Raadop 308

ettiene.xtremetr
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 91
Joined: Sat Sep 10, 2016 7:41 am

Raadop 308

Post by ettiene.xtremetr »

Besonderhede:

Ek het n 308 mossberg
Aksie gebed
Sintetiese kolf se voorend is verstewig met n stainless rod en alum strip in resin.
Free float barrel
Trigger gestel na 3ft/lb
Bases vas gedrai met nyloc
Ordentlike SWFA bases
Swfa 3x15 x 42 vergroting.

Beste groepering met standard pmp ammunisie (verskeie) 168 tot 180gr is meer as 40mm groepe.

Groeperings met herlaaide ammunisie is 35mm.

My vraag is soos volg. Behalwe om die teleskoop teen 180km p uur op n1 uit die ruit te gooi, wat anders kan die probleem wees.


Help asb. Raadop!!!???




Sent from my LYA-L09 using Tapatalk
User avatar
Morkel
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 316
Joined: Sat Sep 10, 2016 2:45 pm

Re: Raadop 308

Post by Morkel »

Barrel twist?


Sent from my iPhone using Tapatalk
ettiene.xtremetr
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 91
Joined: Sat Sep 10, 2016 7:41 am

Re: Raadop 308

Post by ettiene.xtremetr »

1/10

Sent from my LYA-L09 using Tapatalk
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Raadop 308

Post by tripodmvr »

Hoe groot is die gaping tussen loop en kolf en skiet jy met 'n knaldemper?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2156
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Raadop 308

Post by Ds J »

Het jy al "anti-toetse" gedoen, dws gegewenes gekontrolleer?

Wat gebeur as iemand anders met die geweer skiet ?

Wat gebeur as jy die teleskoop met buurman s'n omruil?

Wat gebeur met Federal of Hornady, of enige ander gekoopte ammunisie?

Het die kroon dalk seergekry?

Het jy al n wasgietstuk van die kamer gemaak?

Wat kry ander manne reg met dieselfde of soortgelyke kombinasie?

As jy alles gekontroleer het sal jy dalk agterkom hoe of waar julle iets misgekyk het.
ettiene.xtremetr
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 91
Joined: Sat Sep 10, 2016 7:41 am

Re: Raadop 308

Post by ettiene.xtremetr »

Skiet met silencer asook sonder. 3 verskullende mense skiet met hom. Skiet steeds selfde.

Verder ja. Het 4 verakillende gekoopte ammo vetry. 168 en 180

Gap tussen loop en kolf as 2 mm

Sent from my LYA-L09 using Tapatalk
ettiene.xtremetr
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 91
Joined: Sat Sep 10, 2016 7:41 am

Re: Raadop 308

Post by ettiene.xtremetr »

Kroon nie seer nie.

Wat is en hoekom sal ek n wasgietstuk maak?

Sent from my LYA-L09 using Tapatalk
Maroelas
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 286
Joined: Fri Apr 18, 2014 3:41 pm

Re: Raadop 308

Post by Maroelas »

Is die aksie skroewe stewig vas?
ettiene.xtremetr
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 91
Joined: Sat Sep 10, 2016 7:41 am

Re: Raadop 308

Post by ettiene.xtremetr »

Aksieskroewe check ek gereeld aangesien hy nie pillar bed is nie.

Sent from my LYA-L09 using Tapatalk
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 959
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Raadop 308

Post by OosKaapJagter »

ettiene.xtremetr wrote: pmp ammunisie
Is hierdie nie dalk waar 'n gedeelte van jou probleem lê nie? Gebruik jy ook pmp doppe?

Indien jy so uur tot jou beskikking het en genoeg data, kyk gerus na hierdie ou se sinvolle uiteensetting oor die akkuraatheid van sportgewere en wat jy kan doen om dit te verbeter:
https://www.youtube.com/watch?v=8Bzlwqlv25w
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2156
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Raadop 308

Post by Ds J »

ettiene.xtremetr wrote: Wat is en hoekom sal ek n wasgietstuk maak?
Prop die loop net voor die kamer toe met n stukkie papier of lap.

