Klagtes oor diens van veral nuwe lede

Rapporteer enige foute of aanbevelings hier/Report any problems or suggestions here
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Klagtes oor diens van veral nuwe lede

Post by tripodmvr »

Ek wil 'n voorstel maak. By nie al die afdelings word die moderator se naam getoon nie. Ek dink om nuwe lede te lei kan die moderator verkieslik sy status aan die einde van die boodskap verklaar en sal die nuwe lid dus besef dat hy die plasing in 'n ander lig moet sien as wanneer 'n mede lid kommentaar lewer. Dit kan baie onnodige moerigheid uitskakel.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Danie Lombard .243

Re: Klagtes oor diens van veral nuwe lede

Post by Danie Lombard .243 »

mense Trip


Nou mis ek jou heeltemal, en verstaan glad nie wat jy wil se met die post oor nuwe lede nie. Verduidelik asb. beter.
blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1609
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: Klagtes oor diens van veral nuwe lede

Post by blaser »

ek verstaan glad nie
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Klagtes oor diens van veral nuwe lede

Post by tripodmvr »

Danie .243 wrote: mense Trip


Nou mis ek jou heeltemal, en verstaan glad nie wat jy wil se met die post oor nuwe lede nie. Verduidelik asb. beter.
Ek besef ek het die opskrif onduidelik gestel en dit eers later gesien toe ek dit self lees.

Nuwe lede wat toetree doen so om of raad te vra of te kla oor diens ontvang vanaf 'n verskaffer.

As orde-re?ling wil ek voorstel dat as die moderator die nuwe lid aanspreek oor protokol op die forum hy homself duidelik moet identifiseer. Die inligting oor moderator is nie by al die afdelings geplaas nie. Sodoende sal misverstande en persoonlike stryery uitgeskakel word.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1609
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: Klagtes oor diens van veral nuwe lede

Post by blaser »

is die protokol werklik nodig
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Klagtes oor diens van veral nuwe lede

Post by tripodmvr »

remington wrote: is die protokol werklik nodig
protocol noun  -  method of dealing with a certain subject; draft of a treaty; rules of behavior
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1609
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: Klagtes oor diens van veral nuwe lede

Post by blaser »

klink baie streng
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Klagtes oor diens van veral nuwe lede

Post by Louis102 »

Tripodmvr


Op hierdie forum bepaal Jaracal die protocol en hy alleen.  Rapporteer probleme in hierdie verband aan hom.  Indien iemand onregverdig van swak diens of produkte beskuldig word, rapporteer dit ook.  Dusv?r het die lede dit, in my opinie, reggekry om die Forum mooi op spoor te sonder dat daar wesentlike inmenging deur die moderators nodig was (Die moderators kan egter nie meer alles lees nie - net te veel posts deesdae)  Die enkele probleme wat daar wel was, is uitsorteer sonder 'n groot fanfare.

Ek hoop dit kan so bly dat die lede mekaar sommer self uitsorteer en op die regte spoor hou.  So ook om die gees goed en die belangstelling hoog te hou.  Ek geniet byvoorbeeld 'n lekker onderonsie tussen twee lede so af en toe, dit hou dinge interessant (vir my), maar ek moet verstaan daar is mense wat nie daarvan hou nie.  So alles sal nie altyd in almal se smaak wees op die forum nie, maar oor die algemeen is die rigting dink ek nog aanvaarbaar - aldus die forum se gewildheid.

Geniet Forum-vryheid met verantwoordelikheid en goeie maniere, dis hoe ek dink dit behoort te wees.  As iemand wel 'n foutjie maak (ek maak baie) - vra om verskoning en beweeg aan.  As jy per ongeluk iets leliks of aanstootliks geskryf het, "modify" of "delete" sommer self jou "post" reg.  

