Motivering vir geweer

Hou dit skoon en onsuggestief, dit is 'n openbare forum en enige iets wat nie pas nie sal verwyder word.
Post Reply
User avatar
mauser3006
Newbie
Newbie
Posts: 38
Joined: Fri Aug 17, 2018 6:04 pm

Motivering vir geweer

Post by mauser3006 »

This is to let you know that Wiekus is a lekker ou!

HE come nou en dan na my farm en drinks a lot en skiet ‘n bietjie!

He already shot a paar Blesbokke met ‘n klomp skote.

Hy kan ‘n volstruis vir jou in sy kop skiet op 200m indie wind as hy ‘n paar biere gevat het… maar hy
sukkel bietjie met die warthogs!

Gee vir die man maar sy lisensie, hy glo nie aan gesinsgeweld nie en slaan nie sy vrou so gereeld nie hy
het haar ook nog nie gedreig met ‘n geweer nie oor hy nie een het nie.

If it were up to me I would approve his licence because hy koop my geweer en ek het die geld nodig!!

As julle dit nie doen nie kan ek nie julle veiligheid waarborg nie, hy kan nogal blind diebliksim in raak en
dan kry mense seer!!

And did I mention he comes vanaf Kempton!

Thank you wery much!

Sal dit kan werk?
..hou lood in die lug!
User avatar
Jaco v Zyl
Hero Member
Hero Member
Posts: 729
Joined: Wed Apr 01, 2015 4:39 pm

Re: Motivering vir geweer

Post by Jaco v Zyl »

Ha ha...
Mauser sal baie graag wil weet hoeveel waarheid en hoeveel gekskeer in die storie is.Wiekus van Kempton wat Blessies skiet se jy
User avatar
mauser3006
Newbie
Newbie
Posts: 38
Joined: Fri Aug 17, 2018 6:04 pm

Re: Motivering vir geweer

Post by mauser3006 »

Als uit my duim gesuig!!


Sent from my iPhone using Tapatalk
..hou lood in die lug!
User avatar
Langeraat
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 381
Joined: Sat Sep 07, 2013 3:16 pm

Re: Motivering vir geweer

Post by Langeraat »

Hier is nog 'n goeie een...

Getuigskrif vir 'n nuwe Vuurwapen Lisensie Aansoek...

IN SAKE: Motivering vir Jaggeweer Lisensie

Wie dit mag aangaan:

Hiermee bevestig ek, Philip de Bruyn, dat ek die aansoeker, Mnr Pieter Meyer, reeds etlike jare persoonlik ken en dat hy al menige kere saam my gejag het op Dronkfontein.

Ek ken regtig nie 'n meer joviale ou as Pieter nie. Elke aand om die vuur is hy die man wat die hardste kuier, en as hy nou mooi gesuip is, is hy so vriendelik om sy pistool te gaan haal om skote in die vuur te skiet sodat die ander ouens kan foto's neem.

Hy het al van sy jagmaats raakgeskiet, maar dit was alles net vleiswonde wat getuig van sy uitstekende skietvernuf en veiligheids besef.

As verdere bewys van sy goeie skietvernuf kan ek getuig dat hy die enigste ou is wat nog ooit saam my gejag het wat die rondawel se ligte almal kon uitskiet met net een magasyn.

In die veld is hy ook bobaas, en skiet gewoonlik nie meer as tien skote op 'n bok nie, wat natuurlik teen daardie tyd 'n duidelike spoor van bloed en pensmis los. Dit maak spoorsny kinderspeletjies, so ons is altyd redelik vroeg terug by die huis om die vuur op te steek en 'n paar biere te knak.

Hy is werklik 'n topjagter, en op my plaas het hy al spesies soos springbok, koedoe, brahman, 'n dorperooi en 'n perdemerrie geskiet. Die vulletjie het ons maar hans grootgemaak.

Pieter is 'n rustige ou wat nie maklik sy humeur verloor nie, en was nog net twee maal aangekla van aanranding. Dit was ook nie eintlik regtig aanranding nie, en die een ou kan nog goed sien met sy linkeroog. Die ander ou was in elk geval 'n brood en het gekry waarna hy gesoek het.

Sy vrou reken ook dat hy nie baie hard slaan wanneer hy dronk is nie, want hy moes een van sy dogters se boyfriends later met 'n leë bottel bykom omdat hy nie hard genoeg kon slaan met die vuis nie.

Die kinders is ook weer aan hulle terugbesorg na 'n rukkie by die welsyn. (Groot misverstand gewees, so 'n jaar gelede. Sien, daai laaitie moes geweet het om nie aan Pieter se dogter se hand te vat nie. Hy kan nou weer self regop sit, en begin selfs woordjies sê soos 'Dadda', 'Mamma' en 'Sorry oom Pieter'...)

Ek beveel aan dat julle gerus vir Pieter sy lisensie toestaan, dan kan hy ophou om my geweer te leen om te jag.

Hy het juis nou ander dag die kolf afgeslaan teen 'n plaaswerker se kop en ek sit met al die skade. Die ou het blykbaar te veel gekerm omdat Pieter op hom geskiet het.

Ek sal verkies dat hy sy eie wapen gebruik en versoek daarom dat julle hierdie aansoek vir 'n eie 308 vir Pieter moet toestaan asb.

Die Uwe, PJ De Bruyn

Sent from my SM-G960F using Tapatalk
Novus Vitae - 2 Kor 5:17
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Motivering vir geweer

Post by alecjohnson »

Jis lekker gelag nou!

Mauser ek hoop nie jy is te kwaad nie, ek het op ons WA groep gegooi!
User avatar
mauser3006
Newbie
Newbie
Posts: 38
Joined: Fri Aug 17, 2018 6:04 pm

Re: Motivering vir geweer

Post by mauser3006 »

Goeies langeraat!
What happens in Jaracal stays in Jaracal...is daar nie so reël nie?


Maar soos ek sê als uit my duim gesuig..


Sent from my iPhone using Tapatalk
..hou lood in die lug!
User avatar
Langeraat
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 381
Joined: Sat Sep 07, 2013 3:16 pm

Re: Motivering vir geweer

Post by Langeraat »

Ja, nee Mauser. Ek moes hoeka vandag 'n lisensie hernu en daai getuigskrif van jou kon handig te pas kom... ++>: As ek hulle so kyk dink ek egter nie die DFO's deel jou humorsin nie... :police: ;D
Novus Vitae - 2 Kor 5:17
Post Reply