Ek wonder wat is aanvaarbaar in die geval waar n persoon n nuwe scope koop en na n lang gesukkel met baie frustrasie en heelwat geld wat gemors word kom die persoon agter die nuwe scope is eintlik die probleem en is foutief.
Normaalweg word die scope weggestuur en uiteindelik of vervang.
My vraag gaan oor die klomp geld wat jy verloor het in die proses om die scope in te stel en in baie gevalle word ander uitgawes aangegaan om die fout op te spoor aangesien jy aanvaar die nuwe scope is 100% reg.
Ek was nou by so n gevalle betrokke.
Hele nuwe paket gekoop by handelaar.
Die scope word vervang maar wat van die klomp geld,nie eers gepraat van moeite, wat hy verloor het in die proses.
Hoor graag wat julle dink.
Wat kan ek verwag van my handelaar as ek n foutiewe nuwe scope koop.
-
30-06
- Sr. Member

- Posts: 402
- Joined: Thu Aug 30, 2012 7:30 am
-
J le Roux
- Hero Member

- Posts: 1117
- Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Re: Wat kan ek verwag van my handelaar as ek n foutiewe nuwe scope koop.
Jammer dat jy so moes sukkel, dis niks lekker nie.
Oor jou vraag oor remedie sal maar 'n stuiwer in die beurs gooi, maar jy gaan dalk nie dink dis snaaks nie.
Sou ek Game kon dagvaar vir 'n R300 000 se verlies aan inkomste oor 'n kontrak wat ek verloor het omdat ek laat was vir die afspraak omdat die R99 selfoon herlaaier wat ek by hulle gekoop het nie my selfoon reg gelaai het nie, wat daartoe gelei het dat my selfoon pap geraak het en die wekker nie afgegaan het nie en ek dus verlaap het? Dit sal nogal 'n storie afgee.
Ek sou dus dink die handelaar se verantwoordelikhied is beperk tot die produk, en dat jyl kan aandring dat hulle die teleskoop moet herstel of vervang, of jou geld teruggee. Die Consumer Protection Act beskerm die verbruiker nogal breedvoerig.

Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.

Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1402
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Wat kan ek verwag van my handelaar as ek n foutiewe nuwe scope koop.
Die CPA beskerm die koper ook. 'n OOB (out of box) failure moet vervang word, dadelik. 'n Tweede herstelwerk binne 6 maande moet ook vervang word, op die koper se aandrang. Dit kan dalk help.
-
30-06
- Sr. Member

- Posts: 402
- Joined: Thu Aug 30, 2012 7:30 am
Re: Wat kan ek verwag van my handelaar as ek n foutiewe nuwe scope koop.
Dankie vir julle kommentaar.
Ek glo die geval kan nie met J Le Roux se voorbeeld vergelyk word nie.
Die man het 3 pakke gekoopte patrone gemors om iets te probeer instel wat foutief is.
Dit was nie n indirekte verlies nie maar wel direk a.g.v. n foutiewe produk.
Die realiteit is almal vat maar die verlies.
Ek het maar net gewonder of dit aanvaarbaar is.

- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Wat kan ek verwag van my handelaar as ek n foutiewe nuwe scope koop.
Onthou net dat die handelaar 'n produk verkoop waarvoor hy nie noodwendig die waarborg kan verseker nie. Dit is op die vervaardiger se terrein. Die vervanging van die produk is dus wenprys nommer 1. Dink daaroor dat die aanbring van die teleskoop moontlik die skade kon veroorsaak het. Die vervaardiger en handelaar is dan uitgelewer aan die verbruiker se onvermoë om die taak korrek aan te pak.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
30-06
- Sr. Member

- Posts: 402
- Joined: Thu Aug 30, 2012 7:30 am
Re: Wat kan ek verwag van my handelaar as ek n foutiewe nuwe scope koop.
Dit sal geld indien die klant self die scope ge mount het.
In die geval het die klant n volledige pakket gekoop.
Nuwe geweer, scope, bedding, sneller job, silencer.
Alles klaar gefit en gemount net vir skiet.

Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7575
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Wat kan ek verwag van my handelaar as ek n foutiewe nuwe scope koop.
30-06
Deur hierdie op te neem met die handelaar se bestuur kan jy heel moontlik tegemoed gekom word op een of ander manier. Deur dit hoflik en beskaaflik te bespreek ly gewoonlik tot die beste resultate in so n geval.
Groetnis
Wouter
Deur hierdie op te neem met die handelaar se bestuur kan jy heel moontlik tegemoed gekom word op een of ander manier. Deur dit hoflik en beskaaflik te bespreek ly gewoonlik tot die beste resultate in so n geval.
Groetnis
Wouter
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1402
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Wat kan ek verwag van my handelaar as ek n foutiewe nuwe scope koop.
Ek stem 100% saam met Oom Wouter. Praat mooi, dalk is hulle bereid om te help met 'n nuwe boksie of twee se ammunisie vir die moeilikheid. Soos ek dit egter het, maak dit nie saak nie. Die waarborg rus op die teleskoop, en nie op die res nie. As jy 'n kar koop wat nie lekker is nie gaan jy nie die petrol wat jy uitgery het terugeis as die ding eendag teruggegee word nie. Daar is beperkinge op sulke dinge, as ek dit nie mishet nie.
As dit persoonlike of liggaamlike skade berokken het dink ek daar is 'n ander saak, maar omdat hy ammunisie uitgeskiet het kan ek nie sien dat hulle daarvoor aanspreeklik gehou kan word nie.

Coetzer Cilliers
- Full Member

- Posts: 108
- Joined: Fri Sep 13, 2019 7:58 pm
Re: Wat kan ek verwag van my handelaar as ek n foutiewe nuwe scope koop.
Dis n goeie beskrywing dieJ le Roux wrote: Wed Nov 27, 2019 11:54 am Jammer dat jy so moes sukkel, dis niks lekker nie.
Oor jou vraag oor remedie sal maar 'n stuiwer in die beurs gooi, maar jy gaan dalk nie dink dis snaaks nie.![]()
Sou ek Game kon dagvaar vir 'n R300 000 se verlies aan inkomste oor 'n kontrak wat ek verloor het omdat ek laat was vir die afspraak omdat die R99 selfoon herlaaier wat ek by hulle gekoop het nie my selfoon reg gelaai het nie, wat daartoe gelei het dat my selfoon pap geraak het en die wekker nie afgegaan het nie en ek dus verlaap het? Dit sal nogal 'n storie afgee.
Ek sou dus dink die handelaar se verantwoordelikhied is beperk tot die produk, en dat jyl kan aandring dat hulle die teleskoop moet herstel of vervang, of jou geld teruggee. Die Consumer Protection Act beskerm die verbruiker nogal breedvoerig.
CoetzerC
-
Coetzer Cilliers
- Full Member

- Posts: 108
- Joined: Fri Sep 13, 2019 7:58 pm
Re: Wat kan ek verwag van my handelaar as ek n foutiewe nuwe scope koop.
Ek is self n handelaar en ak glo ook dat sodra n klient dink daar is n problem hy jou dadelik moet kontak en dan kan julle saam die beste pad voorentoe bespreek. Indien julle saam besluit alles is rg gedoen en daar wel n fout is dan moet almal beperk hoeveel extra uitgawes an gegaan word.
Onthou ook, mense verskil, die een man laai 10 patrone en kom agter daar is n fout en hou op skiet en bring hom terug, die ander ou gan skiet 3 pakke duur gekoopte ammunisie op wat hom R2500 kos.....so waar trek jy die lyn?
Ek stem wel saam......out of box moet dadelik over the counter vervang word