Om nuwe lede op regte die spoor te hou, alla hierdie Forum se kultuur, is sommer die verantwoordelikheid van elke lid.  Daar is altyd die opsie om iemand te PM en op 'n mooi manier te laat verstaan, as iets onaanvaarbaar of aanstootliks, ges? is.  Meestal kan die lede sommer self 'n probleem so oplos sonder om vuil wasgoed op die oop forum te was en voor 'n molshoop 'n berg word.

So dink ek.

Mooiloop
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Boesman
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 447
Joined: Sat Jun 05, 2010 11:03 pm

Re: Klagtes oor diens van veral nuwe lede

Post by Boesman »

Stem nogal.

Dis lekker as grootmense soos grootmense behandel word.
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: Klagtes oor diens van veral nuwe lede

Post by .::Alwyn-U::. »

Boesman wrote: Stem nogal.

Dis lekker as grootmense soos grootmense behandel word.
+1!!
blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1609
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: Klagtes oor diens van veral nuwe lede

Post by blaser »

ja stem saam is immers n openbare forum
grumpy

Re: Klagtes oor diens van veral nuwe lede

Post by grumpy »

Man, ek smaak die manne op die forum stukke!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!  ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Klagtes oor diens van veral nuwe lede

Post by Beretta »

Louis102
Ek stem saam met jou ek dink hy het al gese dat hy die posts los dit is in n openbare forum dit was die slag met die toeken van die scopes.Ek verstaan ook nie wat bedoel word nie.So ek gaan my naam nou met n uitveer skryf hoop nie julle kan dit lees nie ;D ;D
Groete
UITVEER (Kon julle Dit Lees ;D)
ablm468

Re: Klagtes oor diens van veral nuwe lede

Post by ablm468 »

Manne ek moet vir julle se ek is lid van 'n paar skiet/jag forums en my favourite is steeds hierdie forum. Die manne is eerlik tog beleefd en verskille word in 'goeie gees debateer. Ek dink ander forums kan maar hier kom leer.

Ek dink die moderators doen goeie werk dit is een rede waarom die forum so gewild is.

Doe so voort manne.

Hansman
Danie Lombard .243

Re: Klagtes oor diens van veral nuwe lede

Post by Danie Lombard .243 »

Ek hoop nie dat ek swak ingelig of nie op hoogte van sake is t.o.v. die verloonp van die forum nie. Ek lees baie selektief en lees slegs dit van toepassing wat ek interesant vind.
Tot en met hede het ek nie plasings gelees waar daar werklik moderator aksie moet wees teenoor 'n forum lid nie. Dit kom duidelik na vore as mens na die plasings lees dat die forum gebriuikers respek het vir mekaar se sienings, uitkyk en oortuiging. Ek is van meening dat dit so sal bly. Hier en daar sal daar soms verskille wees, dit is 'n baie goeie praktyk, om te verskil en op ordelike wyse mekaar te oortuig of al dan nie. En dan sommer mekaar uit te sort ook, so dit nodig wees.

Nee wat,  ek dink dinge loop tans vlot hier in jaracal land, Ons het nie diktators nodig hier waar ons tuis voel en mekaar kan aanvul nie, daar is genoeg diktators in die wereld. Ek dink ons moderators en die man agter die stuur, Jaracal, doen 'n goeie werk siende die dat dit op deeltydese basis gedoen word. Almal van ons is in voltydse beroepe en kan ds nie die hele dag hier vertoef nie. So ook met die moderators.

Sou 'n persoon buite orde raak met uitlatings in 'n plaasing sal hy/sy baie gou reg geweys word deur die algemene forum gebruikers en die aksie der gegee word aan 'n moderator. Ons is almal opgevoede mense met inbors, karakter en inubisie.
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Klagtes oor diens van veral nuwe lede

Post by tafjak »

Danie243

Lyk my hierdie site het nie eers moderators nodig nie. Hier-en-daar glip 'n woordjie of 2 deur, maar gelukkig in goeie gees en sien dat die meeste manne sommer self die "edit" doen of dit lyk so. So sal ons stry en so bietjie verskil net om die aandag te vestig, maar het nog nie iemand sien wat die "wapen wou opneem" teen ander gebruikers nie.

