Next Level Silencers

Nicol Brand
Newbie
Newbie
Posts: 13
Joined: Tue Aug 20, 2019 8:05 pm

Re: Next Level Silencers

Post by Nicol Brand »

jankraay wrote:
Hansieslim wrote:Hoe klein sal die inkrementverstallings moet wees?
Jy sal sien met jou 1ste verstelling hoe hy reageer en dan self aanpas van daar af. Nie elke loop gaan dieselfde reageer nie.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Hierdie is die waarheid, die effek is duideliker by lang, dun lope as by kort dikkes.
Nicol Brand
Newbie
Newbie
Posts: 13
Joined: Tue Aug 20, 2019 8:05 pm

Re: Next Level Silencers

Post by Nicol Brand »

Malan123 wrote:Weet enige iemand al wat hulle prys?
Malan ek is seker ek het vandag met jou gepraat, maar die prys verskil tussen die MK2 en MK3 en dan weer tussen wat jy wil opsit bv. die barrel jump breaker. Maar dit wissel van R2300-R3000. Dit sluit in courier/Postnet, NLS-3 olie en multi-tool waar van toepassing.
Nicol Brand
Newbie
Newbie
Posts: 13
Joined: Tue Aug 20, 2019 8:05 pm

Re: Next Level Silencers

Post by Nicol Brand »

Jaco V wrote:Ek het geen twyfel dat die barrel tuner gedeelte mooi sal werk as sy posisie op die silencer en vakmanskap deeglik is nie.

Ek sien uit om te hoor hoe sy vermoe om recoil te demp op een van die "super 7s" sal vergelyk met die ander groot name.
Dis darem lekker om POI te kan sien deur die teleskoop op 300m, en help natuurlik baie vir korregering.
Jaco, daar is virseker stiller dempers as die Next Level. Ek het hom ontwerp om n goeie balans te wees tussen gewig, lengte, recoil en klank. wat n mens op die een plek wen, verloor jy weer op n ander. Die barrel tuner is my "claim-to-fame" in n kompeterende mark van bitter goeie plaaslike dempers. Vir elke demper is daar n doel, ek het baie ander mense se dempers op van my roere, vir n spesifieke rede, vir n spesifieke werk. Ek probeer wegbly daarvan om dempers aan mense te verkoop wat nie hoofsaaklik vir die tuner koop nie, ek het gevind dat ek n baie spesifieke mark het van mense wat al op die volgende vlak is met herlaai/balistiek etc.

Ek het ook n opsionele voorstuk wat verstelbaar is om loopwip te manupileer, dis gate wat met grub-screws oop en toe gedraai kan word. hoe meer jy aan die bo-kant oopdraai, hoe meer druk die gas die loop af. ek hoop dit maak sin
User avatar
Jaco V
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 292
Joined: Thu Jan 08, 2015 6:38 pm

Re: Next Level Silencers

Post by Jaco V »

Dankie Nicol
Ek vertrou jou produk gaan goed doen, sal my hande op een probeer kry om te toets.
Groete
Jaco

CZ 416 Rigby, Vektor 300H&H, Sako 222 Rem, Howa 6.5Creed, Walther KKM .22, Walther KK300 .22, Mauser Obendorf .22, Anschutz Mod54 .22, Beretta SV10 and Ruger Speedsix.357
Hansieslim
Hero Member
Hero Member
Posts: 1373
Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am

Re: Next Level Silencers

Post by Hansieslim »

Nicol. Van watter Brands is jy? Armand se wêreld het mos 'n klomp Brands. Jys nie dalk Marana se broer nie? Jammer vir die hi-jack ouens.
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
Hansieslim
Hero Member
Hero Member
Posts: 1373
Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am

Re: Next Level Silencers

Post by Hansieslim »

Hansieslim wrote:Hoe klein sal die inkrementverstallings moet wees?
Ek vra hierdie vraag omdat ek my inkremente 45°gemaak het. M.a.w. ek't by 12h00 begin en toe na 10h30 en toe 09h00 ens ens. Maar...ek't dit net vir 360° gedoen = 1 x omwenteling. My vraag is dus nou :

- Is die 45° verstellings dalk te grof?
- Sal mens bv 'n "sweet spot" kan kry as mens verder as net een omwenteling gaan, want ekt na 360° gestop.

