Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek vang in 'n podcast wat ek luister dat die US Dept of Justice vir Apple en Google beveel het om inligting te oorhandig van almal wat die ATN Obsidian 4 app gebruik.
Een van die dae sit 'n man in Washington en kyk hoe looi julle die jakke
Ek dink hulle is meer bekommerd omdat deesdae se scopes en apps enige Jan Rap en sy maat toelaat om klein teikens op ontsettende afstande te tref met die minimum oefening en opleiding.
Ja Geno. Jy ken mos die storie. Fk vir winkel X want hulle rook my. My pel koop daai scope vir minder as die helfte en die jagter bring hom in.
En as winkel X jou nie na die tyd wil help met n waarborg eis op jou grys produk nie hardloop jy reguit Hellopeter toe of spoel jou mond op Al wat n forum is.
Frikkie Coetzee wrote:Ja Geno. Jy ken mos die storie. Fk vir winkel X want hulle rook my. My pel koop daai scope vir minder as die helfte en die jagter bring hom in.
En as winkel X jou nie na die tyd wil help met n waarborg eis op jou grys produk nie hardloop jy reguit Hellopeter toe of spoel jou mond op Al wat n forum is.
So gaan dit mos
Ek het self al 'n teleskoop of 2 direk van oorsee bestel. Dit was wel heelwat goedkoper. Ek was gelukkig en het geen probleme gehad met my teleskope nie. 'n Medejagter het navraag gedoen en dieselfde gedoen by dieselfde plek. Sy teleskoop het 'n probleem gehad en die Verkoper was meer as bereid om dit om te ruil, solank hy dit terugstuur op sy koste. Die koste was aansienlik en die tydsverloop nog meer.... Dit het my kop geswaai en ek koop eerder plaaslik by die regte mense vir meer en ek weet ingesluit by die prys, is die gemoedsrus dat as iets erens skeefloop, het ek iemand hier wat my gaan back met naverkope diens.