Aluminum knaldempers?
-
Lamtjop
- Hero Member

- Posts: 831
- Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm
Aluminum knaldempers?
Naand almal ek lees so dan en wan raak dat alu knaldempers hou nie. So ruk terug iets oor moose hier op forum gelees nou weer oor n achmed en op oorsese forums ook baie opinies dat dit nie hou nie. Nou my vraag hier in SA is baie knaldempers van aluminum, maar watter hou en watter vou. Ek soek iets wat lig is maar die goed is deesdae so duur ek wil nou nie geld in die water gooi nie. Ek het al trueworx sin in aksie gesien en dit lyk en klink goed maar wat van durability. Wat sê julle.
-
Nicol Brand
- Newbie

- Posts: 13
- Joined: Tue Aug 20, 2019 8:05 pm
Re: Aluminum knaldempers?
Ek maak ook n Ali demper (wil nie nou die naam se en adverteer nie), en wat jy se is reg. Daarom het ek gaan kyk na watter dele die meeste houe vat en gemaak dat dit vervang kan word na 3000 of 4000 skote. Hoop dit help
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1878
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Aluminum knaldempers?
Die beter aluminium dempers het staal insetsels op die dele wat die vinnigste erodeer.
As jou alu demper so 'n wit dampie blaas as jy skiet, dan is dit nie 'n zol wat hy rook nie, hy brand aluminium...
As jou alu demper so 'n wit dampie blaas as jy skiet, dan is dit nie 'n zol wat hy rook nie, hy brand aluminium...
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3530
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: Aluminum knaldempers?
Lamtjop, dit is nou maar net so dat heen Alu demper so taai en gehard soos n staal demper kan wees nie. Dit gaan oor wat jou behoeftes is. Voordeel van die Alu dempers is dat van hulle uitmekaar kan draai en jy kan hom dan van bi ne af skoonmaak. Dit sal maak dat die demper jaaaare hou. Die staal dempers kan houe vat maar as hy toe gecarbon is kan jy hom maar weg gooi.
Groetnis
Groetnis
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Aluminum knaldempers?
Armand, hier wil ek met jou verskil. Staal dempers kan kan skoongemaak word deur dit oornag in lampolie te week of in 'n "soniese bad" te sit. Ek dien dit gereeld met my ERC dempers. Met die een het ek al 'n loop uitgeskiet. Hy staan seker op 3500 skote.Armand Steenkamp wrote:Lamtjop, dit is nou maar net so dat heen Alu demper so taai en gehard soos n staal demper kan wees nie. Dit gaan oor wat jou behoeftes is. Voordeel van die Alu dempers is dat van hulle uitmekaar kan draai en jy kan hom dan van bi ne af skoonmaak. Dit sal maak dat die demper jaaaare hou. Die staal dempers kan houe vat maar as hy toe gecarbon is kan jy hom maar weg gooi.
Groetnis
Die nadeel van aluminium dempers is dat oksidasie die aluminium wegvreet. Staal skorte help, maar indien die hulsel beskadig word, is jy gebol.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3530
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: Aluminum knaldempers?
Gawie ja ek hoor jou, ek doen dit nou nie, seker maar luigatgeit.. Wat ek wonner is hoe effektief is daai skoonmaak van n staal demper rerig? Hoe weet jy hoefeel carbon jy uitkry? Dalk as jy nie te baie skote geskiet het nie, maar as n man heelwat skote geskiet het dan twyfel ek of n man al die carbon sal uitkry. Daai carbon is klip, klip hard! Maar ja dis maar net gedagtes. N man sal n demper moet oop saag was op daai manier skoon gemaak is.Gawie(13mm) wrote:Armand, hier wil ek met jou verskil. Staal dempers kan kan skoongemaak word deur dit oornag in lampolie te week of in 'n "soniese bad" te sit. Ek dien dit gereeld met my ERC dempers. Met die een het ek al 'n loop uitgeskiet. Hy staan seker op 3500 skote.Armand Steenkamp wrote:Lamtjop, dit is nou maar net so dat heen Alu demper so taai en gehard soos n staal demper kan wees nie. Dit gaan oor wat jou behoeftes is. Voordeel van die Alu dempers is dat van hulle uitmekaar kan draai en jy kan hom dan van bi ne af skoonmaak. Dit sal maak dat die demper jaaaare hou. Die staal dempers kan houe vat maar as hy toe gecarbon is kan jy hom maar weg gooi.
Groetnis
Die nadeel van aluminium dempers is dat oksidasie die aluminium wegvreet. Staal skorte help, maar indien die hulsel beskadig word, is jy gebol.
Groetnis
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Aluminum knaldempers?
Hoeveel skote sou julle sê is "nie lank hou nie"? Ek gebruik uitsluitlik ALU KD's en het al gemaklik 4000+ skote deur die een geskiet en maklik 3500+ deur die ander een. Ek kon nog nie enige probleme sien nie en het ook nog nie een van die 2 werklik aggressief skoongemaak nie.... As mens die prys van 'n loop vervanging en 'n KD vergelyk, is ek gemaklik om saam met elke loop 'n nuwe KD te koop.
Aim small, miss small
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Aluminum knaldempers?
'n Knaldemper is 'n verbruiksitem so jy moet darem 1000 skote plus kan kry. Die Achmed was klaar na 500+- deur die 300wsm. Baie mense dink hulle kan knaldempers bou maar sodra daai demper op 'n magnum kaliber kom dan val dit uit die bus uit.
- Aceofspades
- Hero Member