Ek lees ook maar wat ek interresant vind en dwaal nie oral rond nie en kan nie goed staan vir alles nie, maar alles lyk nogal in orde as ek so mag s?. So paar goeters waar ek my weerhou(so v?r moontlik) is die volgende en noem dit in ligte luim:

1. 308 se akkuraatheid.
2. 6mm gewere en veral Br's.  :D
3. Scopes en die raad wat gevra word.
4. Landrovers
5. Jakkalsgetalle geskiet
6. Kopskote!!!
7. Boeris-teleskope!

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Klagtes oor diens van veral nuwe lede

Post by Beretta »

tafjak
Mooi man ek sou die volgende ook bysit lokasie ,ouderdom, voorsitters en exo's  ;D ;D ;D ;D
Groete
Beretta
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: Klagtes oor diens van veral nuwe lede

Post by PITSMIT »

manne dis n great forum die en tot my seun van 10jr oud(blouvalkie) geniet dit gate uit hier

jaracal is n top forum
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
Ambessa

Re: Klagtes oor diens van veral nuwe lede

Post by Ambessa »

Hallo Tafjak
tafjak wrote:...goeters waar ek my weerhou(so v?r moontlik)... ...4. Landrovers
...oops...  :angel:

Ambessa
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Klagtes oor diens van veral nuwe lede

Post by tafjak »

Ambessa
..oops... 
..ag nou toe! Jong met ek en Landy's wil almal met my stry en ek wil tog so graag nie! :D
Mooiloop en Geseende Kersfees!
Danie Lombard .243

Re: Klagtes oor diens van veral nuwe lede

Post by Danie Lombard .243 »

TAFJAK LANDIES  HUL LYK SO LEKKER WANT HUL RY SO LEKKER
grumpy

Re: Klagtes oor diens van veral nuwe lede

Post by grumpy »

Tafjak, die ouens maak my dag elke dag!!  ;D  Soms kan ons soos stout seuns wees wat altyd in die akkies is maar ons vat die pak soos n man!

I can like to shake my chassis!! :laugh:        :laugh:
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4597
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Klagtes oor diens van veral nuwe lede

Post by James Wilson »

ek dink tripod is besorg dat nuwe lede wat nog nie rerig die pragtige kultuur van jaracal besef, dalk die site misbruik.  
Last edited by James Wilson on Wed Jul 20, 2011 9:16 am, edited 1 time in total.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Klagtes oor diens van veral nuwe lede

Post by Louis102 »

Jagbehep! wrote: .... ek dink tripod is besorg dat nuwe lede wat nog nie rerig die pragtige kultuur van jaracal besef, dalk die site misbruik ....  
Jagbehep

Nee, ek vermoed jy sit die pot heel mis.

Ek vermoed eerder dat ou 3been eerder bekommerd is oor swak gasvryheid van 'n sekere senior lid op hierdie forum.  Ek vermoed hy dink hierdie senior lid het bietjie uit sy beurt gepraat en hou hom groot vir sy skoene.  Ek vermoed dat indien jy weer die onderwerp oor knaldemper-probleem gaan lees, jy dalk beter agter die kap van die byl sal kom.  Ek vermoed ook, indien jy weer daardie onderwerp gaan deurlees,  dat jy dalk sal agterkom dat ou 3been dink dat dit juis jy, Jagbehep was, wat so bietjie t? streng met die "onskuldige toetrede" van 'n nuwe lid was.  Ek vermoed hy dink dat jy die situasie met 'n nuwe lid anders kon hanteer.

Ek glo jy dra die belange van die forum op die hart en glo dat regverdigheid vir jou belangrik is, maar gaan lees egter die genoemde onderwerp weer mooi en besluit self of my vermoede gegrond is, aldan nie.  As ek dalk die pot heel mis sit, vra ek by voorbaat om verskoning.

Groete
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Klagtes oor diens van veral nuwe lede

Post by theedge »

Altyd leker plek
When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !
Image
Post Reply