Baie netjiese produk.
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13662
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Next Level Silencers

Post by Geno »

Hansman. Ek dink 45º is kwaai grof.

http://www.accuratereloading.com/hoen40008.jpg
Goed, beter, 6millimeter!
Matewis28
Full Member
Full Member
Posts: 132
Joined: Sun Oct 12, 2014 5:47 am

Re: Next Level Silencers

Post by Matewis28 »

Hansieslim wrote:Nicol. Van watter Brands is jy? Armand se wêreld het mos 'n klomp Brands. Jys nie dalk Marana se broer nie? Jammer vir die hi-jack ouens.
Van Hansgat se Brands
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: Next Level Silencers

Post by jankraay »

Geno wrote:Hansman. Ek dink 45º is kwaai grof.

http://www.accuratereloading.com/hoen40008.jpg
Stem saam met Geno. Fyner verstellings as dit soos in die foto lyk.


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Victor_
Full Member
Full Member
Posts: 220
Joined: Fri Jan 08, 2016 2:34 pm

Re: Next Level Silencers

Post by Victor_ »

Hansieslim wrote:Nicol. Van watter Brands is jy? Armand se wêreld het mos 'n klomp Brands. Jys nie dalk Marana se broer nie? Jammer vir die hi-jack ouens.
Lambert Brand is Marana se broer


Sent from my iPhone using Tapatalk
Nicol Brand
Newbie
Newbie
Posts: 13
Joined: Tue Aug 20, 2019 8:05 pm

Re: Next Level Silencers

Post by Nicol Brand »

Victor_ wrote:
Hansieslim wrote:Nicol. Van watter Brands is jy? Armand se wêreld het mos 'n klomp Brands. Jys nie dalk Marana se broer nie? Jammer vir die hi-jack ouens.
Lambert Brand is Marana se broer

Dis 100% reg, ons is familie. Die idee om die tuner in die demper in te bou kom juis van hom af.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Nicol Brand
Newbie
Newbie
Posts: 13
Joined: Tue Aug 20, 2019 8:05 pm

Re: Next Level Silencers

Post by Nicol Brand »

Hansieslim wrote:
Hansieslim wrote:Hoe klein sal die inkrementverstallings moet wees?
Ek vra hierdie vraag omdat ek my inkremente 45°gemaak het. M.a.w. ek't by 12h00 begin en toe na 10h30 en toe 09h00 ens ens. Maar...ek't dit net vir 360° gedoen = 1 x omwenteling. My vraag is dus nou :

- Is die 45° verstellings dalk te grof?
- Sal mens bv 'n "sweet spot" kan kry as mens verder as net een omwenteling gaan, want ekt na 360° gestop.

Baie netjiese produk.

Baie dankie vir die komliment, Ja ek dink die kans is baie groot dat jy "oor" n node kan spring met so n groot verstelling. dis hoekom hy in 10 verstellings per mm opgedeel is. daar is nie n resep nie, elke roer is anders. skiet stel, pas aan, tune...
Hansieslim
Hero Member
Hero Member
Posts: 1373
Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am

Re: Next Level Silencers

Post by Hansieslim »

OK, dan was my benadering GROF-lik verkeerd gewees. Ek het my lading (wat puik geskiet het met 'n Mamba demper) geneem en 0.2gr laer gelaai. M.a.w. ek't aspris uit die "nodeband" uit gelaai. Toe die growwe (45° inkremente) verstellings gemaak in die hoop dat ek iewers iets sou kry wat toon dat daar 'n verbetering is. Op daardie punt wou ek dan eers fyner begin stel het.