- Posts: 598
- Joined: Sat Sep 20, 2014 8:59 pm
Re: Aluminum knaldempers?
En dan vra niemand van watter soort aluminium die demper gemaak word nie. Om 'n stukkie goedkoop, sagte drek te koop en te gebruik gaan nie werk nie. Al annodise jy hom, gaan sy lewe bra kort wees.
O ja, en Aircraft Aluminium en Space Grade bestaan nie
Kriek
O ja, en Aircraft Aluminium en Space Grade bestaan nie

Kriek
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6974
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Aluminum knaldempers?
Dis maar hoe ek die turbo op my Ford ook sien….ruaanb wrote:'n Knaldemper is 'n verbruiksitem
Kaping af….
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
- Philip_R
- Hero Member

- Posts: 613
- Joined: Tue Jul 23, 2013 12:22 pm
Re: Aluminum knaldempers?
Dit is darem nie heeltemal waar nie. Die aluminium wat gebruik word om jet engines te maak wat uit een kristal gegroei word voor dit machine word is die enigste Aircraft grade wat ook maar 'n 7000 reeks is. Maar daar is nie 'n manier hoe so stuk gebruik sal word vir 'n demper nie.Aceofspads wrote: O ja, en Aircraft Aluminium en Space Grade bestaan nie
Kriek
As jy nie iets met "Force" regkry nie, Gebruik jy nie genoeg "Force" nie....
Musgrave 375 H&H,
Howa .308 Win
Krico 223 Rem
Musgrave 375 H&H,
Howa .308 Win
Krico 223 Rem
-
Knewel
- Sr. Member

- Posts: 271
- Joined: Fri Dec 02, 2016 10:44 pm
Re: Aluminum knaldempers?
Die twee silencers wat ek al vir myself gebou het, het drie goed wat dieselfde is. Die nut wat op die geweer skroef is stainless. Ek het al te veel gesien hoe 'n aluminium draad strip of 'seize' op die loop. Die eerste kamer/blast chamber van die silencer het 'n stainless sleeve binne in wat hom beskerm teen oksidasie. Die eerste baffle is ook 316 stainless. Die tube van die silencer is natuurlik aluminium om gewig te bespaar. 7075 aluminium is in 'n ander klas maar werk te duur uit
'Shooting is all about confidence' -Tubby Smith
- Aceofspades
- Hero Member

- Posts: 598
- Joined: Sat Sep 20, 2014 8:59 pm
Re: Aluminum knaldempers?
Ek verstaan wat jy sê van ASC. Dit word wel gebruik in sekere turbines, maar dit staan nog steeds nie bekend as Aircraft Grade nie. Daar is ook menige ander grade wat in lugvaart gebruik word.Philip_R wrote:Dit is darem nie heeltemal waar nie. Die aluminium wat gebruik word om jet engines te maak wat uit een kristal gegroei word voor dit machine word is die enigste Aircraft grade wat ook maar 'n 7000 reeks is. Maar daar is nie 'n manier hoe so stuk gebruik sal word vir 'n demper nie.Aceofspads wrote: O ja, en Aircraft Aluminium en Space Grade bestaan nie
Kriek
Die ding vir my is net dat daar al baie, baie mense 'n part, fiets, dakrak, stoel ens gekoop het, en ingedoen is, oor Aircraft Grade aluminium. Dan is dit iets soos 3004 wat herwin is.
Nou moet ek ook sê, ek weet maar van aluminium omdat ek belang stel en bietjie werk met dit. Hier moet ouens weet wat ver meer hieroor weet as ek. So stel my reg as ek verkeerd is.
Kriek
-
Lamtjop
- Hero Member

- Posts: 831
- Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm
Re: Aluminum knaldempers?
Sal 7075 dan voldoende wees?
- Philip_R
- Hero Member

