Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar
Fred
As die koue beter word(asb tog net so bietjie warmer) maak ek 'n draai. Het Donderdagaand in -4 grade gejag, nie maklik nie. Sal darem laat weet as ek daar is.
Mooiloop

Mooiloop en Geseende Kersfees!
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar
Manne, manne!
Hierdie teleskoop is "SCOPE"! Ek like die ding al hoe meer, net reg. Gisteraand se weer was so kapokkerig en koud, winderig en sommer net nie goeie nagjagweer nie, maar die Z6 het my weereens verbaas. H?l, maar dit is lekker en tot my voete maak vuiste!

-
DSBW
- Sr. Member

- Posts: 344
- Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm
Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar
Ou Taffie
Ek kan nie meer met jou saamstem nie! Mens wil nie die ding onnodig opblaas nie, is ook maar mens gemaak en ek dink die ander Duitsers is sekerlik net so goed,maar wragtag, hier het Swarofski 'n meesterstuk gemaak. Dit is een van daardie goed waaroor jy nie iemand kan oortuig nie, jy sal net die kwaliteit regtig ervaar as jy self met hom skiet.
Ek het die afgelope paar dae (en nagte) 'n paar langafstand skote ( 330 tot 440 meter) met myne geskiet wat my mond laat oophang het. As jy na die spesifikasies van die ding kyk, geen "target turrets" of "side focus" nie, dink jy instinktief dat daardie tipe skote dalk bietjie "marginal" gaan wees sonder die hulpmiddels, maar ek is elke dag meer verstom.
Geniet Hom!
Dawie

Ja, ek klink seker soos plaat wat vashaak, maar kan ook nie anders nie. Hoe meer ek die ding gebruik, hoe meer gaan ek vashaak.
Jy kon seker niks op 440m sien nie?
Ai tog! Nee my vriend, ongelukkig nie sy gelyke huiglik beskikbaar nie.
Z6-groete
Taffie
Ja, ek klink seker soos plaat wat vashaak, maar kan ook nie anders nie. Hoe meer ek die ding gebruik, hoe meer gaan ek vashaak.
Jy kon seker niks op 440m sien nie?
Z6-groete
Taffie
Mooiloop en Geseende Kersfees!
- Raven
- Hero Member

- Posts: 1910
- Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm
Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar
Louis,

My dag is gemaak, jammer dat ek nog nie self al een het nie, my geldjies is vandag oorbetaal vir sonkrag op die plaas.
Ek sal wel binnekort weer 'n plan maak vir my Z6'tjie... 'n man kan heeldag die wereld deur hom loer, dit lyk net beter deur 'n Z6.
Groete Raves.

Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"

Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar
Ja ou Raves, ek en my rubber armpie! Ek vra jou om vir my uit te kyk vir 'n lekker video-kamera, dan eindig ek met 'n Z6-teleskoop waarvoor ek nog nie eens 'n geweer het nie! Hoe gaan ek nou my kindertjies se kindertuin-konsert afneem, huh?Raven wrote: .... My dag is gemaak ....
Moet egter s?, dis die eerste scope (Z6 3-18 x 50 met 4A-300 kruishaar) wat ek nog getoets het, wat dalk by my Zeiss kan kers vas hou. Ek sal eers na so 100 + jakkalse later, regtig kan s?. Onthou die Zeiss het die "van die bakkie afval"-toets reeds 2 X geslaag en so aan. Maar die eerste indrukke na 3 jakkalse is baie belowend. Beeld is uitstekend - net so goed soos die Zeiss vir alle praktiese doeleindes en al drie skote was sitters (verste een 189m met range finder terug gemeet bakkie toe) Die skietbaan toetse het sonder enige groot "issues" verloop, behalwe dat die eerste verstellings nie baie positief was nie en die afmikstrepies wat nie baie prakties op 10 X vergroting is nie. Daarna was daar egter nie weer verstellings-probleme nie. Dis definitief 'n "keeper" en die geweer is oppad, hoop die loop is gou-gou hier.
Mooiloop
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
- Biker
- Hero Member