Spuit olie (Q20, Spray & Cook ens) in die kamer.

Drup dan gesmelte was van agter af in die kamer in totdat die kamer vol was is, en laat dit set.

Druk die spul van voor af uit.

Nou het jy n afdruk van die binnekant van jou kamer en kan presies sien of daar enige masjineringsfoute is.
User avatar
Raakskiet
Newbie
Newbie
Posts: 16
Joined: Tue Sep 24, 2019 7:08 pm

Re: Raadop 308

Post by Raakskiet »

Skiet bietjie sonder die silencer. Partykeer raak die punt net die burr binne in en dit gooi hom effe van koers af.... met my broer gebeur

Sent from my SM-G973F using Tapatalk
ettiene.xtremetr
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 91
Joined: Sat Sep 10, 2016 7:41 am

Re: Raadop 308

Post by ettiene.xtremetr »

Ek kon altyd pmp redelik op 100 m groepeer. Veral bruin boks 180gr.

Tog vir my reload gebruik ek lapua palma doppe genecksize met lee collet die

Sent from my LYA-L09 using Tapatalk
ettiene.xtremetr
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 91
Joined: Sat Sep 10, 2016 7:41 am

Re: Raadop 308

Post by ettiene.xtremetr »

Ek het geskiet met silencer. Gewag datt loop koud raak en toe sonder n ailencer geskiet.

Sent from my LYA-L09 using Tapatalk
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2156
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Raadop 308

Post by Ds J »

ettiene.xtremetr wrote:Ek kon altyd pmp redelik op 100 m groepeer. Veral bruin boks 180gr.
Dis dus n nuwe probleem?

Hoe skoon is die loop?
User avatar
thys308
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 75
Joined: Fri Aug 17, 2012 8:13 pm

Re: Raadop 308

Post by thys308 »

Hi druk ñ patroon van bo-af in die loop in wat nog in die dop is en kyk dan of jou dop die loop raak, as die dop raak aan die loop sal jy die loop se kroon moet laat afsny. Die silencer brand jou kroon weg voor waar hy op draai en sal jy dan so 20 tot 25mm moet laat afsny en weer nuwe draad laat sny vir silencer. Dit was my probleem en nou sny 5 skote op 100m weer mekaar as ek my kant bring. Kyk mr dis my 2c

Sent from my SM-A505F using Tapatalk
User avatar
BeesBreet
Hero Member
Hero Member
Posts: 1649
Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am

Re: Raadop 308

Post by BeesBreet »

thys308 wrote:Hi druk ñ patroon van bo-af in die loop in wat nog in die dop is en kyk dan of jou dop die loop raak, as die dop raak aan die loop sal jy die loop se kroon moet laat afsny. Die silencer brand jou kroon weg voor waar hy op draai en sal jy dan so 20 tot 25mm moet laat afsny en weer nuwe draad laat sny vir silencer. Dit was my probleem en nou sny 5 skote op 100m weer mekaar as ek my kant bring. Kyk mr dis my 2c

Sent from my SM-A505F using Tapatalk
Watse silencer was dit?


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Raadop 308

Post by Capt. Yoda »

35mm groepe en die gun wil nie skiet nie en wil die scope stukkend gooi? Boys ek wil nie lelik wees nie maar ek dink julle begin bq te veel van n rak geweer met n palstiek kolf en n 3pond sneller verwag

Ander vraag watse koels laai jy? As n koel n KD raak gaan hy nie n groep van 10mm na 35mm oop maak nie hy gaan hom na n paar duim toe oom maak
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Raakskiet
Newbie
Newbie
Posts: 16
Joined: Tue Sep 24, 2019 7:08 pm

Re: Raadop 308

Post by Raakskiet »

Hy moet net sy loop goed skoonmaak dink ek........

Sent from my SM-G973F using Tapatalk
ettiene.xtremetr
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 91
Joined: Sat Sep 10, 2016 7:41 am

Re: Raadop 308

Post by ettiene.xtremetr »

Loop was effektief skoongemaak. 3 siklusse van zeb. Draad borsel tot self staal polish. My loop was baie skoon.

Verder stem ek. Dis nie n 1/2 moa van rak af geweer nie. Tog moet die geweer groepeer. Meeste howas skiet moa enige dag met fabriek ammunisie.

My silencer is sonic nielsen wat geen skade toon van raak skiet niw.

Ek laai gesorteerde lapua palma brass wat met sst180 asook 155 palma gelaai is. Burn rate gekalibreer met Quickloads en akkurate node gevind. Steeds kan ek nie groepeer nie

Sent from my LYA-L09 using Tapatalk
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 959
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Raadop 308

Post by OosKaapJagter »

Hoe het die geweer geskiet voordat die aksie gepak is? Soms doen 'n mens meer skade as dit nie 100% korrek gedoen is nie.
Ek het 'n gebruikte Tikka LSA-55 (.308) waarmee ek nooit tevrede was nie. Die vorige eienaar het die aksie gaan "bed" sodat daar duidelik geen kontak tussen die loop en kolf was nie.
Uit frustrasie het ek eendag besluit om al die "bedding material" uit te haal en dit oor te doen. Nadat ek die aksie teruggeplaas het in die kolf het ek eers 'n paar skote gaan skiet. Die uiteinde is dat die geweer toe net so gelos is en baie goed skiet. Daar is steeds nie kontak tussen die loop en kolf nie; die gaping is net baie minder.

Iets anders wat ek sou probeer sou wees om "flat base" koeëls te probeer. Sommige gewere hou net eenvoudig nie van "boat tail" koeëls nie. Vir normale jagdoeleindes en jagafstande hou die "boat tail" koeëls geen voordele in nie. Jou hulpkreet sê dat hierdie in elk geval nie jou langafstand geweer van keuse gaan wees nie. Gaan google gerus "boat tail vs flat base bullets".
308Win
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 493
Joined: Sun May 12, 2013 1:15 pm

Re: Raadop 308

Post by 308Win »

My gewere skiet nie met skoon lope nie. Eers na 30 of so skote begin hulle mooi skiet.
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Raadop 308

Post by Plaashaas »

ettiene.xtremetr wrote: Fri Oct 25, 2019 7:15 pm
Groeperings met herlaaide ammunisie is 35mm.
Wat wil jy met die geweer doen waar 35mm nie voldoende gaan wees nie?

Van waar is jy Ettiene?
ettiene.xtremetr
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 91
Joined: Sat Sep 10, 2016 7:41 am

Re: Raadop 308

Post by ettiene.xtremetr »

Ten minste onder 25 op 100m.

Om n kopskoot te skiet op 150 raak mos onmoontlik as geweer nie kan groepeer nie

Bly in vdbp

Sent from my LYA-L09 using Tapatalk

User avatar
musgrave270
Hero Member
Hero Member
Posts: 920
Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am

Re: Raadop 308

Post by musgrave270 »

ettiene.xtremetr wrote:Besonderhede:

Ek het n 308 mossberg
Aksie gebed
Sintetiese kolf se voorend is verstewig met n stainless rod en alum strip in resin.
Free float barrel
Trigger gestel na 3ft/lb
Bases vas gedrai met nyloc
Ordentlike SWFA bases
Swfa 3x15 x 42 vergroting.

Beste groepering met standard pmp ammunisie (verskeie) 168 tot 180gr is meer as 40mm groepe.

Groeperings met herlaaide ammunisie is 35mm.

My vraag is soos volg. Behalwe om die teleskoop teen 180km p uur op n1 uit die ruit te gooi, wat anders kan die probleem wees.


Help asb. Raadop!!!???




Sent from my LYA-L09 using Tapatalk

Net n vraag. Watse voorste rus gebruik jy? Daai dunloop en n knaldemper met jou voorste rus te ver vorentoe kan ook probleme veroorsaak as mens groepering skiet. My 270 het n dun loop en ligte hout kolf maar float mooi. Kom toe agter dat met die voorste rus te ver vorentoe maak my loop kontak met die kolf as ek die skoot aftrek en bogger my groeperings op.



Post Reply