Ek sê druk verhoog wanneer tpl verleng en lading verminder word, hy sê dis andersom (lading word verhoog en tpl verkort).
Dit kom na aanleiding van n 6.5CM wat gelaai word met 41.8g Vhita N550 met 'n 130g Berger.
Dalk is nie een van ons reg nie?
Ek sê, hy sê: druk en tpl
-
BigBoreFanatic
- Full Member

- Posts: 115
- Joined: Wed May 29, 2019 3:43 pm
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Ek sê, hy sê: druk en tpl
Ek sê, julle is albei reg en albei verkeerd!
Doen julself 'n groot guns en gaan lees Wouter se skrywes ivm Quickload.
Wanneer jy verstaan wat binne in die dop gebeur as die sneller getrek word, sal die son vir jou opkom.

Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Ek sê, hy sê: druk en tpl
Quick Load werk met die dopvolume as inset om die spoed en druk te bereken. Indien jy dus die TPL verkort sal QL 'n hoër druk en spoed gee en dan omgekeerd vir 'n langer TPL. Die gas sit ook egter uit in die vryboor totdat die koeël dit afseël. Die' volume is moeilik om te meet en daarom word dit nie direk in ag geneem nie.
Wat ek probeer tuisbring is dat die omgekeerde dalk mag plaasvind en spoed afneem met korter TPL. Die enigste manier is dan om die lading konstant te hou en die TPL drasties te verkort met gestel 4mm. Nou kan jy in die praktyk sien wat gebeur.
Wanneer kan ons jou verslag verwag?

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1378
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Ek sê, hy sê: druk en tpl
Druk in die dop "piek" twee keer. Die eerste keer wanneer die koeël uit die dop geforseer word, en dan weer 'n keer wanneer die koeël in die groewe van die loop geforseer word. Indien jy die TPL verkort, dan verhoog die druk tot op 'n stadium tot die koeël begin beweeg. Indien jy die TPL so lank maak dat die koeël in die "lands" van die groewe vasdruk (soos party mense laai), gaan jou druk nog hoër wees, want dan moet die druk die koeël uit die dop druk asook in die lands in forseer om die groewe te sny. So albei is reg, en albei is verkeerd, soos Gawie sê.
Die algemene reel is egter dat, met dieselfde dop, koeël en kruitlading, die druk verhoog soos wat die koeël dieper in die dop gedruk word (TPL verkort, druk verhoog). Dis die rowwe manier om dit te sien.
Dis hoe ek dit verstaan, anyway. Ek mag dalk drasties verkeerd wees.

THOMAST
- Hero Member

- Posts: 1892
- Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am
Re: Ek sê, hy sê: druk en tpl
As jy jou TPL verleng (vir 'n gegewe kaliber, koeëlgewig, konstruksie, jadajadajada) vergroot jy die interne volume van die ontbrandingspasie binne die patroon, met gevolglike verlaging in die druk. En andersom (maw hoe dieper die koeël geseat word - korter TPL, hoe kleiner die ontbrandingspasie in die patroon en hoe hoër die druk)
MAAR, wanneer jou se TPL so lank is dat die koeël vasdruk in die lande van die loop gaan jy 'n reuse verhoging in druk kry.
Ek gebruik altyd die voorbeeld van 'n voertuig waarvan die voorwiel teen die sypaadjie se randsteen vasdruk. Jy moet motor gis gee en koppelaar' n bietjie misbruik om teen die randsteen uit te klim. As jy egter 'n ent van die randsteen af begin sodat die voertuig 'n bietjie momentum kan opbou, gaan dit makliker om teen die randsteen uit te klim. So ook in die loop: met 'n bietjie momentum is die graverings proses (maw wanneer die koeël in die lande inbeweeg wanneer die skoot afgaan) 'n bietjie makliker (laer druk)
So as jy 'n ideale lading het en jy verstel jou TL langer dat die koeël nou druk teen die lande, gaan jou spoed en druk toeneem, miskien gevaarlik so as jy reeds 'n warmrige lading het.
So Hoë druk in die lande, laer druk weg van die lande, maar hoe verder jy weg beweeg van die lande (maw hoe dieper jou koeël geseat is), hoe kleiner jou interne volume met gevolglike verhoging van druk. So Tussen die twee uiterlikes is die goue middeweg.
Dit is een van die redes hoekom Remington gewere op 'n slag sulke lang kele gehad het, hulle wetsgeleerdes het dit voorgestel nadat 'n klomp onkundige skuts/herlaaiers hulle gewere en soms hulself seergemaak het met koeëls in die lande indruk sonder om aanpassings te maak aan ladings en dan het hulle die maatskappy gedagvaar.
Jammer vir die lang relaas