Horisontaal verspreide groepe

Post Reply
User avatar
Smith223
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 348
Joined: Tue May 01, 2018 6:39 pm

Horisontaal verspreide groepe

Post by Smith223 »

Goeie dag

Ek het onlangs my 223 doppe begin FL size en ou lading ontwikkeling data gebruik as vertrekpunt.
Ek het toe opgemerk dat die meerderheid van die groepe horisontaal verspreid was.

Die groepe is met 2 verskillende skuts geskiet.
Die groepe is met 2 verskillende teleskope geskiet
Van die groepe is met silencer ander sonder
Van die groepe is van bipod af en ander van skietbankie
Daar is self groepe wat verskillende ladings is.

My gevoel is dat dit nie ‘n lading probleem is nie omdat die vertikale verspreiding minder as 0.5moa is slef tot op 200m.
Net vir addisionele inligting:
24” Howa 1500 dikloop
S321 met BR-4 primers agter 50gr nosler BT
10729B78-BB53-41AA-A5FA-A281B5BF1C90.jpeg
4ED5D06F-58AE-4B3D-8836-E4B728445219.jpeg
70D5ACF9-A518-4BA6-8620-ED790A0CD78B.jpeg
My vraag aan die meer ervare manne is wat is die oorsaak van die groepe en wat kan ek doen om dit te minimaliseer?
Ek laai nou nog fotos op ek kan net 3 op ‘n slag oplaai.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Anschutz 22LR
Howa 223 Rem
BRNO 243 Win
Howa 6.5 CR
Tikka 7mm RSAUM
User avatar
Smith223
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 348
Joined: Tue May 01, 2018 6:39 pm

Re: Horisontaal verspreide groepe

Post by Smith223 »

B5C38BA6-3F56-4BF8-AACB-358C472A475E.jpeg
7C710229-EB3E-4F2C-87C2-5D2DEF810205.jpeg
Hier is my gunsteling groep na my FL size 100m met 10km/h wind en 13km/h gusts
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Anschutz 22LR
Howa 223 Rem
BRNO 243 Win
Howa 6.5 CR
Tikka 7mm RSAUM
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1878
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Horisontaal verspreide groepe

Post by Alwin »

Horisontale verspreidings is moontlik te wyte aan die loop/aksie se pakking/montering in die kolf, of veranderinge in wind se dwars komponent.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Horisontaal verspreide groepe

Post by tripodmvr »

Gee soveel inligting as moontlik. Kolftipe, spoed en lading sowel as doptipe. Laat QL toe om node te bereken en dit kan dalk dan 'n beter analise van die groepe moontlik maak.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Smith223
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 348
Joined: Tue May 01, 2018 6:39 pm

Re: Horisontaal verspreide groepe

Post by Smith223 »

Alwin wrote:Horisontale verspreidings is moontlik te wyte aan die loop/aksie se pakking/montering in die kolf, of veranderinge in wind se dwars komponent.
Die kolf is nie gepak nie so ek sal dit definitief oorweeg, het jy dalk persoonlike ervaring rondom die akkuraatheid van 'n gepakte kolf vs ongepakte kolf, watter invloed het dit op die groepe gehad?
Anschutz 22LR
Howa 223 Rem
BRNO 243 Win
Howa 6.5 CR
Tikka 7mm RSAUM
User avatar
Smith223
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 348
Joined: Tue May 01, 2018 6:39 pm

Re: Horisontaal verspreide groepe

Post by Smith223 »

tripodmvr wrote:Gee soveel inligting as moontlik. Kolftipe, spoed en lading sowel as doptipe. Laat QL toe om node te bereken en dit kan dalk dan 'n beter analise van die groepe moontlik maak.
Naand Oom, ek het ongelukkig nie Chrony data nie, Ons gaan moontlik weer die naweek skietbaan toe dan sal ek een van die manne daar vra of ek 'n skoot of 2 oor die chrony kan skiet en terugvoer gee.

Dit is 'n Howa 24" dikloop in 'n gelamineerde houtkolf. Soos in die vorige post genoem is die kold nie gepak nie. Twist is 1-12"
Ons het met 50gr Nosler Ballistic tips geskiet op almal van hulle.
Ons het S321 gebruik en ladings is op teikens aangetoon (25.5g-25.9gr) 25.5-25.7gr het baie konsante groep grootes gegee rondom 1 MOA
CCI BR4 Primers en Winchester doppe is ook regdeur gebruik.
Anschutz 22LR
Howa 223 Rem
BRNO 243 Win
Howa 6.5 CR
Tikka 7mm RSAUM
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3650
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: Horisontaal verspreide groepe

Post by Fanta300 »

Toe julle teleskope geruil het, het julle basisse ook geruil of net die boonste helfte van ring afgehaal? Maak seker AL die skroewe is vas. Maak ook seker die aksie skroewe “ bottom” nie uit in die aksie nie.
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 891
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: Horisontaal verspreide groepe

Post by Hercules Louw »

Smith, maak die agterste skroef van die aksie los en kyk wat gebeur met die aksie. As dit aan die agterkant uit die hout uitlig (al is dit net 0.5mm) dan beteken dit daar is 'n spanning oor die aksie as jy die skroef vastrek. Dit sal jou swak groepe verklaar. Het jy die Euro Varmint kolf? Die Euro Varmint kolf (ek is nie seker oor die heel nuutstes nie) het 'n ontwerp probleem met ondersteuning by die voorste recoil lug en die kolwe moet gebed word. As jy twyfel, leen by iemand 'n rubberkolf en toets jou geweer daarmee.
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1878
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Horisontaal verspreide groepe

