Bok uitbloei

Gebruik van masjinerie, metodes om vleis op te sny , vleis meule, vleis saag, vleis verwerkings messe-slagmesse , stop van wors, ens. kan in die afdeling aanspreek word. The How To on working with meat and game.
Post Reply
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2589
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Bok uitbloei

Post by JohanvB »

Jy jag jou bok suksesvol, kom by hom aan, sê dankie vir die geleentheid, en sny dan die bok se keel om te bloei..

Hoekom sny mens 'n bok se keel om uit te bloei, of, wat sou gebeur, as jy dit nie doen nie?
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Bok uitbloei

Post by alecjohnson »

As jy hom nie mooi uitbloei nie dan bly daar natuurlik baie bloed in die spiere. Los nou daai vleis oornag in 'n vleisbak en sien hoeveel uitgeloop het. Nou ek het erens gelees dat dit help die vleis om sleg te word, ek weet nie, my vleis hou gewoonlik nie so lank nie :laugh:

nou met 'n mooi hart long skoot, bloei die bok binne uit. en met die ophang slag steek ek 'n gat waar die borsbeen en nek bymekaar kom sodat die bloed net uit die borskasholte kom.
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 1111
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Re: Bok uitbloei

Post by J le Roux »

Ek weet dit is tradisie (net soos pens trek in die Kaap en Vrystaat), maar hoe kan dit nou effektief wees as die hart gestop het?

Ek dink dit is net die bloed wat in die slagare is wat uitloop, en ek dink nie dit kan die vleis affekteer nie.

Ek hoop wel ons kry meer opinies en feite.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Bok uitbloei

Post by FHM »

Dis net my opinie.
99 % van die tyd as jy by die bok kom is hy reeds dood - dus het die hart ophou pomp, so om dan keel af te sny gaan nie vreeslik help nie - tensy die bok dan dadelik gehang word sodat gravitasie van die uitbloei doen.
Bokke wat hart / longskote geskiet is bloei natuurlik reeds uit binnekant - so om die keel te sny op die bok om uit te bloei is nie nodig nie. Kopskoot bokke bloei ook baie, en sommige nek skote ook.

So waar kom die keelsny na die skoot dan nou vandaan?
Dis n feit dat bloed in die vleis dit vinniger laat af/sleg raak. Dis ook hoe ek grootgeword het, en dit 'voel' vir my verkeerd om nie die keel te sny as ek by die bok kom nie - dis n ritueel. N ander aspek is dat indien n bok le vir n uur of langer en die keel is nie gesny nie - gaan hy begin opblaas - dus help die keelsny om die pens gasse te ontsnap as die bok n ruk le voor afslag.
Dis ook n Christelike 'ding' omdat die bybel jou verbied om die bloed te eet en die 'keelafsny ritueel' is deel daarvan om van soveel as moontlik bloed ontslae te raak.
My 5 c
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Bok uitbloei

Post by alecjohnson »

FHM Jy is reg met as die hart gestop het bloei die dier nie ordentlik uit nie, Ek is te lief vir 'n bladskoot, en my neef skiet al sy gemsbokke net brein oor hy die magtige 243 gebruik. Nou hy het my vertel dat met bladskote 'n gemsbok se vleis baie minder bloed gooi as breinskoot bok. my bladskoot gems is heeltemal gemaal en na 2 dae staan het daar so 3 koppies bloed uitgeloop. Sy kopskoot wat gemaal was, moes na ure uitgegooi word, en so het dit aangehou uitloop.
Harambe
Hero Member
Hero Member
Posts: 681
Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm

Re: Bok uitbloei

Post by Harambe »

As jy daai bok weeg nadat hy uitgebloei het, gaan hy minder weeg. So as jy per kg betaal, gaan jy score. Anders nie. Dis nou nie 'n antwoord nie, ek las maar net 'n ou stertjie aan.
Of so iets
Zuku
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 299
Joined: Mon May 29, 2017 7:28 pm

Re: Bok uitbloei

Post by Zuku »

JohanvB wrote: en sny dan die bok se keel om te bloei..
Ek ken n ou slagter wat altyd sê "sny die keel en knaaters onmiddelik af en dan smaak jou vleis beter" So is ek maar geleer en doen dit nog steeds. Of daar n verskil is weet ek nie. Die slim "Fleischmasters" sê daar is te veel salinity (as ek reg onthou) as die bok nie reg uitbloei nie
User avatar
Chris Roux
Newbie
Newbie
Posts: 47
Joined: Tue Apr 12, 2016 4:20 pm

Re: Bok uitbloei

Post by Chris Roux »

Wat ek eendag waargeneem het.