- Posts: 613
- Joined: Tue Jul 23, 2013 12:22 pm
Re: Aluminum knaldempers?
Dit wat jy sê is 100% reg. En die “Aircraft grade” ding is maar n verkoops foefie omdat hulle weet meeste mense dink nie verder nie.Aceofspads wrote: Ek verstaan wat jy sê van ASC. Dit word wel gebruik in sekere turbines, maar dit staan nog steeds nie bekend as Aircraft Grade nie. Daar is ook menige ander grade wat in lugvaart gebruik word.
Die ding vir my is net dat daar al baie, baie mense 'n part, fiets, dakrak, stoel ens gekoop het, en ingedoen is, oor Aircraft Grade aluminium. Dan is dit iets soos 3004 wat herwin is.
Nou moet ek ook sê, ek weet maar van aluminium omdat ek belang stel en bietjie werk met dit. Hier moet ouens weet wat ver meer hieroor weet as ek. So stel my reg as ek verkeerd is.
Kriek
Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
As jy nie iets met "Force" regkry nie, Gebruik jy nie genoeg "Force" nie....
Musgrave 375 H&H,
Howa .308 Win
Krico 223 Rem
Musgrave 375 H&H,
Howa .308 Win
Krico 223 Rem
-
Nicol Brand
- Newbie

- Posts: 13
- Joined: Tue Aug 20, 2019 8:05 pm
Re: Aluminum knaldempers?
7075 is eintlik die een wat die beste werk, solank hy n T6 temper het. Ek gebruik die ali wat die beste hitte gelei. Die rede vir dit is om die druk te verlaag. Die formule vir gasdruk is die hoeveelheid gasmolekules maal die hitte, gedeel deur die binne-volume. So om laer druk te kry moet jy of die volume van die "expansion chamber" vergroot of die temperatuur afbring. Wet op die behoud van energie se dat die hitte iewers heen moet gaan, so nou word dit ge-absorbeer deur die demper en in die lug versprei. Dis alles teoreties en ekself het nie die maniere om dit te toets nie, maar baie van die ander eienskappe van ali is so marginaal dat dit my rede is.Lamtjop wrote:Sal 7075 dan voldoende wees?
-
Knewel
- Sr. Member

- Posts: 271
- Joined: Fri Dec 02, 2016 10:44 pm
Re: Aluminum knaldempers?
Laaste keer wat ek uitgevind het word 7075 T6 ook net op 'special order' bestel. Was by 'n groot verskaffer in die Kaap gewees. In my opinie dra titaan al die eienskappe as materiaal om 'n goeie knaldemper van te bou maar is baie duur en masjien baie moeiliker as jou gewone stale
'Shooting is all about confidence' -Tubby Smith
-
Nicol Brand
- Newbie

- Posts: 13
- Joined: Tue Aug 20, 2019 8:05 pm
Re: Aluminum knaldempers?
ja 7075 T6 is nie so vollop nie, maar hy machine ook lekker. Titaan wen al die argumente....tot jy hom moet koop en met hom moet werk!Knewel wrote:Laaste keer wat ek uitgevind het word 7075 T6 ook net op 'special order' bestel. Was by 'n groot verskaffer in die Kaap gewees. In my opinie dra titaan al die eienskappe as materiaal om 'n goeie knaldemper van te bou maar is baie duur en masjien baie moeiliker as jou gewone stale
-
Knewel
- Sr. Member