So ek erken dat ek dit verkeerd gedoen het. Maar, ek wou ook nie vir elke 1° (EEN GRADE) elk 3 skoot groeperings geskiet het nie. 360x3=1080 skote. So ek dink ook nie dit was heeltemal verkeerd gewees om met die growwe verstellings te begin het nie. Nee, obviously weet ek niks van barrel tuning af nie.

Nicol. Wat sal die regte benadering wees om jou produk reg te toets? Is daar e.o.a. werkswyse om te volg?
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
Hansieslim
Hero Member
Hero Member
Posts: 1373
Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am

Re: Next Level Silencers

Post by Hansieslim »

Nicol ek hoop nie jy gee om nie, maar ek plaas gou n foto of 2 vir die ouens wat nog nie jou produk gesien het nie.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
Hansieslim
Hero Member
Hero Member
Posts: 1373
Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am

Re: Next Level Silencers

Post by Hansieslim »

OK ek sien eks agter die tyd. Nou net jou voorgestelde prosedure gesien op : https://karoooutdoor.com/collections/ne ... -silencers
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
Nicol Brand
Newbie
Newbie
Posts: 13
Joined: Tue Aug 20, 2019 8:05 pm

Re: Next Level Silencers

Post by Nicol Brand »

Hansieslim wrote:OK, dan was my benadering GROF-lik verkeerd gewees. Ek het my lading (wat puik geskiet het met 'n Mamba demper) geneem en 0.2gr laer gelaai. M.a.w. ek't aspris uit die "nodeband" uit gelaai. Toe die growwe (45° inkremente) verstellings gemaak in die hoop dat ek iewers iets sou kry wat toon dat daar 'n verbetering is. Op daardie punt wou ek dan eers fyner begin stel het.

So ek erken dat ek dit verkeerd gedoen het. Maar, ek wou ook nie vir elke 1° (EEN GRADE) elk 3 skoot groeperings geskiet het nie. 360x3=1080 skote. So ek dink ook nie dit was heeltemal verkeerd gewees om met die growwe verstellings te begin het nie. Nee, obviously weet ek niks van barrel tuning af nie.

Nicol. Wat sal die regte benadering wees om jou produk reg te toets? Is daar e.o.a. werkswyse om te volg?
Hansieslim, hy is opgedeel in tien verstellings per omwentelling. MAW n verstelling elke 36 grade (met halwes tussen-in). Die tuner kan vier omwentelinge doen, dus veertig verstellings en tagtig halwes. EK stel ook voor om in die begin sommer net twee skote per groep te skiet. hoe dikker die loop is, hoe minder drasties is die verandering in die size van die groep. Ek sou voorstel: skiet twee skote, stel enige kant toe, kyk die effek, hou aan in dieselfde rigting as die groep krimp, draai anderkant as die groep groter raak. Twee skote per verstelling behoort jou twintig skote te gee per omwenteling. As jy hom begin ken gaan jy ses skote skiet dan werk hy.

Vir die tuner om te werk is daar n paar dinge wat in plek moet wees, jou ammo moet konstant wees (wel so in jou geval) en die sisteem moet n konstante reaksie op die ammo he. Daarom sal hy geen effek he op n roer waarop iets pla nie. Baie mense gebruik die tuner net om te kyk of hy wel reageer op die tuner voor hulle begin herlaai. ons weet hoe nutteloos n herlaai sessie kan wees as n kolf druk of n kroon het seergekry etc. Ek hoop dit help, jy is ook welkom om my te skakel 0812375dubbel nul 7
Nicol Brand
Newbie
Newbie
Posts: 13
Joined: Tue Aug 20, 2019 8:05 pm

Re: Next Level Silencers

Post by Nicol Brand »

