Nie dat ek nou sleg voel nie
Nou moes ek maar julle aandag op ander manier probeer trek
Ek sal self ook nog met my gebrekkige kennis die net probeer raadpleeg, maar enige insette en van die manne wat weet van die kaliber sal waardeer word.
Baie dankie
Kalahari
Naand manne
Ek het laasweek 'n paar manne van Kathu se wereld hier by my gehad wat paar gemsbokke geskiet het. Die een roer wat hulle gebruik het was 338 win mag (ruger hawkeye s/s dink ek). Die kaliber fasineer my nou heelwat.
Ek sien Wouter praat van terminator opsit. Die man het my 22.250 gesien met kd op en gevra of hy ook kd op 338 kan sit, ek kon hom nie met sekerheid antwoord nie, is dit so en wat sal die gewenste wees kd of b/b? Die roer het wel b/b op en my ore suis nou nog . Feit is, die bokke is al paar maal hierdie winter gejag en was maar redelik wild en ver gewees, maar die 338 kon nog mooi tot op 350m bykom en die bok omdop met nekskoot met 200gr hornady punt (weet nie watter een nie).
Moeilik om te se wat die spoed en lading sou wees, vir my gelyk soos fabrieks ammo. Wat is die spoed ens wat mens kan kry met 200ge punt? Rede: daar is weer iewers 'n plek wat ek voel gaan begin jeuk en in die nabye toekoms gekrap sal moet word
Wat is die "range" van punt se gewigte, harris 30-06 praat ook van 160gr.
Nou voor ek te veel praat, ek wil asseblief hoor wat julle se en sou aanbeveel vir kalahari duinejag op gemsbokke op die lang afstande.
Dankie
Kalahari