- Posts: 812
- Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm
Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar
Dagse
Lekker as mens so nuwe 'dingetjie' in jou lewe het . As ons vriend FM tog net my nuwe clappergun se aksie kan aanstuur waarvoor ek al vanaf duskant St Nowhere met hom spook sal daar ook nuwe 'dingetjies' in my lewe kom
As julle hom dalk sien gooi een van daai clappers agter hom VANAF BIKER 
Groete
Lekker as mens so nuwe 'dingetjie' in jou lewe het . As ons vriend FM tog net my nuwe clappergun se aksie kan aanstuur waarvoor ek al vanaf duskant St Nowhere met hom spook sal daar ook nuwe 'dingetjies' in my lewe kom
Groete
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar
Biker
Volgende week my vriend, volgende week maak ek vir jou n plan......belowe.
Mooi loop
Francois

Hunter xxx
Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar
MORE DAWIEDawie Blaauw wrote: Louis
Ek het gister die Z62-12 die eerste keer vir 'n "extended" dagjag gevat, met afstande wat gewissel het vanaf 210 tot 340 meter, springbokke, koedoe en gemsbok. Behalwe dat ek kan rapporteer dat hierdie 'n ongelooflike teleskoop is, by v?rre die beste waarmee ek al gejag het, kan ek verseker bevestig dat jy heeltemal korrek is oor die afmik strepies, en Swarofski se handleiding is wragtag ook 100% korrek.
Ek het 'n paar keer op 10 vergroting geskiet, was totaal onakkuraat gewees. Op 12 vergroting was die akkuraatheid in terme van die ballistiese program en my ladings verstommend, om die minste te s?.
Vir een keer in my lewe het ek nie "buyers remorse" oor 'n duur ding wat ek gekoop het nie, uit en uit die moeite werd!
Dawie
SE GOU VIR MY OP VAT HET JY HOM GESIT.
VAT HOM SAAM ASB.
GROETE
IAN
- Raven
- Hero Member

- Posts: 1910
- Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm
Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar
Manne,
Ek gaan dit sommer hier bynoem.
Eerstens is ek baie hartseer oor wat gebeur het, maar nou ja!!!
Ek en my broer was besig met 'n jag die naweek, en my geweer staan toe rustig op die bakkie se dak met Bipod uit. Vra toe vir die plaaswerker om die bakkie nader te bring om die koedoe te laai en toe hy so nader kom ry , sien ek net hoe my 25-06 deur die lug trek. Die silencer slaan eerste op die LandRover se bonnet vas, toe wip die geweer behoorlik in lug in, maak so een WA Wiel in lug, en land op sy scope tussen die klippe.
Die Swarovski het 'n klein duik op die buis,die Ballistic Turrets was vol sand en kon nie mooi draai nie, die Hausken silencer het 'n duikie in en krap merke...

Ek was briesend kwaad, maar ook besef dit was my fout om my geweer op die bakkie se dak te los.
Na al die sand uitgeblaas, turrets skoon gemaak is,magesyn se sand uitgeskut is, stof afgevee was het ek met 'n swaar gemoed gekyk of die geweer nog kan skiet.
Op 100m in die veld het die TikkaT3 sinetiese kolf met plastiek magasyn & Swarov kombinasie presies gegooi waar hy moet, en dit het my bietjie beter laat voel.
Ek is nou nog meer 'n SWAROVSKI FAN as ooit tevore!!!
Raven

Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar
Raven
Jy kan bly wees dit het nie hier in JHB gebeur nie en dit kon erger gewees het die man is nie dalk n ex taxi drywer nie of miskien een van hulle nuwe pilots. Hulle gaan mos nou begin vlieg hier by ons
Attention all passengers can some one please borrow me a vise gripp for the landing 
Jy kan bly wees dit het nie hier in JHB gebeur nie en dit kon erger gewees het die man is nie dalk n ex taxi drywer nie of miskien een van hulle nuwe pilots. Hulle gaan mos nou begin vlieg hier by ons
- Raven
- Hero Member

- Posts: 1910
- Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm
Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar
Beretta,
;D ;D, Ek hoor jou, maar dit was 'n harde les wat ek geleer het..."never leave your rifle unattended"
Bradley,
Sy geweer het skuins af in die rivierlopie afgeval, 'n duikie op die Elevation Turret se Cap gekry, en ook oral sand in, ons gaan vannaand altwee gewere goed skoonmaak voor Donderdag se springbok jag. My geweer het hard tussen die klippe beland.
Norton
Bradley,
Sy geweer het skuins af in die rivierlopie afgeval, 'n duikie op die Elevation Turret se Cap gekry, en ook oral sand in, ons gaan vannaand altwee gewere goed skoonmaak voor Donderdag se springbok jag. My geweer het hard tussen die klippe beland.
Norton
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar
OooM lEEU
Luister nou maar met die tong in die kies zero op 150 dan is die afstande vir jag lekkerder.. of hoe?
Ek dink die br is die beter recticle as ek moet kies
JB

