Laasweek nooi my vriend Thabo(Felix) my om Saterdag die 17de Augustus bietjie te gaan skiet op die lieflike 1000m skietbaan by sy plaas. Natuurlik stem ek in; wie kan nee se om te gaan teiken skiet daar waar die karoo vlaktes van Pearston die Coetzeebergreeks ontmoet wat 'n onmiddelike verandering in die biome bewerkstellig. Binne 'n kwessie van 'n paar kilometer beweeg jy van gelyke ooptes na steil hange en kranse met Pruim, Boerboon en Nieshoud bome.
Ek is besig om doppe te vorm vir my .243 Winchester wat ek onlangs by Gerrie Coetzee laat sny het na Ackley Improved, so ek soek rede om te skiet. Om die heletyd net doppe te maak is net so lekker en dit laat my toe wonder wat ek kan doen om sinvol doppe te vorm. Ek het so stelselmatig my skyfskiet roere begin toerus met die nuwe Vortex PST Gen II 5-25x50 SFP teleskope, deels omdat hulle reg geprys is, en alles bied wat ek verwag van 'n teleskoop vir die skietwerk wat ek doen. Die vorige teleskope wat ek opgehad het, het my telkemal teleurgestel deur nie die punt van impak te skuif soos ek die verstellings vir elevasie/wind, gemaak het nie. Dit het veroorsaak dat ek nie skiet waar ek korrel tydens kompetisies nie. Ek het die fout gemaak om geld te probeer spaar en op die einde baie meer geld uitgeskiet omdat ek dink daar is fout met my roer/lading en dies meer, terwyl die teleskoop nie sy werk doen nie.
Saterdag vertrek ons lekker vroeg uit Somerset-Oos na Thabo se plaas en word gegroet met 'n pragtige Groot Karoo sonopkoms.
https://lh3.googleusercontent.com/5usGCRMM0Ziv9uo45KzCijfqL9IsSGDnaZydxEnCU1X7Lr3TkAAMPjNLqpH61wip1hOb9ZekoXyS9SFryENNN98eaDKAUwXWhb518lf-tk7hSnyOnt2Ps6-Rgd6FEGHFAAtfaVXQwg=w2400
Ek het 'n teiken opgestel om die volgende van my Vortex te toets:
Vertikale verstelling (Elevation)
Horisontale verstelling (Windage)
Kruishaar kalibrasie (hoogte en wind)
"Zero repeatability"
By die baan aangekom het ons teikens op 100m gaan opsit en reggemaak vir 'n voormiddag van baie skiet, koffie drink en lag.
https://lh3.googleusercontent.com/-88uz9t7GfaIC-HFTHk8YTvSzRl5ZEzUTjxqMCiWRh8OFN36iB1APgaSuiQwKc691f01jxuWMXi02OZy8a0V-H1fG6LT3L1VqI05_Zl-LKMUQUZ_m1Kpr42xv5nY5gQh3hmKXgZPHA=w2400
Die lading wat ek skiet is uit en uit net om doppe te kan vorm, so ek het komponente gelaai wat ek nie weer gaan nodig kry of te duur is nie.
Doppe: Lapua
Primer: CCI 250
Kruit: 45gr S361
Punt: Hornady 75g HP Varmint (0.003"in lande gelaai)
Doel met die lading was veiligheid, ek wou nie druk opbou met die punte in die lande nie. Ek het nie veel hoop gehad interme van groepering vir die lading nie aangesien dit net so uit die lug getas was. Om die eksperiment sinvol te maak moes ek 'n kontrole groep skiet wat dan die maatstaf sal wees vir die toets van die Vortex.
Kontrole
https://lh3.googleusercontent.com/_b8hfKKlwegXONKR4IuZLYG34-3kZLsMX4KWgtC-udQ_gbxefi1vmwBwPFKzHoN_HRBT68aN3V_m-9fIVR8fzOAuRgJLmofj2e-1CvLKWT7Td7wK2V30OCiUQ_tAGnOhPYJzsbpkcA=w2400
Die eerste kol heel links is die kontrole, ander skote was slegs om die loop weer op te warm na lang rus periodes. Die kol is 19mm. Groot was my verbasing dat die lading so mooi groep, maar ek het geweet dat dit 'n hoe maatstaf stel want enigiets groter as dit gaan my laat twyfel in die teleskoop se vermoeens.
Boks toets
Ek het 'n boks gemaak met 16 MOA in hoogte en 10 MOA in breedte. My mikpunt bly links onder. Eerste rondte skiet ek anti-kloksgewys en dan weer kloksgewys. Dit herhaal ek tot ek drie skote op elke punt het.
Die verstellings was foutloos om die minste te se, dit is duidelik dat ek konsentrasie verloor wanneer ek weer op my "zero"skiet aangesien hy die slegste groep van almal was!
https://lh3.googleusercontent.com/rxjRv_oR74fnjgTOuNXpqAdXOLtVzUlleOyydQPQNx4DIjD08zvM1x3SVI_ia2vbaR0TNrRIgp-OQOE9XTPCKUu-9iIqe4CMmZMDKjlnizFJBuLRklD-wCo_t9qk5g8ZBKazzNnYlg=w2400
Kruishaar kalibrasie
Die Vortex se kruishaar is op 25x gekalibreer met afmik merkies wat die hoeveelheid MOA aandui. Ek hou daarvan om tydens kompetisies te stel vir elevasie en af te mik vir wind. Met die toets wou ek kyk of die kalibrasie van die kruishaar reg is.
https://lh3.googleusercontent.com/KONtFH_V7YSMSdAl9yNQTELSzidz7Cs36GxAR29-8N2Pa67sPq5hLniOspnm2nrQPx9UA18tu8zqG7VKStlLQGASCaAQu1Mk9vofYWGYqSpfB2TELVoCaIry8CtgkkB2p7sEnXug0g=w2400
Op die heel regterkanste kol van die horisontale lyn het ek die skoot swak afgetrek en twee opvolg skote geskiet om te bevestig of dit wel ek of die teleskoop was. Die resultaat was weereens foutloos, maar hoe meer jy afmik hoe belangriker raak dit om die geweer "level" te hou aangesien skote maklik skuif as jy skeef aanle.
"Zero repeatability" toets
Laastens het ek gegaan en my elevasie verstelling uitgedraai so ver as wat hy kon, ek het seker gemaak om vinnig te draai en dat hy goed vas steek. Ek het dan weer terug gedraai, weereens vinnig en hard, totdat die "zero stop"my gekeer het. Dan het ek aangele en die skoot geskiet en die hele proses herhaal tot ek 'n drie skoot groep op die teiken het.
https://lh3.googleusercontent.com/pSgAvOq_ebFx0PS2r9TgpjBetxTO7VPBpF13Bfv4vBPNqtjIBdsenJ7bZFTHPUvPMqAjF-QU6j1Y6cKiiTF0W7Ur9oAHAQq77RVjLBkEg0CGzPVESnsSzSePEvYUvG8LWKMpg9jfrA=w2400
Ek was bly om te sien dat die teleskoop elke keer presies stop waar hy moes.
Opsomming
Die teleskoop het my verbaas. Dit is moeilik om objektief te wees as jy jou eie geld uitgegee het om iets te koop en dan foute te moet uitwys, maar om eerlik te wees kry ek nie baie fout met die Vortex nie. Hy stel soos hy moet, so in die toekoms as ek mis skiet kan ek net na die moer agter die roer gaan kyk met volle vertroue in my glas. Die Vortex boks bo sy prysklas en staan nie terug vir teleskope wat meer kos in terme van glas, vertelling, kruishaar uiteensetting en funksies soos zero stop en IR nie. Iets wat ek ook wil noem is dat die kruishaar afmik merke gekalibreer is op die maksimum vergroting van die teleskoop wat vir my 100% sin maak, aangesien ek meeste van my skote, wat ek tyd het, skiet op maksimum vergroting en dan kan afmik soos ek wind veranderinge opmerk. Dit is nie nodig om eers terug te stel op die vergroting soos op baie ander teleskope in SFP na die kalibrasie vergoting op bv. 20x ens. nie. Dit stel jou in staat om die volle vergroting van jou teleskoop te benut.
https://lh3.googleusercontent.com/crZUO7NpiOYYER42mijcYUeeosgzUDdCiAEbjxPZYixuW7TFzOt700BDmkTFvXWf4hM72SPEnUWfxZsK28dUu4odecoa_nw0ecpfa3LfJD_Ci1zBpZgOMmzVnQsFzzhe8QsgJ-bkAg=w2400
Hier is die hele teiken soos ek hom opgestel het
https://lh3.googleusercontent.com/OjIeXBgx9_05LUWsGAGvTbmp5OOqoJgggKElSsGLKnp0RHiFNA5YwGYbYRrcTxWdjYBaBabXMprNS6XeATdihSa8mspyrDdvQ6BkXC2lQFPYkXGQ3fQGfANk2d-TsjiZFM9Jz1ik9w=w2400
Komponente
Remington 700 VLS .243 Win AI
Bell & Carlson kolf met Junglejulian tiepe wangstuk
Aksie blueprint
Bix n Andy sneller
Boesman bottom metal en magesyn
Mojet muzzlebrake
Ek hoop hierdie was lekker leesstof!
Vriendelike groete
Toffie van Tonder


