Die 338 win mag manne
- Gideon Burger
- Full Member

- Posts: 101
- Joined: Tue May 30, 2017 4:44 pm
Die 338 win mag manne
Goeie More Lede
Glo dit gaan goed hier met almal, tensy jy n Suid Afrikaner is wat New Zealand ondersteun. Jammer of van jou $#!$# te hoor.
Graag wil ek hoor wat die lede hier op die forum gebruik vir jag in die kaliber genoem hier bo. Met n groot gesukkel om die rondtes te kry wat ek graag wou skiet (Interbond of Accubond in 225gr) moet ek begin kyk na ander opsies. Soos ek verstaan sal Hornady eers weer volgende jaar Maart n vrag ons kan toe stuur en Nosler kan nou enige tyd tot ook volgende jaar hier wees wat my dan met min tyd los vir ons jaarlikse jag vir lading ontwikkel. Dalk weet die manne op die forum hier meer. My informasie kom van Safari af.
Ek gaan volgende jaar vir die eerste keer jag met die geweer van klein wild (Rooibok) tot groot wild (Eland).
Wat gebruik julle om self te laai met groot sukses? Ek weet Wouter gaan vir my se Barnes en dis die naaste beste opsie en ek luister graag na sy raad . Maar hoer meer opsies ek kry,hoe meer huiswerk kan ek gaan doen oor wat dan nou die beste gaan wees.
Baie Dankie
Groete
Gideon Burger

- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2489
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: Die 338 win mag manne
Ek het eers met die 225gr Hornady interlocks gejag maar hulle is maar sag, het oorgeskakel toe na Sierra 225 grain SPT Pro-Hunter teen so 2800 fps werk hulle baie mooi, vleis skade is minder as die hornadys so ek is happy met hulle.Gideon Burger wrote:Goeie More Lede
Glo dit gaan goed hier met almal, tensy jy n Suid Afrikaner is wat New Zealand ondersteun. Jammer of van jou $#!$# te hoor.
Graag wil ek hoor wat die lede hier op die forum gebruik vir jag in die kaliber genoem hier bo. Met n groot gesukkel om die rondtes te kry wat ek graag wou skiet (Interbond of Accubond in 225gr) moet ek begin kyk na ander opsies. Soos ek verstaan sal Hornady eers weer volgende jaar Maart n vrag ons kan toe stuur en Nosler kan nou enige tyd tot ook volgende jaar hier wees wat my dan met min tyd los vir ons jaarlikse jag vir lading ontwikkel. Dalk weet die manne op die forum hier meer. My informasie kom van Safari af.
Ek gaan volgende jaar vir die eerste keer jag met die geweer van klein wild (Rooibok) tot groot wild (Eland).
Wat gebruik julle om self te laai met groot sukses? Ek weet Wouter gaan vir my se Barnes en dis die naaste beste opsie en ek luister graag na sy raad . Maar hoer meer opsies ek kry,hoe meer huiswerk kan ek gaan doen oor wat dan nou die beste gaan wees.
Baie Dankie
Groete
Gideon Burger
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Die 338 win mag manne
Ek jag net met monos, Ek het vir baie lank Barns X gebruik met reuse sukses, nog nooit een uit bok herwin nie, net een 300gr herwin na dit deur springbok nek is, deur 'n tak en in 'n gruis wal waar ek dit kon uitgrawe. volle 300gr behou.
Van die jaar af is ek oor na krieke toe (235gr), ek het peregrines gebruik maar na ek daai brass plunger 2x met twee afsonderlike etes gekry het en my kiestand vergruis het, skiet ek nie 'n bok met hulle nie al kry ek 'n leeftyd se voorraad gratis!

-
Carlc
- Sr. Member

- Posts: 271
- Joined: Tue Nov 15, 2016 7:40 am
Re: Die 338 win mag manne
Ek was gelukkig om so jaar terug n goeie voorraad 250gr nosler accubonds te kry. Teen 2750fps werk hulle baie mooi en ek sal maar ook altyd op die uitkyk wees vir wanneer hulle weer beskikbaar raak. Ek moet sè ek sal nie graag met iets anders wil jag nie tensy ek nie n ander keuse het nie.
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2473
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: Die 338 win mag manne
Nou dat die voorraad 225 AB min raak het ek weer die 210 gr Sciroccos nader gesleep (Jacques van Point Blak Hunting se prys was die beste). Hulle werk nogals lekker sonder baie vleis skade maar is bietjie jump sensitief....ek gebruik 1.3mm jump. Hulle hardloop so teen 2730 fps met IMR4350
Die 250 Partitions het ook mooi geskiet maar by my het hulle nie baie gehou van 'n stywe nek spanning nie...so 0.001" het mooi gewerk

338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan
-
Hercules Louw
- Hero Member

- Posts: 891
- Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm
Re: Die 338 win mag manne
Gideon, Safari het baie 338 koeëls in voorraad, o.a. 225 en 250gr Nosler Accubond.
https://safarioutdoor.co.za/departments ... alibre:338

Johann Marais
- Sr. Member

- Posts: 266
- Joined: Thu Jan 10, 2013 9:44 pm
Re: Die 338 win mag manne
Gideon,
Het jy al met die Spartans 225gr's probeer skiet?
Hulle werk lekker vir my.
Groete
Johann

- RabieL
- Full Member

- Posts: 161
- Joined: Mon Oct 20, 2014 10:10 am
Re: Die 338 win mag manne
Gideon, ek het n advertensie geplaas vroeer die week van 225 gr Interbonds wat ek verkoop. Daar is 170 van hulle.
"Only Accurate Rifles Are Interesting"
9mmP, .22 LR AR 15, 12 Gauge, 243 Win, 6 Creedmoor, 6.5 Creedmoor, 7mm RM, 338 WM.
9mmP, .22 LR AR 15, 12 Gauge, 243 Win, 6 Creedmoor, 6.5 Creedmoor, 7mm RM, 338 WM.
- Gideon Burger
- Full Member

- Posts: 101
- Joined: Tue May 30, 2017 4:44 pm
Re: Die 338 win mag manne
Baie dankie aan almal wat tyd gevat het om my te help
Ek het toe reg gekom met accubonds.
Lekker week verder
Groete
Gideon Burger
Ek het toe reg gekom met accubonds.
Lekker week verder
Groete
Gideon Burger
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2473
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: Die 338 win mag manne
Gideon waar het jy toe gekry ?Gideon Burger wrote:Baie dankie aan almal wat tyd gevat het om my te help
Ek het toe reg gekom met accubonds.
Lekker week verder
Groete
Gideon Burger
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan
-
cobusvh
- Newbie

- Posts: 13
- Joined: Mon May 20, 2019 11:28 am
Re: Die 338 win mag manne
Ek laai 225gr Barnes TTSX vir jag. Min skade met bladskote indien bok darem nie te naby is nie. Vir baanwerk laai ek 250gr Hornady Interlocks wat ek vir n spesiale prys opgetel het.