Shoot straight and tell the truth!
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar
Koos
Hier is nog iets vir die Z6-Suksesverhaal.
Mannetjiekat(links op die 1ste foto) geskiet in baie swak lig(moes dimmer afdraai) om kat orent te laat kom, want elke keer wanneer ek die lig oopdraai sak hy net eenvoudig af op sy pens en met al die grasse en goete sou die skoot maar so-so gewees het. Gelukkig kon ek die takke en grasse sien met die Z6 en sou fataal gewees het met swakker scope om die skoot te probeer afbring. Die skietafstand was 233meter en kon toe die kat se kuiltjie raaksiet.
Die wyfie kat is maklik op 162meter geskiet, sy het hoog gesit en moes net so grasspriet side-step. Die 2 kleintjies was p?rre van anner kleure en moes waaragtig my werk ken om hulle dood te kry, maar gelukkig laat die scope dit so maklik lyk en voel. Kon in die lang gras net die ore gebruik om hulle te identifiseer en moes noodgedwonge die o? gebruik om te fokus en te skiet. Enige ander skootplasing was onmoontlik. Hulle 2 se aftstande was 175 en 178meter onderskeidelik.
[img width=360 height=480]http://i391.photobucket.com/albums/oo35 ... 7-2011.jpg[/img][img width=560 height=420]http://i391.photobucket.com/albums/oo35 ... 040002.jpg[/img]
Tog te lekker om met die Z6 jagveld toe te gaan.
Mooiloop
Ps. Ou tannie het my eendag vertel dat as "Niemand my prys nie, doen ek dit self".

- Geno
- Administrator

- Posts: 13662
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar
Oom Taf,
Stoute skootjies op daai jonges! Mooi man!
Tearmomswarovskitekanbekostiggroete,
Eugene

Goed, beter, 6millimeter!
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7575
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar
Tafman
Ek is nou oortuig jy sal ook op water kan loop!

Ek gaan die Super/Spider/Batman storietjie wat ek vir my seuntjies vertel voor slaaptyd los en oorslaan na Oom Tafman!! Chuck Norris en Vernon Koekemoer se moerre!

Nee alle grappies op n stok mooi gemaak Tafman!
Groetnis
Wout
Om nou te dink as ek saam was en deur my Leuperd gekyk het sou ek nie eers kon sien waarna jy skiet nie!

RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
- Geno
- Administrator

- Posts: 13662
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar
Baas Wout,Wouter Roets wrote: Chuck Norris en Vernon Koekemoer se moerre!![]()
![]()
Waarheid my maat!
So paar feite oot Meneer Taffie:
- They say curiosity killed the cat. This is false. Tafjak killed the cat. Every single one of them.
- Taffie had to stop washing his clothes in the ocean. The tsunamis were killing people.
- Taffie once kicked a horse in the chin. Its descendants are known today as Giraffes.
- The sheep on Taffie's farm are the ones that give us steel wool.
- Taffie can light a fire by rubbing two ice-cubes together.
- Taffie will never have a heart attack. His heart isn't nearly foolish enough to attack him.
- Taffie does not fart, nothing escapes Taffie!
- Taffie kicked planet earth, and it hasn't stopped spinning to this day.
Goed, beter, 6millimeter!
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7575
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar
Pasop niks is te ver vir Tafman en daai Swartwors nie! Hy haal ons nou hier agter die rekenaars uit!
Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2161
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar
Taffie en al jul ander
Mooi man, ek is tog te bly daai Swartwors help so baie met die skietery. En om te dink, dis ek wat jou aan hom voorgestel het. Sterrietjie vir myself
. OK net 'n grappie. Ai Wouter, koop tog nou 'n Swartworsie man, die Europese scopes is nie nie BETER as ander nie, net die BESTE. OK,OK,OK ek wil weer op Geelhout kom jag!!!! Asb Baas Wout, net 'n grappie. Jopu Leuperde kyk ook OK. In fact sommer goed! sal niks weer s? nie 
Groetnis
Mooi man, ek is tog te bly daai Swartwors help so baie met die skietery. En om te dink, dis ek wat jou aan hom voorgestel het. Sterrietjie vir myself
Groetnis
-
Skolla
- Hero Member

