Nuwe Langafstand projek
-
Andre308
- Hero Member

- Posts: 903
- Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am
Nuwe Langafstand projek
So is dit in ons lewe. Jy ontwikkel n gevoel wat nie wil weg gaan met n gekrap nie. Daardie gevoel het ek gekry so n jaar of wat trug en hoe meer ek krap, hoe meer kom ek agter die krap werk nie...so beweeg ek toe oor na doen.
Ja, dit is n juk wat net sal ophou as ek n geweer laat bou.
Navorsing het toe begin. Ek was opsoek na n kaliber wat ek kan skiet in die XSSSA komps (500m tot 1200m), maar as die geleentheid kom, dan wil ek darm ook in die nuwe Send It (900m tot 1800m) kan deel neem.
Eers was daar idees van n wilde 7mm kaliber... n lekker .300 het ook gespook, maar die .338 was maar nog altyd die benchmark as ek loop lewe, wind skuif en die moontlikheid om n impak te sien op lang afstand.
Die probleem met die 338 was weer dat die 338 Lapua Mag/Norma mag die bekende opsies is, maar hulle benodig n groot slot gesig wat ek nie op n "normale grote" aksie wil laat sny nie.
So kom ek toe af op die 338 Reminton Ultra Magnum. Die dop is wel n paar grein H2O kleiner as die 338 LM, maar n paar grein H2O groter as die 338NM. Bonus is dat hy die selfde slot gesig gebruik as n 300win mag. Niks se ge-slot gesig oopsny en daai klas dinge nie.
My navorsing het wel getoon dat die kaliber baie populer in die USA is, maar die manne wat herlaai huil maar oor dop lewe. Mense het gepraat van 3 tot 5 skote, dan koop jy weer nuwe brass. Dit het my altyd gepla, maar ek het besluit om hom nie in max te druk met die ladings nie en so maar probeer om die doppe se lewe te verleng.
So sit ek in die kantoor, my foon skud in my sak, en soos ek kyk is dit GerhardV wat my inlig daar is n 338 loop op GunAfrica tekoop. Ek kontak die man, hy bly 7km van my af en daardie aand koop ek toe gou n 32.5 duim Pac Nor 338 loop (splinter nuut) by die man vir n bedrag taamlik onder die R7000...(ja, ek is mnr Discount en ek kan my stem toon aanpas om sodat jy my meer jammer kry as ons oor prys gesels).
Loop agter die rug begin ek rond kyk vir n aksie. Humansdorp ko-op het toe Howa 300win mag gewere, ek betaal daar geld oor en n week later land die Howa ook in die kaap by die geweer smit.
Tydens al hierdie aksie is n vriend van my Amerika, en ek se hom hy moet daar n reamer koop by Pacific en n 100 doppe by Atlas Development Group. Die man kry alles by hom en gooi dit sommer met US Postal deur na my pos adres....na SARS toe die pakkie onderskep, kry ek hom darm los met n 2 maande gespook.
So staan my dinge nou. Donor geweer, loop en reamer is by smit. Kolf is bestel by Martin van Smoking guns en gaan oor 6weke klaar wees. Aansoek vir 300win mag en loop is in. Gaan "switchbarrel" doen tussen 300win mag en 338RUM.
Nou net die wag....
Ek gaan nou probeer fotos opsit van dit wat ek al het, maar sal hulp inspan indien ek dit nie regkry nie.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Andre308 on Wed Aug 21, 2019 1:57 pm, edited 1 time in total.
- Smitstertjies
- Hero Member

- Posts: 1988
- Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Re: Nuwe Langafstand projek
Lekker man! Enige idee watter koele en spoed jy gaan skiet?
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13574
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Nuwe Langafstand projek
Lekker, ek dink self al n rukkie daar aan om my WM n 338RUM te maak met n lekker lang loop. As mens die Norma en Nosler doppe nie kliphard skiet nie behoort n mens n entjie te kan gaan. Watse koel beplan jy om te skiet?
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Andre308
- Hero Member