Ons jag in Noord Natal, Skoonpa skiet n rooibok ram dubbel long deur die blaaie. By die bok gekom sny hy dadelik keel en haal die "twak sak" ook af (iets wat hy nog altyd doen met ram en bulle). Die bok het nog redelik uitgebloei.
Nie ver daarvandaan is dit my beurt op die rooibokke en ek kry ook dubbel long skoot. By hom aangekom, rig ek hom eers op vir n paar fotos en nabetragting en sny nie die keel nie. Nadat die bokke afgeslag is kon ek duidelik n verskil in die karkaste se kleur sien. Myne was redelik donker rooi teenoor syne se ligter pienk. Ek skryf die verskil toe aan die feit dat een se keel gesny was en die ander een nie.

Ek sny nou maar ook die keel.
Ek is jagter, ek het my siel in die bos verloor. - Appel
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Bok uitbloei

Post by FHM »

Dis n feit dat jou vleis donkerder vertoon as hy nie gebloei is nie ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Boesman10
Hero Member
Hero Member
Posts: 946
Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am

Re: Bok uitbloei

Post by Boesman10 »

In die Karoo is ons modus operandi om eers fotos te neem en dan binnegoed uit te haal en dan die bok te laai. Na die binnegoed uit is het ek nog nooit enige nodigheid gesien om keel af te sny nie. Ons doen deselfde met al die kliente wat kom jag op die plaas en kan nie se ons het al ooit 'n bok verloor oor die keel nie afgesny was nie. By die slagplek word die kop eerste afgesny en dan word die bok met 'n hak opgetrek vir afslag. Enige laaste bloed loop dan uit tydens die afslag proses.
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Bok uitbloei

Post by wlm »

Persoonlik hou ek nie van keelaf sny nie. Dit maak net 'n groot stuk rou vleis wat vol grond en ander vuilis kan raak. Die afgesnyde slukderm kan ook pensmis op jou nekvleis laat kom. Dit lyk ook onooglik.
Beter manier is om die groot aar teen die rugstring oop te sny na die pens verwyder is. Daar kom verbasend baie bloed uit. Draai dan net die bok op sy pens en al die bloed loop uit.
User avatar
Barry Loock
Full Member
Full Member
Posts: 165
Joined: Sat Jan 02, 2016 10:05 pm

Re: Bok uitbloei

Post by Barry Loock »

Bloei die bok uit deur die nekslagaar onder die oor waar die nek begin oop te sny.
Dit is glad nie n groot sny nie.
By kleiner bokke miskien n dium lank en 2 dium by groter bokke.
Dit verhoed dat stof en sand in die groot wond inkom

Sent from my CLT-L09 using Tapatalk
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Bok uitbloei

Post by PWV »

wlm wrote:Persoonlik hou ek nie van keelaf sny nie. Dit maak net 'n groot stuk rou vleis wat vol grond en ander vuilis kan raak. Die afgesnyde slukderm kan ook pensmis op jou nekvleis laat kom. Dit lyk ook onooglik.
Beter manier is om die groot aar teen die rugstring oop te sny na die pens verwyder is. Daar kom verbasend baie bloed uit. Draai dan net die bok op sy pens en al die bloed loop uit.
Luister vir wlm. Dis die buikslagaar waarvan hy praat. Hoe meer die blok bloei, hoe beter. Hoe meer bloedverlies, hoe langer kan die vleis hou. Bloed is 'n goeie teelaarde vir kieme.

Die knaters wat afgesny word, is maar 'n bygeloof. 'n Ou wat dalk jaloers was op die bok se tools en toe word dit 'n gewoonte of ritueel wat van geslag tot geslag oorgedra word.
JK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Thu Nov 24, 2011 11:01 am

Re: Bok uitbloei

Post by JK »

Ons sny die keel af en laai die bok. Ek los niks vir die jakalse nie. ;D
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Bok uitbloei

Post by FHM »

wlm wrote:Persoonlik hou ek nie van keelaf sny nie. Dit maak net 'n groot stuk rou vleis wat vol grond en ander vuilis kan raak. Die afgesnyde slukderm kan ook pensmis op jou nekvleis laat kom. Dit lyk ook onooglik.
Beter manier is om die groot aar teen die rugstring oop te sny na die pens verwyder is. Daar kom verbasend baie bloed uit. Draai dan net die bok op sy pens en al die bloed loop uit.
Mens skraap en knoop hom mos vinnig - 10 - 15 sek ;)
Last edited by FHM on Tue Aug 27, 2019 1:22 pm, edited 1 time in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Bok uitbloei

Post by Gawie(13mm) »

Daar in die Karoo waar ek my springbokke loop haal, is ek ook geleer om te maak soos my vriend Wlm beduie.
Die hare op die nek maak ook die lem onnodig stomp. :laugh:
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2149
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Bok uitbloei

Post by Koos Barnard »

Jip stem saam met Wlm en Gawie, ek sny altyd buikaar.
Post Reply