- Posts: 825
- Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm
Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar
Taffietafjak wrote: Die skietafstand was 233meter en kon toe die kat se kuiltjie raaksiet.
Die wyfie kat is maklik op 162meter geskiet, sy het hoog gesit en moes net so grasspriet side-step.
Die 2 kleintjies was p?rre van anner kleure en moes waaragtig my werk ken om hulle dood te kry,
Appels!!!
Mooi gegooi.
Groete
Skolla
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar
Taffie, dis nou wraggies indrukwekkende werk!
Wil nou nie die noodlot tempteer nie, maar kan 'n ou mis met daardie scope? Dit begin nou klink of dit moeilik sal wees?
Louis
Wil nou nie die noodlot tempteer nie, maar kan 'n ou mis met daardie scope? Dit begin nou klink of dit moeilik sal wees?
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
- Raven
- Hero Member

- Posts: 1910
- Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm
Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar
Taffie,
Mooi man, nou dink ek sommer terug aan daai aand op kuduberg toe die Katjies ook so geval het.
Mooi gegooi ou maat
Raven
Mooi man, nou dink ek sommer terug aan daai aand op kuduberg toe die Katjies ook so geval het.
Mooi gegooi ou maat
Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
- Jurie
- Full Member

- Posts: 105
- Joined: Sun May 29, 2011 12:46 pm
Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar
Die Swarovski teleskoop het my nou erg begin pla.
Teleskoop koop se ding werk so dat jy jouself n budget gee en as jy jou weer kom kry dan kyk jy na goed baie duurder.
Elkgeval ek het van julle manne wat weet hulp nodig.
Ek verwys nou na die Swarovski Z6 3-18x50 L 59617 Black BR en die Swarovski Z6 3-18x50 BT Plex - Ballistic Turret 59610
Hoe werk die Ballistic Turret verstelling?
Kry mens die BR (Ballistic retile) kruishaar wat die "Turret" verstelling ook het?
Groete
Jurie

30-06 CZ 550, 22-250 Savage S/S Varmint, 22-250 Howa Varmint 1:9 Twist. 6mm Musgrave, .22 BRNO, PCP Hatzan 44 - 10,
12 Br Baretta, 375 Ruger Savage, 223 Sako, S/S Varmint, Savage 300 WSM, 6.5x55 CZ 550
12 Br Baretta, 375 Ruger Savage, 223 Sako, S/S Varmint, Savage 300 WSM, 6.5x55 CZ 550
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2161
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Z6 2-12x50L 4a 300 kruishaar
Jurie
Teleskope met die BR/BRX kruishaar kom nie met die Ballistic Turret nie. Die BR kruishaar het mos reeds die afmikmerkies wat min of meer 5cm van mekaar gespasieer is (dis nou die afstand wat die spasies op 100m verteenwoordig). Die Ballistic Turret het drie addisionele ringetjies met merkers op (groen, geel en rooi) wat van die turret wat afgehaal word as jy begin instel. Jy stel die teleskoop in op s? 100m met die normale turret en dan beweeg jy na jou volgende instelafstand, s? 175m. Skiet nou en stel tot jou geweer in die kol skiet. Plaas die ringetjie met die merker op die zero merk. Gaan so voort en stel die geweer op nog twee afstande van jou keuse in en plaas elke keer die merker. As jy klaar is word die merkers met 'n skroef vasgedraai op die turret. Nou het jy 'n 100m zero en drie merkers op die turret (afstande van jou keuse). Staan die bok nou 175 of 250m ver of wat ook al, draai jy die turret na daardie afstand toe en mik normaalweg waar jy wil skiet asof die bok op 100m staan. Jy mik dus nie ho?r of laer nie, maar stel vir die afstand voor jy skiet. Die merkers maak dit net baie eenvoudig sodat jy nie klieks hoef te tel nie. Die turret het ook 'n funksie wat kan stel wat jou verhoed om verby jou 100m zero te draai. Waar jy dus merkies met pen of verf op jou turret sou maak om jou zero-afstande te merk of die klieks sou tel, maak die Ballistic Turret dit net eenvoudiger deurdat jy jou kleurmerkers elke keer na die zero toe draai. Hoop dit beantwoord jou vraag.