Langafstand kaliber

Gbyleveldt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Mon Nov 20, 2017 4:10 am

Re: Langafstand kaliber

Post by Gbyleveldt »

Capt. Oblivious wrote: https://i.pinimg.com/originals/f2/f6/27/f2f6277431e513e5daa15b0af91c7a74.jpg

Met n mooi scopie en lekker ringe kan jy vinnig vinnig R200 000 op n saterdag daar in jou gunsteling winkel blaas
Sonder om nou windgat te probeer klink, kan ek jou belowe dis bitter maklik om soos jou gaai met daai roer te skiet. Jy’s beter af om ‘n TRG42 te koop vir ‘n 3de van die prys. Genuine.
User avatar
JJV
Hero Member
Hero Member
Posts: 770
Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am

Re: Langafstand kaliber

Post by JJV »

Dale SH wrote:
JJV wrote:Kan iemand dalk vir my sê wat die +- looplengte op 6.5x55AI moet wees vir max node spoed op 140gr punt? Ek wil nie 26” opsit en dan moes dit 28” gewees het nie, kn quickload so iets bepaal? Sal seker van jou kruit soort ook afhang? Het iemand dalk al so tabel met looplengte vs spoed vs koeelgewig opgestel?

Sent from my iPhone using Tapatalk
For a QL simulation using standard thermochemical properties of Norma MRP powder.

6.5X55 AI
H20 = 62.0 grains
140 grain Hornady ELD-M
COL= 79.5mm
Powder: Norma MRP
Max pressure capped at 56 000 psi

Highest achievable safe pressure node:

26 inch barrel
Node 5
2940 fps @ 53 900 psi
MV at 56 000 psi = 2975fps

28 inch barrel
Node 5
2930 fps @ 50 050 psi
MV at 56 000 psi = 3026 fps

I would go 28.0 inch barrel and shoot at the lower pressure
Less recoil and better case life.
Thankyou so much!!! Now i know!

Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2469
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Langafstand kaliber

Post by jdpretorius »

Op 'n budget vir LR ...... en mens sou 6.5 CM gaan watter sou die beter opsie wees - Howa (die Oryx trek my nogal) of Tikka CTR.
Van die manne wat ek mee gepraat het se' die Tikka se loop lewe is beter en as mens 'n Howa klaar gepimp het dan is jy klaar by die Tikka CTR se prys ....wat is julle opinie ?
Is daar 'n werklike voordeel in 26" bo die 24" loop lengte ?

6.5x284 is my eerste keuse maar hou nie regtig baie van die Savage nie
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Langafstand kaliber

Post by Capt. Yoda »

Daai Fclas Savage is n baie lekker geweer en ek sou hom koop voor ek n 24 of 26" Howa of Tikka in 6.5Creed probeer pimp. IMO is die savage se kolf ook baie beter vir ver skiet as n chassis maar baie manne hou van chassis
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Andre308
Hero Member
Hero Member
Posts: 904
Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am

Re: Langafstand kaliber

Post by Andre308 »

Net een ding om in ag te neem met jou langafstand geweer is wat hou die toekoms vir hom in.

n 6.5 Creedmoor is n lekker kaliber. Hulle laai maklik, gebruik min kruit en skiet hoe BC koele baie lekker in die 1 in 8 twist loop.

Die probleem van die 6.5 Creedmoor is dat hy is so goed soos wat hy ooit sal wees. Die 150g Sierre en 147gr ELD M is so swaar soos wat hy kan skiet, en die spoed wat daarmee kom is klaar matig teen 2700fps. Enige nuwe idee wat die mark slaan met n swaarder koel sal nie so lekker werk in die Creedmoor nie. Sy dop is net te klein daarvoor.

Die 260 en 6.5x55 is darm nog dop ontwerpe waar die Ackley kamers n groot verskil maak. Dit help darm n swaar koel so bietjie vinniger uit die loop uit kry, en wen darm n bietjie met wind en supersoniese afstand.

Ek skiet self n 6.5 creedmoor, maar met die koel tegnologie wat so aangaan met swaarder en langer koele is die kaliber op sy maks, en hy sal nie in die nabye toekoms enigsins beter skiet as wat hy nou klaar doen nie.