- Posts: 903
- Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am
Re: Nuwe Langafstand projek
Ek was eers op die spoor van die Hornady ELDM 285 gr, maar het nou onlangs met Peregine gesels oor hulle 275gr Range Master. Die 300gr Berger is ook n opsie.
Spoed sal ons so moet maak dat ek vir XSSSA nie die 5100ft/lb oorskry nie, maar vir Send It sal ons sy keel ooptrek tot hy op die boonste node is (sal nie vreeslik die RPM in die rooi wil druk nie)
As die geweer en liksense klaar is sal ek maar eers loop in skiet, doppe se H20 meet en so bietjie speel met koele en kruit kombinasies tot ek op iets afkom wat in windskuif die beste gaan werk vir my aplikasie.
Groete
Andre

- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Nuwe Langafstand projek
gewonder hoekom jy so stil geraak het.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8005
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Nuwe Langafstand projek
Klink my ons sal een van die dae 'n chronograafbaan by die XSSSA skiete moet hê 
-
Andre308
- Hero Member

- Posts: 903
- Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am
Re: Nuwe Langafstand projek
Wat van ons doen dit nou al?Arnold wrote:Klink my ons sal een van die dae 'n chronograafbaan by die XSSSA skiete moet hê
Glo daar gaan n paar manne langs die baan moet staan en kyk na so sessie.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8005
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Nuwe Langafstand projek
Dit is maar die 338 manne wat die limiet gemaklik kan haal op die stadium en hulle moet besluit of hulle integriteit die R35 medalje werd is. As jy egter na die scores kyk is hulle ook nie so gereeld op die podium nieAndre308 wrote:Wat van ons doen dit nou al?Arnold wrote:Klink my ons sal een van die dae 'n chronograafbaan by die XSSSA skiete moet hê
![]()
Glo daar gaan n paar manne langs die baan moet staan en kyk na so sessie.
-
Pinkes
- Hero Member

- Posts: 1225
- Joined: Wed Jan 30, 2013 11:04 am
Re: Nuwe Langafstand projek
Arnold wrote: As jy egter na die scores kyk is hulle ook nie so gereeld op die podium nie
-
Andre308
- Hero Member

- Posts: 903
- Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am
Re: Nuwe Langafstand projek
Net weer n update op hierdie projek.
Ek het begin met die maak van die 338 se muzzle brake. Ek kry sulke klein "butterflies" in my maag elke keer as ek na daardie groot dop kyk. Dit het vreeslik in my agterkop gespeel toe ek gaan staal koop het vir die muzzle brake se maak. Ek eindig toe op met n 60mm billet. Dink ek behoort n NASA vuurpyl se recoil te kan rem met n brake uit daardie stuk staal.
Soos julle kan sien is daar nog n paar uur se werk oor aan die brake
Ek het ook die kolf vandag by Postnet gaan optel. Ek is baie gelukkig met hoe hy uitgedraai het.
Ek plaas weer soos dinge gebeur.
ps. Iemand moet nou asb net my Sightron scope koop dat my kinders kan eet vanaand....

Net weer n update:
Die 300win se loop is toe afgeskroef, aksie is "geblue print" 338 RUM kamer is gesny en loop is nou in aksie gesit. Kolf se inletting het ek mee begin, maar sal dit klaar maak waneer die geweer eers by my is.
Ek is baie tevrede met die werk tot dusver. Ons het die kamer, lande en loop lekker bekyk met daardie nuwe kameras wat op hierdie forum verkoop word. Alles is pragtig blink, en die snywerk in die lande lyk mooi.
So nou is dit nog die brake en die rail wat moet klaar kom. Ek het n 40MOA rail bestel by MG rifle stocks.
EK sal maar moet kyk na die balaans van die geweer waneer hy op die bipod staan. AS dit nie lekker gaan werk nie, dan sal ek n arm op die kolf moet sit om die bipod vorentoe te skuif.

Lyk baie netjies daai!
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Nuwe Langafstand projek
Laat weet as hy klaar is ek wil kom loer.
- tau
- Hero Member

- Posts: 3950
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Nuwe Langafstand projek
Baie geluk. My .243 Howa SS met d=smoking guns kolf lyk amper so, net helemal anders.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- Gerhardu
- Hero Member

- Posts: 981
- Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm
Re: Nuwe Langafstand projek
Andre die ding gaan n koek hou skiet. Hoe lank het jy gewag vir kaliber verandering?
-
Andre308
- Hero Member

- Posts: 903
- Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am
Re: Nuwe Langafstand projek
Middag Gerhard,
Ek hoop self dat hy mooi gaan skiet. Ek het nie n kaliber verandering nie. Die lisensies gaan nou werk soos n switch barrel geweer. Ek lisensieer die Howa in sy 300win mag formaat. Die loop word gelisensieer as n Barrel-Rifle .338 RUM.
So die 300win mag loop le dan in die kluis, en sou ek die skouer wou rus n bietjie, dan vra ek my GS om die 2 lope om te ruil en dan skiet ons weer 300win mag.

