243 Ackley Kamer dimensies

Post Reply
User avatar
Haasvel
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 296
Joined: Wed Mar 29, 2017 8:18 pm

243 Ackley Kamer dimensies

Post by Haasvel »

Naand manne

Soek bietjie raad

My Ackley nou so 800 skote deur en het 2 keer al doppe gevolsize.

Van dat ek hom het maak my slot gelaaide patrone baie styf toe. Of ek nou neksize of volsize, het 'n gevolsizede dop ook getry en dit bly dieselfde geval

Is dit nou maar net dat die reamer wat gebruik was 'n "tight kamer" gesny het??

Glo nie dit het iets met die freebore te doen nie?

Sukkel nie met druk en roer skiet mooi.

Maar kan 'n stywe kamer enige nadele inhou?

one shot, one kill - no luck, all skill
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: 243 Ackley Kamer dimensies

Post by Gawie(13mm) »

Ek vermoed jou kamer se kopspasie is onder maat.
Kleur 'n dop in met 'n swart kouki en kamer hom.
Jy behoort nou te sien waar die dop druk of knyp.
Die goedkoopste oplossing sou wees om jou vollengte matrys 'n paar "thou" korter te laat sny. Dit sal dan die skouer genoegsaam terugdruk.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Haasvel
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 296
Joined: Wed Mar 29, 2017 8:18 pm

Re: 243 Ackley Kamer dimensies

Post by Haasvel »

Gawie(13mm) wrote:Ek vermoed jou kamer se kopspasie is onder maat.
Kleur 'n dop in met 'n swart kouki en kamer hom.
Jy behoort nou te sien waar die dop druk of knyp.
Die goedkoopste oplossing sou wees om jou vollengte matrys 'n paar "thou" korter te laat sny. Dit sal dan die skouer genoegsaam terugdruk.
Dankie Gawie

As ek hom so kyk dan lyk dit of hy op die skouer se rand druk.

Maar sal die koukie vat ek kyk

one shot, one kill - no luck, all skill
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 243 Ackley Kamer dimensies

Post by Arnold »

Daar is nie fout nie, ek hou eerder van hom styf as los. 'n Ackley se go-gauge is veronderstel om 4 thou korter te wees as die 243 Win se go-gauge wat beteken dat op 'n Ackley geweer mens die voog kaliber se go gauge as die no-go gauge gebruik.

Die tight fit gaan maak dat jy die gun moontlik teen hoër druk kan skiet want die dop het minder plek om heen te gaan en te vervorm soos hy nie moet nie.

My voorstel is instede daarvan om jou duur dies te laat sny om bloot jou shell holder te vat en bietjie af te skuur. Doen dit op 'n plat oppervlak met die hand want jy hoef regtig min af te haal. Nou sit jy met 'n shell holder en die wat 100% reg werk vir daardie kamer. Mens kry ook korter en langer shell holders te koop maar weet nie of dit plaaslik beskikbaar is nie.

As ek was is ek bly oor die tight kamer ;)
User avatar
Haasvel
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 296
Joined: Wed Mar 29, 2017 8:18 pm

Re: 243 Ackley Kamer dimensies

Post by Haasvel »

Arnold wrote:Daar is nie fout nie, ek hou eerder van hom styf as los. 'n Ackley se go-gauge is veronderstel om 4 thou korter te wees as die 243 Win se go-gauge wat beteken dat op 'n Ackley geweer mens die voog kaliber se go gauge as die no-go gauge gebruik.

Die tight fit gaan maak dat jy die gun moontlik teen hoër druk kan skiet want die dop het minder plek om heen te gaan en te vervorm soos hy nie moet nie.

My voorstel is instede daarvan om jou duur dies te laat sny om bloot jou shell holder te vat en bietjie af te skuur. Doen dit op 'n plat oppervlak met die hand want jy hoef regtig min af te haal. Nou sit jy met 'n shell holder en die wat 100% reg werk vir daardie kamer. Mens kry ook korter en langer shell holders te koop maar weet nie of dit plaaslik beskikbaar is nie.

As ek was is ek bly oor die tight kamer ;)
Maak sin, soos ek sê daars nienfout met akkuraatheid nie.

Dankie vir die raad Arnold, dink ek sal kyk om n paar duisendstes weg te vat op doe shellholder.

Gaan nie te veel peter dan aan 'n resep wat werk

one shot, one kill - no luck, all skill
Maroelas
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 286
Joined: Fri Apr 18, 2014 3:41 pm

Re: 243 Ackley Kamer dimensies

Post by Maroelas »

Hierdie is die redding kits:

https://safarioutdoor.co.za/redding-she ... 11618.html

Dis net 'n voorbeeld, jy sal moet seker maak dis die regte nommer shellholder (ekt nie gesoek vir 'n spesifieke kaliber nie)
User avatar
Haasvel
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 296
Joined: Wed Mar 29, 2017 8:18 pm

Re: 243 Ackley Kamer dimensies

Post by Haasvel »

Maroelas wrote:Hierdie is die redding kits:

https://safarioutdoor.co.za/redding-she ... 11618.html

Dis net 'n voorbeeld, jy sal moet seker maak dis die regte nommer shellholder (ekt nie gesoek vir 'n spesifieke kaliber nie)
Dankie sal def oorweeg

one shot, one kill - no luck, all skill
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: 243 Ackley Kamer dimensies

Post by 243Songdaug »

Goeie raad Arnold. Jy slaan hom op die kop
Post Reply