aanvaarbare prys vir hulle? Ek is glad nie bekend met die pys van wild nie.
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Arm man se buffel
BWB is duurder as SWB en dit hang af in watter streek van die land jy hulle jag. Soek BWB in die Bosveld en SWB in die Vrystaat . . . dis meer hul natuurlike onderskeie omgewings - net my eie opinie. BWB bul / groot koei minstens R5,000 en meer.
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1397
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Arm man se buffel
BWB is 'n taai bok, maar meeste van sy "taai" reputasie kom van sy snaakse liggaamsbou. Kyk mooi na skemas van hoe hy aanmekaar gesit is en jy sal vinnig sien hoekom baie mense eenvoudig net die skakelaars misskiet. 'n BWB is taai, maar hy is nie magies nie. Skiet die hart en longe vlenters, en kort voor lank gaan hy val.
303 is meer as genoeg om hom plat te trek. Maak net seker jy skiet reg en probeer die grootste bene mis. Ver genoeg onder, ver genoeg terug.

- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Arm man se buffel
Jy sal sien dat die hooforgane redelik ver na voor sit (die massa word na vore gedra). 'n Skoot plankdwars sal dus beteken dat jy naby aan die skouer moet skiet. Skuins van agter help om die groot bene bietjie weg te vat van die koeël se pad. Moet nie te hoog skiet sodat jy die kambene tref nie. As so bees platgeskiet word moet jy reg wees om weer te skiet as dit so skoot was.
Die 303 het genoeg voema om diep genoeg te penetreer en skade aan die longe en hart aan te rig. 'n Premium of mono is egter aan te bevele.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Nella
- Hero Member

- Posts: 585
- Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am
Re: Arm man se buffel
Goeie raad hier Ben.
Van my kant...bly weg van snaakse skote soos bv skoot reg van voor ,ek probeer altyd vir die oorkantste blad skiet .
En onder geen omstandighede moet jy vir n nek skoot op n blouwildebees probeer nie...daai is n resep vir vêr loop.
As jy n gat deur sy long hart area het met n gebreekte blad op die uitgangs kant ....sal jy jou bloue nie baie vêr van daar af optel nie.
en laastens.. Soos oom Tripod gesê het, defnetief goeie premium of mono ammo.

Last edited by Nella on Sat Dec 14, 2019 5:39 am, edited 1 time in total.
Just smile and wave boys 
- finch
- Sr. Member

- Posts: 473
- Joined: Thu Jul 14, 2016 2:44 pm
Re: Arm man se buffel
2019 was my eerste SWB.
Ek was gelukkig, want SWB was redelik mak en toe toffie ek die eerste skoot op en my 270 se 140gn premium Barnes TTSX punt maaiw soos n kat nadat hy die SWB op die horing tref (Sterretjie op foto). Toe begin hardloop daai SWB met n kopseer rond, weereens gelukkig met n klein kampie anders was dit vir ver soek. Kry toe n dwars skoot en sit hom agter die blad neer (pyltjie op foto). Game Over.
Skootplasing is en bly maar die NBste les om te leer.
Ek was gelukkig, want SWB was redelik mak en toe toffie ek die eerste skoot op en my 270 se 140gn premium Barnes TTSX punt maaiw soos n kat nadat hy die SWB op die horing tref (Sterretjie op foto). Toe begin hardloop daai SWB met n kopseer rond, weereens gelukkig met n klein kampie anders was dit vir ver soek. Kry toe n dwars skoot en sit hom agter die blad neer (pyltjie op foto). Game Over.
Skootplasing is en bly maar die NBste les om te leer.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2212
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Arm man se buffel
Ben, ek het n BWB met n 222 en n bladskoot platgetrek.
Toegegee: dit is nie wenslik nie, en eintlik net dom. Ek het regtig daardie tyd nie van beter geweet nie. Die punt is dat n blouwildebees ook omval met n koeël deur sy hart.
Die 303 het homself al vir meer as 100 jaar bewys as n kaliber wat die vleis laat huis toe kom. Solank jy die koeël neersit waar dit moet kan jy rustig wees.
Enkele ander sake: jy moet bedoel om die bok dood te maak. Dit is nie genoeg om hom raak te skiet nie - dit is waar kwesbokke vandaan kom. Die koeël moet so land dat hy enorme skade aan die organize aanrig.
Moenie skiet tensy jy 100% seker en gereed is nie. Enige mens kan n sneller druk of trek - dit vat moed om te besluit en te sê dat jy vandag eerder nie moet skiet nie.
Oefen n honderd skote op die baan vir elke skoot in die veld.

- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5028
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Arm man se buffel
Ben,
As dit jou eerste BWB gaan wees skiet een wat mooi regstaan en mooi lyk vir jou om tussen bul en koei te onderskei in die bos veral as jy hulle nie ken nie is nie so maklik nie.
BWB se vleis is vir my baie beter as SWB sin en BWB gaan jy meer in 303 se trajek skiet as SWB.
174gr of 180gr premium koeel sal die job doen.
Pasop vir frontale skoot en plankdwars te hoog skiet enige iets boo die middel van lyf op die been op en jy gaan moeilikheid he.
Frontaal is hulle maar dun diere en jy kan maklik die vitals mis links of regs.

- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2473
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: Arm man se buffel
N 303 is meer as genoeg.
Deesdae verkies ek jonger koeie bo bulle op groter diere, die vleis is vir my net lekkerder.....maar area gaan ook verkil maak aan smaak en vleis gehalte
Jy sal sien alma waarsku dat jy hom nie hoog moet skiet nie....onder boog jagters is daar n gesegde dat as jy dink jy skiet hom laag dan mik jy nog klein bietjie laer
Pasop ook dat jy hom nie "agtertoe" skiet nie...mooi middel van die voorbeen op n plank dwars skoot is die regte medisyne
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk

338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Arm man se buffel
My heel eerste BWB was 'n gekweste bul wat die boer my gevra het om te skiet. My 303 was gelaai met 180 Sierra koeëls.
Die bul was baie wakker en het in digte bos geskuil. Die een oggend was ek gelukkig om hom weer te kry en hy het vir my staan en blaas. Op 100m het ek uiteindilk deur 'n tonnel in die bos slegs sy bors van voor kon sien. Ek het geskiet, my plek met toiletpapier gemerk en gaan kyk wat ek kon vind. Ek het hardloopspore gekry en hulle gevolg, maar naderhand teruggedraai en weer vanaf my skietpunt begin soek. Ek kry toe 'n stel hardloop spore verder weg en volg die. Na 'n halfuur verloop het kom ek om 'n bos en val amper oor die dooie bees.
Ek kan nie meer mooi onthou watter skade aangerig was nie, maar dit was genoeg om my bok vir my te gee. Die bul was toe wel gekwes en ek het slegs die koper dop van die koeël in sy kniegewrig gekry. Die lood het uitgeskiet en het slegs die koper agter gelos.
Die bul was baie wakker en het in digte bos geskuil. Die een oggend was ek gelukkig om hom weer te kry en hy het vir my staan en blaas. Op 100m het ek uiteindilk deur 'n tonnel in die bos slegs sy bors van voor kon sien. Ek het geskiet, my plek met toiletpapier gemerk en gaan kyk wat ek kon vind. Ek het hardloopspore gekry en hulle gevolg, maar naderhand teruggedraai en weer vanaf my skietpunt begin soek. Ek kry toe 'n stel hardloop spore verder weg en volg die. Na 'n halfuur verloop het kom ek om 'n bos en val amper oor die dooie bees.
Ek kan nie meer mooi onthou watter skade aangerig was nie, maar dit was genoeg om my bok vir my te gee. Die bul was toe wel gekwes en ek het slegs die koper dop van die koeël in sy kniegewrig gekry. Die lood het uitgeskiet en het slegs die koper agter gelos.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
BenJacobs
- Hero Member

- Posts: 887
- Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
Re: Arm man se buffel
Ek het 'n fout gemaak om nou al dié te vra, nou het ek my self al so opgewonde en dit is nog VER!! Ek het klaar die outfitter gekontak om die naweek te boek.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Arm man se buffel
Hierdie wagtyd is wat jag maak - die groot uitsien en satisfaksie wanneer jy wel die vleis huis toe bring.BenJacobs wrote: Sat Dec 14, 2019 1:28 pm Ek het 'n fout gemaak om nou al dié te vra, nou het ek my self al so opgewonde en dit is nog VER!! Ek het klaar die outfitter gekontak om die naweek te boek.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Arm man se buffel
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
BenJacobs
- Hero Member

- Posts: 887
- Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
Re: Arm man se buffel
Nee hel oom, sy kan dalk net van die wal af tot in die skoot in help... Waar fokus 'n man nou 
-
JohanvB
- Hero Member

- Posts: 2598
- Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
Re: Arm man se buffel
Daai manne praat die mooiste Engels!!tripodmvr wrote: Sun Dec 15, 2019 10:18 pm Ben, ek het bietjie hulp gaan soek. Miskien kan sy help.
https://youtu.be/6U1OeKKhioY
-
Nella
- Hero Member

- Posts: 585
- Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am
Re: Arm man se buffel
Nou al wat reg was op daai video is die meisiekind wat sag is op die oog.
Die rês van daai video clip is presies hoe dinge nie gedoen moet word nie.
van n geweer wat so warm al geskiet is dat hy daai jongman se hand gebrand het....tot die meisiekind wat duidelik nie so goed skiet soos wat nodig is nie...sy is bang vir die geweer ....daar is geen instruksies op skoot plasing voor sy skiet nie...en toe hulle wêl sê waar sy moet skiet word sy vertêl om vir die nek te gaan!!
Loop wat op die skietraam gesit word vir daai nek skoot....
Daai video clip sou ek defnetief nie op sosiale media geplaas het nie...maar aan die ander kant as sy my klient was sou dit ook nie gewees het hoe ek daai jag sou gehanteer het nie.
o ja Ben..gaan lees na oor hoeveel olifante al deur n 303 geskiet is..dan sal jy sien dat daai ou yster meer as genoeg is vir n bloue.

- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13641
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Arm man se buffel
JohanvB wrote: Sun Dec 15, 2019 11:42 pmDaai manne praat die mooiste Engels!!tripodmvr wrote: Sun Dec 15, 2019 10:18 pm Ben, ek het bietjie hulp gaan soek. Miskien kan sy help.
https://youtu.be/6U1OeKKhioY
Fk daai is n gesukkel op so baie vlakke maar as iemand ha kontak besonderhede het laat weet ha ons gaan jag volgende jaar in Nam as sy wil sien hie dit daar lyk...
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- JurieW
- Full Member

- Posts: 129
- Joined: Wed Apr 19, 2017 1:18 pm
Re: Arm man se buffel
Hier is genoeg advies klaar geskryf. Mooi skiet en geniet die jag Ben!
12ga ELG
.223 BRNO
.30-06 Tikka T3 Supervarmint
.223 BRNO
.30-06 Tikka T3 Supervarmint