Ons is n paar manne wat die Extreme Long Range ding bietjie meer ernstig wil aanpak (Teiken skiet op ongeveer 1.5MOA teikens op afstande anderkant n myl).Die setup soos hy nou is skiet ek lekker gemaklik tot op 2000 meter en n myl is nie regtig meer n groot uitdaging as die omstandighede reg is nie.Huidiglik skiet ek met n stock standard TRG, 300grein Bergers teen 2780 fps Ek het wel n 4AW brake laat opsit vir minder muzzle jump en skiet ook met n 5H bipod ipv die gewone Sako bipod. Ek het n March 3-24x52 FFP scope in Mrad op wat huidiglik 34 Mrad (120 MOA) interne elevasie het. Saam met die 20 MOA rail kan ek by 2000 meter net net uitkom sonder om af te mik.
Nou my vraag is: Ons wil by ongeveer 3220 meter uitkom, of die magic 2 myl. Vir daardie doeleindes is my setup heeltemal onvoldoende. Daar is n paar opsies om daar uit te kom:
- Sit n 60 MOA rail op. Sal my help om tot by 2500m te kom
- Herkamer na 338 Ackley. Dit sal seker nog so 200m by sit op die afstand. Daar is egter ander wurms wat uit die blik klim as jy daardie roete volg.
- Gebruik die afmik merkies op die scope. Dit sal nog 500 meter bysit, maar in my opinie is nie heeltemal akkuraat nie.
- Kry iets soos die Cold Shot basis van Heritage Arms wat nog 72 Mrad verstelling gee. Hoe akkuraat verstel hierdie tipe basisse en kan jy nog n 100m zero doen op hom?
- Kry n March Genesis (Wens ek het die geld gehad
Ek hoor graag as julle nog ander idees het wat kan werk.
