Semi of pomp aksie haelgeweer vir voëls

Post Reply
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2473
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Semi of pomp aksie haelgeweer vir voëls

Post by jdpretorius »

Ek soek biekie raad asseblief oor wat se haelgeweer vir voëls.
Ek kyk na n pomp aksie in Benelli Supernova of 'n semi-auto Franchi Affinity. Die semi mag dalk bietjie sagter wees, veral as vroulief hom moet gebruik in nood maar dit lyk of Benelli n baie sterk opsie is (tans dalk my nr. 1 keuse).
'n O/U bly bitter mooi maar dink die semi op pomp is dalk meerdoelig ?
Prys, betroubaarheid en parte is 'n groot deel van die besluit.

Ek hoor graag julle manne se wysheid.

Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Semi of pomp aksie haelgeweer vir voëls

Post by Toxxyc »

Semi soek 'n spesiale status en lisensie as ek dit nie mis het nie. Pompaskie is makliker om te kry. Ek moet ook byvoeg dat met bietjie oefening kan 'n pompaksie amper net so vinnig soos 'n semi geskiet word. Ek is mal oor my pompaksie, en alhoewel 'n semi lekker sal wees, sal ek nie my pompaksie ruil vir 'n semi nie. Ek is ook nie seker of dit wettig is om te jag met 'n semi nie, want daar moet limiete gestel word oor die rondtes in die pyp (ernstig).
Johan van Wyk
Hero Member
Hero Member
Posts: 625
Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am

Re: Semi of pomp aksie haelgeweer vir voëls

Post by Johan van Wyk »

Hou net in gedagte dat baie ouens jou gaan skeef kyk as jy met `n semi-outo of pomp-aksie by `n skiet opdaag. Die rede hiervoor is dat sommige ouens nie altyd so veilig is nie en mens nie altyd kan sien of die semi-outo of pomp-aksie gelaai is of nie. Met `n dubbel is dit maklik om te sien: breek eenvoudig net die aksie dan is almal rustig.

Daar is `n Browning 12-br OU te koop hier in die Classifieds vir `n baie goeie prys. As ek op soek was na `n eerste haelgeweer sou ek ernstig na hom gekyk het,
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Semi of pomp aksie haelgeweer vir voëls

Post by tripodmvr »

Vir jag moet die getal rondtes tot 2 beperk word vir 'n semi-auto. Gewoonlik bepaal die jagter hoeveel hy laai en is daar nie iemand by om dit te monitor nie. Met voëljag is drie gemikte skote nie sommer maklik moontlik nie en is die derde skoot gewoonlik slegs 'n mors van ammunisie. Enige haelgeweer met een pyp het nie die voordeel van twee lope met verskillende wurg op nie.

Vaardigheid met die geweer bepaal egter die sukses van die skietwerk. 'n Pomp aksie beinvloed die gladde swaai van die geweer wat nie by die semi voorkom nie en behoort die 2de skoot te benadeel.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
KillMurphy911
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 85
Joined: Fri Aug 03, 2018 12:30 pm

Re: Semi of pomp aksie haelgeweer vir voëls

Post by KillMurphy911 »

Ek skiet met 'n MOsberg 930 Tactical Semi-Auto haelgeweer en voel daar is min voordele bo 'n pomp aksie en nadele is daar maar so paar (failure to feed etc). Die aksie van die SA, het uit die aard van sy ontwerp, meer beweegende dele en daar is dan meer wat kan breek. Ek gebruik net premuim ammunusie in die Mossberg en het nog nooit enige "in battery" probleme onderrvind soos failure to feed/eject etc" nie maar het al gelees van manne wat gesukkel het.

Dan, om hom to lisensieer is DSS status nodig en jou motivering wat jy na CFR toe gaan stuur gaan baie spesifiek moet wees.

Having said that, as dit kom by gang vee gaan ek nie sukkel nie. Die geweer is 'n gangbesem van epidermiese proporsies!

Die aksie van die geweer absorbeer baie van die recoil en my vrou lief om met die geweer te skiet (Haar broek bewe as ek met die 9mm nader stap!) so vir die fyner geslag sal ek die SA bo die pompaksie verkies.

Ek het die geweer in 'n kompetisie gewen en as dit nie was vir die limitasies wat ons regstelsel op SA haelgewere sit nie sou ek een kies bo 'n pomp aksie vir SD as ek moes koop ook.

Soos enige vuurwapen is diens en onderhoud baie belangrik as ook die gebruik van premium ammunisie om in battery probleme minder te maak. Dan, oefen oefen, oefen en nogmaals oefen!! 'n Semi-Auto hardloop soos blits deur daai 5 of 6 rondtes en dit is krities om te weet hoe om weer vinnig rondtes in die pyp te kry!

Groete

KM911
We pray our sights be straight and our aim be true.

Howa 22-250 Remington
Howa 300 Win Mag
Mossberg 930 Tactical Semi-Auto 12G Shotgun
Sig Sauer P320 Compact
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2473
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Semi of pomp aksie haelgeweer vir voëls

Post by jdpretorius »

Dankie ek wardeer al die raad so ver
Ons klomp pelle skiet maar gewoonlik op privaat grond. Dit sal tog ook lekker wees om saam ander groepe te gaan speel. Ek't al so paar keer met 'n pompaksie kon voels skiet en kom lekker reg met hom....kan soms 3 skote in kry op kleie ook maar dit vat bietjie oeffen. My pel se Franci hardloop bitter lekker en ek't nog nie met hom gesukkel nie, al gebruik hy dalk ligter ammo.....selfs sy 10 jarige dogter skiet lekker met hom en bly maar in my agterkop as 'n opsie....maar die Franchi's raak nou duur.
Daai Browning 525 is verseker soos lekkers voor 'n kind.
Die toegewyde status pla nie maar ek hoor hulle is maar vol bollie om semi's se lisensies goed te keur en is nie regtig lus vir sukkel nie.
Ek het die naweek gou die bevoegdheid gaan skryf vir semi & haelgeweer so daar is nog bietjie tyd om huiswerk te doen terwyl ek wag vir die SAP
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Post Reply