Kan iemand my meer detail gee oor die aksie, dit lyk of hy aangewend word vir die big-bores?
Die aksie is in die mark, dus kan julle aanbod maak maar ek weet regtig nie hoeveel hy werd is nie, ek het gedink ons gee eers vir iemand op forum kans om te koop indien daar belangstelling is
Groetnis
Jaco
Bauska BBK 02 Aksie inligting
- Jake1
- Hero Member

- Posts: 2358
- Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Bauska BBK 02 Aksie inligting
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
- Geno
- Administrator

- Posts: 13648
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Bauska BBK 02 Aksie inligting
Nice aksie vir 'n grootwild geweer. Ek sou reken tussen R10k en R15k werd.
Goed, beter, 6millimeter!
-
Johan van Wyk
- Hero Member

- Posts: 622
- Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am
Re: Bauska BBK 02 Aksie inligting
Dis basies `n Brno 602 aksie wat in Suid-Korea gemodifiseer is met `n buff, swysmasjien en nuwe sneller en veiligheidsknip van soorte. Daar was destyds (laat 1980's/vroeg 1990's) `n hele klompie van die aksies in SA beskikbaar. `n 602 slot pas en werk net so in een van hierdie aksies en so ook die 602 se magasynboks omdat dit presies dieselfde komponente is.
Die geweersmede wat ek ken wat met hulle gewerk het, het steeds die 602's verkies omdat die Koreane die dovetails van die 602 aksies gaan toeswys het om een of ander rede. Hulle het die aksies ook gebuff voor hulle geblou en verkoop is. Enige ontmoeting tussen `n geweer en `n geweer part met `n buff eindig gewoonlik sleg omdat die buff al die skerp hoekies en reguit lyne verwyder. Ek is ook nie seker hoe mens `n teleskoop op so aksie gaan gemonteer kry sonder drastiese chirurgie nie.
Die magasynboks is lank genoeg vir iets soos `n .416 Rigby, en as mens kans sien om geld te spandeer om hom behoorlik te laat afwerk deur iemand wat `n vyl verstaan lyk hulle gewoonlik nie sleg nie. Dis inherent nie slegte aksies nie.
Waarde is wat iemand bereid is om te betaal. Die laaste een wat ek van weet wat verkoop het, het gegaan vir R 2 500 maar dit was die beste gedeelte van tien jaar terug.