Hansieslim wrote:Nicol ek hoop nie jy gee om nie, maar ek plaas gou n foto of 2 vir die ouens wat nog nie jou produk gesien het nie.
Dankie vir die fotos, ek sien jy praat van die Mamba, as dit Pottie van Pietersburg sn is dan is dit n baie goeie demper. hier is n topic oor ali dempers, ek wil nie sy geheim weggee nie, maar van almal wat ek al getoets het is hy eintlik die enigste ander ou wat die regte materiaal gebruik.
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3653
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Next Level Silencers

Post by JPS »

Met ‘n tuner (glo selfde konsep sal seker hier werk, Nicol kan kom verduidelik hoe hy dit sien) werk die duimreel soos volg:
1. Kry ladingwat relatief goed skiet met die tuner vas gedraai.
2. Skiet dan 2 skote met 22,5 grade verstelling op slag uit.
3. Jy behoort tipe van sinus golf te sien met die groeperings as jy dit op mikpunte op horisontale lyn doen.
4. Daar waar die koels inmekaar / bymekaar skiet meri jy en werk dan so 2mm op slag a een kant en dan weer na ander kant. Jy behoort vinnig te sien waar hy toemaak en oopmaak. Dan kan jy dit merk en dan daar skiet.
5. Elke koel en spoed kombinasie gaan veranderlikes teweeg bring so hou dit maar in gedagte.

Bogenoemde is manier wat paar f klas skuts gebruik met goeie sukses. Ander manier sal seker ook werk.
Nicol Brand
Newbie
Newbie
Posts: 13
Joined: Tue Aug 20, 2019 8:05 pm

Re: Next Level Silencers

Post by Nicol Brand »

JPS wrote:Met ‘n tuner (glo selfde konsep sal seker hier werk, Nicol kan kom verduidelik hoe hy dit sien) werk die duimreel soos volg:
1. Kry ladingwat relatief goed skiet met die tuner vas gedraai.
2. Skiet dan 2 skote met 22,5 grade verstelling op slag uit.
3. Jy behoort tipe van sinus golf te sien met die groeperings as jy dit op mikpunte op horisontale lyn doen.
4. Daar waar die koels inmekaar / bymekaar skiet meri jy en werk dan so 2mm op slag a een kant en dan weer na ander kant. Jy behoort vinnig te sien waar hy toemaak en oopmaak. Dan kan jy dit merk en dan daar skiet.
5. Elke koel en spoed kombinasie gaan veranderlikes teweeg bring so hou dit maar in gedagte.

Bogenoemde is manier wat paar f klas skuts gebruik met goeie sukses. Ander manier sal seker ook werk.
Ek kan geen fout sien met die manier nie. Die prinsiep bly dieselfde, dis net in n demper. EK moet ook net byse dat hier nie oor die algemeen met bv 30" heavy palma lope in .308 geskiet word nie. Die sisteme/gewere verskil baie meer bv. lank/kort/dik/dun lope, dan nog kalibers ook. ongelukkig bly dit trail and error soos jy gese het.
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3653
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Next Level Silencers

Post by JPS »

Nicol,

Ek dink dit is baie baie inoverende produk wat jy het. En baie soim om dit in Demper in te sit. Dink manne wat nie herlaai nie en fabrieks amunusie skiet kan dalk baie baat by die om groeppe meer aanvaarbaar te kry vir jag doeleindes ook in plaas van om klomp verskillende sootte patrone te koop en te toets todat hulle iets kry wat aanvaarbaar groep in hulle geweer.

Dit sal dus nie net vir manne met goeie herlaai tegniek ens. help nie.

Mooiloop
User avatar
KarooOutdoor Co.
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 66
Joined: Thu Feb 07, 2019 3:24 pm

Re: Next Level Silencers

Post by KarooOutdoor Co. »

Julle kan die Next Level Silencers aanlyn bestel by www.karoooutdoor.com.

Gaan na die skakel:
https://karoooutdoor.com/collections/ne ... -silencers

Kontak ons enige tyd by 063 265 0742 of info@karoooutdoor.co.za.

Groete,

KarooOutdoor Co.
Post Reply