Net jammer Howa en tikka maak nie lekker 7mm kalibers nie...
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Langafstand kaliber

Post by Wouter Roets »

Andre

Die twist van die lope gaan eerder die beperkende faktor raak met die koeels wat jy gaan kan skiet eerder as dietipe rondte. Verder gaan die 1.5-2gr wat die 260 Ackley bo die Creedmoor het regtig nie n groot verskil maak in spoed terme nie.

Groetnis
Wouter
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2469
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Langafstand kaliber

Post by jdpretorius »

[Lyk my 'n post het verlore gegaan]

Dankie Andre & Cappie

As mens na 'n 7mm sou kyk (op 'n budget) wat sou julle aanbeveel..... ek mag waarskynlik verkeerd wees maar dit lyk of die nuwe Remington 700 hier en daar nie goed ontvang is nie.
Cappie, daardie Savage wat Geno van laat weet het is reeds verkoop....hy het nogal by my gespook.
As julle van iets mooi weet of hoor, laat weet maar asb.
Die 260 is ook iets om te oorweeg maar weet nie eers wat om na te kyk in hom nie.
Ek is verseker oop vir oortuiging maar soot Wout se', al die opsies kan 'n man se koppie gou in 'n "tail-spin" vas vang
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Langafstand kaliber

Post by Wouter Roets »

Johan

Daar is n paar lekker kaliber opsies in die Ruger RPR reeks. Dit is n fantastiese basis teen n uitstekende prys.

Groetnis
Wouter
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2469
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Langafstand kaliber

Post by jdpretorius »

Wouter Roets wrote: Wed Nov 20, 2019 11:15 am Johan

Daar is n paar lekker kaliber opsies in die Ruger RPR reeks. Dit is n fantastiese basis teen n uitstekende prys.

Groetnis
Wouter
Dankie Wout, dit is verseker 'n bitter mooi opsie ook ......ek sien die 6.5 opsie draai net so onder die R30k by Camdix (dit is so amper dubbel my aanfanklike begroting en ooreenkoms met die generaal). Vir een of ander rede is hy goedkoper in 308 maar weet nie hoekom nie.
As jy dalk 'n bargain raaksien, skree gerus in my rigtin
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Langafstand kaliber

Post by Capt. Yoda »

jdpretorius wrote: Wed Nov 20, 2019 10:55 am [Lyk my 'n post het verlore gegaan]

Dankie Andre & Cappie

As mens na 'n 7mm sou kyk (op 'n budget) wat sou julle aanbeveel..... ek mag waarskynlik verkeerd wees maar dit lyk of die nuwe Remington 700 hier en daar nie goed ontvang is nie.
Cappie, daardie Savage wat Geno van laat weet het is reeds verkoop....hy het nogal by my gespook.
As julle van iets mooi weet of hoor, laat weet maar asb.
Die 260 is ook iets om te oorweeg maar weet nie eers wat om na te kyk in hom nie.
Ek is verseker oop vir oortuiging maar soot Wout se', al die opsies kan 'n man se koppie gou in 'n "tail-spin" vas vang
Ja ander maat van ons het hom gekoop, hys ook hier op die forum so ons sal binnekort hoor hoe die roer loop

Wout ek weet jy is n ruger man maar kom ek stel dit so, begin laas jaar was seker 30% van die gewere op ALRHA se hunter klas RPRs.
Daar was nie die jaar een wat ek van weet wat feature nie....

Met R30 000 kan jy n bul van n LR roer met n lekker kolf aan mekaar sit
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Langafstand kaliber

Post by Capt. Yoda »

So van die os op die jas..ek weet van n baie akurate howa swaar loop 6.5creed barrel action met 1100 skote deur die loop wat te koop is vir R5000 en dan n nuwe Aim kolf vir R3500. Gooi later n 30" loop op en jy is onder 20k vir n roer wat jy baie ver me gaan kan skiet

Fabrieks 7mms is daar nie regtig iets besonders van die rak af nie en ek sou eder n 300wsm koop met n 26" loop
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2469
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Langafstand kaliber

Post by jdpretorius »

Capt. Oblivious wrote: Wed Nov 20, 2019 12:23 pm So van die os op die jas..ek weet van n baie akurate howa swaar loop 6.5creed barrel action met 1100 skote deur die loop wat te koop is vir R5000 en dan n nuwe Aim kolf vir R3500. Gooi later n 30" loop op en jy is onder 20k vir n roer wat jy baie ver me gaan kan skiet