- Posts: 271
- Joined: Fri Dec 02, 2016 10:44 pm
Re: Aluminum knaldempers?
Dis baie waar! Ek het 'n pel wat vir 'n maatskappy werk wat mediese toerusting vervaardig uit titaan. So paar jaar terug het hulle 'n cnc draaibank uitgebrand met titaan 'shavings'. Blykbaar is dit vlambaar. Die coolant pomp het tussen die een van die skof ruilings gaan staan vir een of ander rede. Toe hulle terug kom toe is dit net vlamme!
'Shooting is all about confidence' -Tubby Smith
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2489
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: Aluminum knaldempers?
Ek gooi draincleaner in my staal demper hy vreet al die carbon en paint af ook, spuit hom goed uit met olie en weer reg vir baie skoteArmand Steenkamp wrote:Gawie ja ek hoor jou, ek doen dit nou nie, seker maar luigatgeit.. Wat ek wonner is hoe effektief is daai skoonmaak van n staal demper rerig? Hoe weet jy hoefeel carbon jy uitkry? Dalk as jy nie te baie skote geskiet het nie, maar as n man heelwat skote geskiet het dan twyfel ek of n man al die carbon sal uitkry. Daai carbon is klip, klip hard! Maar ja dis maar net gedagtes. N man sal n demper moet oop saag was op daai manier skoon gemaak is.Gawie(13mm) wrote:Armand, hier wil ek met jou verskil. Staal dempers kan kan skoongemaak word deur dit oornag in lampolie te week of in 'n "soniese bad" te sit. Ek dien dit gereeld met my ERC dempers. Met die een het ek al 'n loop uitgeskiet. Hy staan seker op 3500 skote.Armand Steenkamp wrote:Lamtjop, dit is nou maar net so dat heen Alu demper so taai en gehard soos n staal demper kan wees nie. Dit gaan oor wat jou behoeftes is. Voordeel van die Alu dempers is dat van hulle uitmekaar kan draai en jy kan hom dan van bi ne af skoonmaak. Dit sal maak dat die demper jaaaare hou. Die staal dempers kan houe vat maar as hy toe gecarbon is kan jy hom maar weg gooi.
Groetnis
Die nadeel van aluminium dempers is dat oksidasie die aluminium wegvreet. Staal skorte help, maar indien die hulsel beskadig word, is jy gebol.
Groetnis
Sent from my SM-G610F using Tapatalk
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Aluminum knaldempers?
Interessant, dink jy die tyd is genoeg om die gas se hitte noemenswaardig te verlaag sodat jy n kleiner demper sou kon motiveer?Nicol Brand wrote:7075 is eintlik die een wat die beste werk, solank hy n T6 temper het. Ek gebruik die ali wat die beste hitte gelei. Die rede vir dit is om die druk te verlaag. Die formule vir gasdruk is die hoeveelheid gasmolekules maal die hitte, gedeel deur die binne-volume. So om laer druk te kry moet jy of die volume van die "expansion chamber" vergroot of die temperatuur afbring. Wet op die behoud van energie se dat die hitte iewers heen moet gaan, so nou word dit ge-absorbeer deur die demper en in die lug versprei. Dis alles teoreties en ekself het nie die maniere om dit te toets nie, maar baie van die ander eienskappe van ali is so marginaal dat dit my rede is.Lamtjop wrote:Sal 7075 dan voldoende wees?
As ek nou daai som doen, ek mag dalk n fout begaan, neem jou volume van n 40mm diameter knaldemper met 1.56 maal toe as jy na n 50mm demper gaan wat in effek beteken as jy dieselfde in n 40mm demper wil doen as wat n 50mm demper jy die temperatuur met moet laat sak na 64% van die oorspronklike?
Deur te dink hieraan klink dit onrealisties om so daarna te kyk maar daar behoort tog n teoretiese getal te wees met hoeveel jy die temperatuur meer as ander metaal te kan laat sak en dan kan jy n ekwivalente volume vermeerdering ook uitwerk.
Jammer, hierdie is bietjie van die punt af
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
-
Nicol Brand
- Newbie

- Posts: 13
- Joined: Tue Aug 20, 2019 8:05 pm
Re: Aluminum knaldempers?
Arnold,Arnold wrote:Interessant, dink jy die tyd is genoeg om die gas se hitte noemenswaardig te verlaag sodat jy n kleiner demper sou kon motiveer?Nicol Brand wrote:7075 is eintlik die een wat die beste werk, solank hy n T6 temper het. Ek gebruik die ali wat die beste hitte gelei. Die rede vir dit is om die druk te verlaag. Die formule vir gasdruk is die hoeveelheid gasmolekules maal die hitte, gedeel deur die binne-volume. So om laer druk te kry moet jy of die volume van die "expansion chamber" vergroot of die temperatuur afbring. Wet op die behoud van energie se dat die hitte iewers heen moet gaan, so nou word dit ge-absorbeer deur die demper en in die lug versprei. Dis alles teoreties en ekself het nie die maniere om dit te toets nie, maar baie van die ander eienskappe van ali is so marginaal dat dit my rede is.Lamtjop wrote:Sal 7075 dan voldoende wees?
As ek nou daai som doen, ek mag dalk n fout begaan, neem jou volume van n 40mm diameter knaldemper met 1.56 maal toe as jy na n 50mm demper gaan wat in effek beteken as jy dieselfde in n 40mm demper wil doen as wat n 50mm demper jy die temperatuur met moet laat sak na 64% van die oorspronklike?
Deur te dink hieraan klink dit onrealisties om so daarna te kyk maar daar behoort tog n teoretiese getal te wees met hoeveel jy die temperatuur meer as ander metaal te kan laat sak en dan kan jy n ekwivalente volume vermeerdering ook uitwerk.
Jammer, hierdie is bietjie van die punt af
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Die druk verlaag beslis proporsioneel met hoeveel die volume vergroot (een van die groot redes hoekom groter dempers stiller is). Met hoeveel die hitte verminder as gevolg van energie wat in die demper in beweeg is waar dit moeilik raak om te meet. Ek glo ons praat nou in dieselfde rigting?
Ek glo n demper moet drie goed doen, die gas afkoel, die druk verlaag en die gas se spoed breek.
-
Hansieslim
- Hero Member

- Posts: 1373
- Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am
Re: Aluminum knaldempers?
Sjoe. Nou voel ek erg dom.
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR


