Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
In my jong dae het ons n mikstok gesny - oorgroot kettie mik basies. Stuk binneband gesny en styf om en om gedraai en die punt net-net so onder die laaste draai ingedruk dat hy net-net vas is. Smeer bietjie marmite of heuning op die plek waar die rek net-net vas is en gaan los op die windpomp-krip se rand. Maak seker hulle sit en kyk vir jou van doer ver af. Gaan sit ons so 300 m verder met die verkyker en wag. Dis nie lank nie dan vat die nuuskierigheid oor en hulle kom drentel nader. Een sal die mikstok optel en as hy daai marmite of heing ruik begin hy lek en byt. Dan gaan daai styf opgerolde rek los rek los in sy hande...my maat dis gaos!!! Jy al gesien hoe bek..k n bob homself letterlik soos hy traai wegkom
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD