Armscor 22lr waarde vir geld?

Post Reply
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1490
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Armscor 22lr waarde vir geld?

Post by Eduard Venter »

Is hier dalk enige iemand wat 'n Armscor 22lr geweertjie besit en terugvoer kan gee? Op my studente budget is dit omtrent die enigste 22 wat ek nuut kan koop.

Ek wil graag weet oor akkuraatheid, betroubaarheid en of mens sal regkom met die oopvisiere aangesien hy nooit 'n scope gaan kry nie. Dis 'n plaas geweer wat baie stof gaan kry en hard werk hoewel hy nie duisende skote per maand gaan skiet nie.

Natuurlik sal ek 'n 2de handse CZ/brno ook oorweeg as ek net een in die hande kan kry wat in billike kondisie is.

Groete

Sent from my SM-A520F using Tapatalk
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Armscor 22lr waarde vir geld?

Post by Hein M. »

Uitstekende waarde vir geld. My broer het een gekoop vir 'n bakkiegeweer as hy jakkalse jag. R1000 betaal destyds by Humansdorp Agri. Hy het wel sy sneller 'n bietjie laat polleer vir 'n ligter terugrek. Die geweertjie skiet op 'n tiekie. Geen voerproleme of enige ander issues nie. Lekker 10-skoot magasyn. Ons vat hom saam as ons 2 by die Doornrivier 'n broerweek Desembermaande hou. Ons stoot dan taamlik lood, so hy is al deeglik beproef.
Oopversiere is heel fine.
Bargain al die pad ;)

Mooi naweek!
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1490
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Armscor 22lr waarde vir geld?

Post by Eduard Venter »

Dankie Hein, dis nou presies wat ek wou hoor.

Sent from my SM-A520F using Tapatalk
BenJacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm

Re: Armscor 22lr waarde vir geld?

Post by BenJacobs »

Hoekom kyk jy nie hierna nie?
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1875
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Armscor 22lr waarde vir geld?

Post by Alwin »

Ek het al 'n paar keer na hulle gekyk en selfs ene uitmekaar gehaal en die binnegoed bekyk. Vir die pryse wat hulle destyds gekos het, is dit uitstekende waarde vir geld. Daar is net 1 beswaar van my kant af. Ek sou maklik meer betaal vir dieselfde geweer, maar met 'n beter sneller. Die sneller se kas is van plastiek gemaak. Wat die kwaliteit van die plastiek is weet ek nie, maar ek het my bedenkinge oor die lewensduur van so 'n opstelling. As ek 'n behoorlike staal sneller kan kry, koop ek môre ene. Oukei, maak dit oormôre.
Johan308
Full Member
Full Member
Posts: 213
Joined: Mon Aug 18, 2014 2:34 pm

Re: Armscor 22lr waarde vir geld?

Post by Johan308 »

Dit was my eerste geweer wat ek gekoop het baie jare trug. Ek het maklik 200 skote op 'n naweek geskiet met hom en geen probleme gehad nie. Ek het hom aan my skoonpa verkoop en hy staan nou eintlik meer, mar hy skiet nog 100%. Ek sal hom eendag weer trugvat. Ek weet nie hoe hy teen die nuwes sal vaar nie, maar vir my was dit regtig die moeite werd gewees.

Sent from my SM-N960F using Tapatalk
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Armscor 22lr waarde vir geld?

Post by Hein M. »

Alwin wrote:Ek het al 'n paar keer na hulle gekyk en selfs ene uitmekaar gehaal en die binnegoed bekyk. Vir die pryse wat hulle destyds gekos het, is dit uitstekende waarde vir geld. Daar is net 1 beswaar van my kant af. Ek sou maklik meer betaal vir dieselfde geweer, maar met 'n beter sneller. Die sneller se kas is van plastiek gemaak. Wat die kwaliteit van die plastiek is weet ek nie, maar ek het my bedenkinge oor die lewensduur van so 'n opstelling. As ek 'n behoorlike staal sneller kan kry, koop ek môre ene. Oukei, maak dit oormôre.
Klink amper of jy my G19-opset beskryf ;)
Wattlegrove
Full Member
Full Member
Posts: 192
Joined: Fri Oct 21, 2011 2:39 pm

Re: Armscor 22lr waarde vir geld?

Post by Wattlegrove »

Ek besit een en is baie tevrede. Ek stem saam die sneller kan verbeter en myne voer soms effens moeilik as die magasyn baie hard opgedruk word. Baie akkuraat met Winchester Super X. Sal ek weer een koop. Definitief.
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1875
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Armscor 22lr waarde vir geld?

Post by Alwin »

Hein M. wrote:
Alwin wrote:Ek het al 'n paar keer na hulle gekyk en selfs ene uitmekaar gehaal en die binnegoed bekyk. Vir die pryse wat hulle destyds gekos het, is dit uitstekende waarde vir geld. Daar is net 1 beswaar van my kant af. Ek sou maklik meer betaal vir dieselfde geweer, maar met 'n beter sneller. Die sneller se kas is van plastiek gemaak. Wat die kwaliteit van die plastiek is weet ek nie, maar ek het my bedenkinge oor die lewensduur van so 'n opstelling. As ek 'n behoorlike staal sneller kan kry, koop ek môre ene. Oukei, maak dit oormôre.
Klink amper of jy my G19-opset beskryf ;)
Ek weet darem wat die kwaliteit van die G19 se raam is. En ek weet ook waar om 'n nuwe ene te kry as iemand dit sou regkry om ene te breek...

Die Armscor geweertjie word in die Philipyne gemaak. Dit verkoop ook as 'n Rock Island Armory of Bingham Squires, afhangende van die teikenmark. Dit is wel moontlik om onderdele in te voer, soos wat 'n vriend onlangs vir 'n semi-outomatiese Bingham Squires gedoen het. Die plaaslike invoerder glo egter dat naverkopediens 'n vloekwoord is.
Post Reply