Fabrieks 7mms is daar nie regtig iets besonders van die rak af nie en ek sou eder n 300wsm koop met n 26" loop
Dankie Cappie !
Daardie 1.1k skote maak my bietrjie bang. Een van die manne hier wat my raad gegee het rondom LR speelding se' hy het net 1k skote uit sy Howa gekry en hy skiet nie max ladings nie. Dalk was dit nou maar net 'n "dud" ......
Ek's nog sterk vir 'n Howa maar/en probeer oopkop kyk na die opsies. Die hoop was dat die nuwe besending die maand sou kom maar lyk nou eers vroeg volgende jaar.
Ek's half lus en laaat bou 'n 6.5x284 ;D
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Langafstand kaliber

Post by Capt. Yoda »

Dan het jy n aksie en getunede sneller gekoop vir 5k
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Andre308
Hero Member
Hero Member
Posts: 904
Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am

Re: Langafstand kaliber

Post by Andre308 »

Wouter Roets wrote: Wed Nov 20, 2019 10:27 am Andre

Die twist van die lope gaan eerder die beperkende faktor raak met die koeels wat jy gaan kan skiet eerder as dietipe rondte. Verder gaan die 1.5-2gr wat die 260 Ackley bo die Creedmoor het regtig nie n groot verskil maak in spoed terme nie.

Groetnis
Wouter
Wouter, ek stem met jou saam. Die tipe rondte bepaal nie die koel nie, maar daar kom n koel gewig waar jy net nie meer die selfde node gaan haal nie, en om bv n 155gr 6.5mm koel teen bev 2500fps te skiet is ook alweer mortier gooi. Dus my stelling dat die 6.5Creed basies op huidige koele in die mark sy piek bereik het.

Ek glo dat n groter dop in die 6.5 die toekoms gaan wees teen die tempo wat die USA koele ontwikkel. Glo ook dit is die rede dat Hornady die 6.5 PRC ontwikkel het.

Groete
Andre
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2469
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Langafstand kaliber

Post by jdpretorius »

Capt. Oblivious wrote: Wed Nov 20, 2019 4:18 pm Dan het jy n aksie en getunede sneller gekoop vir 5k
Cappie, jy laat dit dan nou soooo aanloklik klink, en dan is jy eintlik reg.
Dalk kan jy weet... en jammer vir die klomp vrae
- hoekom verkoop die man?
- loop lengte?
- hoeveel akurate skote skat jy het hy oor op daai loop?
- wat se pitte gooi hy teen wat se spoed
- wat was sy aanwending met die kettie
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
figjam
Full Member
Full Member
Posts: 242
Joined: Thu May 07, 2015 3:59 pm

Re: Langafstand kaliber

Post by figjam »

jdpretorius wrote: Wed Nov 20, 2019 11:59 am
Wouter Roets wrote: Wed Nov 20, 2019 11:15 am Johan

Daar is n paar lekker kaliber opsies in die Ruger RPR reeks. Dit is n fantastiese basis teen n uitstekende prys.

Groetnis
Wouter
Dankie Wout, dit is verseker 'n bitter mooi opsie ook ......ek sien die 6.5 opsie draai net so onder die R30k by Camdix (dit is so amper dubbel my aanfanklike begroting en ooreenkoms met die generaal). Vir een of ander rede is hy goedkoper in 308 maar weet nie hoekom nie.
As jy dalk 'n bargain raaksien, skree gerus in my rigtin
As jy rondom R30k wil spandeer sou ek beslis ook kyk na die Tikka Tac a1..
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2469
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Langafstand kaliber

Post by jdpretorius »

Dankie Figjam, .....wil en kan is ongelukkig twee heel anderste gedagtes ++>:
Selfs om te rek vir 'n Tikka is dalk effens onverantwoordelike

Ek wonder of 'n Small-ring Mauser aksie geskik is om 'n swaar loop te akkommodeer ?
Ek speel al lank met die idee om daai Husqie van my dalk te verander in 'n 280 AI, een uitdaging is dalk om die sneller lekker lig te kry
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Langafstand kaliber

Post by Wouter Roets »

Andre308 wrote: Wed Nov 20, 2019 5:24 pm
Wouter Roets wrote: Wed Nov 20, 2019 10:27 am Andre

Die twist van die lope gaan eerder die beperkende faktor raak met die koeels wat jy gaan kan skiet eerder as dietipe rondte. Verder gaan die 1.5-2gr wat die 260 Ackley bo die Creedmoor het regtig nie n groot verskil maak in spoed terme nie.

