6.5mm 135gr Berger Classic Hunter

Post Reply
User avatar
Ammion
Hero Member
Hero Member
Posts: 571
Joined: Wed Jun 07, 2017 10:07 am

6.5mm 135gr Berger Classic Hunter

Post by Ammion »

Ek wil graag my ondervinding met hierdie punte met julle manne deel. Ek dink dit was ‘n onlangse toevoeging tot Berger se Classic Hunter reeks (nie 100% seker nie maar dink hulle het in 2017 uit gekom).

Hierdie punte het my aandag getrek vir die volgende redes:
- Indien hulle akkuraat sou wees, kan jy selfde punt vir jag en gonge gebruik
- 0.303 G7 bc wat redelik goed is vir ‘n jag punt. Alhoewel ligter as 140gr punte vergelyk bc redelik goed
- Teoreties kan jy hulle bietjie vinniger skiet as 140gr punte
- Het ‘n “Hybrid” ontwerp en nie ‘n “VLD” nie – so jy hoef nie lande te jaag nie

Ek het glad nie lading ontwikkeling gedoen nie, slegs 2 duimsuig ladings 0.5mm van lande gelaai en gaan toets. 39.0gr H4350 asook 39.6gr H4350 (wat my 136gr Scenar lading is). Ek het 3 van elk met Magneto Speed gemeet en die resultate is as vol:
- 39.0gr H4350 AV – 2777f/sec ES – 3f/sec
- 39.6gr H4350 AV – 2823f/sec ES – 14f/sec

Altwee hierdie ladings het in 1 gat geskiet op 100m. Ek het 5 ekstra van die 39.6gr lading gehad en hierdie groep op 300m geskiet.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Ammion
Hero Member
Hero Member
Posts: 571
Joined: Wed Jun 07, 2017 10:07 am

Re: 6.5mm 135gr Berger Classic Hunter

Post by Ammion »

Ek was die naweek weer baan toe en besluit om die 39.0gr lading te laai – omrede die ES vir daardie lading so laag is. Ek het slegs 15 punte gelaai om 3 x 5 skoot groepe te skiet. Ek het die volgende 3 groepe op 460m geskiet en soos julle kan sien is daar nie groot verskil tussen beste en swakste groep nie. Daar was nie baie wind nie (+/- 2m/sec) maar wel mirage. Ek het wel tussen groepe verstelling gemaak vir POI.

Ongelukkig kan ek julle geen aanduiding gee hoe hierdie punte op wild gaan presteer nie, maar as teiken punt vergelyk hy redelik goed met my 140gr Hybrid lading.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Blitzzz
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Thu Feb 02, 2017 2:46 pm

Re: 6.5mm 135gr Berger Classic Hunter

Post by Blitzzz »

Netjies geskiet. Die resultate lyk baie goed en mooi konstant.


Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Tikka 6.5 Creedmoor
Brno 7 x 57 Mauser
Howa 243 AI
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13641
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 6.5mm 135gr Berger Classic Hunter

Post by Capt. Yoda »

Paul, ek het baie bokke met die 95gr Classic hunter geskiet en dit is n redelike sterk koel. Nou nie Scenar kliphard nie maar ook nie Amax/Vmax sag nie, hulle skiet gewoonlik die voorste deel af as hy begin om sy werk toe doen sodra hy die tyken tref en die skag penetreur mooi. Een Blesbok wat ek voor die kop geskiet het het ek die skag tussen sy blaaie gekry na hy deur n paar nek werwels was
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Ammion
Hero Member
Hero Member
Posts: 571
Joined: Wed Jun 07, 2017 10:07 am

Re: 6.5mm 135gr Berger Classic Hunter

Post by Ammion »

Blitzzz wrote:Netjies geskiet. Die resultate lyk baie goed en mooi konstant.


Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Dankie Blitzzz, stem saam - niks wat my so frustreer soos 'n swak groep nadat jy 'n goeie een geskiet het en niks het verander nie
User avatar
Ammion
Hero Member
Hero Member
Posts: 571
Joined: Wed Jun 07, 2017 10:07 am

Re: 6.5mm 135gr Berger Classic Hunter

Post by Ammion »

Capt. Oblivious wrote:Paul, ek het baie bokke met die 95gr Classic hunter geskiet en dit is n redelike sterk koel. Nou nie Scenar kliphard nie maar ook nie Amax/Vmax sag nie, hulle skiet gewoonlik die voorste deel af as hy begin om sy werk toe doen sodra hy die tyken tref en die skag penetreur mooi. Een Blesbok wat ek voor die kop geskiet het het ek die skag tussen sy blaaie gekry na hy deur n paar nek werwels was
Dankie Siebert, dan glo ek die punt behoort ook te werk op wild.
User avatar
Sean3006
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 478
Joined: Mon Jun 27, 2016 9:10 pm

Re: 6.5mm 135gr Berger Classic Hunter

Post by Sean3006 »

I use the 165gr Classic Hunter in my .30-06 and am happy with the put down ability. It does make a mess if you shoot a poor shot on a small animal like a springbuck though.
.30-06, 6.5CM, .22lr, 9mmP
Post Reply