Watse Scope.
- Gerhards
- Full Member

- Posts: 152
- Joined: Wed May 16, 2012 12:34 pm
Watse Scope.
Hi almal.
Ek wil bietjie hoor by julle. Ek wil vir my n 308 en 223 koop. Dit gaan maar meer vir baan skiet en jag wees. Seker nou nie verder as 500 meter skiet nie. Ek hou baie van Lynx maar is oop vir ander make ook. Ek het al na die Vixen en Sightron s- tac. Watse vergrooting sal julle se sal goed wees vir die twee gewere.
Baie dankie.

- jaracal
- Administrator

- Posts: 1891
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: Watse Scope.
Hallo Gerhard
Jy sal net soveel aanbevelings kry as wat daar scopes en manne op die forum is. Beste raad uit ondervinding is spaar geld en koop die beste scope vir die prysklas wat jy kan bekostig. Indien jy dit nie doen nie gaan jy later opgradeer en dan kos die scope jou meer.
Vir skiet tot en met 'n 1000m het jy nie veel meer nodig as 'n 15-20 vergroting nie en as jy met die scopes wil jag kan jy maar so laag as 'n 3 vergroting gaan. Ek gebruik tans 6,5-20 x 50 en 'n 3-18 x 50 en is die 3-18 beter vir jag as jy veral vinnig wil skiet.
Groete
Heinrich

Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
-
Ranger
- Hero Member

- Posts: 889
- Joined: Thu Aug 06, 2015 8:44 am
Re: Watse Scope.
I am going to recommend looking at the Bushnell LRTS or LRHS if you can find.
I chose that over the Vortex Viper Gen2.

Howa 30.06 / 6.5 Creedmoor / 223 Rem
Beretta 1301 Comp
Beretta SP1
CZ 457 .22LR
Mahely .22LR
Glock 19
Astra .22LR revolver
Beretta 1301 Comp
Beretta SP1
CZ 457 .22LR
Mahely .22LR
Glock 19
Astra .22LR revolver
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Watse Scope.
As jy lief is vir lynx, kyk na Lynx, Ek persoonlik hou nie van lynx nie(hoewel die 6x42 op my .22 is baie lekker!) ek hou baie van die vergroting wat hulle bied! 2.5-15 ksn allis doen naby en ver! vergroting is maar 'n moeilike ding vir my Ek wil lekker kan in zoom maar hou van kleiner vergrotings in jagveld. Selfs as ek ver (800-1200m)skiet gebruik ek selde meer as 16x vergroting.
Ek is maar 'n vortex man en sal aanbeveel dat as jy nie baie wil spandeer nie die crossfire 3-12 x 40 voldoende van 50m tot op 1000m
ek begin egter meesdal vir mense die viper 6.5-20x50 aan te beveel wonderlike teleskoop!

Lamtjop
- Hero Member

- Posts: 831
- Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm
Re: Watse Scope.
Die Lynx lx3 2,5-15x50 tactical het my baie verbaas,glas lekker helder, klieks stel lekker en akkuraat en skiet gonge gemaklik tot op 600m. Vir daglig jag en skiet vat ek hom bo my meopta meopro 6-18x50.
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1878
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Watse Scope.
Met die aankoop van 'n teleskoop is daar vir my 2 belangrike aspekte:
1. Die regte spesifikasies vir die bepaalde doel. Pas op vir te veel vergroting. Ek sien gereeld skuts wat meer vergroting gebruik as wat hulle kan hanteer.
2. Naverkoopdiens. As daar iets fout gaan is die verskil groot tussen gratis herstel en teleskoop weggooi. Lynx het 'n uitsteken reputasie vir goeie en vinnige plaaslike rugsteun. Daar is ander fabrikate met goeie rugsteun ook. Pas op vir misleidende advertensies. Party belowe die maan en sterre, maar as jy die teleskoop instuur, verwys hulle na die fynskrif...

- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Watse Scope.
Die teleskoop mark is nou uiters kompleks met 'n magdom make. Kom ons kyk watter aspekte raak die aankoop van so paar brille vir jou skietding :-
1. SFP of FFP - laasgenoemde kom nou sterker na vore en vir statiese skiet na teikens word dit nou aanbeveel. Vir jag is die klagtes oor kruishaar wat wegraak a.g.v. sy dikte op lae vergrotings.
2. Make - sekeres is al lank op die mark en die pad met hulle is al gestap. Vortex, Bushnell, Burris, Lynx, Zeiss, Swarofski, S&B, Leupold, Meopta, Leica is van die bekende name. Die nuwes op die mark bied soms goeie waarde vir geld, maar die rugsteun is soms nie daar nie.
3. Waarborge - omruil is soms die maklikste, want sommiges moet oor die water vir herstel en dan moet jy vir die posgeld instaan.
4. Spesifikasie - MOA of Mil en hoe akkuraat is die klieks. Is die klieks duidelik hoorbaar. Hou die teleskoop sy zero. Zero stop. Kan die verstelknoppe omgeruil word met een wat meer gepas is vir die ballistiese eienskappe van die koeël wat gebruik word. Ingeboude afstandmeter wat self die kruishaar verstel.
5. Hoe maklik monteer die teleskoop en oog afstand aan die agterkant. Hoe hoog of laag bo die geweer kan dit monteer word.
6. Glaskwaliteit en oogstuk groottes om genoeg lig in te laat vir sekere toepassings.
7. Stelwydte vir vêr skiet.
8. Buisdiktes om meer verstelling te verkry.
O, waar was die dae van 3x/4x vir jag in die bos en 3-9x40 vir verder skiet. Lyk nie asof die "all rounder" teleskoop sommer gemaak sal word nie.

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
F.L.A.S.H
- Hero Member

- Posts: 854
- Joined: Mon Jul 23, 2012 10:53 am
Re: Watse Scope.
Ek stem saam met Geno, 3-18 is n bitter lekker vergrooting as n all round.
Ek het n z6 3-18 met BT op my 300 en jy jag die lekkerste van al my scopes en hy stel goed genoeg om lekker op die baan te speel
Ek twyfel ek sal ooit weer n ander vergroot as 3-18 (in daai omgewing tenminste) as n all round scope gebruik en ek gaan ook redlik sukkle om die Z6 te ruil om my jag gewere

toxicsox
- Sr. Member

- Posts: 366
- Joined: Thu May 19, 2016 9:30 am
Re: Watse Scope.
My persoonlike opinie.
Ek het 'n Leupold VX-3I 6.5-20x50 LRP op my .308 hy het die Vortex Crossfire II 4-16x50 vervang wat op my geweer was. Die Leupold is 'n lekker scope vir waarvoor ek hom gebruik. Ek het 'n Nikon MONARCH3 4-16X50 op my .243 wat die helfte van die prys van die Leupold was. Die Nikon is in dieselfde prysklas as die Vortex wat op my .308 was. Ek het die Vortex verkoop en die Nikon gehou. Langs mekaar was die Nikon vir my net soveel beter.
Ek in my persoonlik opinie dink van die mid range scopes is Nikon moeilik om te klop. Hulle glas is ongelooflik helder.

Harambe
- Hero Member

- Posts: 681
- Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Watse Scope.
Daarvoor het jy helder glas nodig !!!!
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- KarooOutdoor Co.
- Jr. Member

- Posts: 66
- Joined: Thu Feb 07, 2019 3:24 pm
Re: Watse Scope.
Hi Gerhard
Kyk gerus na die Rudolph V1-Reeks aanlyn beskikbaar by www.karoooutdoor.com.
Daar is die opsie van die V1 5-25X50 T3 IR en die 2.5-15X50 T3 IR.
https://karoooutdoor.com/products/rudol ... ed-reticle
https://karoooutdoor.com/collections/va ... ed-reticle
Die V1 5-25X50 is op Black November promosie tee R6699!
Die V1 5-25X50 word ook aangebied met die V1 Buddy Special waar jy twee bestel na dieselfde adres teen R6599 elk! (Tot einde Nov).
Beste waarde vir geld!
Gratis aflewering - Sluit in battery, lensklappe en sonskerm.
0632650742 | info@karoooutdoor.co.za
KarooOutdoor Co.
www.karoooutdoor.com