Post by Alwin »

Smith223 wrote:
Alwin wrote:Horisontale verspreidings is moontlik te wyte aan die loop/aksie se pakking/montering in die kolf, of veranderinge in wind se dwars komponent.
Die kolf is nie gepak nie so ek sal dit definitief oorweeg, het jy dalk persoonlike ervaring rondom die akkuraatheid van 'n gepakte kolf vs ongepakte kolf, watter invloed het dit op die groepe gehad?
Dit hang alles af van wat fout is met die passing in die eerste plek. Daar is baie moontlikhede, goed soos 'n loop wat aan die kolf raak, spanning op die aksie, speling op die skroewe, "flex" in die kolf, krake in die kolf en nog 'n paar ekstra. Dus is pakking nie 'n wonderkuur as dit nie spesifiek gebruik word om 'n geidentifeseerde probleem op te los nie. Identifiseer eers die oorsaak voor jy sommer net blindelings laat pak of plak.

Ek het meeste van my gewere gepak, party sommer voordat ek die eerste skoot geskiet het. Party was reg uit die boks uit. Laat 'n kenner jou geweer ondersoek.
Thunderhead
Hero Member
Hero Member
Posts: 513
Joined: Mon Jun 16, 2014 8:54 am

Re: Horisontaal verspreide groepe

Post by Thunderhead »

Vir my is dit sinneloos om ladings te toets as die kolf nie gepak is nie.[ quote="Smith223"]
Alwin wrote:Horisontale verspreidings :) is moontlik te wyte aan die loop/aksie se pakking/montering in die kolf, of veranderinge in wind se dwars komponent.
Die kolf is nie gepak nie so ek sal dit definitief oorweeg, het jy dalk persoonlike ervaring rondom die akkuraatheid van 'n gepakte kolf vs ongepakte kolf, watter invloed het dit op die groepe gehad?[/quote]
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2473
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Horisontaal verspreide groepe

Post by jdpretorius »

'n 2c....dit is ongelukkig 'n proses van uitskakeling so my gevoel is dat jy niks verloor deur hom te laat pak en "free float" nie want jy skakel moontlike oorsake uit. Met die Howa standaard hout kolwe het hulle so 'n druk punt omtrent een duim van voor af in die kolf wat 'n man noggal kwaai kopsere kan gee. Ek sou hom laat pak en "free float" en dan eers begin kyk na lading en dalk ander kruit.....by gese' as jou dop mooi reg is
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
Smith223
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 348
Joined: Tue May 01, 2018 6:39 pm

Re: Horisontaal verspreide groepe

Post by Smith223 »

Dankie vir die terugvoer, ek sal die “lae hangende vrugte” eers pluk.
Ek sal begin deur die kolf te pak en dan terugvoer gee. Die loop is “freefloating” maar links voor so duim van die punt van die kolf af is die kolf bitter naby aan die loop. As ek die aksie skroewe losmaak en weer vas trek hy die loop weer nader aan die kolf by daardie punt. Ek hoop deur hom te pak en te pillar bed hy beter sal sit en skiet.
Anschutz 22LR
Howa 223 Rem
BRNO 243 Win
Howa 6.5 CR
Tikka 7mm RSAUM
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Horisontaal verspreide groepe

Post by tripodmvr »

Die gebruik van 'n knaldemper maak dat die vryruimte om die loop groter moet wees. Die gewig voor aan die loop laat die loop meer beweeg as sonder dit.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Smith223
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 348
Joined: Tue May 01, 2018 6:39 pm

Re: Horisontaal verspreide groepe

Post by Smith223 »

Manne ek wil begin om vir julle dankie te sê vir almal se bydrae en terugvoer op my aanvanklike vraag.

Ek het Donderdagaand die geweer met steenvas gepak en die deel van die kolf wat naby aan loop was weg geskuur.
Vanmiddag was ons gou skietbaan toe en my oë kon ek nie glo toe ek nader aan die teiken stap na my eerste 6skote nie.

Al die skote is vanaf bipod geskiet, met die 25.6gr uit die lê posisie die ander vanaf bankie met bipod.
FB3677B5-4DB4-4EE2-BFA3-464CCA80A0F8.jpeg
25.5gr S321 agter 50gr Noslet BT met BR4 primers.
A07C7472-D7A9-4398-B215-97E7066BEB62.jpeg
25.6gr S321 agter 50gr Nosler BT met BR4 Primers.
E869E89F-94B5-404E-A878-6DAB07536733.jpeg
25.7gr S321 agter 50gr Nosler BT met BR4 primers.

Ek was werklik verbaas om te sien hoe onsensitief die geweer was vir die lading.
Enige een van daardie ladings is voldoende vir wat ek wil doen en die ekstra akuraatheid gee jou net daardie selfvertroue om kopskote so entjie verder as 100m te neem.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Anschutz 22LR
Howa 223 Rem
BRNO 243 Win
Howa 6.5 CR
Tikka 7mm RSAUM
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Horisontaal verspreide groepe

Post by tripodmvr »

Niks te danke nie, 'n koue Windhoek Draught is voldoende !!!!!

Bly jy kon so maklik jou probleem oplos. Lekker skiet.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Post Reply