Groetnis
Wouter
Wouter, ek stem met jou saam. Die tipe rondte bepaal nie die koel nie, maar daar kom n koel gewig waar jy net nie meer die selfde node gaan haal nie, en om bv n 155gr 6.5mm koel teen bev 2500fps te skiet is ook alweer mortier gooi. Dus my stelling dat die 6.5Creed basies op huidige koele in die mark sy piek bereik het.

Ek glo dat n groter dop in die 6.5 die toekoms gaan wees teen die tempo wat die USA koele ontwikkel. Glo ook dit is die rede dat Hornady die 6.5 PRC ontwikkel het.

Groete
Andre
Andre

Volgens my berekeninge sal jy n 155gr koeel in nodespoed terme uit n 24 duim loop teen so 2630ft/sek kan skiet. n Mens sal seker moet gaan na n 1:7.5 duim loop of stywer om dit te vermag, maar in balistiese terme is dit nog heel aanvaarbaar. Natuurlik sal n mens beter kan doen met n groter rondte, maar dan kom daar weer goed soos looplewe veral in. Dit bly maar n balancing act veral hier in SA waar loopvervanging n groot faktor is.

Groetnis
Wouter
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Langafstand kaliber

Post by Capt. Yoda »

jdpretorius wrote: Wed Nov 20, 2019 6:49 pm
Capt. Oblivious wrote: Wed Nov 20, 2019 4:18 pm Dan het jy n aksie en getunede sneller gekoop vir 5k
Cappie, jy laat dit dan nou soooo aanloklik klink, en dan is jy eintlik reg.
Dalk kan jy weet... en jammer vir die klomp vrae
- hoekom verkoop die man?
- loop lengte?
- hoeveel akurate skote skat jy het hy oor op daai loop?
- wat se pitte gooi hy teen wat se spoed
- wat was sy aanwending met die kettie
JD, dis my skiet partner (Stompe op die forum) wat hom verkoop, hy gaan n 300wsm bou.
Daai roer het al n paar diere ander kant 700m geksiet en hy skiet!
24" HB
Akurate skote kan ek jou ongelukkig nie se nie, die gun is/was n LR jag geweer so is nie n ding wat heeltyd warem geskiet is nie
Hy het 147gr ELDs geskiet teen so 2700fps as ek reg onthou

Hy het die geweer seker n jaar terug geskiet en wil hom eers skiet en seker maak alles is nog mooi voor hy hom verkoop, hy het ongelukkig nou n skouer operasie gehad so ek sal seker maar die roer vir hom oor Dec moet skiet.

Eerlikwaar dink ek nie eers hy hoef die moeite te doen nie, vir R5000 vir n barrel action met n sneller wat deur Chrisjan gedoen is dink ek nie n man kan te veel verwag nie as dit nou by loop lewe kom nie maar 1100 skote is ook nie so baie nie.

As mens die geweer koop begin somer dadelik met die aansoek om n ander loop op te sit en teen die tyd wat jy die standaard loop moeg geskiet het kan die aksie na n GS toe gaan wat die nuwe loop vir jou gaan fit. Hulle was 3 ouens wat saam Creeds gekoop het en die ander 2 manne (ben en Cronje van Legionnaire) se Creeds het meer geskiet nou al en skiet nog baie mooi so ek dink vir R5000 gaan mens nog n klompie skote uit daai loop kry
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2469
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Langafstand kaliber

Post by jdpretorius »

Dankie Cappie, ek sal jou PM...... wil nie die draad heeltemal ontspoor nie
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
figjam
Full Member
Full Member
Posts: 242
Joined: Thu May 07, 2015 3:59 pm

Re: Langafstand kaliber

Post by figjam »

Ek dink daai is 'n goeie deal en 'n goeie beginpunt vir jou
Post Reply