'n Baie goeie vriend van my het die jaar verhuis na die VSA toe en sy .375 Ruger en .22LR aan my geskenk. Ek het die lisensie aansoeke die 4de Maart ingedien en my DFO het nounet laat weet die kaartjies is by hom.
So, hoe werk 'n .375 en wat doen mens met hom?

Ek het so paar doppe en koeëls saam gekry asook dies ens., so ek gaan herlaai. Die roer is die Howa mer die tupperware kolf. So dit is die eerste ding wat moet waai. Enige advies?
Watter gewig koeël moet ek na kyk? Ek gaan ongelukkig nie Mamoet plat trek met hom nie, so nie nodig vir 300gr Dangerous Game nie. Ek het die 7mm Rem Mag vir vlaktes, so die sal my bos roer wees.
Hy het tans 'n Nikko Sterling teleskoop op. Kan daau goed regtig die terugskop hanteer? Gaan ek nie beter af wees oop visier of met 'n Sightron S-tac nie? Iets met baie eye relief? Ek like seerowers, maar wil nie self ene wees nie.

Ek glo ek sal goeie advies hier kry.
Sent from my SM-G965F using Tapatalk