- JacquesT (Stompe)
- Hero Member

- Posts: 948
- Joined: Fri Jan 30, 2015 2:26 pm
Re: Nuwe Langafstand projek
Baie smart man, geluk. Hoop die geweer skiet soos hy lyk.
Groete,
Jacques
Groete,
Jacques
-
Mellies
- Hero Member

- Posts: 1987
- Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm
Re: Nuwe Langafstand projek
Ek self al gekyk na n 338RUM.
Baie smart. Hoop jy kan binnekort gate maak met hom.
Met n vleisie...
Baie smart. Hoop jy kan binnekort gate maak met hom.
Met n vleisie...
-
Andre308
- Hero Member

- Posts: 903
- Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am
Re: Nuwe Langafstand projek
Soos die tyd aanstap, so gebeur daar weer n klein ding hier en daar.
Ek het gehoop dat een van die klein dinge die lisensies is wat uitgereik word.....maar nee daarvoor wag ek nog. Het myself al gese dit is n 2020 ding.
Wat wel gebeur het is dat ek en Alliwyn van Peregrine lekker gesels het oor die 275gr Range Master koele wat hulle maak. Dit is immers hulle koele wat DJ gebruik het im sy 416 om die manne te wys dat daar goeie lang afstand skuts is in die Kaap.
Nou ja, my pakkie van n 100 koele het opgedaag vir die toetse sodra die geweer lisensies kom
Hier is n foto van die koel langs n skoongemaakte (dankie Tau) 6.5 Creedmoor doppie.
Ek het gehoop dat een van die klein dinge die lisensies is wat uitgereik word.....maar nee daarvoor wag ek nog. Het myself al gese dit is n 2020 ding.
Wat wel gebeur het is dat ek en Alliwyn van Peregrine lekker gesels het oor die 275gr Range Master koele wat hulle maak. Dit is immers hulle koele wat DJ gebruik het im sy 416 om die manne te wys dat daar goeie lang afstand skuts is in die Kaap.
Nou ja, my pakkie van n 100 koele het opgedaag vir die toetse sodra die geweer lisensies kom
Hier is n foto van die koel langs n skoongemaakte (dankie Tau) 6.5 Creedmoor doppie.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- tau
- Hero Member

- Posts: 3950
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Nuwe Langafstand projek
Geluk André
Dit lyk bitter netjies, gaan seker hap hap aan 'n 7mmRM se gat met daardie koeël.
Dit lyk bitter netjies, gaan seker hap hap aan 'n 7mmRM se gat met daardie koeël.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- tau
- Hero Member

- Posts: 3950
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Nuwe Langafstand projek
Was bevooreg om die roer se eerste skote te aanskou. André se MB werk bitter goed en die gun skiet mooi.
Geluk André.
Geluk André.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Nuwe Langafstand projek
Ja ons het lekker geskiet Saterdag en ek moet se daai moffie prop werk bitter goed. Daar is spoed gemeet en so vinnige dope uitgewerk en nie lank.nie toe lui die 1080m gong. Mooi roer die.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13574
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Nuwe Langafstand projek
As jy net jou hemp lank genoeg kan aan hou sal meer mense saam met julle wil skiet. Daai brake is verseker impressivejoe rocket wrote: Mon Feb 24, 2020 11:10 am Ja ons het lekker geskiet Saterdag en ek moet se daai moffie prop werk bitter goed. Daar is spoed gemeet en so vinnige dope uitgewerk en nie lank.nie toe lui die 1080m gong. Mooi roer die.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- tau
- Hero Member

- Posts: 3950
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Nuwe Langafstand projek

André laat maar sy spanmaat skiet, hy is bang.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Nuwe Langafstand projek
Haha ja nee is n lekker roer daai.